Van Zyl v Esterhuyse NO en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Heerden R en Burger R
Judgment Date14 February 1985
Citation1985 (4) SA 726 (C)
Hearing Date24 September 1984
CourtCape Provincial Division

Burger R:

Die applikante, mev Van Zyl, en haar oorlede eggenoot het op 5 H Augustus 1982 beide 'n testament onderteken. Haar man is op 25 September 1982 oorlede. Die tersake bepalings van die betrokke testament is die volgende:

"3.

Ek benoem en stel hiermee aan my eggenote, Mabel Rosemarie (gebore Goldseller) as die enigste erfgenaam van my gehele boedel, onderhewig egter aan die bepalings hierinlater vervat onder I klousule 4.

4.

Ek bemaak my gehele boedel as volg:

4.1

'n Kontantlegaat van R10 000 aan my swaer, mnr C J Liebenberg en my skoonsuster, mev J S Liebenberg;

4.2

Die restant van my boedel aan my kinders gebore uit die bestaande huwelik onderhewig aan die volgende voorwaardes:

4.2.1

Dat die erfenis van enige erfgenaam onder die ouderdom van 21 jaar onder beheer geplaas word van my administrateur wat dit in trust moet hou en alle J kontantfondse en opbrengs van bates belê

Burger R

A teen die beste rentekoers by erkende en gevestigde finansiële instellings en/of algemene- en handelsbanke en/of bougenootskappe en/of distriksbank en/of in belastingvrye beleggings, in enige verhouding volgens sy uitsluitlike diskresie en goeddunke met die reg om sodanige beleggings op te roep en te herbelê op die wyse soos hierin bepaal.

6.

B Ek benoem en stel hiermee aan my swaer en skoonsuster, naamlik mnr C J Liebenberg en mev J S Liebenberg as die voogde oor my minderjarige kinders en stel hulle gesamentlik en afsonderlik vry van alle verpligting om sekuriteit aan die Meester van die Hooggeregshof te verskaf.

7.

Indien my gesegde eggenoot voor my of gelyktydig met my of binne 30 dae na my te sterwe kom sonder om wettige afstammelinge na te laat wat kragtens klousule 4.2 kan erf, C dan bemaak ek my boedel in gelyke dele aan my moeder en skoonmoeder."

Volgens die Weesheer word die testament vertolk as 'n bemaking van R10 000 aan mnr en mev Liebenberg en die restant as 'n bemaking aan hulle kinders in trust. Die applikante, as oorlewende eggenote, kry niks omdat sy volgens dié vertolking D alleenlik sou erf indien die bemaking aan die Liebenbergs en die kinders faal. Verder sou die Liebenbergs alleenvoogdy oor die kinders hê. 'n Kurator ad litem, mnr W G Thring, is benoem om die minderjarige kinders te verteenwoordig. Die eksekuteur benoem kragtens die betrokke testament is die eerste respondent, die Liebenbergs en die Weesheer en Registrateur van E Aktes is as partye tot die aansoek gevoeg.

Die applikante doen nou aansoek vir die rektifikasie van die testament en/of 'n uitleg waarvolgens sy die enigste erfgenaam sou wees. Die kurator ad litem het, omdat dit in die belang van die minderjarige kinders is, die Weesheer se uitleg ondersteun. Die Liebenbergs het die applikante gesteun.

F Daar is betoog namens die applikante dat die Weesheer se uitleg onjuis is, maar ek het nie die indruk gekry dat mnr Hofmeyr, namens applikant, groot vertroue in dié betoog het nie. Na my mening het hy 'n beter saak op die basis van rektifikasie en is dit nie nodig om verder aandag aan 'n moontlike ander uitleg te wy nie.

G Dit blyk uit die getuienis dat die applikante en haar man teen die einde van 1981 'n beampte van die Stellenbosse Distriksbank opdrag gegee het om vir hulle 'n gesamentlike testament op te stel. Hulle instruksies is deur die betrokke beampte skriftelik afgeneem.

Na aanleiding van hierdie notas het 'n ander amptenaar 'n H testament opgestel en aan die plaaslike tak opgedra om te reël vir die ondertekening daarvan. Die applikante se man het in Augustus 1982 haastig geword omrede die testament nog nie onderteken is nie, dit by die bank afgehaal en na sy huis geneem waar hy en sy vrou dit toe sonder voorligting onderteken I het met 'n buurvrou en mev Liebenberg (die reeds gemelde begunstigde) as getuies. Hy is kort daarna onverwags en skielik oorlede.

Volgens die applikante was dit te alle tye die bedoeling van haar en haar man dat die langslewende die volle boedel moes erf en dat die bemaking aan die Liebenbergs en hulle kinders alleen in werking sou tree as hulle twee gelyktydig of kort na mekaar sou sterf. Die reeds gemelde notas wat deur die bank gehou is staaf die applikante ten volle.

J Al die getuienis dui daarop dat die applikante en haar oorlede eggenoot sedert 1965 gelukkig getroud was. Daar is drie tans nog

Burger R

minderjarige kinders uit die huwelik gebore. Die applikante het A voltyds gewerk vir die grootste deel van haar getroude lewe en selfs vir 'n tydperk alleen die gesin onderhou toe haar man werkloos was. Hulle twee het altyd hulle inkomste gepoel vir die koste van die gemeenskaplike huishouding.

Die applikante sê verder dat sy en haar man destyds ooreengekom B het dat hulle 'n gesamentlike testament sou maak waarvolgens die langslewende alles sou erf en verder dat, in geval hulle gelyktydig sterf of kort na mekaar, dan sou hulle boedel in 'n trust vir die kinders gelaat word met 'n bemaking van R10 000 aan die Liebenbergs om hulle te vergoed vir die pligte wat sou voortvloei uit hulle aanstelling as voogde van C die kinders.

Die applikante verduidelik verder dat hulle die testament geteken het sonder om dit weer te lees en dat hulle aanvaar het dat dit ooreenkomstig hulle opdrag opgestel is.

Die applikante se getuienis word gestaaf deur die betrokke beampte wat dan ook sy oorspronklike notas voorgelê het en daar D is geen rede waarom haar getuienis nie aanvaar moet word nie.

Haar getuienis word verder ondersteun deur teenstrydighede en onwaarskynlikhede in die testament self:

(a)

Die testament begin as 'n gesamentlike testament maar wanneer dit by die bemakings kom, is dit net die testament van die oorlede man; daar is geen bemakings E deur die applikante nie.

(b)

Dit is onwaarskynlik dat die bemaking aan die applikante (vrou) onderhewig sou wees aan die bemakings aan die Liebenbergs en die trust ten gunste van die kinders. Dit sou beteken dat die vrou onterf word en die bates gaan aan die Liebenbergs en in trust aan die kinders - geen onderhoud vir die vrou nie. F Dit is nog meer onwaarskynlik as in gedagte...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • Will NO v the Master and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...substitution of words and it is illogical to restrict rectification to the deletion of words only. Van Zyl v Esterhuyze NO en Andere 1985 (4) SA 726 (C) approved and Extrinsic evidence of a testator's intention is admissible to rectify a F will. This would, of course, include evidence of th......
  • Hotz NO v Goodman NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the deletion or the insertion of words. B The Court in Will's case agreed with the decision in Van Zyl v Esterhuyse NO en Andere 1985 (4) SA 726 (C) (a judgment of Burger J and Van Heerden J) which followed the reasoning in the decisions of other Divisions of the Supreme Court, including Ex......
  • Henriques v Giles NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...D Van Wetten and Another v Bosch and Others 2004 (1) SA 348 (SCA) ([2003] 4 All SA 442): referred to Van Zyl v Esterhuyse NO en Andere 1985 (4) SA 726 (C): referred Will NO v The Master and Others 1991 (1) SA 206 (C): referred to. Canada E Re McDermid Estate (1994) 5 ETR (2d) 238 (Sask QB) ......
  • Will NO v the Master and Others
    • South Africa
    • 24 October 1989
    ...in Welldon v Andrews and Others (supra at 45B - C). They have also been followed in this Division in Van Zyl v Esterhuyze NO en Andere 1985 (4) SA 726 (C) where Burger J and Van B Heerden J concluded that the Court was not bound by Stephen's case and that the approach by Corbett J was too r......
  • Request a trial to view additional results
6 cases
  • Will NO v the Master and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...substitution of words and it is illogical to restrict rectification to the deletion of words only. Van Zyl v Esterhuyze NO en Andere 1985 (4) SA 726 (C) approved and Extrinsic evidence of a testator's intention is admissible to rectify a F will. This would, of course, include evidence of th......
  • Hotz NO v Goodman NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the deletion or the insertion of words. B The Court in Will's case agreed with the decision in Van Zyl v Esterhuyse NO en Andere 1985 (4) SA 726 (C) (a judgment of Burger J and Van Heerden J) which followed the reasoning in the decisions of other Divisions of the Supreme Court, including Ex......
  • Henriques v Giles NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...D Van Wetten and Another v Bosch and Others 2004 (1) SA 348 (SCA) ([2003] 4 All SA 442): referred to Van Zyl v Esterhuyse NO en Andere 1985 (4) SA 726 (C): referred Will NO v The Master and Others 1991 (1) SA 206 (C): referred to. Canada E Re McDermid Estate (1994) 5 ETR (2d) 238 (Sask QB) ......
  • Will NO v the Master and Others
    • South Africa
    • 24 October 1989
    ...in Welldon v Andrews and Others (supra at 45B - C). They have also been followed in this Division in Van Zyl v Esterhuyze NO en Andere 1985 (4) SA 726 (C) where Burger J and Van B Heerden J concluded that the Court was not bound by Stephen's case and that the approach by Corbett J was too r......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT