Van Heerden v Pienaar

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie HR, Jansen AR, Viljoen AR, Botha AR en Smalberger AR
Judgment Date29 September 1986
Citation1987 (1) SA 96 (A)
Hearing Date08 September 1986
CourtAppellate Division

Botha AR:

Die geskilpunt wat in hierdie appèl beslag moet word, val binne 'n baie klein bestek. Dit gaan om die geldigheid van C 'n beweerde ooreenkoms tussen die partye in verband met 'n landbouhoewe wat bekend staan as hoewe 15, Newmarket Landbouhoewes, en waarna ek voorts sal verwys as 'die grond'.

Die appellant kom in hoër beroep teen 'n bevel wat op aansoek van die respondent teen hom uitgereik is in the Witwatersrandse D Plaaslike Afdeling deur Leveson R, waarkragtens hy verbied is om die grond te vervreem totdat sekere arbitrasieverrigtinge tussen die partye afgehandel is. Die uitspraak van Leveson R is opgeneem in die Hofverslae: kyk Pienaar v Van Heerden 1985 (2) SA 337. Die appellant het van die Hof a quo verlof verkry om na hierdie Hof in hoër beroep te kom.

Die aanleiding tot die gedingvoering tussen die partye was E kortliks soos volg. Daar het 'n vennootskap van kortstondige duur tussen die partye bestaan, vir ongeveer ses maande van November 1983 tot April 1984. Die besigheid van die vennootskap is op die grond bedryf. Dit het bestaan uit die stalling en afrigting van renperde. Voordat die vennootskap tot stand gekom F het, en met die oog op die aangaan daarvan, het die partye gesamentlik, as medekopers, 'n koopkontrak gesluit met ene Fourie, die geregistreerde eienaar van die grond, waarvolgens hulle die grond van hom gekoop het vir 'n koopsom van R220 000. In die skriftelike vennootskapskontrak wat daarna opgestel is, is daar geboekstaaf dat die vennote die grond aangekoop het en G is daar voorsiening gemaak vir die verkryging van 'n lening en die registrasie van 'n verband ten bedrae van R250 000 met die oog op die betaling van die koopprys en ander onkoste in verband met die verkryging van die grond. Klaarblyklik sou die grond 'n bate van die vennootskap wees. Die vennootskapskontrak het ook bepaal dat geskille tussen die vennote by wyse van arbitrasie besleg sou word, Toe daar gepoog is om die H registrasie van die oordrag van die grond op naam van die vennote te bewerkstellig, is die partye deur hulle prokureur in kennis gestel dat dit nie moontlik was nie, vanweë die bepalings van art 5 van Wet 22 van 1919, wat die titel het 'Land-bouwhoeven (Transvaal) Registratie Wet, 1919' en waarna ek sal verwys as 'die Wet'. Artikel 5(2) van die Wet is die I spil waarom die geskil tussen die partye tans draai, soos weldra sal blyk. Vir huidige doeleindes hoef slegs vermeld te word dat die grond 1,4950 hektaar groot is, dat 'n onderverdeling daarvan in twee gelyke dele tot gevolg sou hê dat elk van die onderverdelings kleiner as 1 morg in grootte sou wees, en dat die registrasie van transport op naam van die twee partye gesamentlik dus nie toelaatbaar was nie, volgens J art 5(2) van die Wet (in die veronderstelling

Botha AR

A dat die Wet op die grond van toepassing is). As gevolg van hierdie toedrag van sake het die appellant toe 'n nuwe koopkontrak met Fourie gesluit op sy eie naam alleen, waarvolgens slegs hy die koper van die grond was, vir dieselfde prys as voorheen. Ingevolge hierdie koopkontrak is die oordrag van die grond op naam van die appellant alleen geregistreer. B Nadat die vennootskap tussen die partye verbrokkel het en ontbind is, het die respondent 'n advertensie in 'n tydskrif gesien, waarvolgens die grond namens die appellant op 'n veiling verkoop sou word. Dit het hom aangespoor om sy aansoek in die Hof a quo teen die appellant van stapel te stuur.

In sy beëdigde verklaring ter ondersteuning van sy aansoek het C die respondent beweer dat die oordrag van die grond op die naam van die appellant alleen geregistreer is uit hoofde van 'n mondelinge ooreenkoms wat die partye aangegaan het ten gevolge van die feit dat transport nie op albei partye se name geregistreer kon word nie. Die inhoud van hierdie mondelinge D ooreenkoms, so het die respondent beweer, was dat die grond op die appellant se naam geregistreer sou word, maar dat hy die eiendomsreg daarvan sou hou namens en ten behoewe van die vennootskap; dat die vennootskap aanspreeklik sou wees vir die betaling van die koopsom, die koste van transport op naam van die appellant, en...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • National Director of Public Prosecutions v Phillips and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1969 (4) SA 369 (A): referred to G Union Government (Minister of Finance) v De Kock NO 1918 AD 22: referred to Van Heerden v Pienaar 1987 (1) SA 96 (A): referred Washington v Wilbur and Others 749 P 2d 1295: considered. Statutes Considered Statutes The Constitution of the Republic of South ......
  • Tainted Elements or Nugatory Directive? The Role of the General Anti-Avoidance Provisions (“GAAR”) in Fiscal Interpretation
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...purposive driven 13 1996 3 SA 9 42 (A) 951, citing Dadoo Ltd v Krugersdor p Munici pal Cou ncil 1920 AD 530 548; Van Heerden v Pien aar 1987 1 SA 96 (A) 107 See also CI R v Conhage (Pty) Ltd 1999 4 SA 1149 (SCA) 115514 1924 AD 516 531-532, quoted with support in Glen Anil Develo pment Corpo......
  • Esterhuizen v Esterhuizen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...may have been higher. I cannot allow the defendant to lose on both the swings and the roundabout.' H (My emphasis added.) On appeal, 1987 ( 1) SA 96 7 (A), the matter was considered by Botha JA, who said the following at 992B: 'From the judgment of Kriegler J it is clear that when he decide......
  • National Director of Public Prosecutions v Phillips and Others
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 31 July 2001
    ...v De Kock NO 1918 AD 22 at 33; Mariam v Minister of the Interior and Another 1959 (1) SA 213 (T) at 217G; Van Heerden v Pienaar 1987 (1) SA 96 (A) at 107J - 108B; Ex parte Hassan 1954 (3) SA 536 (T); Bisset Rajak & Co v Taylor 1967 (3) SA 515 (T) J Heher at 517H. The context is decisive. In......
  • Request a trial to view additional results
8 cases
  • National Director of Public Prosecutions v Phillips and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1969 (4) SA 369 (A): referred to G Union Government (Minister of Finance) v De Kock NO 1918 AD 22: referred to Van Heerden v Pienaar 1987 (1) SA 96 (A): referred Washington v Wilbur and Others 749 P 2d 1295: considered. Statutes Considered Statutes The Constitution of the Republic of South ......
  • Esterhuizen v Esterhuizen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...may have been higher. I cannot allow the defendant to lose on both the swings and the roundabout.' H (My emphasis added.) On appeal, 1987 ( 1) SA 96 7 (A), the matter was considered by Botha JA, who said the following at 992B: 'From the judgment of Kriegler J it is clear that when he decide......
  • National Director of Public Prosecutions v Phillips and Others
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 31 July 2001
    ...v De Kock NO 1918 AD 22 at 33; Mariam v Minister of the Interior and Another 1959 (1) SA 213 (T) at 217G; Van Heerden v Pienaar 1987 (1) SA 96 (A) at 107J - 108B; Ex parte Hassan 1954 (3) SA 536 (T); Bisset Rajak & Co v Taylor 1967 (3) SA 515 (T) J Heher at 517H. The context is decisive. In......
  • Erf 3183/1 Ladysmith (Pty) Ltd and Another v Commissioner for Inland Revenue
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Hartzenberg 1966 (1) SA 405 (A) Skjelbreds Rederi A/S and Others v Hartless (Pty) Ltd 1982 (2) SA 710 (A) D Van Heerden v Pienaar 1987 (1) SA 96 (A) W T Ramsay Ltd v Inland Revenue Commissioners; Eilbeck (Inspector of Taxes) v Rawling [1981] 1 All ER 865 Zandberg v Van Zyl 1910 AD 302. St......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT