Van Heerden & Seuns BK and Others v Senwes Bpk and Others

JurisdictionSouth Africa
JudgeMajiedt, R
Judgment Date19 August 2005
Docket Number1635/99, 1643/99, 1664/99, 1715/99, 1716/99, 1724/99, 1737/99, 1767/99
Hearing Date19 August 2005
CourtNorthern Cape Division

Majiedt R:

A. INLEIDING EN AGTERGROND

1.

Die Vaalharts besproeiingsgebied is alombekend in hierdie kontrei as die bakermat van besproeiingsboerdery. Vir baie dekades het die Vaalharts landbou koöperasie (die derde verweerder hierin, hierna

2005 JDR 0946 p2

Majiedt R

verder verwys as "Vaalharts") die boere in daardie landbougebied bedien as landbou koöperasie.

2.

Die eisers in hierdie saak was voorheen almal lede van Vaalharts, sommige van hulle vir 'n hele aantal jare. Hulle is dus almal besproeiingsboere.

3.

Gedurende 1996 het Vaalharts deur baie troebel finansiële waters gegaan, soveel so dat sy raad van direkteure naarstigtelik na 'n spreekwoordelike reddingsboei gesoek het om hom uit sy verknorsing te red.

4.

Na uitgebreide onderhandelinge met eerste verweerder (hierna verwys as "Senwes Bpk") se voorganger (Sentraalwes Koöperatief, waarna ek verder hierin gerieflikheidshalwe sal verwys as "Senwes"), is 'n koopaanbod gemaak deur Senwes aan Vaalharts, welke aanbod deur laasgenoemde aanvaar is. Ek sal later meer volledig handel met dié betrokke aanbod en koopooreenkoms tussen die partye.

5.

Die voormelde koopooreenkoms het tot gevolg gehad dat die oorgrote meerderheid van Vaalhartslede, insluitende die eisers hierin, toe lede van Senwes en later aandeelhouers van Senwes Bpk en van Senwesbel (tweede verweerder) geword het.

6.

Die sequelae van die voormelde koopooreenkoms en die eisers se veranderde status het gelei tot die onderhawige litigasie.

7.

By ooreenkoms tussen die partye is ses verskillende sake gekon-solideer in een aksie voor my, uit hoofde van die bepalings vervat in

2005 JDR 0946 p3

Majiedt R

Eenvormige Hofreël 11. Volledigheidshalwe moet dit vermeld word dat 'n sewende eiser (Martinson) se boedel gesekwestreer is, gevolglik is sy eis nie een van dié wat gekonsolideer is nie.

B. AANGEVRAAGDE REGSHULP EN STAND VAN DIE PLEITSTUKKE

8.

Op dié stadium gee ek slegs die smeekbedes en stand van die pleitstukke bondig en in breë trekke weer, omrede dit later nodig sal wees om ten aansien van bepaalde aspekte in groter besonderhede daarmee te handel.

9.

Aanvanklik was die eisers se vordering gegrond op kontrakbreuk en kontraksluiting a.g.v. wanvoorstellings. In die alternatief was die eise gegrond op wat bekend geword het in ons reg as nalatige wanbeweringe. Die eisers het oorspronklik restitusie gevorder en as alternatief skadevergoeding, indien hulle ex delicto sou slaag.

10.

By wyse van 'n baie belangrike wysiging van die besonderhede van vordering later (dog ruim voor die aanvang van die verhoor) het die eisers 'n verdere snaar aan hulle boog toegevoeg, te wete 'n beroep op die nietigheid van die ooreenkoms tussen Senwes en Vaalharts vanweë die nie-nakoming van die bepalings vervat in artikel 169A, saamgelees met artikel 169B, van die Koöperasiewet (91 van 1981, hierna "die Wet"). Daar is naamlik beweer dat daar 'n reëling was soos bedoel in artikel 169A van die Wet tussen Vaalharts en sy lede en dat die nie-nakoming van artikel 169A se bepalings nietigheid van

2005 JDR 0946 p4

Majiedt R

die lede (eisers) se bedankings sowel as van die daaropvolgende kontrak tussen Senwes en Vaalharts tot gevolg het. Wat hierdie bykomende eisoorsaak aanbetref is eweneens restitusie gevorder, naamlik terugbetaling van die bedrag van die eisers se ledeheffingsfondse wat ter uitvoering van die koopooreenkoms oorgedra is aan Senwes, teen teruglewering van die aandele wat die eisers ontvang het vanaf Senwes Bpk en Senwesbel.

11.

Die verweerders (uitgesluit vierde verweerder) het op die laasvermelde bykomende eisoorsaak as volg gepleit (vir redes wat aanstons sal blyk laat ek die pleit op die oorspronklike hoof- en alternatiewe eise huidiglik buite rekening):

11.1

Hulle erken dat die bepalings en terme van aanhangsel "C" tot die eisers se besonderhede van vordering, d.w.s. die skriftelike aanbod vanaf Senwes aan Vaalharts en meegaande magtiging en bedanking van Vaalhartslede, welke gesamentlik die skriftelike gedeelte van die koopooreenkoms beliggaam (die eisers het naamlik beweer in hul dagvaardings dat die koopooreenkoms deels skriftelik en deels mondeling was), nie deur die Hof goedgekeur is nie.

11.2

Die verweerders het egter ontken dat die voormelde aanhang-sel "C" wel 'n reëling daarstel en het verder ontken dat die afwesigheid van die Hof se goedkeuring nietigheid van enige van die kontrakte wat die partye gesluit het, tot gevolg het.

11.3

Verder het die verweerders gepleit dat die skriftelike kontrak

2005 JDR 0946 p5

Majiedt R

wat tussen die partye gesluit is op 30 Desember 1996 (die koopooreenkoms) deur 'n algemene ledevergadering van Vaalharts gehou op 4 Desember 1996 by wyse van 'n spesiale besluit gemagtig is.

11.4

As alternatief is gepleit dat, indien bevind word dat die ooreenkoms tussen Vaalharts en sy lede 'n reëling was soos bedoel in artikel 169A, en dat dié ooreenkoms gevolglik nietig is, die partye tot sodanige reëling alreeds volledig presteer het, dat die eisers die prestasie aan hulle aanvaar het en die voordele daarvan benut het en dat hulle derhalwe nie geregtig was om hulle prestasie terug te vorder nie, alternatiewelik nie 'n eisoorsaak openbaar vir terugvordering daarvan nie.

12.

Die voormelde beroep op artikel 169A is heel eerste in limine bereg en het ek bevind dat daar inderdaad 'n reëling was tussen Vaalharts en sy lede en dat die daaropvolgende ooreenkoms tussen Vaalharts en Senwes nietig was, vanweë die nie-nakoming van artikel 169A se bepalings. Die voorbehoue redes vir my voormelde bevinding is vervat in die volgende hoofstuk hiervan.

13.

Hierdie voormelde bevinding aangaande artikel 169A het die spreekwoordelike gefladder in die duiwehok veroorsaak, vreemd genoeg veral wat die eisers aanbetref. Die onmiddellike gevolge van my voormelde bevinding was as volg:

13.1

Die substratum van die eisers se eise teen die vierde verweerder het heeltemal verdwyn, omrede daardie eise

2005 JDR 0946 p6

Majiedt R

geskoei was op die basis van 'n geldige afdwingbare kontrak tussen Vaalharts en Senwes. Die eisers se eise teen vierde verweerder is gevolglik daar en dan met koste afgewys.

13.2

Verskeie wysigings is aangebring tot die eisers se besonderhede van vordering - meer daaroor later.

13.3

Die verhoor moes, op aansoek en koste van die eisers, vir 'n geruime tyd uitgestel word.

14.1

Die eisers het hul besonderhede van vordering gewysig tot die mate dat restitusie op grond van die condictio indebiti as hoofeis gevorder is, uit hoofde van die nietigverklaring van die koopkontrak.

14.2

Die oorblywende verweerders het as volg gepleit daarop:

i)

'n spesiale pleit van verjaring is geopper ten aansien van die eis vir restitusie op grond van die beweerde nietigheid van aanhangsel "C";

ii)

'n spesiale pleit van verjaring is ook geopper ten aansien van die eis vir restitusie ooreenkomstig die condictio indebiti;

iii)

bepaalde verwere op die meriete is gepleit ten aansien van die condictio indebiti.

15.

Met die bovermelde as agtergrond, wend ek my vervolgens tot 'n opgaaf van die voorbehoue redes op die in limine aspek, naamlik artikel 169A van die Wet se bepalings en die toepassing daarvan in die onderhawige geval.

2005 JDR 0946 p7

Majiedt R

C. REDES VIR DIE BEVEL OP DIE PUNT IN LIMINE - ARTIKEL 169A VAN DIE WET

16.

By die aanvang van die verhoor het die eerste, tweede en derde verweerders, by monde van Meneer Smallberger, versoek dat die eisers se vordering soos vervat in smeekbede 1(A)1, heel eerste as 'n punt in limine bereg word. Die eisers, alhoewel hulle nie so ver gegaan het om daarmee akkoord te gaan nie, het toegegee dat daar aansienlike meriete is in die voormelde versoek. Ek het derhalwe aan die versoek voldoen en het op 19 Februarie 2002 na aanhoor van die onderskeie betoë bevind dat die transaksie tussen eisers en Vaalharts 'n reëling was en dat die bepalings van artikels 169A, 169B en 169C van die Wet daarop van toepassing is. Ek het gevolglik smeekbede 1(A)1 van eisers se Besonderhede van Vordering toegestaan. Die redes vir daardie bevinding en bevel is voorbehou tot aan die einde van die verhoor. Hier volg my redes vir daardie bevel.

17.

Gegewe die feit dat hierdie punt in limine primêr 'n geskilpunt tussen die eisers en die eerste, tweede en derde verweerders is, sal ek vir doelmatigheidsredes hierin na die eerste, tweede en derde verweerders verwys as "die verweerders".

18.

In hul gewysigde besonderhede van vordering maak die eisers die volgende beweringe:

"18.1

Die ooreenkoms tussen die eiser en eerste, tweede en derde verweerder was deels skriftelik en deels mondeling.

2005 JDR 0946 p8

Majiedt R

18.2

Aangeheg hierby as Aanhangsel "C" is die skriftelike gedeelte van die ooreenkoms, bestaande uit 'n dokument getitel "REëLINGS VIR DIE INSKAKELING VAN VAALHARTSKOöPERASIE BY SENTRAALWES KOöPERASIE" en 'n dokument getitel "BEDANKING AS LID EN MEEGAANDE MAGTIGINGS" van eiser se ooreenkoms met die eerste, tweede en derde verweerders.

18.3

Die bepalings en terme van AANHANGSEL C is 'n reëling tussen derde verweerder en sy lede, waarvan eiser een is, en moes dit deur die Hof in terme van die bepalings van artikel 169A van die Koöperasiewet Nr 91 van 1981 goedgekeur word. Sodanige goedkeuring het nie geskied nie en bygevolg is die ooreenkoms, sowel as die ooreenkoms en addendum na verwys in Paragraaf 7.1 van die eerste tot derde verweerders se pleit nietig."

Ek het alreeds in die inleiding daarna verwys dat 6 verskillende aksies gekonsolideer is hierin, daarom verwys die aangehaalde passasie na "eiser" in die enkelvoud.

19.

Ek het alreeds in paragraaf 11 hierbo die verweerders se pleit op spesifiek paragraaf 18.3 van die besonderhede van vordering uiteengesit.

20.

In wese dus is die geskilpunte vir beregting wat betref hierdie punt in limine die volgende (dit is trouens...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT