Union National South British Insurance Co Ltd v Vitoria

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Jansen AR, Rabie AR, Joubert AR en Trollip Wn AR
Judgment Date13 November 1981
Citation1982 (1) SA 444 (A)
Hearing Date10 September 1981
CourtAppellate Division

Rumpff HR:

Die appellant in hierdie saak kom in hoër beroep teen 'n beslissing van 'n Regter van die Transvaalse

Rumpff HR

Hooggeregshof. Daardie beslissing verskyn in ons Hofverslae onder Vitoria v Union National South British Insurance Co Ltd 1980 (4) SA 406 (T) A . Dit blyk dat die eiseres Maria Vitoria (tans respondente) in 'n motor gery het, wat bestuur is deur haar vader, in 'n straat in Pretoria. Die motor was 'n Alfa Romeo. Sy het langs haar vader gesit en het nie die veiligheidsgordel wat in die motor was aangesit nie. Die bestuurder van 'n ander motor, luidens Wet 56 van 1972 verseker deur die verweerder (tans appellant), het in die teenoorgestelde rigting gery en B onverwags na regs voor die motor van Maria se vader geswenk. 'n Botsing het plaasgevind tussen die twee voertuie. Maria het ernstige beserings aan haar gesig opgedoen. Sy het 'n eis teen appellant ingestel vir betaling van R18 167,75 as skadevergoeding.

By 'n samespreking ter inkorting van die verrigtinge het die partye soos volg ooreengekom:

'1.

The defendant concedes the plaintiff's rights to sue.

2.

The parties agree that the plaintiff suffered damages in the amount of R7 750.

3.

In connection with the plaintiff's situation as passenger in vehicle TP 48763, the parties agree as follows:

3.1

D The plaintiff was a passenger in the left front seat of the vehicle at the time of the collision in question;

3.2

The vehicle was fitted with seat belts for the driver and the left front seat passenger;

3.3

The plaintiff was not wearing the seat belt;

3.4

E The facial lacerations which plaintiff sustained were caused by her head striking the windscreen;

3.5

Had she worn the seat belt, alternatively had she worn it correctly, she would probably not have struck the windscreen;

3.6

Had the plaintiff worn the seat belt or worn it correctly, she would not have sustained those lacerations.'

F In verband met die botsing is daar ook ooreengekom dat dit uitsluitlik deur die nalatigheid van die bestuurder van die versekerde motor veroorsaak is. Wat hierdie erkennings en die getuienis wat afgelê is betref, het die Verhoorregter die feite opgesom waarop hy sy uitspraak gefundeer het. Vir doeleindes van hierdie appèl is dit nodig om slegs paras 3 tot en met 8 te herhaal:

G '3. The Alfa Romeo was fitted with front seat safety belts of the type known as 'lap belts'. At the time of the collision plaintiff was not wearing a seat belt.

4. As a result of the collision, plaintiff's head struck the windscreen and she suffered extensive lacerations of her face. Had the plaintiff worn the seat belt, she would probably not have hit the windscreen and would in all probability not have sustained the lacerations to her face. H At the worst, her head would have struck the dashboard of the car instead. There is, however, no evidence as to the nature of the extent of the injuries which could have been expected had her head bumped against the dashboard of the Alfa Romeo.

5. The evidence established that, generally speaking, it is a wise and sensible precaution to wear a seat belt at all times. It prevents a passenger on a front seat from being flung forward or sideways during a collision. If it is properly worn, the generally accepted view is that a seat belt reduces the risk of injury to the head, forearms, chest and knees of a front seat passenger. An unbelted passenger runs the risk of being killed; or of sustaining more bodily injuries and injuries of a more serious nature than a passenger wearing a seat belt

Rumpff HR

would do. It is, however, not an absolute insurance against any injury whatsoever, although it may have a bearing on the gravity and extent of injury to a front seat occupant of a motor car in the event of a A collision or accident such as the overturning of the motor car.

6. Regulations were promulgated making it compulsory for all motor cars registered in the Transvaal after 1 January 1965 to be fitted with seat belts for the front seats. As from 1 December 1977, the wearing of seat belts was made compulsory in the Transvaal.

7. Since 1965 an extensive and sustained mass media propaganda campaign B has been conducted by the National Road Safety Council and its predecessor, the South African Road Safety Council, in support of seat belt wearing. At the time of the collision, the wearing of seat belts by motor car occupants in the country was about 12 per cent, which must be regarded as a very low rate.

8. On the probabilities, plaintiff - who did not give evidence - must have been aware of the advantages, although perhaps not of all of them, of wearing a seat belt. However, she either preferred to dispense with C it; forgot to put it on; or simply did not think about it.'

Daar is 'n paar verdere feite wat genoem moet word. Wat para 5 betref, moet daar 'n kwalifikasie wees ten opsigte van skootgordels. Mnr J C van der Walt is deur die appellant as getuie geroep. Hy is die hoof van die D Afdeling Inligting van die Nasionale Verkeersveiligheidsraad en het oa na 'n groot aantal dokumente verwys in verband met die ondersoek en bestudering van die voordeel van die aansit van sitplekgordels en ook wat die Raad alles gedoen het om die publiek in te lig. In kruisondervraging het hy oa erken dat die sogenaamde driepuntgordel wat oor die maag en skouer gaan die beste gordel is en dat die skootgordel E nie die doeltreffendste gordel is nie. Hy het ook die volgende antwoorde gegee:

'Kan ons net dit dan op rekord plaas dat dit duidelik in die film wat ons vanoggend gesien het, is melding gemaak van die feit dat die skootgordel sal lei - of sal tot gevolg hê in 'n botsing, 'n deselerasiebotsing, soos my geleerde vriend dit genoem het, dat die passasier se kop die paneelbord sal tref. U het dit gehoor, nie waar nie? - Ja.

F En dit is wat gebeur in hierdie botsing, waar 'n mens 'n skootgordel dra? Die passasier se kop tref die paneelbord, nie waar nie? - Ek is nie 'n deskundige nie. Ek is ook nie eens 'n deskundige op die gebied van sitplekgordels nie, maar 'n skootgordel veroorsaak die knipmesaksie.

Deur die Hof:

Dit is wat geblyk het van die toetse wat gemaak is volgens die film? - Dit is reg.'

G Hy het verder toegegee dat die betrokke Alfa Romeo 'n klein motor is, dat volgens die film die sogenaamde knipmesaksie respondente 'n harde stamp met haar kop teen die paneelbord kon laat veroorsaak het, al het sy destyds die skootgordel gebruik, en dat dit ernstige beserings kon meegebring het.

H Vitoria is op 9 Februarie 1959 in Portugal gebore en het met haar ouers in 1966 hier in die Republiek van Suid - Afrika aangekom. Sy was toe agt jaar oud. Sy het in Pretoria die matriekeksamen afgelê en daarna as klerk in die Departement van Arbeid gewerk. Sy woon in 'n huis waar daar 'n radio, televisie en soms koerante is. Toe die botsing plaasgevind het, was sy 19 jaar oud.

Die vraag wat hierdie Hof pertinent moet beslis, is of versuim om 'n veiligheidsgordel in 'n motor aan te gespe, bydraende nalatigheid kan wees luidens art 1 van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding 34 van 1956. Die relevante deel van art 1 lui soos volg:

Rumpff HR

'1. Verdeling van aanspreeklikheid in geval van bydraende nalatigheid - (1)

(a) Waar iemand skade ly wat deels aan sy eie skuld en deels aan die skuld van 'n ander persoon te wyte is, word 'n vordering ten opsigte van A bedoelde skade nie ten gevolge van die skuld van die eiser verydel nie, maar word die skadevergoeding wat ten opsigte daarvan verhaalbaar is, in so 'n mate deur die hof verminder as wat die hof, met inagneming van die mate van die eiser se skuld met betrekking tot die skade, regverdig en billik ag.

(b) By die toepassing van para (a) word skade geag aan iemand se skuld te wyte te wees ondanks die feit dat 'n ander persoon 'n geleentheid gehad het om die gevolge daarvan te vermy en nalatiglik versuim het om dit te doen.

B (2).......

(3) By die toepassing van hierdie artikel beteken 'skuld' ook 'n handeling of versuim waaruit, as dit nie vir die bepalings van hierdie artikel was nie, die verweer van bydraende nalatigheid sou ontstaan het.'

Oor die betekenis van hierdie artikel was daar verskil van mening in sekere Provinsiale Howe.

C In King NO v Pearl Insurance Co Ltd 1970 (1) SA 462 (W) is beslis dat art 1 (3) wat 'skuld' ('fault' in die Engelse weergawe) omskryf, beperkend uitgelê moet word. In die Kingsaak het dit gegaan oor 'n aansoek om 'n pleit te wysig. Eiseres in daardie saak het op 'n klein motorfiets gery en geen valhelm gedra nie toe sy in 'n botsing ernstige D hoofbeserings opgedoen het. Verweerder wou hom beroep op skuld ten opsigte van skade aan die kant van eiseres. Die Hof het die aansoek geweier omdat oa die woord 'skuld' in die Wet volgens die mening van die Hof slegs betrekking het op bydraende nalatigheid luidens die gemene reg. Die uitspraak in die King saak is as juis aanvaar in 'n saak Sparg v E AA Mutual Insurance Association Ltd, verhoor in die Oos - Kaapse Afdeling en wat nie in die Hofverslae verskyn nie. Die King saak se benadering is egter verwerp in Bowkers Park Komga Co - operative Ltd v South African Railways and Harbours 1980 (1) SA 91 (E), waar brand die oorsaak van skade was, en ook in 'n beslissing in die Transvaalse Hooggeregshof, nl Vorster en Vorster v AA Mutual Insurance Association F Ltd [*] (3.9.81), waarin dit gegaan het oor die versuim om 'n veiligheidsgordel in 'n motor aan te gespe.

Nadat die betrokke Wet in werking getree het, is daaroor geskryf in regstydskrifte en die King saak self is ook deur enkele akademici bespreek. Die beslissing in die Bowkers Park saak is ook bespreek en is deur feitlik al die betrokke akademici verwelkom.

G Wat besprekings in regstydskrifte en boeke betref aangaande die Wet en die King saak kyk die volgende...

To continue reading

Request your trial
20 practice notes
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...AA Mutual Insurance Association J Ltd 1990 (1) SA p682 A 1982 (1) SA 145 (T); Union National South British Insurance Co Ltd v Vitoria 1982 (1) SA 444 (A); Candler v Crane Christmas and Co [1951] 2 KB 164; Hedley Byrne & Co Ltd v Heller & Partners Ltd [1964] AC 465; Ultramares Corporation v ......
  • Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Oneanate Investments (Pty) Ltd (in Liquidation) 1998 (1) SA 811 (SCA) at 828 Union National South British Insurance Co Ltd v Vitoria 1982 (1) SA 444 (A) at 451 - 2 F Zimbabwe Banking Corporation Ltd v Pyramid Motor Corporation (Pvt) Ltd 1985 (4) SA 553 (ZS) Zygos Corporation v Salen Reder......
  • Thoroughbred Breeders Association of South Africa v Price Waterhouse
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd v Mining Commissioner, E Johannesburg 1917 AD 419: dictum at 431 applied Union National South British Insurance Co Ltd v Vitoria 1982 (1) SA 444 (A): dictum at 456C applied Victoria Falls & Transvaal Power Co Ltd v F Consolidated Langlaagte Mines Ltd 1915 AD 1: dictum at 31-3 applied. S......
  • General Accident Versekeringsmaatskappy SA Bpk v Uijs NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...op 835C-836D, 837-8;Jones NO v Santam Bpk 1965 (2) SA 542 (A) op 554G-555H; Union National South British H Insurance Co Ltd v Vitoria 1982 (1) SA 444 (A) op 455H-456D, 456H, 462A, 462C, 462H-463A; Nochomowitz v Santam Insurance Co Ltd 1972 (1) SA 718 (T); DeJongh v Gunther and Another 1975 ......
  • Request a trial to view additional results
20 cases

20 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT