Umfolozi Transport (Edms) Bpk v Die Minister van Vervoer

JurisdictionSouth Africa
JudgeHowie AR
Judgment Date13 March 1997
Citation1997 JDR 0248 (A)
Docket Number231/95
CourtAppellate Division

Howie AR:

Appellant is Umfolozi Transport (Edms) Bpk ("Umfolozi''), 'n openbare busoperateur. Eerste respondent is die Minister van Vervoer. Tweede respondent is die Staatstenderraad ("die Raad") ingestel ingevolge die wat op die Staatstenderraad, 86 van 1968 ("die Wet"). Derde Respondent was te alle tersaaklike tye voorsitter van die Raad. Vierde respondent is Transport Advisory Services (Edms) Bpk ("TAS") wat bestuurs- en adviserende dienste aan vervoerkontrakteurs verskaf.

In Februarie 1994 het die Raad tenders gevra vir die toekenning van 'n kontrak vir die verskaffing van openbare passasiersvervoerdienste aan die Staat in o a Richardsbaai, Empangeni, Ngoya, Obanjeni en omliggende gebiede in Kwazulu-Natal. In daardie stadium was Umfolozi die bestaande verskaffer van sodanige dienste kragtens 'n kontrak met die Raad wat in 1991 aangegaan is.

1997 JDR 0248 p3

Howie AR

Oorspronklik sou daardie kontrak vir vier jaar van krag gewees het maar by ooreenkoms is die einddatum in 1993 vervroeg tot 'n datum nie vroeër nie as 31 Augustus 1994.

Die sluitingsdatum vir tenders was 16 Maart 1994. Onder die tenderaars was Umfolozi en TAS. Umfolozi se tender vir die verskaffing van die nodige dienste in gemelde dorpe en gebiede was ongeveer R8,3m hoër as dié van TAS, wie se tender die laagste was.

Aangesien ondersoeke namens die Raad met betrekking tot die vermoëns van die onderskeie tenderaars om die betrokke dienste na behore te lewer heelwat langer geneem het as die tenders se geldigheidsduur, is die tendertydperk by ooreenkoms op altesaam drie geleenthede verleng, uiteindelik tot 30 November 1994. Intussen is die vroegste beëindigingsdatum van Umfolozi se bestaande kontrak by ooreenkoms uitgestel tot 28 Februarie 1995.

1997 JDR 0248 p4

Howie AR

Uit hoofde van 'n besluit van die Raad is die kontrak waarvoor Umfolozi en TAS getender het aan laasgenoemde toegeken, welke besluit in 'n brief gedateer 29 November 1994 van die Departement van Vervoer aan TAS bekend gemaak is. As gevolg daarvan het die Raad ingevolge art 4(1)(a) van die Wet namens die Staat 'n skriftelike kontrak met TAS aangegaan .

Umfolozi se reaksie was om in Desember 1994 'n dringende hersieningsaansoek aan die Transvaalse Provinsiale Afdeling te rig waarvolgens tersydestelling van die besluit en toekenning gevra is, asook 'n verklarende bevel dat Umfolozi se bestaande kontrak nog steeds geldig en van krag is en deur die partye daartoe uitgevoer moet word.

Die Hof (Duke, Wn R) het die aansoek van die hand gewys maar verlof verleen om na hierdie Hof te appelleer.

Op appèl is vier betoogspunte namens Umfolozi geopper:

1997 JDR 0248 p5

Howie AR

1. Dat TAS nooit bedoel het om as prinsipaal te tender nie maar slegs as verteenwoordiger van een van twee maatskappye, Bophutatswana Transport Investments (Eiendoms) Bpk ("BTI") of Mamelodi Bus Service (Edms) Bpk (HMBSN), en dat, alhoewel die Raad bedoel het om met TAS as prinsipaal te kontrakteer, die nodige wilsooreenstemming om 'n kontrak tot stand te bring derhalwe ontbreek het.

2. Dat die kontrak wat aan TAS toegeken is eintlik deur MBS uitgevoer sou word en aangesien MBS 'n volfiliaal van BTI en lg 'n staatsbeheerde maatskappy was, daar te alle wesenlike tye 'n redelike verdenking bestaan het dat die Raad nie onpartydig sou kon handel nie. In daardie omstandighede het die Raad verkeerdelik as regter in sy eie saak opgetree.

3. Dat die Raad by oorweging van die onderhawige tenders versuim het om belangrike inligting ten aansien van TAS en

1997 JDR 0248 p6

Howie AR

MBS in ag te neem en ooreenkomstig 'n verkeerde beginsel gehandel het deur die kontrak aan TAS toe te kan suiwer en alleen omdat sy tender die laagste was.

4. Dat dit 'n stilswyende bepaling was van Umfolozi se bestaande kontrak soos gewysig, dat dit van krag sou bly tot tyd en wyl 'n geldige vervangende kontrak gesluit is.

Wat die eerste betoogspunt aanbetref, word namens Umfolozi hoofsaaklik gesteun op dokumentasie wat nie deel van die tender- of kontraksdokumente uitmaak nie, asook op uitlatings van persone wat nie partye tot die toegekende kontrak was nie.

Die belangrikste dokument in hierdie verband, uit Umfolozi se oogpunt beskou, is 'n brief gedateer 22 Maart 1994 wat namens TAS aan die Departement van Vervoer gerig is, d w s nadat TAS reeds getender het en tenders inderdaad gesluit het. In daardie brief sê die skrywer dat die direkteure van BTI goedgekeur het dat

1997 JDR 0248 p7

Howie AR

TAS namens BTI tender en namens BTI die tersaaklike busdienste bestuur.

Nog 'n relevante dokument is 'n brief gedateer 15 Maart 1994, ook namens TAS aan die Departement, waarin die skrywer aankondig dat indien TAS se tender aanvaar sou word, TAS 'n maatskappy sou nomineer of oprig wat TAS sou bestuur en wat die nodige busdienste sou lewer.

In 'n latere mededeling aan die Departement het TAS op 6 Junie 1994 aangedui dat MBS sy genomineerde sou wees.

Die uitlatings en afleidings waarna reeds verwys is, vind mens in kommentaar deur Departementele amptenare en verslae deur deskundiges wat opgedra is om die Raad van advies t o v die tenders en tenderaars te voorsien. Sodanige deskundiges was Stewart Scott Ingelyf - raadgewende ingenieurs - en KPMG Aiken and Peat ("Aiken and Peat") - geoktrooieerde rekenmeesters. So bv vind mens in die

1997 JDR 0248 p8

Howie AR

Departement se voorlegging aan die Raad dat daar vier keer na TAS verwys word as tenderaar vir of namens 'n maatskappy gestig of genomineer te word. Voorts word in elkeen van twee verslae deur Aiken and Peat beweer dat TAS namens BTI getender het.

Na my mening verleen gemelde dokumente en uitlatings geen steun aan Umfolozi se saak nie. TAS se tender maak deel van die oorkonde uit en die tender was ooglopend in sy eie naam met geen aanduiding hoegenaamd van 'n verteenwoordigende hoedanigheid nie.

TAS se brief van 22 Maart 1994 kan ook geen verskil maak nie...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT