Tupper v Tupper

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Vos Hugo R
Judgment Date22 August 1968
Citation1969 (1) SA 213 (GW)
Hearing Date15 August 1968
CourtGriqualand-West Local Division

C De Vos Hugo, R.:

Dit is die vervaldag van 'n bevel vir die herstel van huweliksregte en die bevel is finaal gemaak.

In hierdie geval het die kwessie van 'n assistent adjunk-balju weer ter sprake gekom. Vir redes wat nie hier genoem hoef te word nie, is daar D nou 'n mate van verwarring in die jurisdiksie-gebied van hierdie Afdeling oor die vraag of, in geval van 'n relaas van lewering deur die assistent van 'n adjunk-balju, laasgenoemde moet sertifiseer dat die assistent aangestel is en dat sy aanstelling deur die Minister goedgekeur is. In Harry Jedeiken (Pty.) Ltd v Dippenaar, 1960 P.H. F88, en in Bouwer v Bouwer, 1967 (3) SA 614 (O), is beslis dat die E adjunk-balju wel moet sertifiseer dat die assistent deur hom aangestel en sy aanstelling deur die Minister goedgekeur is. Ek het voor my ook 'n omsendbrief (No. 10 van 1960) aan alle adjunk-balju's van die balju van die Kaapse Provinsiale Afdeling, wat ook die balju in die jurisdiksie-gebied van hierdie Afdeling is. Die brief lees as volg:

'1.

Hiermee word u in kennis gestel dat die uitspraak in die saak van F Harry Jedeiken (Pty.) Ltd., v Dippenaar, 1960 (2) P.H. F88, op 'n regtersvergadering bespreek is en daar is besluit dat in hierdie Hof as praktyk aanvaar sal word dat 'n adjunk-balju se assistent 'n dokument kan bestel, 'n relaas van sy bestelling kan maak en die relaas kan onderteken sonder dat dit vir die adjunk-balju nodig is om 'n sertifikaat te gee aangaande sy aanstelling.

2.

Verder is ook besluit dat waar die adjunk-balju 'n prokureur is en 'n belang in 'n geding het, deur bv. vir eiser of verweerder op te tree, G maar 'n assistent het wat nie aan sy praktyk as prokureur verbonde is nie, mag so 'n assistent die stukke in die geding bestel en sy relaas daarop maak en sal dit nie as onbehoorlike bestelling beskou word nie. In hierdie gevalle sal dit dus nie nodig wees vir die balju om iemand spesiaal aan te stel om die bestelling van stukke in die geding te bewerkstellig nie.'

Hier word presies die teenoorgestelde standpunt ingeneem. Dit is nou nodig om te beslis wat die praktyk van hierdie Afdeling sal wees.

H In die sake van Jedeiken en Bouwer het die geleerde Regters na art. 34 (3) van die Hooggeregshofwet, 59 van 1959, verwys. Hierdie artikel lees as volg:

De Vos Hugo R

'34 (3) 'n Adjunk-balju wat nie 'n beampte in die Staatsdiens is nie, kan met goedkeuring van die Minister een of meer assistente aanstel vir wie hy verantwoordelik is...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT