Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn CJ, Van Blerk JA, Ogilvie Thompson JA, Botha JA and Potgieter JA
Judgment Date13 May 1968
Hearing Date15 March 1968
CourtAppellate Division

Van Blerk, J.A.:

Die appellant, 'n bankinstelling, het 'n aantal F depositobewyse aan mev. Davidoff uitgereik ten aansien van bedrae wat sy by appellant belê het. Sy het daarna van appellant voorskotte gekry en as sekuriteit vir terugbetaling daarvan op 25 Augustus 1964 die vorderingsregte wat uit die depositobewyse blyk volgens 'n geskrewe stuk getiteld 'Deed of Pledge' aan die appellant gecedeer en terselfdertyd die depositobewyse aan die appellant oorhandig. Daarna is die G depositobewyse aan Davidoff oorhandig en, volgens 'n aantekening gemaak deur 'n amptenaar van appellant, deur haar tydelik onttrek. Daar is bewerings dat sy voorgegee het dat sy die bewyse net aan 'n handelsbank wou toon as bewys van haar beleggings by appellant. Maar dis te betwyfel of die getuienis hierdie bewerings staaf. Davidoff het egter nie die H dokumente aan appellant terugbesorg nie. Sy het die vorderingsregte wat daaruit blyk aan respondent gecedeer as sekuriteit vir betaling van sekere skulde en die depositobewyseaan respondent oorhandig. Daar is egter geen bewys dat appellant, wat in besit gebly het van die geskrewe cessie, ooit sy sekuriteit prysgegee het nie.

Daar het 'n geskil ontstaan tussen die partye oor respondent se reg om van appellant betaling te vorder van die bedrae wat uit die depositobewyse blyk. In die Transvaalse Provinsiale Afdeling het respondent aksie ingestel vir 'n verklarende bevel teen appellant om by aanbieding

Van Blerk JA

van die depositobewyse die bedrae daarin vermeld uit te betaal. Die bevel is toegestaan. Die uitspraak van die Hof a quo verskyn in 1968 (1) SA 102 (T).

A Na my mening moet, soos appellant onder andere betoog, die appèl slaag op grond daarvan dat reeds op 25 Augustus die betrokke vorderingsregte in securitatem debiti aan die appellant gecedeer is, en dat Davidoff die cedent, dusgeen sodanige regte gehad het wat sy aan respondent kon oormaak nie soos sy voorgegee het te gedoen het deur middel van 'n latere cessie.

B Op hierdie aspek van die appèl is respondent se betoog dat die cessie aan appellant tot niet gegaan het toe appellant die depositobewyse uit sy besit laat gaan het met die oorhandiging daarvan aan die cedent want, so gaan die betoog voort, dit is nie alleen vir die voltooiing van die cessie 'n vereiste dat die depositobewyse aan die C cessionaris oorhandig moes gewees het nie maar, ingeval van 'n cessie in securitatem debiti, moes die cessionaris voortdurend in besit gebly het van die dokumente. Die betoog berus op 'n gelykstelling van die sekuriteitsreg op 'n vorderingsreg met 'n saaklike pandreg wat tot nietgaan as die verpande saak uit die pandhouer se besit gaan. Dit kan hier dadelik gemeld word, soos later meer in besonder aangetoon word, D dat dit respondent - synde 'n derde - nie kan skeel nie of die cessie aan appellant 'n uit-en-uit cessie is dan wel 'n cessie in securitatem debiti.

Dit is 'n gevestigde reël, wat sy ontstaan aan ons regspraak ontleen, dat indien 'n vorderingsreg uit 'n skriftelike stuk blyk daar geen geldige cessievan sodanige reg kan wees nie, of dit nou 'n uit-en-uit E cessie dan wel 'n cessie in securitatem debiti is, tensy die skriftelike stuk aan die cessionaris gelewer word.

Daar is skynbaar geen gesag in die Romeins-Hollandse reg vir so 'n reël wat die vorderingsreg - wat 'n persoonlike reg is - vereenselwig met die dokument wat as bewys daarvan dien nie. Volgens Romeinse reg is F die cedent uit hoofde van die cessie verplig om alles wat tot bewys van die vorderingsreg en die egtheid daarvan dien aan die cessionaris te lewer. (Mühlenbruch, Cession der Forderungsrechte, bl. 621, para. 63). Sien ook dié skrywer se latere werk oor die Pandekte, deel 11, para. 499). Uit bostaande blyk dit egter nie dat die lewering aan die cessionaris van die dokumente 'n vereiste vir die voltooiing of G geldigheid van die cessie is nie, maar slegs 'n gevolg is van 'n voltooide cessie. Ander gevolge wat genoem word is dat die cedent die cessionaris moet bystaan in prosesse wat volg en dat die cedent moet instaan vir die veritas nomenis. Volgens Romeins-Hollandse reg gaan vorderingsregte deur blote oordragsooreenkoms tussen cedent en cessionaris op laasgenoemde oor, maar soos ons reg staan is die H bykomende vereiste vir voltooiing van die cessie ingevoer. Reeds in 1828 in die gewysde van Smuts v Stack and Others, 1 Menz. 297, is op bl. 298 gesê:

'. . . by the law of this colony the cession of a debt is completed by delivery of the deed constituting it . . .'.

(Daar was dit 'n geval waar die vorderingsregte uit 'n vendurol sou geblyk het).

In Jacobsohn's Trustee v Standard Bank, (1899) 9 C.T.R. 188 op bl. 190, sê Hoofregter DE VILLIERS

'. . . where . . . the evidence of the right is contained in the written instrument

Van Blerk JA

which records it then the right cannot be completely ceded unless the instrument is delivered to the cessionary . . .'.

Hierdie stelling is gevolg in Smith v Farelly's Trustee, 1904 T.S. 949, en in Rothschild v Lowndes, 1908 T.S. 492 op bl. 499, verwys Hoofregter INNES daarna as ingeburgerde praktyk, alhoewel dit op geen gesag A gebaseer is nie. Hierdie Hof het ook die regsposisie so aanvaar en lewering van die geskrewe stuk waaruit die vorderingsreg blyk vereis vir voltooiing van 'n cessie van sodanige regte (National Bank of South Africa Ltd v Cohen's Trustee, 1911 AD 253; Jeffery v Pollak and Freemantle, 1938 AD 1; Labuschagne v Denny, 1963 (3) SA 538 (AD) B en Guman and Another v Latib, 1965 (4) SA 715 (AD) op bl. 722).

Die rede vir die invoering van die reël is sover nagegaan kan word vir die eerste keer gemeld toe Hoofregter DE VILLIERS in Fick v Bierman, (1876) 2 S.C. 26 op bl. 34, gesê het:

'The importance of requiring the best evidence of the cession of rights of action becomes manifest when we consider some of the consequences C which, under the Roman-Dutch law, attach to the cession of action. One of these consequences is that all the rights of the cedent are extinguished by the cession, so that the cessionary only, and not the cedent, can compel an unwilling debtor to discharge his debt. (Voet, 18.4.15).'

Dáár word ook melding gemaak van die reg van 'n insolvente cedent se krediteure om duidelike bewys te verg van 'n ooreenkoms van cessie. Die D onderliggende rede waarom dié vereiste gestel word is blykbaar om sover doenlik teverseker dat die cessionaris toegerus moet word met getuienis wat kan dien as bewys van die oordrag van die regte aan hom.

Die effek van 'n uit-en-uit cessie is om al die regte van die cedent op die gecedeerde vorderingsreg aan die cessionaris oor te dra; die cedent E is ontdaan van alle aanspraak op die gecedeerde regte en in die geval van die cessie insecuritatem debiti is, wat derdes betref, die oordrag van die gecedeerde regewe volkome. Solank die cessie staan het die cedent geen afdwingbare reg teendie skuldenaar nie. Al wat hy het is die reg van terugcessie (Rothschild v. Lowndes, supra, op bl. 501) vir geval die skuldenaar die versekureerde skuld betaal, of die opbrengs van die F gecedeerde vorderingsreg meer is as wat nodig is vir die delging van die versekureerde skuld, in watter geval die balans aan die cedent terugval. Wat derdes, soos die respondent, betref, kan dit dus geen verskil maak nie of die cessie uit-en-uit is dan of dit in securitatem debiti is.

G In die National Bank of South Africa saak, supra, sê Regter INNES datten spyte van hierdie omvangryke reg van die cessionaris, wat gelyk is aan die reg wat hy deur 'n absolute cessie verkry, behou die cedent die dominium in die vorderingsreg. Hy noem dit ook 'a right of redemption'. Op bl. 253 - 4 sê die geleerde Regter verder:

'The right view of a cession by way of pledge . . . seems to be that, though in some cases it may be necessary to comply with the rules of H procedure, and though in every case it confirms and places beyond doubt his right to sue in his own name upon the ceded obligation, still it does not change the essential character of the transaction. If the parties intended that the bare ownership should remain in the cedent, it is not taken out of him by the cession.'

Soos gesê in Moola v Estate Moola, 1957 (2) SA 463 (N) op bl. 464, is die woord dominium nie 'n gelukkige benaming vir die reg van terugcessie nie. Maar dit daar gelaat. Ek wil my egter vereenselwig met wat Regter STRATFORD sê in Frankfurt v Rand Tea Rooms Ltd. and Sheffield, 1924 W.L.D. 253 op bl. 256, naamlik:

Van Blerk JA

'In examining the nature of the rights of a pledgor of a right in personam the analogy of the position of a pledgor of a movable should not be pressed too far.'

Vir die betoog dat die cessie aan appellant te nietgegaan het toe die A depositobewyse uit sy besit gegaan het, word gesteun by wyse van analogie op die reg wat van toepassing is op die saaklike pand. Daar is sover nagegaan kan word geen gesag in ons regspraak wat hierdie sienswyse steun nie. Trouens die teenoorgestelde blyk uit die gewysdes van Morkel v Holm, 2 S.C. 57, waarvan die tersaaklike feite kortliks B soos volg is: Eiseres wat getroud was buite gemeenskap van goedere met ene Morkel het die verweerder gedagvaar vir lewering van 'n lewensversekeringspolis op die lewe van Morkel wat laasgenoemde in 'n behoorlik geregistreerde huweliksvoorwaardekontrak aan eiseres oorgemaak het. Die notaris voor wie die huweliksvoorwaardekontrak verly is, het versuim om die cessie op die polis te laat endosseer en kennis van C sodanige cessie aan die versekeringsmaatskappy te gee. Morkel het die polis behou en dit later in 'n laai in sy vrou se klerekas gesit en daarna sonder haar toestemming die polis aan die verweerder gecedeer as sekuriteit vir 'n skuld van sy eie. Die polis is aan die verweerder oorhandig en kennis van die cessie is aan die betrokke D versekeringsmaatskappy gegee. Morkel het insolvent gegaan en verweerder het die standpunt ingeneem dat hy geregtig is om...

To continue reading

Request your trial
58 practice notes
  • Hippo Quarries (Tvl) (Pty) Ltd v Eardley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Motala v Latib 1964 (1) SA 851 (T); Guman and Another v Latib 1965 (4) SA 715 (A); Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of SA Ltd 1968 (3) SA 166 (A) at 173E, 189A; ltaltrafo SpA v Electricity Supply Commission 1978 (2) SA 705 (W); Alexander and Another v Standard Merchant Bank Ltd 1978......
  • Roman Catholic Church (Klerksdorp Diocese) v Southern Life Association Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...vol 2 para 348, vol 9 paras 373, 383 and 385 and vol 12 paras 252, 253; Trust Bank of D Africa Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd 1968 (3) SA 166 (A) at 185D-F; Bryant & Flannagan v Muller and Another 1978 (2) SA 807 (A) at 812H-813B; Sorge v Estate Preuss 1933 CPD 61; Tayler & Ries Lt......
  • Cassel and Benedick NNO and Another v Rheeder and Cohen NNO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 463 (N) at 464D - E; Motala v Latib 1964 (1) SA 851 (T) at D 854G - H; Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd 1968 (3) SA 166 (A) at 173E; Holzman NO and Another v Knights Engineering & Precision Works (Pty) Ltd 1979 (2) SA 784 (W) at 793C - F; Marais en Andere NNO ......
  • Basson v Chilwan and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die ander kontraktant F nie 'n belang by die beperking het nie. Sien Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd 1968 (3) SA 166 (A) op 189 en gesag daar aangehaal. Maar selfs indien die tweede kontraktant wel sodanige belang het, kan die beperking nogtans onafdwingbaar wee......
  • Request a trial to view additional results
52 cases

6 books & journal articles
  • Advancing the Statutory Remedy for Unfair Prejudice in South African Company Law: Perspectives from International Jurisprudence
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...Life AssociationLimited 1992 (2) SA 807 (A); Jeffery v Pollack Freemantle 1938 AD 1 22; Trust Bank of Africa vStandard of South Africa 1968 (3) SA 166 (A), Botha v Fick 1995 (2) SA 750 (A) and Watt v SeaPlant Products Ltd 1999 (4) SA 443 (C). For further commentary, see Scott, ‘Delivery ofd......
  • A Comprehensive Suggestion to Bring the Pactum de Non Cedendo into the 21st Century
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...1991 Responsa Meridiana 52 54-55; Scott The L aw of Cession 2 ed (1991) 206; De Wet & Van Wyk Kontraktereg 4 ed (1993) 254 n 16 7 1968 3 SA 166 (A)8 King JA in Italtr afo SpA v Electricit y Supply Commission 1978 2 SA 705 (W ) expressly agreed w ith the purpor ted departure in t he Trust Ba......
  • One hundred years of security cession
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...(Pty) Ltd v Ensor NO 1988 (2) SA 367 (N); Spendiff NOv JAJ Distributors (Pty) Ltd 1989 (4) SA 126 (C).151964 (2) SA 252 (A) 271E-G.161968 (3) SA 166 (A) 189B ff.17Scott The Law of Cession op cit note 10 at 247.18Pactum f‌iduciae.Two forms of such agreements were known in Roman law: the f‌id......
  • Dematerialisasie van die genoteerde aandeel in die Suid-Afrikaanse reg (Deel 1)
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...Cohen's Trustee 1911 AD 235; Jeffery v Pollak & Freemantle supra noot 61; Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd 1968 (3) SA 166 (A) 176; Scott op cit noot 41 op 238n31. 69 Benade op cit noot 59 op 283. Kyk Vermaas op cit noot 6 hfst 5 par 3.1.3 waar anngevoer word dat......
  • Request a trial to view additional results
58 provisions
  • Hippo Quarries (Tvl) (Pty) Ltd v Eardley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Motala v Latib 1964 (1) SA 851 (T); Guman and Another v Latib 1965 (4) SA 715 (A); Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of SA Ltd 1968 (3) SA 166 (A) at 173E, 189A; ltaltrafo SpA v Electricity Supply Commission 1978 (2) SA 705 (W); Alexander and Another v Standard Merchant Bank Ltd 1978......
  • Roman Catholic Church (Klerksdorp Diocese) v Southern Life Association Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...vol 2 para 348, vol 9 paras 373, 383 and 385 and vol 12 paras 252, 253; Trust Bank of D Africa Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd 1968 (3) SA 166 (A) at 185D-F; Bryant & Flannagan v Muller and Another 1978 (2) SA 807 (A) at 812H-813B; Sorge v Estate Preuss 1933 CPD 61; Tayler & Ries Lt......
  • Cassel and Benedick NNO and Another v Rheeder and Cohen NNO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 463 (N) at 464D - E; Motala v Latib 1964 (1) SA 851 (T) at D 854G - H; Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd 1968 (3) SA 166 (A) at 173E; Holzman NO and Another v Knights Engineering & Precision Works (Pty) Ltd 1979 (2) SA 784 (W) at 793C - F; Marais en Andere NNO ......
  • Basson v Chilwan and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die ander kontraktant F nie 'n belang by die beperking het nie. Sien Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd 1968 (3) SA 166 (A) op 189 en gesag daar aangehaal. Maar selfs indien die tweede kontraktant wel sodanige belang het, kan die beperking nogtans onafdwingbaar wee......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT