Total South Africa (Pty) Ltd v Oosthuizen t/a Happy Homes Filling Station

JurisdictionSouth Africa
JudgePrinsloo J, Van Rooyen AJ
Judgment Date27 February 2009
Docket NumberA1193/06
Hearing Date10 February 2009
CourtTransvaal Provincial Division
Citation2009 JDR 0139 (T)

Prinsloo R:

Inleiding

[1]

Die appellant is 'n bekende verspreider van petroleumprodukte.

[2]

In die tydperk tussen 1999 en 2002 het die appellant petroleumprodukte aan die respondent verskaf in terme van 'n ooreenkoms wat tussen hulle bestaan het.

2009 JDR 0139 p2

Prinsloo R

[3]

In Januarie 2002 het die appellant 'n besending brandstof ter waarde van R72 448,00 aan die respondent verkoop en gelewer. Dit is gemene saak dat die brandstof so verkoop en gelewer is op die respondent se aandrang en versoek.

[4]

Dit is gemene saak dat die respondent nie vir die brandstof betaal het nie.

[5]

In Maart 2002 het die appellant, op die inisiatief van sy verkoopsbestuurder, ene Le Grange, die petrolpompe wat die appellant in terme van die ooreenkoms met die respondent by die vulstasie geïnstalleer het, verwyder. Hierdie verwydering het sonder enige kennis aan, of oorleg met, die respondent geskied. Le Grange het 'n kontrakteur opgedra om die pompe onverwags op 'n Saterdagmiddag te verwyder.

[6]

Die Saterdag was 16 Maart 2002 en op 18 Maart 2002 het die respondent telefonies met Le Grange in verbinding getree om die saak te probeer beredder. Hy het nie daarin geslaag nie.

[7]

Op 8 Mei 2002 het die respondent 'n brief aan die hoofbestuurder van die appellant gestuur waarin hy hom bekla oor Le Grange se optrede, die appellant se aksies as 'n repudiasie van die kontrak beskryf het, en die kontrak gekanselleer het.

2009 JDR 0139 p3

Prinsloo R

Die brief is per faks gestuur, en namens die respondent is daar getuig dat mnr Louw, die hoofbestuurder, se sekretaresse bevestig het dat die brief ontvang is. Dit is nie in geskil geplaas nie. Die brief is by die verhoor ingedien as bewysstuk "D".

[8]

Ek vind dit gerieflik om die inhoud van die brief aan te haal want dit skets ook die agtergrond van die saak en hou verband met sekere regsargumente wat voorgedra is:

"Meneer

Happy Homes Vulstasie Malamulele

Ek verwys na 'n telefoongesprek met mnr Le Grange van u departement op 18 Maart 2002 en vind dit nodig om die gebeure in die verband in hierdie stadium op rekord te plaas.

Op Saterdagmiddag 16 Maart 2002 het ek 'n oproep van een van my werknemers by die vulstasie ontvang wie my meegedeel het dat daar 'n persoon by die perseel opgedaag het en besig was om die pompe te verwyder.

Hierdie optrede was vir my 'n skok aangesien ek nie vooraf ingelig is nie en het ek op Maandagoggend 18 Maart 2002 navraag gedoen.

2009 JDR 0139 p4

Prinsloo R

Dit het geblyk dat die opdrag deur mnr Le Grange gegee was en daar is vervolgens met hom geskakel.

Hy het verduidelik dat hy by die perseel te Happy Homes op Vrydagmiddag 15 Maart 2002 opgedaag het en verneem het dat daar vir 3 weke geen brandstof verkoop is nie op grond waarvan hy summier opdrag gegee het dat die toerusting die volgende dag verwyder moes word wat wel gebeur het.

Sy verduideliking was verder dat hy bekommerd was dat die toerusting dalk gesteel kon word.

Mnr Le Grange ken my goed en weet waar om my te kontak en kon geen rede verstrek waarom hierdie drastiese stap geneem is sonder om my eers te kontak en hom te vergewis van die feite nie.

Ek het hom meegedeel dat daar deurentyd twee persone op die perseel is asook 'n nagwag 7 dae per week. Hierbenewens is die toerusting en inhoud ten volle verseker.

Hy is ook ingelig i.v.m. probleme wat die chaotiese reëlings met betrekking tot verspreiding in die gebied meebring.

2009 JDR 0139 p5

Prinsloo R

Dit was egter duidelik dat mnr Le Grange se besluit reeds geneem was en dat sinistere motiewe moontlik agter die optrede skuil aangesien hy enige feite wat onder sy aandag gebring is, geignoreer het.

Ek het hom meegedeel dat sy optrede hoogs onreëlmatig is en hom versoek om die situasie skriftelik te bekragtig en in besonder die kansellasie van enige ooreenkoms wat mag bestaan. Hy het ook aangedui dat hy mettertyd die res van die toerusting naamlik die tenks sal laat verwyder.

Tot op datum is egter niks weer van mnr Le Grange verneem nie en is die tenks ook nog nie verwyder nie.

Opsommend dus moet ek u meedeel dat

(a)

mnr Le Grange na my mening wederregtelik opgetree het

(b)

dat hy op grond van vals aannames en afleidings hierdie drastiese stap geneem het sonder enige poging om die korrektheid daarvan te bevestig

(c)

dat hy in die proses aansienlike skade aangerig het.

In die lig van die voorgaande moet ek u meedeel dat mnr Le Grange se optrede neerkom op eensydige en onwettige kansellering van enige ooreenkoms wat mag bestaan het en sal enige stappe wat moontlik beoog

2009 JDR 0139 p6

Prinsloo R

word teengestaan word. Verder word die reg voorbehou om te eis ten opsigte van skade indien ek dit nodig sou ag.

Ten slotte wil ek bekragtig dat ek geen verdere verbintenis met u organisasie verlang nie en word u versoek om die beëindiging van enige ooreenkoms soos reeds deur mnr Le Grange bewerkstellig is, te bekragtig.

Die uwe

G OOSTHUIZEN"

[9]

Dit is gemene saak dat die appellant nooit op hierdie skrywe gereageer het nie.

[10]

Nie lank nadat die brief geskryf is nie, en op of ongeveer 2 September 2002, het die appellant dagvaarding uitgereik in die landdroshof, Louis Trichardt, teen die respondent vir betaling van die petrol van R72 448,00. As deel van die besonderhede van vordering, beroep die appellant hom op 'n beweerde skriftelike ooreenkoms, bewysstuk "A", wat ook aangeheg is by die dagvaarding. Die betrokke afleweringsnota word ook aangeheg as aanhangsel "B".

[11]

In sy verweerskrif ontken die respondent die bestaan van die betrokke skriftelike ooreenkoms, en pleit dat daar ook 'n verdere ooreenkoms, bewysstuk "C", tussen die partye aangegaan is.

2009 JDR 0139 p7

Prinsloo R

[12]

Die respondent, as verweerder, stel toe 'n teeneis in ten opsigte van beweerde skade wat hy gely het vanweë die optrede van Le Grange waarna ek verwys het. Dit is gerieflik om die tersaaklike paragrawe van die teeneis aan te haal:

"2.

Die partye het 'n ooreenkoms aangegaan in terme waarvan die eiser se toerusting aan verweerder beskikbaar stel vir die bedryf van 'n vulstasie. Die ooreenkoms is in wese soos in aanhangsel 'A' hierby aangeheg.

3.

Die eiser het sonder die tussenkoms van die reg wederregtelik en onregmatiglik die toerusting verwyder en daardeur kontrakbreuk gepleeg.

4.

Verweerder het skade of potensiële skade gely aan verlies van wins vir die res van die kontraktermyn van 10 jaar teen R9 560,00 per maand vir 92 maande te wete R879 520,00 (AGT HONDERD NEGE EN SEWENTIG DUISEND VYF HONDERD EN TWINTIG RAND).

5.

Verder was daar steeds brandstof in die toerusting toe dit verwyder is. Dit is nie tot verweerder gekrediteer nie, welke waarde nog vasgestel moet word.

2009 JDR 0139 p8

Prinsloo R

6.

Ten einde die teeneis binne die jurisdiksie van hierdie Agbare Hof te bring, abandoneer verweerder in terme van art 38 van Wet 32/1944 daardie deel van die teeneis wat die landdroshof se jurisdiksie oorskry.

Derhalwe vorder verweerder:

1.

Betaling van die bedrag van R100 000,00;

2.

Rente a tempo moratore;

3.

Koste van geding."

[13]

In sy pleit op die teeneis, ontken die appellant die bestaan van die ooreenkoms (bewysstuk "C") waarop die respondent steun. Die appellant voer aan dat die ooreenkoms nie namens hom geteken is nie, en gevolglik nie bindend is nie.

[14]

In die pleit op die teeneis steun die appellant ook op klousule 3.2 van die ooreenkoms (bewysstuk "A"), waarop die appellant steun, supra, welke klousule onder andere voorsiening maak daarvoor dat die appellant sy toerusting te enige tyd van die respondent se vulstasie kan verwyder in sy eie diskresie.

[15]

Op 17 Augustus 2006 het die geleerde landdros van Louis Trichardt die appellant se eis vir die petrol van die hand gewys met koste en die respondent se teeneis van R100 000,00 gehandhaaf met koste.

2009 JDR 0139 p9

Prinsloo R

[16]

Die appellant kom nou in hoër beroep teen die geleerde landdros se uitspraak, en voer aan dat die eis gehandhaaf moes gewees het en die teeneis afgewys moes gewees het.

[17]

Voor ons, in die appèl, het mnr Erasmus vir die appellant verskyn en mnr Alberts vir die respondent.

Die kontrakte waarop die onderskeie partye steun: die appellant steun op bewysstuk "A" en die respondent steun op bewysstuk "C"

[18]

...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT