Toegepaste Kontraktereg – Oor Arbitrasies en dies meer

JurisdictionSouth Africa
Pages393-414
AuthorP M Nienaber
Citation(2016) 27 Stell LR 393
Date27 May 2019
Published date27 May 2019
TOEGEPASTE KONTRAKTEREG – OOR
ARBITRASIES EN DIES MEER
PM Nienaber
BA LLB (Stell) PhD (Cantab) LLD (UJ) hc
Eertydse appèlregter, voormalige Ombudsman vir Langtermyn-versekering
Ere-professor aan die Universiteit van Johannesburg
1 Ter aanvang
Nes sy direkte voorganger op Stellenbo sch, die legendariese JC de Wet,1 het
Gerhard Lubbe, navorser, denker, skr ywer, dosent — hom op die gebied van
veral die kontrakter eg lank reeds as sowel meester én leermeeste r bewys. Oor
sy deugde as mens en kollega kan ander wat hom bete r as ek ken eerder uitwei:
ʼn bundel van hierdie aard sou nie die lig gesien het as sy geesgenote hom nie
as persoon en as ak ademikus van formaat gehuldig het nie.
By my gaan dit in hierdie bydrae eg ter nie soseer oor die substantiewe
kontraktereg nie as oor ʼn a spek wat sydelings da araan ver want is: die ber egting,
by wyse van arbitrasie, en dalk ten koste van gesonde regsontw ikkeling,2
van hoofsaaklik g rootskaalse kontraktuele dispute in die konst ruksiewese.
Gedinge van hierdie aa rd en omvang kom algaande al hoe minder in die howe
en die hofverslae voor.3 En dit is deels omdat arbitrasie, eerde r as konvensionele
litigasie, hom by uitstek tot die beregt ing en beslegting van sulke sake leen.
2 Arbitrasie ter keuse
Neem as voorbeeld die voortslepende reek s dispute oor die bou dispute oor
die bou van die Gautrain i n Johannesburg, by enkeles waa rvan ek as lid van
verskillende arbitra sie-tribunale self betrokke was. Die hoof kontrak is tussen
die Gautengse P rov insiale Owerheid en ʼn maatsk appy gesluit, wat uitsluitlik
vir dié doel deu r ʼn konsortium plaaslike e n oorsese konstruksier mas gestig
is. Die nuwe ma atskappy het op sy b eurt weer van ʼn aantal gespesialiseerde
sub-kontrakteurs gebruik gemaak. Die voorgenome projek was so enorm
dat ʼn deskund ige kontrakteur van oorsee aangest el moes word om net die
hoofkontrak op te stel. Dit behels 96 hoofklousules met 31 ondersteunende
skedules. ʼn Ooreenkoms met soveel fasette en met biljoene ra nde op die spel,
lei onvermydelik t ot ʼn legio van dispute. Die hoofkontrak bevat dan ook
uitvoerige bepalings oor die beregting van dispute by wyse van mediasie en
arbitrasie. Van die mediasie het min tereg gekom. Ar bitrasies het gedy.
1 Vgl J Du Plessis & G Lubbe (reds) ʼn Man van Begins el – Die Lewe en Nalatensk ap van JC de Wet (2013).
2 Sien afdeling 19 in die teks ond er die opskrif “ʼn Re gister van arbit rasie-toekenn ings”.
3 ʼn Soek op die frase “building contract” in Juta se Suid-Afr ikaanse hofver slae lewer die volgende aant al
soekresu ltate vir die ooree nstemmende tydp erk op: 1970-1979: 84 sake; 1980-1989: 57 sake; 1990-1999:
58 sake; 2000-200 9: 34 sake; 2010-2015: 20 sake.
393
(2016) 27 Stell LR 393
© Juta and Company (Pty) Ltd
Die arbitrasies is almal by ooreenkoms deur die Arbit ration Foundation of
Southern Africa (“AFSA”) gea dministreer na wie later weer verwys word. Op
ʼn slag het AFSA nie minder nie as elf afsonderl ike gedinge, wat almal uit die
hoofkontrak voor tgespruit het, gelyktydig behartig. By baie van die gedinge,
een waarvan die gevolg van die desperate haas was om die trajek tussen die
OR Tambo lughawe in Johannesburg en Sandton vi r die opening van die 2010
FIFA Sokker-Wêreldbeker gereed te hê, was dieselfde regspanne betrokke,
asook, as arbiters, diverse afgetrede regters, almal van wie algaande op die
gebied van die Gautrain4 k undiges geword het. As al hierdie gedinge voor die
gewone howe moes dien, sou die siviele regspleging in Johannesburg – nes d ie
Gautrain in d ie begin soms self – bykans tot stilstand gekom het. Vandaar een
van die verdienstes van arbit rasie; om die druk op die hofrol, van geskille van
hierdie aard en omvang, te verlig.
3 Sommige voordele van arbitrasie
Nie alle projekte is darem so gekomplisee rd as die b ou van ʼn uitgebreide
supersnelspoor-stelsel nie. Selfs in minder ingewikkelde dispute bied
arbitrasie, vergeleke met die deursnee litiga sie, gewisse voordele.5
Om mee te begin, is da ar die gerief en verwagte bespari ng van tyd. Vir die
partye self is da ar die voordeel dat hulle die verloop van sake grotendeels self
kan behee r: met die keu se van ʼn a rbiter of arbiters in wie se kundigheid en
onpartydigheid hulle ver troue het,6 asook met die bepaling van die pe rseel, die
prosedure en die ad ministrasie van die hele proses,7 hetsy deur die par tye self
op ʼn ad hoc grondslag, hetsy deur middel en bemiddeling van ʼn professionele
instelling wat van arbitrasies werk maak, waarvan AFSA hier by ons stellig
die bekendste is. Die verrig tinge kom gouer aan die gang as wat met die howe
die geval is, verloop vinniger, is privaat en ver troulik,8 is minder ontw rigtend
en meer tegemoetkomend, mi nder formeel en meer soepel.
Vir die algemene regspleging is daar weer die voordeel dat nie die staat
nie maar die partye self vir alle aspekte van die verrigtinge verantwoordelik
is en self die koste daar van moet dra, die ruim vergoeding van d ie uitverkore
arbiters inkluis.
4 Of die “Gausoustrei n” soos iemand op ʼn keer d aarna verw ys het.
5 Vgl F DJ Brand “Judicial Review of A rbitration Awards” (2014) 25 Stell LR 247 248-249 en, oor die
algemeen, DW Butler “Arbit ration” in WA Joubert & JA Faris (red s) LAWSA 2 3 uitg (2015).
6 Wie die arbiter of arbiters in ʼn gegewe geval benoem, sal in die eerste plaas van die arbitrasie-o oreenkoms
tussen die p artye af hang, saam gelees met die reëls va n AFSA, waar hy d ie arbitrasie be hartig. Sien
afdeling 6 in die t eks oor AFSA, hieron der.
7 Vgl Dexgroup ( Pty) Ltd v Trustco Group I nternational (P ty) Ltd 2013 6 SA 520 (HHA) par 19-20.
8 Sien afdeling 12 in die teks on der die opskrif “ Privaat en vert roulik”.
394 STELL LR 2016 2
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT