Thom en 'n Ander v Moulder

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Botha AR, Trollip AR, Corbett AR en Hofmeyr AR
Judgment Date27 September 1974
Hearing Date16 August 1974
CourtAppellate Division

Rumpff, H.R.:

Op 18 Oktober 1972 het daar in die Transvaalse Provinsiale Koerant 'n Administrateurskennisgewing 1813 verskyn wat soos volg lui:

Rumpff HR

"Die Administrateur, ingevolge art. 5 (1) (b) en (c) en art. 3 van die Padordonnansie, 22 van 1957, verklaar hierby dat 'n openbare pad, 10 meter breed, oor die plaas Gregory 267 - M.R., distrik Messina loop soos aangetoon op bygaande sketsplan.

DP. 03 - 035 - 23/24/G - 14."

A 'n Afdruk van die sketsplan lyk so: B

1974v4p900.gif

Wanneer die belangrike implikasies van 'n verklaring van 'n openbare pad ingevolge die Ordonnansie in aanmerking geneem word, is dit ontstellend om te sien dat so 'n pad met so min C gegewens aan die eienaars van die betrokke grond en aan die publiek bekend gestel word.

Die respondente in hierdie Hof, mev. Moulder, eienares van die plaas Gregory, het in 1973 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling voor Regter COLMAN aansoek gedoen om 'n bevel dat die Administrateurskennisgewing ongeldig is. In die aansoek was mnr. Thom, eienaar van 'n aangrensende plaas Kraaifontein, en D die Administrateur van Transvaal respektiewelik die eerste en tweede respondent. Die aansoek is met koste afgewys, kyk 1973 (3) SA 1. Teen hierdie uitspraak is appèl aangeteken wat deur 'n Volle Hof verhoor is. Die appèl het geslaag met koste, kyk 1974 (1) SA 336. Teen hierdie beslissing van die Volle Hof kom mnr. Thom, as appellant, tans in hoër beroep met verlof van E die Hof a quo. Die Administrateur het, na toekenning van verlof, nie met die appèl voortgegaan nie. Om vir die derde keer die feite, wat reeds in die Hofverslae beskryf word, uiteen te sit, skyn my onnodig te wees. Dit is voldoende om te meld dat dit gemene saak is dat die verklaarde pad bedoel was om 'n strook grond op die plaas Gregory te wees, wat appellant F sonder toestemming van die respondente oopgeskraap het om as pad te dien in die plek van 'n reeds bestaande pad en wat op 'n sekere afstand langs die bestaande pad geloop het maar dit ook tweemaal gekruis het.

Om te beslis wat die bevoegdhede van die Administrateur onder die Ordonnansie is, is dit nodig om na sekere artikels daarvan G te verwys. Ten tyde van die instelling van die aansoek en verhoor daarvan en die daaropvolgende appèl, het art. 5 (1) (a) en (b) soos volg gelees:

"5. (1)

die Administrateur kan by kennisgewing in die Provinsiale Koerant

(a)

'n pad tot 'n openbare pad verklaar na ondersoek en verslag deur die betrokke raad;

(b)

verklaar dat 'n openbare pad oor grond loop waar H voorheen geen pad bestaan het nie, of waar 'n pad voorheen bestaan het maar gesluit is, en die loop van so 'n pad bepaal na ondersoek en verslag deur die raad."

'n Wysiging van hierdie sub-artikels, wat vanaf 22 Augustus 1973 geld, lees soos volg:

"5. (1)

Die Administrateur kan by kennisgewing in die Provinsiale Koerant

(a)

na ondersoek en verslag deur die betrokke raad, enige pad tot 'n openbare pad verklaar;

(b)

na ondersoek en verslag deur die betrokke raad, verklaar dat 'n openbare pad oor grond loop waar voorheen geen pad bestaan het nie, of waar 'n pad voorheen bestaan het maar gesluit is."

Rumpff HR

Deur art. 1 van Ord. 5 van 1974, gepubliseer in die Transvaalse Provinsiale Koerant van 3 April 1974, is hierdie art. 5 gewysig deur para. (b) van sub-art. (1) te vervang deur die volgende paragraaf:

"(b)

na ondersoek en verslag deur die betrokke raad, verklaar dat 'n openbare pad oor enige grond bestaan".

Art. 2 van hierdie Ordonnansie lees soos volg:

A "2. Enige kennisgewing wat deur die Administrateur op enige datum voor die inwerkingtreding van hierdie Ordonnansie uitgevaardig is en wat om enige rede ongeldig is maar wat geldig sou gewees het as hierdie Ordonnansie op sodanige datum in werking was, word hierby bekragtig."

Dit sal opgemerk word dat die wysiging van art. 5 (1) (b) woorde weglaat wat voorheen in die artikel bestaan het, nl. B "oor grond loop waar voorheen geen pad bestaan het nie" en waar 'n pad "voorheen bestaan het maar gesluit is".

Ord. 5 van 1974 het tot die kennis van hierdie Hof gekom nadat die appèl aangehoor was, en die advokate is gevolglik gevra om verdere skriftelike betoë te lewer na aanleiding van art. 2 van die Ordonnansie, veral in die lig van die beslissing van C hierdie Hof in Bell v Voorsitter van die Rasklassifikasieraad, 1968 (2) SA 678.

Wat betref die uitwerking van 'n wysigende wetsbepaling op hangende gedinge, is in die Bell- saak verwys na gemeenregtelike skrywers, die Interpretasiewet, 33 van 1957, en 'n vorige beslissing van hierdie Hof, en is o.a. die volgende beslis:

D "Die aanvaarding as deel van ons reg van die reël dat waar 'n wetsbepaling terugwerkend of andersins gewysig word onderwyl 'n geding hangende is, die regte van die gedingvoerende partye, by ontstentenis van 'n ander bedoeling, volgens die wetsbepalings wat ten tyde van die instelling van die geding gegeld het, beoordeel moet word, blyk dus duidelik te wees."

In die verdere betooghoofde is namens eerste appellant erken dat daar geen uitdruklike bepaling in die Ordonnansie is wat E daarop dui dat dit ook op hangende gedinge betrekking het nie, maar daar is aangevoer dat 'n uitdruklike verwysing na hangende gedinge nie nodig is nie. Dit is betoog dat art. 2 in besonder wye terme bewoord is, nl. "enige kennisgewing... wat om enige rede ongeldig is", en dat in hierdie wye bewoording 'n F aanduiding te vind is dat die wetgewer bedoel het dat art. 2 ook van toepassing sal wees op hangende gedinge. In hierdie verband is verwys na die beslissing van hierdie Hof in Bartman v Dempers, 1952 (2) SA 577 (AA) op bl. 581...

To continue reading

Request your trial
19 practice notes
  • Fink and Another v Bedfordview Town Council and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to enter upon the land to acquire such use (Nicholas AJA dissenting on this point). The dictum in Thom en 'n Ander v Moulder 1974 (4) SA 894 (A) at 905C-D Held, further, that, even if it was necessary for the fifth respondent to have entered upon and taken possession of the land in question......
  • S v Mhlungu and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...pending proceedings. (Bell v Voorsitter van die Rasklassifikasieraad en Andere 1968 (2) SA 678 (A) at 683; Thom en 'n Ander v Moulder 1974 (4) SA 894 (A); Bellairs v Hodnett and Another 1978 (1) SA 1109 (A) at 1148.) [38] On this approach it could be contended that since the Constitution J ......
  • S v Mhlungu and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...pending proceedings. (Bell v Voorsitter van die Rasklassifikasieraad en Andere 1968 (2) SA 678 (A) at 683; Thom en 'n Ander v Moulder 1974 (4) SA 894 (A) F ; Bellairs v Hodnett and Another 1978 (1) SA 1109 (A) at [38] On this approach it could be contended that since the Constitution was no......
  • S v Mhlungu and Others
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • June 8, 1995

  • Request a trial to view additional results
19 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT