Tau v Streeklandros Daniel

JurisdictionSouth Africa
JudgePistor WR
Judgment Date11 August 2005
Docket Number490/05
CourtBophuthatswana High Court
Hearing Date30 May 2005
Citation2006 JDR 0315 (B)

Pistor WR:

INLEIDING.

[1]

Hierdie aansoek het as 'n dringende aansoek voor my gedien. Daar is vier Applikante. Hulle was almal beskuldigdes wat in 'n Streekhof tereg gestaan het op verskeie aanklagte. Hulle is skuldig

2006 JDR 0215 p2

Pistor WR

bevind aan diefstal en aan 'n oortreding van die Bankwet. Hulle is gevonnis tot effektiewe gevangenisstraf vir 'n termyn van ses jaar.

[2]

Die Streeklandros is die Eerste Respondent. Die Staat, verteenwoordig deur die Direkteraad Streekkantoor, Gauteng is die Tweede Respondent en die Direkteur Openbare Vervolging vir die Noordwes Provinsie is die Derde Respondent. Die eerste en die Derde Respondente hat aangedui dat hulle nie die aansoek opponeer nie maar die tweede Respondent opponeer die aansoek en Adv Swiegelaar het namens die Tweede Respondent voor my verskyn. Prokureur Botha van die Firma Schalk Botha Prokureurs, Mafikeng het aanvanklik namens die Applikante die aansoek voor my geargumenteer. Op die eerste verhoordag is die aansoek uitgestel en by die daaropvolgende datum het Adv. B.H. Pieters namens die Applikante verskyn.

[3]

Daar is 'n funderende eedsverklaring geliasseer maar die Respondente het nie 'n opponerende verklaring geliasseer nie. Die aansoek moet dus oorweeg word op grond van die feite in die funderende eedsverklaring.

[4]

Ek het by die oorweging van die aangeleentheid die voordeel gehad van betoogshoofde en baie nuttige argumente namens die partye waarvoor ek die onderskeie regsverteenwoordigers bedank.

[5]

Na aanhoor van argument het ek in bevel toegestaan, maar my redes vir die bevel voorbehou. Hierdie is die redes.

DIE AANGEVRAAGDE REGSHULP.

2006 JDR 0215 p3

Pistor WR

[6]

Vir sover as wat dit hier ter sake is, word die aangevraagde regshulp soos volg in die Applikante se Kennisgewing van Mosie geformuleer:

"Dat:

1

Hierdie aangeleentheid aangehoor word as een van dringendheid en dat die hof afsien van die vorms en betekening soos voorgeskryf in die reëls.

2

'n Verklarende bevel dat die applikante 'n regmatige aanspraak daarop het dat hulle bestaande borg herstel en/of verleng mag word hangende afhandeling van hulle aansoek voor die eerste respondent om verlof tot appèl.

3.

Die applikante se bestaande borg soos reeds toegestaan herstel en/of verleng word hangende die afhandeling van hulle aansoek om verlof tot appèl voor die eerste respondent.

3.1

In die geval van vierde applikant, dat die finale verbeurdverklaring van sy borg tersydegestel en dit heringestel word soos tevore.

4

Die klerk van die strafhof, landdroshof Rustenburg opdrag kry om saak SH 335/2002 te herplaas vir uitstel na 'n bepaalde datum vir hervatting van die verrigtinge voor die eerste respondent, die applikante via hulle prokureurs van rekord kennis gegee word van sodanige herplasing.

5.

Die griffier van hierdie hof die tronkowerheid verwittig om die applikante onmiddelik in vryheid te stel soos hierbo bepaal.

6.

Koste van, die aansoek teen eerste en tweede respondente."

DIE BEVEL.

[7]

Die bevel wat ek toegestaan het, lees soos volg:

2006 JDR 0215 p4

Pistor WR

"1.

Borg word soos volg aan die Applikante toegestaan:


(a) Eerste Applikant:

R50 000.00 Kontant

(b) Tweede tot Vierde Applikante:

R15 000.00 Kontant Elk

2.

Onderworpe aan die inhoud van paragraaf 3 hieronder sat die borg van krag bly hangende die liassering (In die geval van die 1ste en 4de Applikante) en afhandeling van die aansoeke om verlof om te appelleer ooreenkomstig die toepaslike hofreëls in die hof wat die applikante gevonnis het.

3.1

Die beoogde aansoeke om verlof om te appelleer moet ooreenkomstig die toepaslike hofreëls (in die geval van die eerste en vierde applikante geliasseer word nie later as 16:00 op Maandag 13 Junie 2005) en ooreenkomstig die toepaslike hofreëls voortgesit word.

3.2

Sou enige van die Applikante versuim om aan die bevel in 3.1 hierbo te voldoen, sal die borg van daardie Applikant deur sodanige versuim verval.

4.

Dit word gelas dat die bed rag wat die vierde Applikant as borg inbetaal het en wat, as gevolg van sy versuim om die verhoorhof by te woon, ingevolge die bepalings van artikel 67(2)(c) van Wet 51 van 1971 aan die Staat verbeur is, in die geheel aan die vierde Applikant kwytgeskeld word en moet onverwyld aan daardie

2006 JDR 0215 p5

Pistor WR

Applikant terugbetaal word deur die betrokke Klerk van die hof.

5.

Die Klerk van die verhoorhof word versoek om die aangeleentheid so gou as wat prakties moontlik is na 13 Junie 2006 op die rol te plaas vir aanhoring van die aansoeke om verlof tot appèl.

6.

Elke party betaal sy eie koste."

DIE FEITELIKE AGTERGROND.

[8]

Die verhoor het klaarblyklik oor 'n tydperk van ongeveer drie jaar geloop voordat 'n skuldigbevinding uitgebring is. Die Applikante was vir die duur van hulle verhoor almal op borgtog behalwe die vierde Applikant wat op 'n stadium nie sy borgvoorwaardes nagekom het nie. Hy het naamlik versuim om die hof by te woon omdat hy in hegtenis was op 'n ander aangeleentheid. 'n Aansoek dat sy borg aan die Vierde Applikant terugbetaal word nadat dit ingevolge die bepalings van Artikel 67(2)(c) van die Wet ten gunste van die Staat verbeur is, is deur die geleerde Streeklanddros geweier. As gevolg daarvan was die Vierde Applikant daarna deurgans in hegtenis. Ek beoog om later ook na hierdie aspek terug te keer.

[9]

Na skuldigbevinding is die res van die Applikante se borg verleng hangende vonnisopleging. Sodanige verlenging het geskied ingevolge die bepalings van Artikel 58 van die Wet wat uitdruklik bepaal dat borgtog voortduur totdat uitspraak deur 'n Hof gegee word ten opsigte van die aanklag wet op die betrokke misdryf

2006 JDR 0215 p6

Pistor WR

betrekking het of, waar vonnis nie onverwyld na uitspraak opgelê word nie en die betrokke Hof borgtog verleng, totdat vonnis opgelê word.

[10]

Daar is op in stadium, en omdat die Vierde Applikant nie deurgans in die hof teenwoordig was nie, 'n skeiding van verhore toegestaan en het die Vierde Applikant se saak afgestaan maar dit is nie vir huidige doeleindes ter sake nie.

[11]

Daar is na, skuldigbevinding namens twee van die Applikante In aansoek aan die Streeklandros gerig waarin hy versoek is om hom van die verrigtinge te onttrek. Die Streeklandros het hierdie aansoek geweier en voortgegaan om die Applikante te vonnis. Ek handel later meer in die besonder met hierdie aspek.

[12]

Na vonnisopleging het Advokaat Pieters wat toe namens die tweede en derde Applikante verskyn het, aangedui dat hy van voornemens is om n aansoek om verlof om te appelleer te doen. Hy het egter nie in die verhoor namens die beskuldigdes verskyn nie en het aangedui dat hy ongeveer 'n maand nodig het om die rekord deur te gaan ten einde die aansoek om verlof behoorlik te formuleer. Hy het die verhoorhof versoek om borg toe te staan hangende die indiening en afhandeling van die aansoek tot verlof.

[13]

Die Streeklandros was egter van mening dat hy nie die bevoegdheid het om 'n aansoek om borg te oorweeg alvorens in aansoek om verlof om te appelleer en n kennisgewing van appèl geliasseer is nie.

2006 JDR 0215 p7

Pistor WR

[14]

Mnr. Pieters het geargumenteer dat die Hof wel bevoeg was om borgtog in daardie omstandighede te oorweeg en aan die einde van die argument het die Streeklandros soos volg opgemerk:

"This is an application for leave to appeal by the accused. It has been brought by Mr Pieterse for the accused. At this stage there is not enough time for the State to answer that application. As a result this matter will stand adjourn until the State get sufficient time to reply to the application. Regarding the date, the defence and the State will made requisition to have you brought to Court."

[15]

Met betrekking tot borg het die Streeklandros soos volg opgemerk:

"You have to bring a fresh bail application, which you did, and I comment for that. Your previous legal representation knew what to do. You have to bring a fresh bail application which you did and I grant bail you were all the time outside. Now today I have convicted you. I am forced, I am compelled that I should extend bail, despite the fact that I told your new legal representative that that cannot be done. He has to bring a fresh bail application and that fresh bail application has to be done after I have seen your notice to appeal and he can only bring the notice to appeal after he has moved application for leave to appeal and it has been granted."

[16]

Die Applikante het hulle toe in die huidige dringende aansoek tot hierdie Hof gewend.

[17]

Die getuienis wat voor die Verhoofhof gelewer is, is nie voor my geplaas nie. Dear is voor my slegs uittreksels uit die oorkonde wat betrekking het op die skuldigbevinding, die aansoek om onttrekking sekere gedeeltes wat betrekking het op vonnisopgleging, die aansoek om borgtog hangende die indiening van 'n aansoek om verlof om te appelleer en die bevinding van die Verhoorhof wat ek so pas aangehaal het.

2006 JDR 0215 p8

Pistor WR

[18]

Daar is in die Streekhof 'n aansoek om verlof om te appelleer geliasseer namens die Eerste en Derde Applikante. Soortgelyke aansoeke was op die stadium toe hierdie aansoek voor my gedien het, nog...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT