T J Jonck Bk h/a Bothaville Vleismark v Du Plessis NO en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1998 (1) SA 971 (O)

T J Jonck Bk h/a Bothaville Vleismark v Du Plessis NO en 'n Ander
1998 (1) SA 971 (O)

1998 (1) SA p971


Citation

1998 (1) SA 971 (O)

Case No

0533/97

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

Hattingh R

Heard

August 8, 1995; August 9, 1995; August 10, 1995; August 11, 1995;

Judgment

March 4, 1997; March 5, 1997; March 6, 1997; March 7, 1997; March 14, 1997

Counsel

C H G van der Merwe SC namens die eiser.
Geen verskyning namens die eerste verweerder nie.
H R Laubscher SC namens die tweede verveerder

Flynote : Sleutelwoorde H

Beslote korporasie — Lede — Aanspreeklikheid van vir skulde van beslote korporasie — Artikel 64 van Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 — Eis teen likwidateur van beslote korporasie vir bevel wat verklaar dat O, lid van BK, ingevolge bepalings van art 64 (alternatiewelik art 65) van Wet aanspreeklik is teenoor eiser vir betaling — O maak lenings aan BK wat meer as R500 000 I beloop — Blyk uit finansiële state dat BK in insolvente omstandighede besigheid gedoen het — O neem oor lang periode aktief deel aan dryf van besigheid van BK — Toets vir roekelose of growwe nalatige gedrag objektiewe toets — Faktore wat Hof in gedagte moet hou uiteengesit — Moet bepaal word of betrokkene se handeling neerkom op roekelose verontagsaming van gevolge daarvan — Iemand is party tot dryf J

1998 (1) SA p972

van besigheid indien optrede positiewe stappe van een of ander aard behels — Lid van BK A behoort aanspreeklik gehou te word selfs in afwesigheid van positiewe stappe omdat lid fidusiêre verpligting teenoor BK het — O, terwyl bewus daarvan dat BK insolvent is, het in hoedanigheid as lid en namens BK skriftelik volmag verleen vir registrasie van algemene B notariële verband oor alle roerende goed van BK ter versekering van sy lenings aan BK — O doen ook namens BK afstand van al BK se regte teenoor O — O maneuvreer dus BK so dat hy roerende bates daarvan letterlik in paar ure kon oorneem — Handelinge deur O namens BK gedoen om homself te bevoordeel ten koste van BK, sy voortsetting, sy bates en krediteure — Eiser geregtig op verklarende bevel ooreenkomstig voorskrifte van art 64 van Wet. C

Beslote korporasie — Lede — Misbruik van regspersoonlikheid van beslote korporasie — Artikel 65 van Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 — Eis teen likwidateur van beslote korporasie vir bevel wat verklaar dat O, lid van BK, ingevolge bepalings van art 65 (as alternatief vir bevel D kragtens art 64) van die Wet aanspreeklik is teenoor eiser vir betaling — O maak lenings aan BK wat meer as R500 000 beloop — Blyk uit finansiële state dat BK in insolvente omstandighede besigheid gedoen het — Aansoek kragtens art 65 kan aan Hof gerig word deur belanghebbende E persoon of in enige verrigtinge waarby korporasie betrokke is — Begrip 'belanghebbende persoon' in art 65 moet vertolk word aan hand van Wetgewer se bedoeling met daarstelling van Wet, naamlik om eenvoudiger en goedkoper regsvorm vir enkel entrepreneur te ontwerp — Belang beperk tot bloot finansiële belang — Skuldeiser van korporasie is so 'belanghebbende persoon' — O het notariële verband oor roerende goed van BK geregistreer toe BK reeds in insolvente F omstandighede besigheid doen — O het dit geweet, handelskrediteure nie — O het onder korporatiewe sluier van BK sy lening aan BK beveilig met registrasie van notariële verband in sy guns — Verminder eie risiko — As BK in moeilikheid sou kom, kon hy roerende bates oornag oorneem en leë dop vir skuldeisers as troos nalaat — O se optrede is growwe misbruik van regspersoonlikheid van BK. G

Headnote : Kopnota

Die eiser het in 'n Provinsiale Afdeling betaling gevorder van die eerste verweerder, die likwidateur van 'n beslote korporasie in likwidasie ('die BK'), vir goedere verkoop en gelewer. Die eiser het ook 'n verklarende bevel gevra dat die tweede verweerder, O, 'n lid van die BK, ingevolge die bepalings van art 64, alternatiewelik art 65 van die Wet op Beslote Korporasies H 69 van 1984 ('die Wet') aanspreeklik gehou word teenoor die eiser vir die betaling van die gemelde bedrag. Die tweede verweerder het lenings aan die BK gemaak wat teen Februarie 1993 meer as R500 000 beloop het. Dit het uit die finansiële state van die BK geblyk dat dit in I insolvente omstandighede besigheid gedoen het. Kragtens art 64 van die Wet kan die Hof verklaar dat iemand wat wetend 'n party tot die dryf van die besigheid van 'n beslote korporasie op roekelose wyse, of met growwe nalatigheid, of met die opset om iemand te bedrieg of vir 'n bedrieglike doel was, persoonlik aanspreeklik is vir al of enige van die skulde of verpligtinge van die korporasie. Die bewyslas was op die eiser om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat O wetend 'n party tot die dryf van die besigheid van die BK op 'n roekelose of growwe nalatige wyse was.

Beslis, dat die feite getoon het dat O se optrede wel die dryf van die BK se besigheid daargestel het en dat hy wel 'n party was tot die dryf van die J

1998 (1) SA p973

besigheid. O was nie, soos hy wou voorgee, 'n passiewe en onskuldige bystander tot die dryf A van die besigheid nie. Hy het enorme bedrae geld belê in en geleen aan die BK wat rente verdien het. Die bevinding was onvermydelik dat O inderdaad oor 'n lang periode aktief deel gehad het aan die dryf van die besigheid van die BK. (Op 981E--F en G/H--H.)

Beslis, verder, dat, by die beoordeling van die vraag of O grof nalatig of roekeloos opgetree B het, moes die omvang van die besigheid van die BK, die rol, funksie en magte van O, die bedrag van die skulde van die BK, die omvang van die BK se finansiële moeilikhied, die vooruitsigte om die verliese gely te verhaal en die mate waartoe O afgewyk het van die standaarde van 'n redelike man, in gedagte gehou word. Die toets was 'n objektiewe een, en daar moes bepaal word of die betrokkene se handelinge neergekom het op 'n roekelose C verontagsaming van die gevolge daarvan. (Op 982A--C.)

Beslis, verder, dat daar gesê kon word dat iemand 'n party was tot die dryf van 'n besigheid indien sy optrede positiewe stappe van een of ander aard behels het. 'n Direkteur van 'n maatskappy kon selfs in die afwesigheid van positiewe stappe steeds onder art 424 van die Maatskappywet 61 van 1973 aanspreeklik gehou word. Dieselfde beginsel behoort te geld ten D opsigte van 'n lid van 'n beslote korporasie, te meer nog, omdat lede van 'n beslote korporasie 'n fidusiêre verpligting teenoor die beslote korporasie gehad het.(Op 982H--983A/B.)

Terwyl hy bewus was daarvan dat die BK insolvent was, het O, in sy hoedanigheid as lid en namens die BK, skriftelik volmag tot die registrasie van 'n notariële verband oor die roerende E goed van die BK ter versekering van sy lenings aan die BK geteken. 'n Paar maande later het O in 'n landdroshof 'n voorlopige bevel verkry ingevolge waarvan hy gemagtig was om ingevolge die notariële verband besit te neem van al die roerende bates van die BK en om dit in O se uitsluitlike diskresie van die hand te sit. Op dieselfde dag is daar in die landdroshof F afstand gedoen van al die BK se regte teen O, welke afstanddoening namens die BK deur O onderteken is. Die voorlopige bevel is toe finaal gemaak, en in die proses het geen van die ander belanghebbendes in die BK kennis van die aansoek gekry of kans gehad om die hof te versoek om sy diskresie teen spesifieke nakoming van die bepalings van die verbandakte uit te oefen nie. Binne 'n dag was O alleen-eienaar van die hele besigheid, sonder krediteure, en het G hy die volgende dag besigheid gedoen onder 'n nuwe naam op dieselfde perseel, met dieselfde toerusting en voorraad as wat die BK gebruik het.

Beslis, dat O die BK dus so gemaneuvreer het dat hy al die roerende bates daarvan letterlik in 'n paar ure kon oorneem. Die handelinge deur O namens die BK verrig is gedoen net om homself te bevoordeel ten koste van die BK, sy voortsetting, sy bates en sy krediteure. O het H in sy optrede namens die BK nie omgegee wat met die BK gebeur nie. (Op 985C/D--F.)

Beslis, verder, dat dit synde die geval te wees, was die eiser geregtig op 'n verklarende bevel ooreenkomstig die voorskrifte van art 64 van die Wet. (Op 985F.)

Op die veronderstelling dat die eiser nie suksesvol was met sy beroep op art 64 nie, sou hy in I elk geval geregtig gewees het op die regshulp soos vervat in art 65 van die Wet. Ingevolge art 65, indien gevind word dat die inlywing van die korporasie of enige handeling deur of ten behoewe van die korporasie 'n growwe misbruik uitmaak van die regspersoonlikheid van die korporasie as afsonderlike entiteit, kan die Hof verklaar dat die korporasie geag word nie 'n regspersoon te wees nie met betrekking tot die regte, verpligtinge of aanspreeklikhede van die korporasie of van enige van sy lede of enige J

1998 (1) SA p974

persoon vermeld in die Hofbevel. Die aansoek kan aan die Hof gerig word deur 'n A belanghebbende persoon of in enige verrigtinge waarby die korporasie betrokke was.

Beslis, dat die begrip 'belanghebbende persoon' in art 65 van die Wet vertolk moes word aan die hand van die Wetgewer se bedoeling met die daarstelling van die Wet op Beslote B Korporasies, naamlik om 'n eenvoudiger en goedkoper regsvorm vir die enkel entrepreneur te ontwerp. Die begrip moes nie te eng uitgelê word nie maar terselfdertyd ook nie so wyd dat dit ook 'n indirekte of onregstreekse belang behels het nie. Die belang was beperk tot 'n bloot geldelike of finansiële belang. 'n Skuldeiser van 'n korporasie was onteenseglik so 'n belanghebbende persoon en die eiser kon in terme van art 65 wel so 'n versoek tot die Hof rig, C te wete dat daar 'n growwe misbruik van die regspersoonlikheid van die korporasie was. (Op 986A--B en B/C--E, geparafraseer.)

Beslis, verder, dat toe O die notariële verband oor die roerende goed van die BK geregistreer het, die BK reeds in...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • Bibliography
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2008-42, January 2008
    • 1 Enero 2008
    ...Portion 117 Kalkheuwel Proper ties CC and Others 1998 (1) SA 622 (T).TJ Jonck BK h/a Bothaville Vleismark v Du Plessis NO en ’n Ander 1998 (1) SA 971 (O). 261Henry v R E Designs CC 1998 (2) SA 502 (C).Johnson v A Blaikie & Co (Pty) Lts t/a FT Building Supplies Manaba 1998 (3) SA 251 (N).Bad......
  • Terblanche NO and Others v Damji and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied F S v De Jager and Another 1965 (2) SA 616 (A): compared T J Jonck BK h/a Bothaville Vleismark v Du Plessis NO en 'n Ander 1998 (1) SA 971 (O): Tamarillo (Pty) Ltd v B N Aitken (Pty) Ltd 1982 (1) SA 398 (A): dictum at 430H - 431A applied Thermo Radiant Oven Sales (Pty) Ltd v Nelspru......
  • Piercing the veil under section 20(9) of the Companies Act 71 of 2008: A new direction
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , September 2019
    • 25 Mayo 2019
    ...Dalrymple v Colonial Treasurer supra note 17 at 390 and Directorof Education, Transvaal v McCagie and Others 1918 AD 616 at 627.231998 (1) SA 971 (O).PIERCING THE VEIL UNDER SECTION 20(9) OF THE COMPANIES ACT 313© Juta and Company (Pty) indirect interest.24The interest must be material, rel......
  • Terblanche NO and Others v Damji and Another
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 11 Septiembre 2001
    ...the business of the company in similar circumstances. (Compare T J Jonck BK h/a Bothaville Vleismark v Du Plessis NO en 'n Ander 1998 (1) SA 971 (O) at 985C - E; Anderson and Others v Dickson and Another NNO (Intermenua (Pty) Ltd H Intervening) 1985 (1) SA 93 (N) at 110G; Ex parte Lebowa De......
  • Request a trial to view additional results
6 cases
  • Terblanche NO and Others v Damji and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied F S v De Jager and Another 1965 (2) SA 616 (A): compared T J Jonck BK h/a Bothaville Vleismark v Du Plessis NO en 'n Ander 1998 (1) SA 971 (O): Tamarillo (Pty) Ltd v B N Aitken (Pty) Ltd 1982 (1) SA 398 (A): dictum at 430H - 431A applied Thermo Radiant Oven Sales (Pty) Ltd v Nelspru......
  • Yuen v Minister of Home Affairs and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the reason being that the applicant had not given sufficient notice of his intention to bring the application. According to Mr Heunis J 1998 (1) SA p971 Cleaver there was no need for the applicant to bring the application as one of urgency and he A complains that the respondents were not gi......
  • Terblanche NO and Others v Damji and Another
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 11 Septiembre 2001
    ...the business of the company in similar circumstances. (Compare T J Jonck BK h/a Bothaville Vleismark v Du Plessis NO en 'n Ander 1998 (1) SA 971 (O) at 985C - E; Anderson and Others v Dickson and Another NNO (Intermenua (Pty) Ltd H Intervening) 1985 (1) SA 93 (N) at 110G; Ex parte Lebowa De......
  • Olivier v Jonck Bk h/a Bothaville Vleismark
    • South Africa
    • Orange Free State Provincial Division
    • 10 Diciembre 1998
    ...volledig uiteengesit is, is gerapporteer onder die naam van T.J. JONCK BK h/a BOTHAVILLE VLEISMARK v DU PLESSIS N.O. EN 'n ANDER, 1998 (1) SA 971 (O). Die belangrikste datums voorafgaande die ontstaan van die skuldoorsaak tussen die partye is chronologies soos Augustus 1989 : Oprigting van ......
  • Request a trial to view additional results
3 books & journal articles
  • Bibliography
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2008-42, January 2008
    • 1 Enero 2008
    ...Portion 117 Kalkheuwel Proper ties CC and Others 1998 (1) SA 622 (T).TJ Jonck BK h/a Bothaville Vleismark v Du Plessis NO en ’n Ander 1998 (1) SA 971 (O). 261Henry v R E Designs CC 1998 (2) SA 502 (C).Johnson v A Blaikie & Co (Pty) Lts t/a FT Building Supplies Manaba 1998 (3) SA 251 (N).Bad......
  • Piercing the veil under section 20(9) of the Companies Act 71 of 2008: A new direction
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , September 2019
    • 25 Mayo 2019
    ...Dalrymple v Colonial Treasurer supra note 17 at 390 and Directorof Education, Transvaal v McCagie and Others 1918 AD 616 at 627.231998 (1) SA 971 (O).PIERCING THE VEIL UNDER SECTION 20(9) OF THE COMPANIES ACT 313© Juta and Company (Pty) indirect interest.24The interest must be material, rel......
  • Analyses: Comments on the Effects of Section 40 of the Banks Amendment Act 19 of 2003 on Section 60 of the Banks Act 94 of 1990
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...s 424, see Pressma Services (Pty) Ltd v Schuttler 1990 (2) SA 411 (C); TJ Jonck BK h/a Bothaville Vleismark v Du Plessis NO & ’n Ander 1998 (1) SA 971 (O); Body Corporate of Greenwood Scheme v 75/2 Sandown (Pty) Ltd & Others 1999 (3) SA 479 (W); Philotex (Pty) Ltd & Others v Snyman & Others......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT