Swarts v Swarts en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeBertelsmann R
Judgment Date10 January 2002
CounselP J Oosthuizen namens die applikant. Geen verskyning namens die respondente nie.
Hearing Date26 October 2001
Citation2002 (3) SA 451 (T)
CourtTransvaal Provincial Division
Docket NumberSaaknr 28292/2001

Bertelsmann R:

Die bogemelde aansoek het by wyse van dringendheid voor my gedien. Die applikant het aansoek gedoen vir die opheffing van 'n tussentydse magtiging vir die tussentydse verwydering van twee minderjarige kinders uit hul moeder se toesig na 'n veiligheidsplek, wat deur die derde respondent op 25 Oktober 2001 ingevolge die bepalings van arts 12 en 14 van die C Wet op Kindersorg 74 van 1983, uitgereik is. Applikant doen ook aansoek dat eerste respondent weens minagting van die Hof gevonnis word.

Die minderjarige kinders, onderskeidelik 'n dogtertjie van 9 en 'n seuntjie van 5, is uit 'n huwelik tussen die applikant en die eerste respondent gebore. Die applikant en die eerste respondent is in 'n verbete en bitter egskeidingsgeding gewikkel. Die partye het reeds D verskeie tussentydse dringende aansoeke oor en weer teen mekaar aanhangig gemaak: in terme van Reël 43 van die Eenvormige Hofreëls, ingevolge die Wet op Geestesgesondheid 18 van 1973 en in terme van die Wet op Gesinsgeweld 116 van 1998. Strafregtelike klagtes is teen die E eerste respondent aanhangig gemaak voortspruitende uit 'n beweerde verkragting van die applikant. Op 5 Oktober 2001, presies drie weke voordat die onderhawige aansoek voor my gedien het, is die tussentydse beheer en toesig van die minderjarige kinders aan die applikant toegeken nadat sy 'n dringende aansoek tot hierdie Hof gerig het. Die kinders het tot en met Woensdag 24 Oktober 2001 by haar gewoon. F

Dié aand het die derde respondent deur middel van die sogenaamde 'verwyderingsbevel' gereël dat die minderjarige kinders by die vierde en vyfde respondente, die eerste respondent se suster en swaer, te Delmas geplaas sou word, ingevolge die prosedure wat deur arts 12 en 14 van die Wet op Kindersorg 74 van 1983 (die Wet) en die regulasies daaronder uitgevaardig, neergelê word. G

Op Donderdag, 25 Oktober 2001, is 'n sogenaamde 'Vorm IV' deur die derde respondent aan die applikant oorhandig, waarin sy in kennis gestel is dat die derde respondent die mening toegedaan was dat die minderjarige kinders 'woon in of word blootgestel aan omstandighede wat die fisiese, geestelike of maatskaplike welsyn van die kind ernstig kan skaad . . .'. H

Die derde respondent is 'n behoorlik gekwalifiseerde maatskaplike werker wat in diens van die Gereformeerde Kerk se Ondersteuningsraad staan. Sy was ook tot onlangs 'n dosent aan die Universiteit van Pretoria in maatskaplike werk en is tans besig met haar doktorale studie op die vakgebied. I

Sy voldoen aan die definisie van 'maatskaplike werker' soos vervat in art 1 van Wet 74 van 1983:

'(I)emand wat kragtens die Wet op Maatskaplike Werk 110 van 1978 as 'n maatskaplike werker geregistreer is of geag word aldus geregistreer te wees en J

Bertelsmann R

wat, behalwe by die toepassing van art 42, in diens is van 'n Staatsdepartement of 'n provinsiale administrasie of A 'n voorgeskrewe welsynsorganisasie;'.

Die Ondersteuningsraad van die Gereformeerde Kerk is volgens die derde respondent se onbetwiste getuienis so 'n voorgeskrewe welsynsorganisasie.

Die derde respondent is beklee met die magte wat in arts 12, 13 en 14 van die Wet aan persone in haar posisie toegeken word. Die B betrokke artikels lees soos volg:

'12. Verwydering van kind na veiligheidsplek hangende ondersoek

(1) 'n Polisiebeampte, maatskaplike werker of gemagtigde beampte kan sonder 'n lasbrief 'n kind van enige plek verwyder en na 'n veiligheidsplek bring indien daardie polisiebeampte, maatskaplike werker of gemagtigde beampte rede het om te glo dat die kind 'n kind C is in art 14(4) bedoel en dat die vertraging deur 'n lasbrief te verkry ten nadele van die veiligheid en welsyn van die betrokke kind sal wees.

(2) Die polisiebeampte, maatskaplike werker of gemagtigde beampte wat 'n kind aldus verwyder het, moet so spoedig daarna as doenlik - D

(a)

die ouer of voog van genoemde kind of persoon in wie se bewaring die kind is, van sy verwydering in kennis stel indien dit bekend is dat genoemde ouer, voog of persoon binne die distrik is van waar die kind verwyder is en sonder onbehoorlike vertraging opgespoor kan word;

(b)

'n betrokke assistent van die kinderhof verwittig van die redes vir die kind se verwydering; en E

(c)

die kind bring of laat bring voor die kinderhof van die distrik waarin die plek van waar die kind verwyder is, geleë is.

(3) Iemand wat 'n polisiebeampte, maatskaplike werker of gemagtigde beampte in die uitoefening van sy bevoegdhede kragtens subart (1) hinder of belemmer, is aan 'n misdryf skuldig.

13. Die bring van kinders voor kinderhof F

(1) 'n Kind in art 11(1) of (2) of 12(1) bedoel, moet deur 'n polisiebeampte, maatskaplike werker of gemagtigde beampte gebring word voor die kinderhof van die distrik waarin die kind woonagtig is of hom bevind.

(2) 'n Kind met betrekking tot wie 'n assistent van 'n kinderhof van oordeel is dat hy of sy 'n sorgbehoewende kind is, kan deur 'n polisiebeampte, maatskaplike werker of gemagtigde beampte, of deur 'n ouer, voog of ander persoon in wie se bewaring die kind is, gebring G word voor die kinderhof van die distrik waarin die kind woonagtig is of hom of haar bevind.

(3) Die kinderhof waarvoor 'n kind ingevolge subart (1) of (2) gebring word, moet op die voorgeskrewe wyse ondersoek instel of die kind 'n sorgbehoewende kind is: Met dien verstande dat as die kind gewoonlik woonagtig is in die distrik van 'n ander kinderhof, eersgenoemde kinderhof die ondersoek na die kinderhof van die ander H distrik kan verwys.

(4) As dit vir 'n kinderhof blyk dat 'n kind in subart (1) of (2) bedoel wat onder die regsmag van die hof val, weens te jonge leeftyd, slegte gesondheid of om 'n ander voldoende rede nie voor die hof gebring behoort te word nie, kan die hof die ondersoek instel in die afwesigheid van die kind.

(5)(a) Kennis dat 'n ondersoek ingevolge subart (3) ten opsigte van 'n kind ingestel word en dat van die persoon aan wie I kennis gegee word, vereis word om dit by te woon, moet, tensy die kommissaris van kindersorg anders gelas, op die voorgeskrewe wyse aan die ouers of voog of persoon in wie se bewaring daardie kind is, gegee word.

(b) Met 'n ouer of voog of persoon in wie se bewaring 'n kind is wat, na ontvangs van bedoelde kennisgewing, sonder verlof van die kommissaris of ander J

Bertelsmann R

redelike verontskuldiging (waarvan die bewyslas op hom rus), versuim om die ondersoek by te woon en om A gedurende die ondersoek teenwoordig te bly, kan gehandel word, mutatis mutandis, soos bepaal in art 74(6) en (7) van die Strafproseswet 51 van 1977.

14. Instel van ondersoeke

(1) 'n Kinderhof wat ingevolge art 13(3) ondersoek instel, kan te eniger tyd gedurende die ondersoek enige mediese beampte of sielkundige gelas om die betrokke kind te ondersoek en aan die hof daaromtrent B verslag te doen.

(2) Die kommissaris wat voorsit in 'n kinderhof wat genoemde ondersoek instel, moet gedurende daardie ondersoek enige maatskaplike werker versoek om 'n verslag te verstrek oor die omstandighede rakende die betrokke kind en sy of haar ouers of voog of die persoon in wie se bewaring daardie kind is.

(3) Die Hof wat genoemde ondersoek instel, kan, as hy dit wenslik ag, van tyd tot tyd die ondersoek uitstel of verdaag vir tydperke van nie C langer as 14 dae op 'n keer nie, en kan gelas dat die kind intussen in 'n veiligheidsplek moet bly of in 'n veiligheidsplek vir waarneming ter inligting van die hof gehou moet word.

(4) By genoemde ondersoek moet die kinderhof bepaal of die kind voor die hof sorgbehoewend is deurdat - D

(a)

die kind geen ouer of voog het nie; of

(aA)

die kind 'n ouer of voog het wat nie opgespoor kan word nie; of

(aB)

die kind -

(i)

verlaat is of geen sigbare bestaansmiddele het nie;

(ii)

gedrag openbaar wat nie beheer kan word deur sy of haar ouers of die persoon in wie se bewaring hy of sy is nie; E

(iii)

in omstandighede woon wat waarskynlik sy of haar verleiding, ontvoering of seksuele uitbuiting kan veroorsaak of bevorder;

(iv)

woon in of blootgestel word aan omstandighede wat die fisiese, geestelike of maatskaplike welsyn van die kind ernstig kan skaad;

(v)

in 'n toestand van fisiese of geestelike verwaarlosing is;

(vi)

fisies, emosioneel of seksueel deur sy of haar ouer of voog of die persoon in wie se bewaring hy of sy is, misbruik of mishandel F is; of

(vii)

in stryd met art 10 onderhou word.'

Artikel 15 van die Wet bepaal dat die kinderhof na 'n ondersoek ingevolge art 13 kan gelas dat die kind onder sekere voorwaardes aan die sorg van 'n ouer of voog toevertrou kan word, in die bewaring van 'n geskikte pleegouer geplaas kan word, of na 'n kinderhuis of G nywerheidskool verwys kan word. Tussentydse aanhouding in 'n veiligheidsplek kan ook gelas word.

Normaalweg word 'n ondersoek soos in art 13 en 14 beoog, in terme van art 11 van die Wet gehou, nadat alle belanghebbendes in kennis gestel en, waar nodig, deur middel van 'n lasbrief voor die hof gebring is. H

Die verwydering van 'n kind in terme van art 12(1) is ongetwyfeld 'n drastiese stap wat 'n maatskaplike werker, bevoegde beampte of polisiebeampte kan doen om 'n kind se belange te beskerm. Dit is buitengewoon omdat sodanige stap sonder kennisgewing aan die ouers of voog van die kind geneem kan word. I

Die mededeling wat daarna aan die ouer, indien hy of sy opspoorbaar is, ten aansien van die verwydering gemaak word, is vervat in die bedoelde Vorm IV. Dit word ooreenkomstig die regulasies wat in terme van die Wet op Kindersorg 74 van 1983, uitgevaardig is, voorafgedruk en met die relevante inligting ingevul. J

Bertelsmann R

Die betrokke regulasies is in terme van art 60 van Wet 74 van 1983 A uitgevaardig. Die oorspronklike regulasies is op 12 Desember 1986 in Staatskoerant 10546, regulasie 2612 uitgevaardig. Dit is op 31...

To continue reading

Request your trial
3 practice notes
  • Prinsloo and Another v Bramley Children's Home and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another 1995 (2) SACR 761 (CC) (1996 (1) SA 725; 1995 (12) BCLR 1593; [1996] 1 All SA 64): applied. Swarts v Swarts en Andere 2002 (3) SA 451 (T): referred Wolman and Others v Wolman 1963 (2) SA 452 (A): referred to. Legislation cited Statutes The Criminal Procedure Act 51 of 1977, B ss......
  • Mkhatshwa v Mkhatshwa and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...legal remedies, including judicial review, as may be open, on good grounds, to such a party. I am accordingly disinclined to make any J 2002 (3) SA p451 Moseneke declarator as sought in the counter-application. In my view, it is sufficient that no valid A grounds have been found to set asid......
  • Minister of Education, Western Cape, and Others v Governing Body, Mikro Primary School, and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others (TPD, case No 16395/2002, 3 September 2002) Simmons NO v Gilbert Hamer & Co Ltd 1963 (1) SA 897 (N) Swarts v Swarts en Andere 2002 (3) SA 451 (T) Van Eeden v Minister of Safety and Security (Women's Legal Centre Trust, as Amicus Curiae) 2003 (1) SA 389 (SCA) C at para Van Rooyen and ......
3 cases
  • Prinsloo and Another v Bramley Children's Home and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another 1995 (2) SACR 761 (CC) (1996 (1) SA 725; 1995 (12) BCLR 1593; [1996] 1 All SA 64): applied. Swarts v Swarts en Andere 2002 (3) SA 451 (T): referred Wolman and Others v Wolman 1963 (2) SA 452 (A): referred to. Legislation cited Statutes The Criminal Procedure Act 51 of 1977, B ss......
  • Mkhatshwa v Mkhatshwa and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...legal remedies, including judicial review, as may be open, on good grounds, to such a party. I am accordingly disinclined to make any J 2002 (3) SA p451 Moseneke declarator as sought in the counter-application. In my view, it is sufficient that no valid A grounds have been found to set asid......
  • Minister of Education, Western Cape, and Others v Governing Body, Mikro Primary School, and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others (TPD, case No 16395/2002, 3 September 2002) Simmons NO v Gilbert Hamer & Co Ltd 1963 (1) SA 897 (N) Swarts v Swarts en Andere 2002 (3) SA 451 (T) Van Eeden v Minister of Safety and Security (Women's Legal Centre Trust, as Amicus Curiae) 2003 (1) SA 389 (SCA) C at para Van Rooyen and ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT