Strydom v Staatspresident, Republiek van Suid-Afrika, en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeJoubert AR, Trengove AR, Grosskopf AR, Jacobs AR en Boshoff Wn AR
Judgment Date26 March 1987
Citation1987 (3) SA 74 (A)
Hearing Date04 November 1986
CourtAppellate Division

Joubert AR:

Die appellant ('Strydom') het in die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n hersieningsaansoek teen die respondente aanhangig gemaak ingevolge waarvan hy gevra het vir 'n bevel wat die eerste respondent (die 'Staatspresident') se goedkeuring aan die tweede respondent ('Evkom') in terme van art 43(1) van die Eletrisiteitswet 40 van 1958 om 'n serwituut B vir 'n transmissielyn vir die geleiding van elektrisiteit oor 'n gedeelte van Strydom se plaas Olifantsfontein nr 410, registrasie afdeling JR, Transvaal, by wyse van verpligte koop te verkry, hersien en tersyde stel asook vir 'n bevel om die kennisgewing van verpligte koop, gedateer 16 Februarie 1984, wat Evkom uit hoofde van gemelde goedkeuring aan Strydom gerig het, tersyde te stel. Op 27 Augustus 1985 het MacArthur R, C Strydom se aansoek met koste afgewys. Met verlof van die Hof a quo kom Strydom tans in hoër beroep teen daardie uitspraak na hierdie Hof.

Evkom is 'n statutêre regspersoon wat op 1 Maart 1923 in die lewe geroep is deur art 2 van die vorige Elektrisiteitswet 22 van 1922 wat deur art 2(1) van die huidige Elektrisiteitswet 40 D van 1958 ('die Wet') vervang is. Sedert sy totstandkoming is Evkom 'n gemagtigde ondernemer wat gemagtig is om 'n onderneming vir die voorsiening van elektrisiteit te dryf en wat minstens 'n bepaalde hoeveelheid elektrisiteit per jaar verkoop. Vergelyk die woordomskrywing van 'gemagtigde ondernemer' in art 1 van die Wet. Insgelyks het 'n Elektrisiteitsbeheerraad sedert Evkom se totstandkoming beheer E uitgeoefen oor die voorsiening van elektrisiteit deur Evkom of deur 'n private onderneming (art 22(4) van die Wet). Die lede van die Elektrisiteitsbeheerraad word deur die Minister van Mineraal en Energiesake (die 'Minister') aangewys volgens art 22(1) van die Wet. Afgesien van die feit dat Evkom geen aandeelhouers het nie het sy struktuur sekere veranderings ondergaan. Aanvanklik het dit bestaan uit lede wat deur die F Goewerneur-generaal aangestel is. Die Wysigingswet op Elektrisiteit 50 van 1985 met sy inwerkingtreding op 24 Mei 1985 het egter voorsiening gemaak vir 'n elektrisiteitsraad waarvan die meeste lede deur die Minister aangestel word (art 3 van die Wet) om beheer uit te oefen oor die uitoefening deur Evkom van sy bevoegdhede (art 3(1) van die Wet) terwyl 'n G bestuursraad die bestuur van Evkom se sake behartig (art 3(4) van die Wet). Volgens art 3E van die Wet word die bestuursraad deur die elektrisiteitsraad saamgestel. Ofskoon Evkom op hierdie wyse van owerheidsweë beheer word en toesig oor sy bedrywighede uitgeoefen word, is dit egter geensins 'n Staatsliggaam wat aan die Staat behoort en deur Staatsfondse gefinansieer word nie. Sy begroting word nie deur die Parlement H bekragtig nie. Dit bekom sy eie fondse deur die aangaan van lenings en deur die verkoop van elektrisiteit as 'n gemagtigde ondernemer (art 12 van die Wet). Evkom is verplig om sy eie jaarlikse balansstate op te stel (art 17 van die Wet) wat geoudit word deur rekenmeesters deur die Staatspresident aangestel (art 18 van die Wet).

Die agtergrond van die relevante gebeure wat aanleiding tot die I instel van Strydom se hersieningsaansoek gegee het, is in hooftrekke die volgende. Gedurende 1976 het die Elektrisiteitsbeheerraad aanbeveel dat Evkom 'n behoefte het aan die Minerva - Lombardy - Craighall transmissielyn waarvan die roete onder andere oor 'n gedeelte van die plaas Olifantsfontein nr 410 sou loop. Dit het meegebring dat Evkom 'n serwituut moes verkry oor 'n serwituutarea van 42,0638 ha J van die plaas Olifantsfontein nr 410. Volgens art 4(e) van die Wet is Evkom bevoeg om

Joubert AR

'grond of regte of belange in of op grond... en regte op A eiendom van watter aard ook al te verkry'

deur aankoop. Evkom het onderhandelings aangeknoop met die grondeienaars langs die beplande roete vir die vrywillige aankoop van die serwitute. Dit het Strydom se vader ingesluit wat tot sy dood gedurende Julie 1978 die eienaar van die plaas B Olifantsfontein nr 410 was. Mynhardt en Zondagh het as werknemers van Evkom die onderhandelinge namens Evkom gevoer. Eersgenoemde het reeds 25 jaar se ervaring by dergelike onderhandelinge vir die verkryging van regte oor grond wat Evkom benodig. 'n Uitgebreide korrespondensie het gevolg tussen Strydom se agente en Evkom. 'n Groot deel van die relevante korrespondensie is aangeheg by die stukke voor hierdie Hof. Ek C sal daarmee volstaan om na enkele van die belangrike briewe te verwys ten einde die verloop, strekking en resultate van die korrespondensie aan te toon:

1. Op 28 Junie 1979 het Parker Ellis (Edms) Bpk namens Strydom aan Evkom geskryf om oor die vergoeding vir die transmissielyn se serwituut te onderhandel. Dit is duidelik gestel dat Strydom D geen beswaar teen die beplande roete van die transmissielyn het nie. Daar is aan die hand gedoen dat 'n prys van R11 670 per ha redelik is. 'n Totale vergoeding van R452 835 is voorgestel (aanhangsel 'AA' band 1 op bls 96 - 101).

2. Uit 'n brief, gedateer 17 Augustus 1979, van Evkom aan Parker Ellis (Edms) Bpk blyk dit dat Strydom op R758 467 vergoeding aanspraak maak terwyl Evkom R50 000 aanbied. Evkom E doen aan die hand dat Strydom aan hom 'n opsie in terme van art 43(5) van die Wet gee aangesien Strydom geen beswaar teen die roete het nie terwyl die vergoeding volgens die betrokke bepalings van die Onteieningswet 63 van 1975 vasgestel kan word (aanhangsel 'BB' band 1 op bls 102 - 3).

3. Evkom en Parker Ellis (Edms) Bpk het mondelings 'n F ooreenkoms met mekaar oor die quantum van die vergoeding bereik, Daarom het Evkom op 14 Augustus 1980 'n brief aan Strydom gerig vir die ondertekening deur hom van die ingeslote 'nuwe opsie' in duplikaat waarvolgens die vergoeding bereken teen 80% van die grondwaarde van R4 000 per ha vir 46,62 ha die totale bedrag van R149 184 beloop (aanhangsel 'CC' band 1 op bl G 104). Strydom het egter geweier om die dokument te onderteken omdat die vergoeding vir hom nie meer aanvaarbaar was nie. Voortaan het prokureur Krogh van die prokureursfirma, H P Krogh & De Wet, namens Strydom met Evkom oor die vergoeding onderhandel. Krogh het ter aanvang aan Evkom geskryf om te H verneem of Strydom geregtig sou wees om die serwituutgebied te gebruik. Dit het geen probleme opgelewer nie.

4. Op 11 Desember 1980 skryf Krogh aan Evkom dat Strydom op 'n hoër vergoeding geregtig is as wat 'n jaar gelede bepaal is omdat daar 'n opbloei in die eiendomsmark sedert Oktober 1979 plaasgevind het, Daar was bowendien 'n vermindering in die koopkrag van geld as gevolg van inflasie. Strydom verwag dat I Evkom 'n hoër vergoeding sal aanbied (aanhangsel 'FF' band 1 op bls 111 - 14).

5. Op 14 April 1981 het Evkom in 'n skrywe aan Krogh dit op rekord geplaas dat die vergoeding wat met Parker Ellis (Edms) Bpk ooreengekom is vir Strydom nie aanvaarbaar is nie. Strydom is ook nie op daardie stadium bereid om aan Evkom regte te J verleen 'soos in art 43(5) van die

Joubert AR

A Wet bepaal word nie (aanhangsel 'GG' band 1 op bls 115 - 18). Krogh 'se reaksie was om 'n brief, gedateer 20 Mei 1981, aan Evkom te skryf waarin hy meld dat Strydom nie bereid was om R4 000 per ha as basis vir vergoeding te aanvaar nie. Strydom meen dat R12 500 per ha meer realisties is. Daar is verwys na B ander verkooptransaksies van grond in die onmiddellike omgewing. Evkom word versoek om die hele aangeleentheid in 'n nuwe lig te sien en die 'opsieprys' te heroorweeg. (Aanhangsel 'B' tot Strydom se beëdigde verklaring, gedateer 29 November 1982, band 2 op bls 154 - 58.)

6. Die volgende belangrike stap in die onderhandelings was toe Evkom op 26 November 1981 aan Krogh skryf dat 'n waardasie van C Boshoff ontvang is. (Hierdie waardasie is aanhangsel 'HH' band 1 op bls 119 - 22.) Dienooreenkomstig bied Evkom Strydom R175 000 aan en versoek hom om voor of op 11 Januarie 1982 Evkom van sy besluit in kennis te stel. Daar word daarop gewys dat

'indien hierdie voorstel ook nie vir u klient aanvaarbaar is D nie sal Evkom genoodsaak wees om die aangeleentheid na die Elektrisiteitsbeheerraad te verwys met die oog op 'n moontlike verpligte koop'.

(Aanhangsel 'JJ' band 1 op bls 123 - 24.)

7. Strydom het nie Evkom se aanbod van R175 000 vergoeding aanvaar nie. Op 18 Maart 1982 meld Krogh in sy skrywe aan Evkom dat daar onderhandelinge aan die gang is om 'n nabygeleë E gedeelte van die plaas Olifantsfontein nr 410 te verkoop. Met die oog daarop vra Krogh dat die onderhandelinge met Evkom vir twee of drie maande afgestel word (aanhangsel 'KK' op bls 125 - 26). Evkom antwoord op 31 Maart 1982 dat hy genoodsaak is om met sy aansoek by die Elektrisiteitsbeheerraad voort te gaan aangesien Strydom nie bereid was om aan hom die regte te F verleen soos in art 43(5) van die Wet bepaal is nie (aanhangsel 'LL' band 1 op bls 127 - 28).

Art 43 van die Wet lees soos volg:

'Onteiening van grond en belange in grond

(1) Ondanks andersluidende wetsbepalings kan 'n gemagtigde ondernemer of iemand wat geregtig is om elektrisiteit binne 'n G bepaalde gebied te laat ontwikkel of te voorsien, met goedkeuring van die Staatspresident en onderworpe aan die voorwaardes wat hy mag oplê, deur verpligte koop grond of 'n reg in, oor of ten opsigte van grond wat so 'n ondernemer of so iemand vir die uitoefening van bedoelde bevoegdheid nodig het, verkry.

(2) Die Staatspresident mag sodanige goedkeuring nie verleen nie tensy hy oortuig is -

(a)

H dat so 'n ondernemer of so iemand nie in staat is om sodanige grond of reg op redelike voorwaardes deur ooreenkoms met die eienaar te verkry nie; en

(b)

na oorweging van 'n verslag deur die raad, dat so 'n ondernemer of so iemand sodanige grond of reg redelikerwys nodig het vir die uitoefening van die bevoegdheid bedoel in subart (1).

(3)(a) Voordat die raad sy verslag ingevolge subart (2)(b) verstrek, moet hy by 'n openbare verhoor bepaal of so 'n I ...

To continue reading

Request your trial
10 practice notes
  • Administrator, Transvaal, and Others v Zenzile and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Control Board v Central News Agency Ltd 1970 (3) SA 479 (A) at 488 - 489A; Strydom v Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika 1987 (3) SA 74 (A) at 92I - 93F; South African Defence and Aid Fund v Minister of Justice 1967 (1) SA 263 (A) at 270F; Minister of Interior v Mariam 1961 (4......
  • Cabinet for the Territory of South West Africa v Chikane and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...before a decision is taken (see the cases collected in Strydom v Staatspresident, Republiek van Suid-Afrika, en 'n Ander 1987 (3) SA 74 (A) at 94E) or, sometimes, afterwards (see eg G Omar and Others v Minister of Law and Order and Others; Fanie and Others v Minister of Law and Order and Ot......
  • Attorney-General, Eastern Cape v Blom and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- G; Mandela v Minister of Prisons 1983 (1) SA 938 (A) at 959G - H; Strydom v Staatspresident, Republiek van Suid-Afrika, en 'n Ander 1987 (3) SA 74 (A) at 92 - 3. The initial enquiry must always be whether the particular F enactment in issue impliedly incorporates the maxim. Winter and Oth......
  • Administrator, Transvaal, and Others v Traub and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...recently confirmed that it correctly B summarises the position in our law. Strydom v Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika 1987 (3) SA 74 (A) at 92J - 93B. Rumpff JA in the Publications Control Board case also emphasised that 'one begins with a presumption that the kind of statu......
  • Request a trial to view additional results
10 cases
  • Administrator, Transvaal, and Others v Zenzile and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Control Board v Central News Agency Ltd 1970 (3) SA 479 (A) at 488 - 489A; Strydom v Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika 1987 (3) SA 74 (A) at 92I - 93F; South African Defence and Aid Fund v Minister of Justice 1967 (1) SA 263 (A) at 270F; Minister of Interior v Mariam 1961 (4......
  • Cabinet for the Territory of South West Africa v Chikane and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...before a decision is taken (see the cases collected in Strydom v Staatspresident, Republiek van Suid-Afrika, en 'n Ander 1987 (3) SA 74 (A) at 94E) or, sometimes, afterwards (see eg G Omar and Others v Minister of Law and Order and Others; Fanie and Others v Minister of Law and Order and Ot......
  • Attorney-General, Eastern Cape v Blom and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- G; Mandela v Minister of Prisons 1983 (1) SA 938 (A) at 959G - H; Strydom v Staatspresident, Republiek van Suid-Afrika, en 'n Ander 1987 (3) SA 74 (A) at 92 - 3. The initial enquiry must always be whether the particular F enactment in issue impliedly incorporates the maxim. Winter and Oth......
  • Administrator, Transvaal, and Others v Traub and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...recently confirmed that it correctly B summarises the position in our law. Strydom v Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika 1987 (3) SA 74 (A) at 92J - 93B. Rumpff JA in the Publications Control Board case also emphasised that 'one begins with a presumption that the kind of statu......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT