Strydom v Kruger

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Vos Hugo R
Judgment Date05 October 1967
Citation1968 (2) SA 226 (GW)
Hearing Date21 September 1967
CourtGriqualand-West Local Division

De Vos Hugo, R.:

Dit is 'n aansoek vir summiere vonnis. Op 1 Augustus 1967 het die eiser die verweerder gedagvaar vir die betaling van R4,511.29 plus rente wat op 'n promesse verskuldig is. Op 18 Augustus E het die verweerder kennis van sy voorneme om die saak te verdedig gegee. Op 5 September het die eiser kennis gegee dat hy op 21 September aansoek vir summiere vonnis gaan doen. Hierdie kennisgewing is op 6 September aan die verweerder se prokureurs gelewer. Op 21 September is die saak op versoek van die verweerder en op sy koste vir 'n week F uitgestel. Op 26 September het die verweerder ingevolge Reël 32 (3) (b) 'n beëdigde verklaring ingedien en op dieselfde dag ook 'n afskrif daarvan aan die verweerder se prokureurs gelewer. Op die 28ste toe die saak weer voorgekom het, het adv. Zietsman, namens die eiser, te kenne gegee dat met die oog op die verweer wat in die verweerder se verklaring aangevoer is, hy nie met die aansoek vir summiere vonnis voortgaan nie. G Hy het egter gevra dat die koste van die aansoek koste in die saak gemaak moet word. Hierdie versoek is deur adv. Steenkamp namens die verweerder bestry op grond daarvan (1) dat die eiser op ontvangs van die verweerder se beëdigde verklaring moes besef het dat hy nie in sy aansoek vir summiere vonnis kan slaag nie en die saak ingevolge Reël 41 H (1) van die rol moes verwyder het, en (2) dat die verklaring van die eiser nie aan die vereistes van Reël 32 (2) voldoen nie.

Op laasgenoemde grond is die betoog dat die volledige grond van

De Vos Hugo R

aksie in die eiser se beëdigde verklaring uiteengesit moes gewees het. Die skuldoorsaak is volledig in die dagvaarding, wat 'n eenvoudige dagvaarding is, uiteengesit en in sy verklaring sê die eiser dat hy persoonlik kennis dra van die posisie en dat die bedrag waarlik en wettiglik verskuldig is. Dit is m.i. voldoende nakoming van die A voorskrif van die Reël en ek kan ook niks in die Reël vind wat vereis dat die feite waarop die grond van aksie berus weereens in die verklaring uiteengesit moet word as dit reeds in die dagvaarding volledig gedoen is nie. Steun vir die sienswyse dat as die skuldoorsaak in die dagvaarding, al is dit 'n eenvoudige dagvaarding, uiteengesit is, B dit nie weer in die verklaring gedoen hoef te word nie, is te vind in Mahomed Essop (Pty.) Ltd v Sekhukhulu & Son, 1967 (3) SA 728 (D). In die dagvaarding word beweer dat die promesse onteer en dat die bedrag opeisbaar is. Aan die verklaring is...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • Globe Engineering Works Ltd v Ornelas Fishing Co (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • Invalid date
    ...served by the deponent simply repeating them in his verifying affidavit and it is not necessary for him to do so (see Strydom v Kruger 1968 (2) SA 226 (GW)). It is where the summons is little more than "a label" or "a general indication of claim" that it will be necessary to set out amplify......

  • Barclays National Bank Ltd v Smith
    • South Africa
    • Invalid date
    ...cause of action as a sine qua non to the effectiveness of the affidavit. This seems to have been the view taken in Strydom v Kruger, 1968 (2) SA 226 (GW) at p. The English version of Rule 32 (2) is, to my mind, ambiguous in G that it can be interpreted as meaning either that the affidavit h......
  • Dowson & Dobson Industrial Ltd v Van der Werf and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to in the verifying affidavit, it followed that the plaintiff had complied with the requirements of Rule 22. Cf Strydom v Kruger 1968 (2) SA 226 (GW). On the other hand, if the declaration was bad for want of an essential H allegation, and the same formula was used in the verifying affidavi......
  • Request a trial to view additional results
5 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT