Straf- en delikregtelike aanspreeklikheid vir sportbeserings

JurisdictionSouth Africa
AuthorJMT Labuschagne
Date27 May 2019
Pages72-97
Published date27 May 2019
STRAF- EN DELIKREGTELIKE AANSPREEKLIK
HEID VIR SPORTBESERINGS*
J M T Labuschagne
MA D Phil LLD
Professor, Universiteit van Pretoria
1 Inleiding
In 'n vroeëre bydrae,
1
wat handel oor die begrensing van toestemming
as verweer op 'n klagte van aanranding, is daarop gewys dat die algemene
reels ten aansien van toestemming as strafregtelike verweer nie deur-
gaans
2
en onveranderd op sportbeserings van toepassing kan wees nie en
gevolglik 'n afsonderlike studie verdien. Hierdie problematiek word in die
onderhawige bydrae aangespreek. Aangesien die straf- en deliktereg in
die verband wedersyds komplimenterend is, word dit gesamentlik
behandel.
Sport, vér verwyderd van die oorspronklike ontspanningsfunksie
3
daarvan, het in 'n toenemende mate 'n invloedryke en magtige besigheid,
met vérrykende (ook internasionale)
4
regskonsekwensies, geword.
5
Namate die mens se daaglikse liggaamlike aktiwiteite met die tydsgang
aansienlik afgeneem het, veral as gevolg van tegnologiese vooruitgang en
die ontstaan van 'n veelheid van beroepe waarin weinig fisieke inspanning
en/of sosiale interaksie nodig is, het 'n behoefte aan alternatiewe
liggaamlike aktiwiteite en sosialisering ontstaan.
6
Sportbeoefening kan
hierdie behoefte by uitnemendheid bevredig. Schild
7
wys tereg daarop
dat sport tans as 'n massafenomeen beskryf kan word.
Wat ookal die psigodinamika agterliggend daaraan mag wees,
onsportiewe gedrag en onnodige geweld het orals in sport toegeneem
en in sekere sportsoorte selfs epidemiese afmetings aangeneem.
8
Ernstige
* Dank word hiermee uitgespreek teenoor die
Alexander von Humboldt-Stiftung
en die Universiteit van
Pretoria wat my finansieel in staat gestel het om 'n deel van die navorsing in 1997 aan die
Ludwig-
Maximilians Universitãt
in München (Duitsland) te kon onderneem. Die menings hierin uitgespreek,
verteenwoordig egter nie noodwendig die van genoemde instellings nie.
Labuschagne "Begrensing van Toestemming as Verweer by Aanranding" 1993
SALJ
365 373.
2
Cf
ook Bohlen "Voluntary Assumption of Risk" 1906-1907
Harvard LR
14; James "Assumption of
Risk" 1952
Yale LJ
141.
Winants "Sport en Strafrecht" 1982-1983
Rechtskundig Weekblad (R W)
2554: "Oorspronklijk
bedoeld als ontspanning, als spel, als middel om tot een harmonieuze ontwikkeling van het individu bij
te dragen . . . is zij than onder invloed van de doorgedreven professionalisering, van de pers en van de
enorme financiële belangen die ermee verbonden zijn, uitgegroeid tot een lucratieve onderneming."
4
Weisert
Die Ausabung von auswärtiger Gewalt durch Privatpersonen
(1973) 179-182.
5
Dolling "Die Behandlung der Korperverletzung im Sport in System der strafrechtlichen
Sozialkontrolle" 1984
ZSt
W 36; Schild "Das strafrechtliche Problem der Sportverletzung
(vorwiegend im FuBballkampfspiel)" 1982
Jura
464 465; Berry & Wong
Law and Business of the
Sport Industries I
(1986) 2; Progler "Sport and Recht" 1989
Deutsches Verwaltungsblatt
1240 1242;
Steiner "Verfassungsfragen des Sports" 1991
NJW
2729 2730.
6
Schild 1982
Jura
467-469.
7
1982
Jura
465.
Parmanand
Sport Injuries in Civil Law
(1987) 4; Anoniem "Consent in Criminal Law: Violence in
Sports" 1976
Michigan LR
148; Winants 1982-1983
RW
2554; White "Sport Violence as Criminal
72
(1998) 9 Stell LR 72
© Juta and Company (Pty) Ltd
AANSPREEKLIKHEID VIR SPORTBESERINGS
73
beserings, verlamming en selfs die dood van deelnemers is nie meer 'n
seldsame verskynsel nie.
9
Ook toeskouers doen soms by sportbyeen
komste ernstige beserings op.
10
Uit die feitestel van die Kaliforniese saak
Fish v Los Angeles Dodgers"
blyk dat 'n toeskouer oorlede is nadat 'n
bofbalbal horn getref het. Die toename in beserings, van watter
oorsprong en graad ookal, het in die eerste instansie 'n toename in
siviele litigasie gehad.
12
Romano, Rossin & McAfee" wys daarop dat die
primêre funksie van die deliktuele sanksie is om veiligheid binne
sportverband
14
te bevorder,
o
m toe te sien dat roekelose deelnemers
"bestraf" word en
o
m slagoffers op 'n redelike wyse te vergoed.
Strafregtelike vervolgings toon ook 'n stygende tendens.
15
Groter verantwoordelikhede word toenemend op afrigters en ampte
nare geplaas
o
m beserings aan spelers en toeskouers te voorkom.
16
Sodanige persone kan deliktueel, en selfs strafregtelik, aanspreeklik
gehou word vir beserings wat deelnemers opdoen.
17
Dit geld ook vir
skeidsregters.
18
Van skole en ander opvoedkundige inrigtings word
verwag
o
m sorg te dra dat skoliere en studente nie aan sportaktiwiteite
deelneem in omstandighede wat 'n te hoe graad van beseringsrisiko
meebring nie.
19
Die persoon (of liggaam) wat beheer uitoefen oor die
toestand van 'n sportfasiliteit moet sorg dra dat aan die voorgeskrewe
veiligheidsnorme vir so 'n fasiliteit voldoen word. Word nie daaraan
Assault: Development of the Doctrine of Consent by Canadian Courts" 1986
Duke LJ
1030; Flakne
& Caplan "Sports Violence and the Prosecution" 1977
Trial
33; Schild 1982
Jura
465.
9
Rensing v Indiana State University
437 NE 2d 78 89 (1982); Atkinson "Worker's Compensation and
College Athletics: Should Universities be Responsible for Athletes who Incur Serious Injuries?" 1983-
1984
Journal of College and University Law
197;
R v Smithers
1978 SCR 506; White 1986
Duke LJ
1034;
Cummings v Borough of Nazareth
233 A2d 874 (1967); Schild 1982
Jura
521; Schroeder
Sport
und Strafrecht
in Schroeder & Kauffmann (red)
Sport und Recht
(1972) 21 24 en in dieselfde bundel
Lossos
Rechtsfragen bei Zusammenstößen von Skilãufern 57.
10
Jones v Thren Rivers Management Corp Pa Super
380 A2d 387 (1977);
Ratcliff v San Diego Basketball
Club of the Pacific Coast League
27 Cal App 2d 733, 81 P 2d 625 (1938);
Rauch v Pennsylvania Sports
and Enterprises
367 Pa 632, 81 A2d 548 (1951);
Douglas v Converse
93 A 955 (1915); Scalf & Robinson
"Injuries Arising out of Amateur and Professional Sports: Viability of the Assumption of Risk
Defense" 1978
Defense Law Journal
419 440;
McFatridge v Harlem Globe Trotters
69 NM 271, 365
P2d 918, 89 ALR 2d 1154 (New Mexico SC); Schroeder
Sport und Strafrecht
35-36; Zipf
Einwilligung
und Risikoübernahme im Strafrecht
(1970) 87-88.
11
56 Cal App 3d 620, 128 Cal Rptr 807, 91 ALR 3d 1 (Cal CA, 1976) met annotasie deur Rigelhaupt
"Liability to Spectator at Baseball Game who is Hit by Ball or Injured as Result of other Hazards of
Game" 91 ALR 3d 24
12
Westart & Lowell
The Law of Sports
(1979) 1; Schubert & Smith
Sports Law
(1986) 175; White 1986
Duke LJ
1033 vn 12; Robinson "Sport and Law. The Increasing Overlap" 1996
Law Institute Journal
16.
13
"Sports Injury and Recreational Tort Cases" 1990
Trial
32.
14
32: "The tort system — insofar as it deals with sports injury matters and recreational torts
promotes the safest possible methods for conducting sporting activities."
15
Grayson
Sport and Law
(1988) 134-136; Anoniem 1976
Michigan LR
149.
16
Anoniem 1976
Michigan LR
149; Nygaard & Boone
Coaches Guide to Sport Law
(1985) 51.
17
Sien Kelly
Sport and the Law
(1987) 670-673; Schubert & Smith
Sports Law
200.
18
Sien hieroor Prinsloo "Regsaanspreeklikheid van 'n Skeidsregter" 1992
TRW
92. Greenfield &
Osborne "Law Crosses the Touchline" 1996
Solicitors' Journal
475.
19
Harty "School Liability for Athletic Injuries: Duty, Causation and Defense" 1982
Washburn LJ
315;
Manno "A High Price to Compete: The Feasibility and Effect of Waivers Used to Protect Schools
from Liability for Injury to Athletes with High Medical Risks" 1990-1991
Kentucky LJ
867;
Martini v
Olyphant Borough
SchD (1937) 83, D and C 266; Vieweg "Der Schülersportunfall-Rechtsfolge für den
Lehrer" 1980
Sportunterricht 17.
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT