Steenkamp v Fourie

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Villiers J
Judgment Date27 August 1948
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date26 August 1948

De Villiers, J.:

Dit is die verlengde keerdag van 'n bevel nisi wat as tydelike interdik dien.

Op die 3de Augustus van hierdie jaar het DOWLING, R. 'n bevel in the volgende sin uitgereik:

'Dit word gelas: 1. Dat 'n bevel nisi hiermee uitgereik word wat 'n beroep doen op die respondent om redes, indien enige, aan te voer aan hierdie Hof op die 19de dag van Augustus, 1948, (a) waarom die respondent nie verbied sal word om meer as 30% van die opbrengs van die oes te verwyder van die plaas Witpoort, distrik Middelburg, Transvaal; (b) waarom die respondent

De Villiers J

nie gelas sal word om die koste van hierdie applikasie te betaal nie. 2. Dat hierdie bevel dien as 'n interim interdik. 3. Dat verlof hiermee toegestaan word om die keerdatum te vervroeg op 48 uur kennisgewing.'

Hierdie bevel volg die bewoording van die versoekskrif in die applikant se applikasie.

Die applikant is die eienaar van die plaas Witpoort, distrik Middelburg, en hy beweer dat gedurende September 1947 het hy en die respondent ooreengekom dat die respondent op gemelde plaas, Witpoort, van die applikant sou werk, dit behoorlik sou ontgin en vir sy dienste 50 persent van die opbrengs van alle oeste sou ontvang. Albei partye sou verder verantwoordelik wees in gelyke dele vir die aankoop van kunsmis en saad. Die respondent sou beheer voer oor die arbeiders op die plaas en die koste van enige addisionele arbeid bo en behalwe die wat op die plaas beskikbaar was, sou deur hom gedra word. Verder sou die respondent die bedrag van £300 bydra vir die behoorlike bewerking van die grond.

Die respondent, in sy beëdigde verklaring, erken nie dat dit die oorspronklike ooreenkoms tussen die partye was nie; hy ontken dat dit die ooreenkoms was tussen hom en die applikant dat hy die applikant se plaas sou ontgin en hy ontken ook dat hy een helfte van die koste sou dra van die kunsmis wat sou gekoop word vir die plaas. Hy sê hy het toegestem om 'n helfte van die koste van die kunsmis wat op die plaas was te betaal en hy was net bereid om dit te betaal. Hy ontken ook dat hy ooreengekom het om vir enige addisionele arbeid te betaal. Hy het ooreengekom dat enige addisionele arbeid sou deur hom gehuur word en deur hom en die applikant in gelyke dele betaal word en dan ontken hy ook dat hy onderneem het om £300 by te dra vir die behoorlike ontginning van die plaas.

Die applikant gaan voort en sê dat na die ooreenkoms aangegaan was moes die respondent die koringoes wat alleen aan hom behoort het wat daar was voordat die kontrak aangegaan was namens hom insamel en, na aftrekking van 20 persent van die opbrengs as sy vergoeding, moes hy die balans by die Stofberg Koöperasie vir hom inlewer. Hy sê hierdie ooreenkoms omtrent die insameling van die koring het niks met die ander ooreenkoms te doen gehad nie. Hy sê dat die respondent hierdie ooreenkoms verbreek het deurdat hy die koring wat hy geoes het op sy eie naam by die Stofberg Koöperasie ingelewer het en dat hy toe plaasimplemente op krediet gekoop het van die Koöperasie en waarskynlik teen die waarde van die ingelewerde koring.

De Villiers J

Die respondent erken dat hy die koring ingelewer het op sy eie naam maar hy sê dit was ter goeie trou en sonder enige vreemde motief en dat in elk geval is die applikant ten volle betaal vir daardie koringoes. Dit blyk dat daar, oor hierdie voorval met die koring, en oor ander sakies ook, onenigheid tussen die applikant en die respondent ontstaan het met die gevolg dat die applikant aan die respondent geskryf het op 31 Januarie van hierdie jaar waarin hy sê dat hy 'n brief ontvang het van die respondent waarin die respondent hom kennis gee dat hy die plaas gaan verlaat sodra die oes van die land af is, en hy sê dat...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • Sasfin (Pty) Ltd v Beukes
    • South Africa
    • Invalid date
    ...& Cleaning Services (Pty) Ltd 1938 CPD 341; Stansfield v Kuhn 1940 NPD 238; Miller v Spamer 1948 (3) SA 772 (C); Steenkamp v Fourie 1948 (4) SA 536 (T); Starr v Ramnath 1954 (2) SA 249 (N); Sandell v Jacobs 1970 (4) SA 630 (SWA) at 633; First Industrial Excavation Land Development Engineeri......
1 cases
  • Sasfin (Pty) Ltd v Beukes
    • South Africa
    • Invalid date
    ...& Cleaning Services (Pty) Ltd 1938 CPD 341; Stansfield v Kuhn 1940 NPD 238; Miller v Spamer 1948 (3) SA 772 (C); Steenkamp v Fourie 1948 (4) SA 536 (T); Starr v Ramnath 1954 (2) SA 249 (N); Sandell v Jacobs 1970 (4) SA 630 (SWA) at 633; First Industrial Excavation Land Development Engineeri......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT