Smit v Van Niekerk, NO en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa

Smit v Van Niekerk, NO en 'n Ander
1976 (4) SA 293 (A)

1976 (4) SA p293

Citation

1976 (4) SA 293 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Rumpff HR, Jansen AR, Trollip AR, Rabie AR en Corbett AR

Heard

May 20, 1976

Judgment

August 16, 1976

Flynote : Sleutelwoorde D

Strafproses — Getuienis — Privilegie — Van 'n geestelike — Geestelike nie op swygreg geregtig nie.

Headnote : Kopnota

Dit kan nie aanvaar word dat die openbare beleid in ons land die swygreg van 'n geestelike in die verlede geverg het of vandag verg nie, en in ieder geval word E sodanige reg nie deur die Strafproseswet, 56 van 1955, erken nie.

Die beslissing in die Oos-Kaapse Afdeling in Smit v Van Niekerk, N.O. en 'n Ander, bevestig.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Evidence — Privilege — Of a clergyman — Clergyman not entitled to right to remain silent.

Headnote : Kopnota

It cannot be accepted that the public policy of our country required in the past and today requires a right of a clergyman to remain silent and in any event such right has not been recognised by the Criminal Procedure Act, 56 of 1955.

The decision in the Eastern Cape Division in Smit v Van Niekerk, N.O. en 'n Ander, confirmed.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Oos-Kaapse Afdeling (CLOETE, R., en SMALBERGER, WN. R.). Die feite blyk uit die uitspraak F van RUMPFF, H. R.

H.J.O. van Keerden, S.C. (bygestaan deur P.J. de Bruyn), namens die appellant: Toepaslike Suid-Afrikaanse Wetgewing: Ingevolge art. 83 (2) van die Strafproseswet, 56 van 1955, is arts. 206, 207, 209, 211, 212, 216, 217, 218, 219 en 254 van toepassing ten opsigte van 'n ondervraging binne die raamwerk van die artikel asof dit 'n strafregtelike proses is. Van belang is veral art. 212 (1). Dié artikel sluit klaarblyklik die geval in G waarin die getuie oor 'n swygreg (of swygplig) beskik, maar het ook 'n wyer betekenis in die sin dat selfs in gevalle waar 'n privilegie nie uitgekristalliseer het nie, n getuie nog 'n geregverdigde verskoning sou hê om te weier om getuienis te gee. S. v Weinberg, 1966 (4) SA te bl. 665; R. v Parker, 1966 (2) SA te bl. 59; Annual Survey of South African Law, 1966, bl. 400 - 402; S. v. H

1976 (4) SA p294

Heyman, 1966 (4) SA te bl. 610 - 611. Art. 223 moet saamgelees word met art. 292. Sien Ex parte Minister of Justice: In re R. v Demingo, 1951 (1) SA 36; Hoffmann, South African Law of Evidence, 2de uitg., bl. 13 - 14. Die appellant A betoog: (a) dat 'n geestelike oor 'n swygreg beskik ten aansien van vertroulike mededelings aan hom gemaak; (b) dat selfs indien sodanige swygreg nie in die algemeen erken word nie, hy in elk geval oor 'n 'just excuse' binne die raamwerk van art. 212 (1) beskik het.

Die toepaslike regsreëls: Die bewysreg (ten aansien van 'n strafproses) wat op 30 Mei 1961 gegeld het, is die Engelse reg soos dit op daardie stadium bestaan het en hier te lande B toegepas is. Ex parte Minister van Justisie: In re S. v Wagner, 1965 (4) SA te bl. 513. Alternatiewelik is hierdie Hof ten aansien van die toepaslike Engelse regsreëls gebonde slegs aan uitsprake van die House of Lords en, moontlik, van die Court of Appeal. Kerr, 1965 S.A.L.J. 169 e.v.; Kahn, 1965 S.A.L.J. 526 e.v.; Schmidt, Bewysreg, bl. 15 - 16; Hoffmann, C op. cit., bl. 12. Hierbenewens moet in gedagte gehou word dat selfs voor die inwerkingtreding van die huidige Strafproseswet aanvaar is dat die Engelse reg nie geld indien toepassing daarvan, binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse reg, tot ongewenste gevolge sou lei nie. Ex parte Minister of Justice: In re R. v Pillay, 1945 AD 653; Schmidt, op. cit., bl. 17. D In ander regstelsels, en so ook in die Engelse reg, word by die vraag of 'n privilegie in die vorm van 'n swygreg of swygplig van toepassing is, steeds verskillende fasette van openbare belang teenoor mekaar afgeweeg. In die eerste instansie is daar die faset waarvolgens die nastrewing van geregtigheid vereis dat alle beskikbare getuienis ingewin word. Aan die ander kant is daar dié fasette wat besondere vorms van E vertrouensverhoudings beskerm. Of die beskerming van die vertrouensverhouding hoër aangeslaan moet word as die nastrewe van geregtigheid, moet elke regstelsel vir homself met verwysing na sy toepaslike openbare beleid beslis. Attorney-General v Mulholland, (1963) 1 All E.R. te bl. 771 - 773; Attorney-General v Clough, (1963) 1 All E.R. te bl. 424 - 425; R. v Griffen, 6 C.C.C. 219; Cross, Evidence, 1967 uitg., bl. 26; Taylor, Evidence, 1931 uitg., bl. 576 - 7; F Greenough v Gaskell, 39 E.R. te bl. 620 - 621; Asser, Handleiding tot de Beoefening van het Nederlands Burgerlijk Recht, 5de deel, bl. 272; Van Bemmelen, Strafvordering, 6de uitg., bl. 172; R. v Parker, 1965 (4) SA te bl. 51; C. v C., (1946) 1 All E.R 562; Enoch Totten v United States, 90 - 93 U.S. Supreme Court Reports, bl. 605; Wigmore, Evidence G (McNaughton se hersiene uitgawe), bl. 877 - 878. Insoverre enige Suid-Afrikaanse Hof nog gebonde is aan Engelse bewysreg wat gegeld het voor 31 Mei 1961, dien daarop gelet te word dat die tersaaklike Engelse reël vir huidige doeleindes tot inhoud het slegs dat die vereistes van openbare belang deurslaggewend is. Wat die openbare belang vereis, is egter 'n vraag van die substantiewe reg, en by die beoordeling van hierdie vraag kan H geen reël van die Engelse reg bindend op 'n Suid-Afrikaanse Hof wees nie. Botes v Van Deventer, 1966 (3) SA te bl. 204, 206A. In elk geval daar bestaan geen sekerheid dat voor 31 Mei 1961 die Engelse ree nie die swygreg van 'n geestelike erken het nie.

Die Engelse reg: In 'n ongerapporteerde gewysde, The King v Sparkes, is blykbaar beslis dat 'n Protestantse geestelike nie op 'n swygreg kon aanspraak maak ten aansien van vertroulike mededelings aan hom gemaak nie. Dit is egter van belang om daarop te let dat in die eerste latere saak waarin na hierdie gewysde verwys is, Lord KENYON nie bereid was om die

1976 (4) SA p295

uitspraak as korrek te aanvaar nie. Du Barré v Livette, 1790 E.R. te bl. 97. Afgesien van obiter dicta in enkele sake, kon naas die reedsgenoemde Sparkes-saak slegs een gewysde gevind word waarin beslis is dat 'n geestelike nie op 'n swygreg kan aanspraak maak nie. Sien Normanshaw v Normanshaw & Measham, 69 A L.T. te bl. 469. Die genoemde obiter dicta kom voor in Wheeler v Le Marchand, (1881) 17 Ch D. te bl. 781; Attorney-General v Mulholland, (1963) 1 All E.R. te bl. 777; Pais v Pais, (1970) 3 All E.R. te bl. 492. Selfs in die Mulholland -saak is uitgegaan van die standpunt dat persone soos 'n joernalis en 'n dokter onder bepaalde omstandighede wel op 'n swygreg aanspraak mag maak. Hierteenoor is in 'n aantal sake die swygreg van 'n B geestelike òf stilswyend òf uitdruklik erken, weliswaar soms onderhewig aan sekere beperkinge. R. v Griffen, 6 C.C.C. 219; R. v Hay, 175 E.R. 933 (veral die redaksionele opmerkinge op bl. 934 - 935); Du Barré, supra; Broad v Pitt, 172 E.R. te bl. 529. 'n Aantal Engelse skrywers maak die stelling dat 'n geestelike nie op 'n swygreg aanspraak kan maak nie, maar C meestal sonder enige werklike vermelding van gesag vir bedoelde stelling. Roscoe, Criminal Evidence, 16de uitg., bl. 163. Phipson ontken ook die bestaan van die swygreg, maar meld dat daar 'a strong body of opinion' teen die toepassing van hierdie reël bestaan. Phipson, Evidence, 10de uitg., bl. 252. Volgens Cross strek die oorwig van gesag teen die erkenning van 'n swygreg, maar bedoelde gesag word nogtans deur hom as D 'inconclusive' bestempel. Cross, Evidence, 1967 uitg., bl. 245. Volgens Archbold is die tersaaklike vraag nog nooit gesaghebbend beslis nie. Sien Archbold, Pleading, Evidence & Practice in Criminal Cases, 38ste uitg., bl. 637. Ook Stephen beweer dat die vraag of geestelikes verplig kan word om vertroulike mededelings te openbaar, nog nooit gesaghebbend in E Engeland beslis is nie, alhoewel skrywers positiewe stellings in hierdie verband maak. Sien Stephen, Digest of the Law of Evidence, bl. 196. Dit blyk dus dat nòg die House of Lords nòg die Court of Appeal al ooit 'n tersaaklike beslissing gegee het, en dat anders as wat soms beweer word, daar nie gesê kan word dat teen 1960 dit gevestigde reg in Engeland was dat 'n geestelike nie oor 'n swygreg beskik nie. Inteendeel is daar F sterk gesag vir die stelling dat die Engelse gemenereg wel 'n swygreg erken het. Sien R. v Hay, 175 E.R. (voornoemde redaksionele aantekeninge); Best, Presumptive Evidence, bl. 596; Bentham, aangehaal deur Wigmore, op. cit., bl. 877; Wigmore, op. cit., bl. 878.

Die Suid-Afrikaanse reg: Van die Romeins-Kollandse skrywers is, sover nagegaan kan word, Voet die enigste wat 'n mening ten G aansien van die onderhawige vraag uitspreek. Hy stel die swygreg van 'n geestelike gelyk aan dié van 'n regspraktisyn. Voet, 22.5.6. Hier mag gemeld word dat die vertaling van die woorde nefas est deur Gane as 'impious' waarskynlik behoort te lees 'unlawful'. Ander gemeenregtelike skrywers noem gewoonlik nie eens die privilegie van die regspraktisyn nie. Moontlik - dit kan nie hoër gestel word nie - is die swygreg van 'n H regspraktisyn en 'n geestelike deur hulle as vanselfsprekend aanvaar. Duitse skrywers wat, relatief gesproke, tydgenote van sommige van ons gemeenregtelike skrywers was, stel dit egter duidelik dat, selfs wat die Protestantse geestelike betref, 'n swygreg hom toegekom het. Leyser, Meditationes ad Partdectas, band 4, bl. 437 - 439; J. S. Boehmer, ad C.C.C., 6.5; J. H. Boehmer, Jus Ecclesiasticum, V, 38. Die onderhawige vraag het in slegs die Wissekerke -saak opgeduik, en daarin is beslis dat 'n predikant nie verplig was om getuienis ten aansien van

1976 (4) SA p296

vertroulike mededelings te gee nie. Wissekerke v Wissekerke & Wissekerke, 1923 P.H. F5. Suid-Afrikaanse skrywers oor die bewysreg beweer in die algemeen dat 'n geestelike nie op 'n swygreg aanspraak kan maak nie, maar doen dit òf sonder...

To continue reading

Request your trial
10 practice notes
  • Attorney-General, Transvaal v Kader
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Haysom v Additional Magistrate, Cape Town, and Another; S v Haysom 1979 (3) SA 155 (C) at 161B-162B; Smit v Van Niekerk NO en 'n Ander 1976 (4) SA 293 (A); S v Woods 1978 (1) SA 713 (A); R v Parker 1966 (2) SA 56 (RA) at 59F and R v Parker 1965 (4) SA 47 (SRA) at 50H. As to the paramount im......
  • Attorney-General, Transvaal v Kader
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Haysom v Additional Magistrate, Cape Town, and Another; S v Haysom 1979 (3) SA 155 (C) at 161B-162B; Smit v Van Niekerk NO en 'n Ander 1976 (4) SA 293 (A) B ; S v Woods 1978 (1) SA 713 (A); R v Parker 1966 (2) SA 56 (RA) at 59F and R v Parker 1965 (4) SA 47 (SRA) at 50H. As to the paramount......
  • Du Plessis v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2001 (12) BCLR 1284 F Schultz v Butt 1986 (3) SA 667 (A) at 679 Simms v Simms 1981 (4) SA 186 (D) Smit v Van Niekerk NO en 'n Ander 1976 (4) SA 293 (A) at 302 in fine Suid-Afrikaanse Nasionale Trust & Assuransie Maatskappy Bpk v Fondo 1960 (2) SA 467 (A) G Tanner et al v Oregon Health Scien......
  • Comment: A privilege for members of the clergy: Smit v Van Niekerk reconsidered
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • August 28, 2019
    ...for members of the clergy: Smit v Van Niekerk reconsidered Warren Freedman* 1 Introduction Twenty years ago, in Smit v Van Niekerk 1976 (4) SA 293 (A), the Appellate Division, per Rumpff CJ (Jansen JA, Trollip JA, Rabie JA and Corbett JA concurring), held that in criminal proceedings there ......
  • Request a trial to view additional results
9 cases

  • S v Bierman
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Pennington and Another 1999 (2) SACR 329 (CC) (1997 (4) SA 1076; 1997 (10) BCLR 1413): referred to Smit v Van Niekerk NO en 'n Ander 1976 (4) SA 293 (A): referred to. I Case Information Application for special leave to appeal. The facts appear from the reasons for judgment. J 2002 (2) SAC......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Comment: A privilege for members of the clergy: Smit v Van Niekerk reconsidered
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • August 28, 2019
    ...for members of the clergy: Smit v Van Niekerk reconsidered Warren Freedman* 1 Introduction Twenty years ago, in Smit v Van Niekerk 1976 (4) SA 293 (A), the Appellate Division, per Rumpff CJ (Jansen JA, Trollip JA, Rabie JA and Corbett JA concurring), held that in criminal proceedings there ......
10 provisions
  • Attorney-General, Transvaal v Kader
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Haysom v Additional Magistrate, Cape Town, and Another; S v Haysom 1979 (3) SA 155 (C) at 161B-162B; Smit v Van Niekerk NO en 'n Ander 1976 (4) SA 293 (A); S v Woods 1978 (1) SA 713 (A); R v Parker 1966 (2) SA 56 (RA) at 59F and R v Parker 1965 (4) SA 47 (SRA) at 50H. As to the paramount im......
  • Attorney-General, Transvaal v Kader
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Haysom v Additional Magistrate, Cape Town, and Another; S v Haysom 1979 (3) SA 155 (C) at 161B-162B; Smit v Van Niekerk NO en 'n Ander 1976 (4) SA 293 (A) B ; S v Woods 1978 (1) SA 713 (A); R v Parker 1966 (2) SA 56 (RA) at 59F and R v Parker 1965 (4) SA 47 (SRA) at 50H. As to the paramount......
  • Du Plessis v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2001 (12) BCLR 1284 F Schultz v Butt 1986 (3) SA 667 (A) at 679 Simms v Simms 1981 (4) SA 186 (D) Smit v Van Niekerk NO en 'n Ander 1976 (4) SA 293 (A) at 302 in fine Suid-Afrikaanse Nasionale Trust & Assuransie Maatskappy Bpk v Fondo 1960 (2) SA 467 (A) G Tanner et al v Oregon Health Scien......
  • Comment: A privilege for members of the clergy: Smit v Van Niekerk reconsidered
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • August 28, 2019
    ...for members of the clergy: Smit v Van Niekerk reconsidered Warren Freedman* 1 Introduction Twenty years ago, in Smit v Van Niekerk 1976 (4) SA 293 (A), the Appellate Division, per Rumpff CJ (Jansen JA, Trollip JA, Rabie JA and Corbett JA concurring), held that in criminal proceedings there ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT