Smit v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeBeyers AR, Van Blerk AR, Ogilvie Thompson AR, Botha AR en Wessels AR
Judgment Date14 May 1964
Citation1964 (3) SA 338 (A)
Hearing Date18 March 1964
CourtAppellate Division

A Van Blerk, A.R.:

Die appellant het op 30 Januarie 1960 met die respondent maatskappy 'n versekeringsooreenkoms aangegaan waardeur respondent (so lui die polis) onderneem het om appellant te vergoed vir verlies van of beskadiging aan sy Simca motorkar. Op dieselfde dag nog, terwyl die polis alreeds van krag was, is die voertuig in 'n botsing beskadig. Die appellant het 'n eis ingedien. Respondent het B aanspreeklikheid ten opsigte daarvan erken en, volgens die keuse wat dit volgens die versekeringsooreenkoms gehad het, besluit om die voertuig te laat herstel instede van die bedrag wat die skade beloop het aan appellant in kontant uit te betaal. Op 1 Februarie 1960 is die voertuig aan respondent oorhandig om die nodige herstelwerk te laat verrig.

C Nadat herstelwerk gedaan is, is die motorkar op 10 Mei 1960 aan appellant terug besorg. Die werk is nie behoorlik gedoen nie, en respondent het erken dat dit die geval is. Op omtrent 11 Mei 1960 het appellant die motor teruggegee aan respondent se gevolmagtigde verteenwoordiger wat dit namens respondent ontvang het en onderneem het D om die gebrekkige herstelwerk te verbeter. Op 25 Augustus 1960 is die motor deur respondent by appellant se adres (Colignyweg 15, Bloemfontein) gelaat sonder verdere herstelwerk daaraan te doen. Respondent het aanspreeklikeheid vir 'enige verdere herstelwerk' ontken. Op 7 November 1962 reik appellant 'n dagvaarding uit teen respondent in E die Transvaalse Provinsiale Afdeling. Hy vra vir 'n bevel wat die appellant gelas om die onvakkundige herstelwerk te verbeter, of in die alternatief vir betaling van die bedrag van R800. Boonop word ook R146 bewaringkoste gevorder.

Die appellant baseer sy aksie op die versekeringsooreenkoms wat hy beweer die respondent verbreek het. Vir die doeleindes van hierdie appèl F is slegs die volgende verwere wat die respondent opwerp ter sake, naamlik:

'(a)

Die verweerder pleit dat dit 'n voorwaarde was van die skriftelike versekeringsooreenkoms dat ingeval die verweerder aanspreeklikheid ten opsigte van enige eis of eis by aanduiding of moontlike eis ontken en 'n aksie of geding nie binne 3 (drie) maande na sodanige ontkenning ingestel word nie, word alle voordele kragtens die versekeringsooreenkoms ten opsigte van sodanige eis verbeur.

(b)

G Die verweerder se eis in hierdie geding is 'n eis wat onderhewig is aan bogemelde voorwaarde, en verweerder het aanspreeklikheid ten opsigte van die eis ontken meer as drie maande voordat hierdie geding ingestel is en geen geding is binne drie maande na die sodanige ontkenning ingestel nie, en gevolglik is alle voordele kragtens die versekeringsooreenkoms ten opsigte van sodanige eis verbeur.

(iv)

Verder in die alternatief:

(c)

H Die verweerder pleit dat dit 'n voorwaarde is van die skriftelike versekeringsooreenkoms dat in geen geval hoegenaamd is die verweerder aanspreeklik om enige herstelwerk te doen of voltooi of vir enige skadevergoeding van die aard wat in hierdie geding ge-eis word na die verloop van 12 maande vanaf die tyd toe die gebeurtenis wat die herstelwerk benodig of die skade veroorsaak het plaasgevind het. Die gesegde gebeurtenis het meer as 12 maande voordat hierdie geding ingestel is plaasgevind.'

Genoemde verwere berus onderskeidelik op klousules 11 en 13 van die polis. Dit lui soos volg:

Van Blerk AR

'11.

Ingeval die maatskappy aanspreeklikheid ten opsigte van enige eis of eis by aanduiding of moontlike eis ontken of hierdie polis kanselleer en 'n aksie of geding nie binne drie maande na 'n sodanige kansellasie, ontkenning of (ingeval daar 'n arbitrasie ooreenkomstig voorwaarde 11 van hierdie polis plaasvind) binne drie maande nadat die arbiter of arbiters of skeidsregter sy of hulle uitspraak gedoen het ingestel word nie, word alle voordele kragtens hierdie polis ten opsigte van sodanige eis verbeur.

13.

A In geen geval hoegenaamd is die maatskappy kragtens arts. 1 en/of 11 van hierdie polis aanspreeklik nie na verloop van 12 maande vanaf die tyd toe die gebeurtenis plaasgevind het tensy die eis die onderwerp van 'n hangende aksie of arbitrasie is.'

Die partye het ooreengekom om instede van getuienis aan te voer 'n B gestelde saak wat ooreengekome feite bevat aan die Verhoorhof voor te lê, vir beslissing van die volgende geskilpunte:

'(1)

Of voorwaarde 11 en 13 van die versekeringsooreenkoms voormeld, op eiser se eise van toepassing is?

(2)

Of, as gevolg van voorwaarde 11, alle voordeel kragtens die gemelde polis ten opsigte van die eiser se eise verbeur word?

(3)

C Of, kragtens voorwaarde 13, die verweerder nie aanspreeklik is nie ten opsigte van die eiser se eise.'

Die quantum van die eis is op die bedrag van R600 vasgestel. In hooftrekke is die tersaaklik ooreengekome feite reeds vermeld. Die Verhoorhof het bevind dat ten opsigte van appellant se vordering verbeuring ingetree het uit hoofde van klousule 11. (1964 (1) SA 143).

D Mnr. van Heerden, namens appellant, betoog dat appellant se eis deur geen een van die twee klousules getref word nie. Hy voer onder merr aan dat nadat respondent hom aan positiewe wanprestasie skuldig gemaak het, hy spesifiek onderneem het om die motor reg te maak ten einde sy E gebrekkige prestasie te suiwer. Aan hierdie onderneming sou die respondent dan gebonde wees en kon appellant daarop 'n eis fundeer, afgesien van die bestaan van die versekeringsooreenkoms. Ek dink nie dat hierdie betoog kan opgaan nie want volgens die inkleding van sy eis is die aksie op die versekeringsooreenkoms gebaseer.

Die betoog van mnr. van Heerden is verder dat dit logies onmoontlik is F dat daar tegelykertyd 'n erkenning en ontkenning van aanspreeklikheid kan wees. Die ontkenning waarop die respondent hom beroep is soos volg in die gestelde saak geformuleer:

'Verweerder het aanspreeklikheid vir enige verdere herstelwerk ontken en die motor op 25 Augustus 1960 by die eiser se adres, te Colignyweg 15. Bloemfontein, gelaat.'

Aannemende dat daar 'n ontkenning van respondent se basiese G aanspreeklikheid uit hoofde van die versekeringsooreenkoms is dan is die vraag in die eerste plek of volgens die juiste uitleg van die ooreenkoms klousule 11 die geval dek waar 'n eis aanvanklik erken is. Verval die reg of beskerming, wat die respondent vir homself beding het, nie as hy eenmaal die eis erken het nie?

H Wat die uitleg van 'n versekeringsooreenkoms betref sê Hoofregter WESSELS in Scottish Union and National Insurance Co., Ltd v Native Recruiting Corporation Ltd., 1934 AD 458 op bl. 464:

'There is no doubt that contracts of insurance must be fairly interpreted so as to give effect to the policy. This does not mean that the Court must strain the language of the policy in favour of the insured. The ordinary rules of construction of contracts must be applied in construing a policy of insurance . . .. An insurance contract is a contract to indemnify a person against loss and if vague language is used in a condition or exception of risk, the Court must give a reasonable meaning to such vague language . . . where, however, the language

Van Blerk AR

is clear and explicit, the Court must give effect to the words of the policy and they must be taken to mean what they say.'

Na my mening is die woorde van die ooreenkoms nie dubbelsinnig nie. Dit volg myns insiens as vanselfsprekend dat die party deur die woorde wat A hul gebruik het beoog het dat wanneer 'n eis aan die respondent voorgelê word hy voor die keuse gestel word om een van twee dinge te doen. Hy moet of aanspreeklikheid erken of hy moet dit ontken. As hy tot 'n besluit geraak het en sy keuse gemaak het dan rus daar 'n verpligting op hom om die besluit aan die appellant bekend te maak (vgl. Resisto Dairy (Pty.), Ltd v...

To continue reading

Request your trial
7 practice notes
  • Botha (Now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Adams v SA Motor Industry Employers Federation 1981 (3) SA 1189 (A); Smit v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk 1964 (3) SA 338 (A); Strauss v De Villiers en 'n Ander 1983 (1) SA 1 (A); Tuckers Land and Development Corporation (Pty) Ltd v Kruger 1973 (4) SA 741 (A); Swart en......
  • Ensuring Contractual Fairness in Consumer Contracts after Barkhuizen v Napier 2007 5 SA 323 (CC) – part 1
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...nce Ltd v Cave t/a The Entertain ers and the Record Box 1986 2 SA 48 (A); Smit v Rondal ia Versekeringskorp orasie van Suid Afri ka Bpk 1964 3 SA 338 (A).(2008) 19 Stell LR 390© Juta and Company (Pty) found them not to be applicable on the facts.5 For some year s there have been rumblings t......
  • Polverini v General Accident Insurance Co South Africa Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1980 (2) SA 171 (T): referred to Ravden v Beeten 1935 CPD 269: referred to Smit v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk 1964 (3) SA 338 (A): referred to Sussman v Testa 1951 (2) SA 226 (O): considered Western Assurance Co v Caldwell's Trustee 1918 AD 262: considered. H Rules C......
  • Polverini v General Accident Insurance Co South Africa Ltd
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 18 Noviembre 1997
    ...causes of action because they did not contain any undertaking to pay: Smit v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk 1964 (3) SA 338 (A) G at 346C; Adams v SA Motor Industry Employers Association 1981 (3) SA 1189 (A) at 1198B; Christou v Christoudoulou 1959 (1) SA 586 (T). The r......
  • Request a trial to view additional results
6 cases
  • Botha (Now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Adams v SA Motor Industry Employers Federation 1981 (3) SA 1189 (A); Smit v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk 1964 (3) SA 338 (A); Strauss v De Villiers en 'n Ander 1983 (1) SA 1 (A); Tuckers Land and Development Corporation (Pty) Ltd v Kruger 1973 (4) SA 741 (A); Swart en......
  • Polverini v General Accident Insurance Co South Africa Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1980 (2) SA 171 (T): referred to Ravden v Beeten 1935 CPD 269: referred to Smit v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk 1964 (3) SA 338 (A): referred to Sussman v Testa 1951 (2) SA 226 (O): considered Western Assurance Co v Caldwell's Trustee 1918 AD 262: considered. H Rules C......
  • Polverini v General Accident Insurance Co South Africa Ltd
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 18 Noviembre 1997
    ...causes of action because they did not contain any undertaking to pay: Smit v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk 1964 (3) SA 338 (A) G at 346C; Adams v SA Motor Industry Employers Association 1981 (3) SA 1189 (A) at 1198B; Christou v Christoudoulou 1959 (1) SA 586 (T). The r......
  • Serrurier and Another v Korzia and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another v Law Society, Transvaal 1991 (4) SA 544 (A): referred to F Smit v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk 1964 (3) SA 338 (A): referred Case Information An action by two counsel for the payment of their fees by an attorney. The facts appear from the reasons for judg......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT