Senator Versekeringsmaatskappy Bpk v Sibeko

JurisdictionSouth Africa
Citation1985 (4) SA 585 (A)

Senator Versekeringsmaatskappy Bpk v Sibeko
1985 (4) SA 585 (A)

1985 (4) SA p585


Citation

1985 (4) SA 585 (A)

Court

Appellate Division

Judge

Rabie HR, Jansen AR, Joubert AR, Hoexter AR en Van Heerden AR

Heard

August 19, 1985

Judgment

September 3, 1985

Flynote : Sleutelwoorde

Versekering — Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 — Artikel 23 (b) gelees met art 22 (1) (a) (voor wysiging deur Wet 23 van 1980) — Skadevergoeding vir beserings opgedoen binne diensverband — Waar werknemer B ingevolge dienskontrak opdragte van 'n tussenpersoon moet uitvoer is sy verpligtinge nie noodwendig afhanklik van tussenpersoon se magtiging om bepaalde opdragte te gee nie — Waar werknemer onder algemene verpligting staan om opdragte van tussenpersoon uit te voer en onbewus is van 'n beperking wat sy werkgewer daarop geplaas het, mag die werknemer waar hy die C betrokke (verbode) opdrag uitvoer, steeds binne diensverband optree — Verbod in onderhawige geval op na-uurse werk geplaas — Werknemer, wat voor sodanige verbod wel na-uurse werk verrig het, het op opdrag van tussenpersoon (en onbewus van gemelde verbod) oor naweek gewerk, waartydens hy in D motorongeluk beseer is — Werknemer se eis gegrond op diensverband binne bestek van arts 23 (b) en 22 (1) (a) toegestaan waar opdrag wat hy op betrokke tydstip uitgevoer het (die vervoer van die pas-aangestelde tussenpersoon se huisraad na die dorp waar die betrokke werkgewer se besigheid gevestig E was) in verband gestaan het met sy werkgewer se belange.

Headnote : Kopnota

Indien 'n werknemer ingevolge 'n dienskontrak opdragte van 'n tussenpersoon soos 'n voorman moet uitvoer, is sy verpligtinge nie noodwendig afhanklik van die tussenpersoon se magtiging om bepaalde opdragte te gee nie. Gestel 'n kontrak bepaal dat wanneer hy daartoe aangesê word deur 'n voorman die werknemer handelinge A, B, C of D moet verrig. In so. 'n geval is die werknemer klaarblyklik teenoor sy werkgewer verplig om elke sodanige

1985 (4) SA p586

A opdrag uit te voer. 'n Instruksie van die werkgewer, waarvan die werknemer onbewus is en waarvolgens die voorman slegs opdragte met betrekking tot A, B of C mag gee, wysig nie die werknemer se verpligtinge (en sy ooreenstemmende regte) nie. Daarom kom die werknemer wel 'n kontraktuele verpligting na indien hy in opdrag van die voorman handeling D verrig. Die feit dat die voorman nie gemagtig was om die meermaal genoemde opdrag te gee nie, bring dus nie sonder meer mee dat uitvoering B daarvan nie nakoming van 'n diensverpligting deur die werknemer gekonstitueer het nie.

Op Saterdag 18 November 1978 was die respondent 'n passasier in 'n bakkie wat omgeslaan het, as gevolg waarvan hy liggaamlike beserings opgedoen het. In 'n aksie teen die versekeraar van die voertuig (appellant hierin) ingevolge die bepalings van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972, is beweer dat die ongeluk te wyte was aan die nalatigheid van M, C die bestuurder daarvan, en dat die respondent (binne die raamwerk van art 23 (b) soos gelees met art 22 (1) (a) van die gemelde Wet voor wysiging daarvan deur Wet 23 van 1980) vervoer is in die loop van sy diens as werknemer van die eienaar daarvan (die G Motorhawe), of alternatiewelik in die loop van laasgenoemde se besigheid. Die Verhoorhof het albei geskilpunte ten gunste van die respondent beslis. Op appèl is die eerste geskilpunt (rakende nalatigheid) prysgegee deur die appellant, D wat aangevoer het dat, waar die voorman van die motorhawe aan wie se opdragte respondent op die tersaaklike tydstip gehoor gegee het, spesifiek deur hul werkgewer (die G Motorhawe) gesê is dat naweekwerk verbode was, die nodige magtiging (vir die gebruik van die G Motorhawe se voertuie en werknemers om 'n pas-aangestelde werktuigkundige (O) se huisraad te vervoer na Balfour, die setel van die G Motorhawe se besigheid) ontbreek E het, sodat respondent nie op die betrokke tydstip in diens was nie. Dit het geblyk dat die G Motorhawe se werknemers wel voor die betrokke verbod oortyd gewerk het, en dat die verbod nie aan die respondent oorgedra is nie.

Beslis, op die feite en met verwysing na bogemelde beginsels, dat die respondent, ten spyte van die verbod op oortydwerk, wel binne diensverband opgetree het waar hy nie van sodanige verbod bewus was nie en aan die opdragte van die voorman gehoor gegee F het: O is deur die G Motorhawe in diens geneem en ten einde sy werksaamhede as werktuigkundige te verrig, moes hy hom in Balfour of die omgewing vestig en moes hy sy huisraad na sy nuwe woning vervoer, sodat daar 'n duidelike verband tussen die vervoer en die bedrywighede van die G Motorhawe bestaan het. Appèl afgewys.

Die beslissing in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling in G Sibeko v Senator Versekeringsmaatskappy Bpk bevestig.

Flynote : Sleutelwoorde

Insurance — Compulsory Motor Vehicle Insurance Act 56 of 1972 — Section 23 (b) read with s 22 (1) (a) (prior to amendment by Act 23 of 1980) — Damages for injuries sustained within the course and scope of employment — Where an employee is in terms of a service contract obliged to execute the orders of an intermediary, his obligations will not necessarily be dependent upon the authority of the intermediary H to give specific orders — Where employee is generally obliged to execute orders of an intermediary, then he may, where he executes the (forbidden) order concerned, still be acting within the course and scope of his employment — Prohibition, in instant case, placed upon overtime work — Employee, who prior to such prohibition had performed overtime work, on the orders of an intermediary (and while unaware of such prohibition) worked over a weekend, during which he was I injured in a collision — Employee's claim based on employer-employee relationship as envisaged in s 23 (b) and s 22 (1) (a) allowed where the order which he was executing at the relevant time (transporting the furniture of the recently appointed intermediary to the town where the employer in question had established his business) related to his employer's interests.

Headnote : Kopnota

Where an employee is obliged by his service contract to carry out the orders of an intermediary such as a foreman, his J obligations will not necessarily depend upon the authority of the intermediary to give specific orders. Take, for

1985 (4) SA p587

instance, the example of a contract providing that when ordered A to do so by a foreman the employee will perform acts A, B, C or D. In such...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • Western Platinum Ltd v Santam Insurance Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the course of the execution of their obligations under their contract of employment. See Senator Versekeringsmaatskappy Bpk v Sibeko 1985 (4) SA 585 (A) at In Cremins v Guest, Keen and Nettlefolds Ltd [1908] 1 KB 469 (CA) it was B said: 'Now the learned county judge has found that it was an......
1 cases
  • Western Platinum Ltd v Santam Insurance Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the course of the execution of their obligations under their contract of employment. See Senator Versekeringsmaatskappy Bpk v Sibeko 1985 (4) SA 585 (A) at In Cremins v Guest, Keen and Nettlefolds Ltd [1908] 1 KB 469 (CA) it was B said: 'Now the learned county judge has found that it was an......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT