Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Pantanowitz

JurisdictionSouth Africa
JudgeClaasen Wn - RP
Judgment Date15 November 1967
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date31 October 1967
Citation1968 (1) SA 272 (T)

Claassen, Wn-R.P.:

Eksepsie is aangeteken teen die eiser se eis waarin hy die som van R1,400.50 vorder van die verweerder as huurgeld ingevolge die bepalings van art. 93 (1) van Wet 35 van 1908.

B Hierdie artikel van die Goudwet bepaal:

'For the occupation of trading stands such rent shall be payable to the Minister of Finance by the holders of certificates as is prescribed by regulation.'

Ek kan meteens sê dat al die betrokke regulasies by die verhoor ingehandig is, sodat die Hof daarvan kon kennis neem asof die regulasies C by die pleitstukke inbegrepe is en as bewese voor die Hof beskou moes word.

Vanaf 1 November 1954 was die verweerder die huurder van 'n sekere slagterswinkel geleë op grond behorende aan Schutte Broers (Eiendoms) Beperk, in die distrik van Oberholzer. Dit was 'n gewone geskrewe D kontrak en die verweerder het tenminste tot 31 Desember van 1963 daar op die perseel sake gedoen as 'n slagter.

Die grond waarop die perseel geleë is, is egter deur Prok. 52 van 1961 in die Staatskoerant vanaf 18 September 1961 as 'n publieke delwery vir edele metale geproklameer en myntitel is op 21 November 1961 ten opsigte van gemelde grond uitgereik.

E Die uitwerking van genoemde Proklamasie en die uitreiking van myntitel het as gevolg dat alle regte tot die gebruik van die oppervlakte beeindig is. Niemand kon daarna die oppervlakte gebruik sonder die toestemming van die Mynkommissaris nie. Gebruik sonder toestemming is ook 'n oortreding volgens arts. 136 (b) en 68 van Wet 35 van 1908 (T) en F art. 2 van Wet 13 van 1910 (T). Sien ook die sake Witwatersrand G.M. Co v Municipality of Germiston (T.P.A. 14.3.1926) en Fordyce v van Rensburg, 1957 (4) SA 341 (T) op bl. 344; Valken v Daggafontein Mines Ltd., 1960 (2) SA 507 (W) op bl. 509.

Die gevolg hiervan is dat die huurkontrakte tussen die verweerder en Schutte Broers de jure beëindig is. Schutte Broers het op 2 Februarie G 1962 formeel aansoek gedoen onder art. 5 van Wet 13 van 1910 (T) vir 'n handelsterrein op die geproklameerde grond vir die besighede van 'n slaghuis en algemene handelaarsbesigheid. Toestemming is verleen as volg namens die Mynkommissaris:

'This is to certify that Samuel Pantanowitz trading in partnership with Morris Lewitton as Blyvooruitzicht Meat Supply, is entitled under sub-secs. (5) quater and (8) of sec. 5 to apply to the licensing H authorities for licences covering the business of butchery on trading site 27 situate on the farm . . . from 1st January, 1963 to 31st December, 1963.'

Dit kan aangeneem word dat die nodige lisensie verkry is. Handeldrywe is skynbaar nooit gestaak ná proklamering nie.

Al het die Proklamasie en die uitreiking van myntitel die geskrewe huurkontrak tussen Schutte Broers en die verweerder in-regte beëindig, dan moet, volgens my mening, in die pleitstukke ingelees word dat die partye tot die huurkontrak de facto gehandel het asof die kontrak nog

Claassen Wn-RP

altyd bly staan het. Dit moet aangeneem word dat die vernietigde huurkontrak de facto stilswyend weer in ere herstel is asof dit nooit teneinde gekom het nie.

A Art. 5 (5) van Wet 13 van 1910 is verskillende male gewysig en wel deur Wet 10 van 1924, Wet 36 van 1934, Wet 20 van 1941 en Wet 18 van 1955.

Tans lees dit, soos gewysig, as volg:

'When any ground (other than a site set apart in compliance with a request made in terms of sub-sec. (5) ter), has been finally set apart as a trading site, the Mining Commissioner shall sell, by public B auction, upon such conditions as the Minister may prescribe, and as shall be stated in the conditions of sale, the right to carry on, upon that site, the business of a general dealer, or of a butcher, or of the keeper of a kaffir eating house, after having published in the Gazette and in a newspaper circulating in the mining district in question once in each of four consecutive weeks, a notice of the intended sale and of the time and place thereof: Provided that the said right shall not be sold to any person unless he is a white person of the age of 21 years or C...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Klooval Investments (Pty) Ltd and Others v Minister of Economic Affairs and Technology and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- H. As to specific powers conferred in respect of grant of trading rights, see Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Pantanowitz D 1968 (1) SA 272 (T) . As to the interpretation of the statutory provisions, see Venter v R 1907 TS 910; Steyn Die Uitleg van Wette 5th ed at 190 - 1; R v Gwant......
  • Pantanowitz v Sekretaris van Binnelandse Inkomste
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie. Die eksepsie is deur die Hof a quo met koste verwerp. (Sien die uitspraak in Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Pantanowitz, 1968 (1) SA 272 (T) C , waarin die pleitstukke en die tersaaklike wetsbepalings volledig uiteengesit word). Teen die verwerping van sy eksepsie is verweerder ......
2 cases
  • Klooval Investments (Pty) Ltd and Others v Minister of Economic Affairs and Technology and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- H. As to specific powers conferred in respect of grant of trading rights, see Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Pantanowitz D 1968 (1) SA 272 (T) . As to the interpretation of the statutory provisions, see Venter v R 1907 TS 910; Steyn Die Uitleg van Wette 5th ed at 190 - 1; R v Gwant......
  • Pantanowitz v Sekretaris van Binnelandse Inkomste
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie. Die eksepsie is deur die Hof a quo met koste verwerp. (Sien die uitspraak in Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Pantanowitz, 1968 (1) SA 272 (T) C , waarin die pleitstukke en die tersaaklike wetsbepalings volledig uiteengesit word). Teen die verwerping van sy eksepsie is verweerder ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT