Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Aveling

JurisdictionSouth Africa
JudgeTrollip AR, Rabie AR, Corbett AR, Miller AR en Diemont AR
Judgment Date29 November 1977
Hearing Date12 September 1977
CourtAppellate Division

Rabie, A.R.:

Dit is 'n appèl kragtens die bepalings van art. 86 van die Inkomstebelastingwet, 58 van 1962 (hierna "die Wet" genoem), en die vraag waarom dit gaan, is of die opbrengs van vee wat respondent gedurende die jare van aanslag geëindig op die laaste dag van Februarie 1972 en 1973 verkoop het, deel van sy "bruto inkomste", soos in art. 1 van die Wet omskryf, was. Appellant (hierna "die Sekretaris" genoem) het die opbrengs van die verkopings as sodanige inkomste beskou en het die betrokke bedrae, nl. R42 124 (in 1972) en R63 060 (in 1973) by die vasstelling van respondent se belasbare inkomste gedurende die gemelde twee jare in berekening gebring en hom op daardie grondslag vir normale

Rabie AR

inkomstebelasting aangeslaan. Respondent het teen die aanslae vir die twee jare beswaar gemaak, maar sy besware is verwerp. Hy het daarna na die Spesiale Hof vir die verhoor van inkomstebelastingappèlle binne die A regsgebied van die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling (hierna die "Spesiale Hof" genoem) geappelleer. Sy appèl is gehandhaaf en die Spesiale Hof het die saak na die Sekretaris terugverwys om respondent

"in die 1972 en 1973 jare van aanslag aan te slaan op die basis dat die opbrengs van die veeverkope waarmee hierdie appèl te doen het in die hande van appellant as 'n kapitale bate, en nie inkomste nie, B beskou moet word'.

Die Sekretaris appelleer nou, met die toestemming van respondent, direk na hierdie Hof.

Die feite van die saak, soos dit blyk uit die gestelde saak, kan soos volg saamgevat word. Respondent het vanaf 1952 tot 1967 vir sy eie rekening op C verskeie plase in die Oranje-Vrystaat en Natal met skape en beeste geboer. Sommige van hierdie plase het aan hom behoort en ander is deur hom gehuur. In die loop van die jaar 1967 het hy bekommerd geraak oor die kwessie van boedelbelasting indien hy te sterwe sou kom. Hy was indertyd 35 jaar oud, getroud en die vader van vier minderjarige kinders, die oudste van wie ses jaar oud was. Hy het 'n prokureur oor die aangeleentheid gaan spreek en D die advies wat aan hom gegee is, was

"dat 'n maatskappy gestig moet word om die gronde en vee van die respondent te huur, sodat dié maatskappy se bates kan vermeerder en respondent se bates konstant kan bly".

Die oogmerk was dus, volgens die gestelde saak,

E "dat enige vermeerdering in respondent se bates in die naam van die nog te stigte maatskappy moes aanwas, terwyl sy bates konstant sou bly, om sodoende 'n vermindering van boedelbelasting te bewerkstellig".

As gevolg van die prokurer se advies is 'n private maatskappy, Oosterbeek F Landgoed (Edms.) Bpk. (hierna "Oosterbeek Landgoed" of "die maatskappy" genoem), op 20 Oktober 1967 geïnkorporeer. Al die aandele in die maatskappy is aan respondent en sy vrou toegeken. (Dit word nie vermeld hoeveel aandele aan elkeen toegeken is nie.) Wat die kwessie van aandeelhouding betref, word gesê dat ook "besluit" is (dit word nie gesê wie so besluit het nie) dat aandele aan die vier minderjarige kinders G uitgereik sou word. Dit word egter nie gesê hoeveel aandele die kinders sou kry nie en dit blyk dat toe die saak in September 1975 deur die Spesiale Hof verhoor is, nog geen aandele aan die kinders toegeken was nie. Op 19 November 1967 het respondent en sy vrou, wat die direkteure van Oosterbeek Landgoed was, op 'n direksievergadering besluit om vanaf 20 H November 1967 al die vee, voertuie en implemente van respondent vir die tydeperk wat op 31 Augustus 1972 sou eindig teen R6 000 per jaar te "huur". By dieselfde geleentheid het hulle ook besluit om respondent se plase vir dieselfde tydperk teen R5 000 per jaar te huur. Die maatskappy sou ook die huurkontrakte waarkragtens respondent grond gehuur het, oorneem. Op 30 November 1967 het respondent en sy vrou op 'n direksievergadering besluit dat respondent besturende direkteur van die maatskappy sou wees, dat hy "onbeperkte bestuursmagte' sou hê om o.a.

Rabie AR

"die beleid van die maatskappy te bepaal, alle bestuursaangeleenthede te behartig en om in die algemeen, in enige opsig, sy alleendiskresie namens die maatskappy uit te oefen".

A Nadat die twee ooreenkomste, hierbo gemeld, tussen respondent en Oosterbeek landgoed aangegaan is, het al die inkomste uit die boerdery aan Oosterbeek Landgoed toegeval. Respondent het "huurgeld", asook 'n salaris, van oosterbeek Landgoed ontvang.

B Bogemelde ooreenkomste met betrekking tot die "huur" van die vee en van die plase is op 26 Februarie 1969 op skrif gestel. Uit die ooreenkoms wat op die vee betrekking het, blyk dat 13 625 skape, 110 osse en 762 aanteelbeeste by die "huurkontrak" (soos die ooreenkoms genoem is) betrokke was. Die waarde van die vee word as R106 600 in die ooreenkoms aangegee. Klousule 4 van hierdie ooreenkoms lui soos volg:

C "Die huurder onderneem om te alle tye die vee wat verhuur word behoorlik te versorg. Alleenlik ramme van die beste gehalte soos tans deur die verhuurder gebruik, mag gebruik word en so ook in die geval van bulle. By die verstryking van die huurkontrak sal die huurder aan die verhuurder vee van dieselfde gehalte en min or meer van dieselfde ouderomsgroepe en geslagte aflewer."

D In die notule van 'n direksievergadering wat op 15 Desember 1970 gehou is, word gesê dat die maatskappy sekere plase nie weer te huur kon kry nie, dat die maatskappy dit "onmoontlik vind om grond in die plek daarvan teen 'n ekonomiese prys te huur", en dat die maatskappy derhalwe respondent, as "verhuurder" van die vee, moet "nader" om, teen nie later nie as 30 September 1971, 250 beeste en 2 000 skape "terug te neem", en om ook die E "huur" vir die vee met R600 te verminder. (In die gestelde saak word gesê dat respondent by die aangaan van die ooreenkoms nie voorsien het dat daar moeilikheid sou ontstaan indien van die huurkontrakte nie hernu sou word nie aangesien hy geglo het dat hy grond sou kon key by sy skoonvader, wat sieklik was.) Sowat 'n jaar later het 'n dergelike situasie weer ontstaan. F In die notule van 'n direksievergadering gedateer 10 December 1971 word gesê dat sekere plase wat voorheen van respondent se halfbroer gehuur was nie weer gehuur kon word nie; dat respondent teen 1 September 1972 of so gou moontlik daarna 300 beeste en 3 000 skape sou "terugneem" en dat die "huurgeld" vir die orige vee (nl. 312 aanteelbeeste en 8 624 skape) vanaf 1 Maart 1972 R3 700 per jaar sou wees. Op 30 Mei 1972 het die maatskappy G belsuit (volgens die notule wat daardie datum dra) om die vee wat die maatskappy "gehuur" het, nl. 312 aanteelbeeste en 8 625 skape, vir vyf jaar vanaf 1 September 1972 teen R5 000 per jaar te "huur"; om die grond wat deur die maatskappy van respondent gehuur is vir dieselfde periode van H vyf jaar teen R6 000 per jaar te huur, en om respondent se implemente vir R10 000 te koop. Die boreenkoms met betrekking tot die vee is op 31 Oktober 1972 op skrif gestel. Dit bevat, in klousule 4 daarvan, dieselfde bepalings as klousule 4 van die skriftelike ooreenkoms van 26 Februarie 1969, wat hierbo aangehaal is.

Die vee wat respondent van oosterbeek Landgoed "teruggeneem" het, soos hierbo vermeld, is (aldus die gestelde saak) deur die maatskappy "namens" respondent verkoop. In die gestelde saak word die volgende in verband hiermee gesê:

"Die rede waarom Oosterbeek nie die vee... vir eie rekening

Rabie AR

verkoop het nie, was dat hy wou verhoed dat Oosterbeek minder bates hou en sy bates dieselfde bly".

(Dit is moeilik om te verstaan wat hiermee bedoel word. Voordat die betrokke vee aan respondent teruggegee is, was dit die bates van die A maatskappy, soos sal blyk uit wat hierna gesê word.)

In verband met die aard van die ooreenkomste wat tussen respondent en Oosterbeek Landgoed met betrekking tot die vee aangaan is, word in die gestelde saak gesê dat respondent "bewus" was van die feit dat Oosterbeek Landgoed ingevolge die ooreenkomste

B "vrye beskikkingsreg gehad het oor die vee wat dit onder skaappag gehuur het en dit selfs kon verkoop gedurende die duur van die huurtermyn".

Die Spesiale Hof sê ook die volgende oor hierdie aangeleentheid in sy uitspraak:

"Die kontrak tussen respondent en Oosterbeek waarkragtens hy die vee aan Oosterbeek verhuur het, staan beken as skaappagte. Alhoewel dit gesê word C dat die vee "verhuur" word, is dit nie werklik huurooreenkomste nie. Eiendomsreg in die vee gaan oor aan die sogenaamde "huurder". Hy is nie verplig om dieselfde vee terug te besorg nie. Nie alleenlik word dit nie van hom verwag nie, maar aangesien hy verplig is om eers oor vyf jaar vee terug te lewer van dieselfde tipe en gehalte as dié wat hy ontvang het, sou hy faar ouer, as sy verskuldigde prestasie aanbied nie."

D Die Sekretaris het by die berekening van respondent se belasbare inkomste gedurende die gemelde jare van aanslag (1972 en 1973) die bepalings van paras. 2 en 3 van die Eerste Bylae by die Wet toegepas. Om die toepaslikheid al dan nie van die Eerste Bylae op respondent se geval te bepaal, moet in die eerste plek op die bepalings van art. 26 van die Wet E gelet word. Die artikel lui soos volg:

"Die...

To continue reading

Request your trial
22 practice notes
  • Commissioner for Inland Revenue v Pick 'n Pay Employee Share Purchase Trust
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(N) at 376; Barnato Holdings Ltd v Secretary for Inland Revenue 1978 (2) SA 440 (A); F Sekretaris vir Binnelandse Inkomste v Aveling 1978 (1) SA 862 (A); ITC 1413 (1986) 48 SATC 167 (C); ITC 1450 (1989) 51 SATC 70 D Meyerowitz SC for the respondent referred to the following authorities: Ove......
  • Commissioner for Inland Revenue v Malcomess Properties (Isando) (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- H; Commissioner for Inland Revenue v George Forest Timber Co Ltd 1924 AD 516 at 524; Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Aveling 1978 (1) SA 862 (A) at 880E - F; Commissioner for Inland Revenue v Stott 1928 AD 252 at 263; John Bell & Co (Pty) Ltd v Secretary for Inland Revenue 1976 (4) ......
  • Burgess v Commissioner for Inland Revenue
    • South Africa
    • Invalid date
    ...capital. There was no intention to hold it indefinitely for an annual income. Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Aveling 1978 (1) SA 862 (A) at 880C-in fin. Expenditure may only be deducted in the year that it is incurred, whether or not it relates to income produced in that year or in a......
  • Bourke's Estate v Commissioner for Inland Revenue
    • South Africa
    • Invalid date
    ...distinction between floating and fixed capital was again applied by Rabie CJ in Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Aveling 1978 (1) SA 862 (A) at 880E - 881C; and see further Bloch v Secretary for Inland Revenue 1980 (2) SA 401 (C) at 406H - 407A; Commissioner for Inland Revenue v Tod 19......
  • Request a trial to view additional results
20 cases
  • Commissioner for Inland Revenue v Pick 'n Pay Employee Share Purchase Trust
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(N) at 376; Barnato Holdings Ltd v Secretary for Inland Revenue 1978 (2) SA 440 (A); F Sekretaris vir Binnelandse Inkomste v Aveling 1978 (1) SA 862 (A); ITC 1413 (1986) 48 SATC 167 (C); ITC 1450 (1989) 51 SATC 70 D Meyerowitz SC for the respondent referred to the following authorities: Ove......
  • Commissioner for Inland Revenue v Malcomess Properties (Isando) (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...- H; Commissioner for Inland Revenue v George Forest Timber Co Ltd 1924 AD 516 at 524; Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Aveling 1978 (1) SA 862 (A) at 880E - F; Commissioner for Inland Revenue v Stott 1928 AD 252 at 263; John Bell & Co (Pty) Ltd v Secretary for Inland Revenue 1976 (4) ......
  • Burgess v Commissioner for Inland Revenue
    • South Africa
    • Invalid date
    ...capital. There was no intention to hold it indefinitely for an annual income. Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Aveling 1978 (1) SA 862 (A) at 880C-in fin. Expenditure may only be deducted in the year that it is incurred, whether or not it relates to income produced in that year or in a......
  • Bourke's Estate v Commissioner for Inland Revenue
    • South Africa
    • Invalid date
    ...distinction between floating and fixed capital was again applied by Rabie CJ in Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Aveling 1978 (1) SA 862 (A) at 880E - 881C; and see further Bloch v Secretary for Inland Revenue 1980 (2) SA 401 (C) at 406H - 407A; Commissioner for Inland Revenue v Tod 19......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT