Sechold Financial Services (Pty) Ltd v Gazankulu Development Corporation Ltd

JurisdictionSouth Africa

Sechold Financial Services (Pty) Ltd v Gazankulu Development Corporation Ltd
1997 (3) SA 391 (SCA)

1997 (3) SA p391

Citation

1997 (3) SA 391 (SCA)

Case No

432/95

Court

Supreme Court of Appeal

Judge

Olivier AR, Van Heerden AR, Vivier AR, Harms AR, Zulman AR

Heard

March 3, 1997

Judgment

March 18, 1997

Counsel

D M Fine SC (bygestaan deur S van Nieuwenhuizen SC en J G A Krüger) namens die appellant.
M C Maritz SC (bygestaan deur E C Labuschagne) namens die respondent.

Flynote : Sleutelwoorde F

Sessie — Sessie in securitatem debiti — Aansessie — Effek van — Uitlener skiet geld aan tussenparty voor op voorwaarde dat beleggingspolisse wat aan G geldopnemer behoort en aan tussenparty gesedeer is, aan hom aangesedeer word — Toestemming vir sodanige aansessie verleen deur geldopnemer — Uit bedrag voorgeskiet deur uitlener betaal tussenparty leningsbedrag aan opnemer uit en verduister res — Of uitlener geregtig is op volle bedrag aan tussenparty voorgeskiet of slegs op deel daarvan aan opnemer uitbetaal — H Toestemming van oorspronklike sedent (opnemer) noodsaaklik vir geldigheid van aansessie — Antwoord op vraag dus afhangend van aard van toestemming — In lig van konteks, agtergrond en omringende omstandighede van toestemming duidelik dat nemo plus juris beginsel uitgesluit is — Uitlener geregtig op volle bedrag aan tussenparty voorgeskiet — Hierdie I gevolgtrekking ook in ooreenstemming met onderliggende regsposisie by aansessie van sessie in securitatem debiti met toestemming van sedent.

Headnote : Kopnota

Die respondent (die GOK) het, ter versekering van 'n leningsooreenkoms van R5 miljoen wat hy met Severn Import and Export (Edms) Bpk ('Severn') J

1997 (3) SA p392

aangegaan het, aan die begin van Oktober 1991 sy regte ten opsigte van 'n aantal A beleggingspolisse aan laasgenoemde gesedeer in securitatem debiti. Die sessie is aangegaan voordat die GOK die geld ontvang het. Later oortuig Severn die GOK om die polisse en sessiedokumente aan Severn se prokureurs te oorhandig en in die naam van Severn te laat registreer om sodoende vir Severn in staat te stel om finansiering te bekom vir doeleindes van die leningsooreenkoms met die GOK. Kort hierna gaan B Severn met die appellant ('Sechold') 'n leningsooreenkoms van R19 miljoen aan. Die polisse, wat 'n afkoopwaarde van net oor die R19,3 miljoen gehad het, word met die toestemming van die GOK as sekuriteit aan Sechold gesedeer. Hierdie toestemming is vervat in 'n brief gedateer 13 November 1991 wat lui dat 'toestemming . . . aan Severn verleen (word) om 'n fasiliteit op grond van hierdie sessie te beding'. Uit die R19 C miljoen betaal Severn die leningsbedrag van R5 miljoen aan die GOK uit. Die oorblywende R14 miljoen word deur Severn se prokureurs wanaangewend. Toe Severn versuim om sy verpligtinge teenoor Sechold na te kom wil Sechold sy regte met betrekking tot die opbrengs van die polisse uitoefen. Die eerste hoofdispuut tussen die partye het gewentel om die beweerde nie-bestaan van Severn met die aangevoerde D gevolglike nietigheid van al die ooreenkomste; die tweede om die vraag of, indien die ooreenkomste nie om hierdie rede nietig was nie, Sechold na tegeldemaking van die polisse geregtig was om uit hul opbrengs verhaal te neem tot die R19 miljoen plus rente soos tussen Sechold en Severn ooreengekom, of slegs tot die R5 miljoen wat die GOK inderdaad ontvang het. 'n Provinsiale Afdeling beslis, wat betref die eerste E dispuut, dat alhoewel daar nie tydens onderhandelinge 'n maatskappy soos Severn bestaan het nie, die persone wat voorgegee het om namens Severn op te tree wel bedoel het om 'n bestaande maatskappy, M Imports (Edms) Bpk, te bind, en dat die gemeenskaplike foutiewe gebruik van die verkeerde naam nie wesenlik was nie. Ten opsigte van die tweede dispuut beslis die Hof dat laasgenoemde siening korrek is F aangesien Severn se regte ten opsigte van die polisse beperk was tot die aanwending van die opbrengs ter delging van sy vordering teen die GOK, en dat 'n derde party wat die polisse vry van die beperking wou bekom, sessie van die GOK se regte by die GOK self sou moes verkry het. Dit sou 'n regshandeling tussen die GOK en die nuwe party, en nie slegs 'n regshandeling tussen die nuwe party en Severn nie, vereis het. Op appèl na die Appèlafdeling, G

Beslis, wat betref die eerste dispuut, dat dit uit die feite blyk dat die GOK met 'n bestaande maatskappy, M Imports, waarvan die foutiewe naam (Severn) bona fide aan die GOK voorgehou is, onderhandel het. (Die maatskappy se verteenwoordigers het nie besef dat die naamsverandering na Severn nooit geregistreer is nie.) (Op 403E/F.)

Beslis, verder, wat betref die effek van hierdie dwaling op die geldigheid van die H ooreenkomste tussen die partye, dat alhoewel gevalle mag voorkom waar dit vasstaan dat as die ware naam (en dus die identiteit) van die onderhandelende party bekend was, die teenparty nie met hom of haar sou gekontrakteer het nie, die onderhawige nie so 'n geval was nie. Daar was geen aanduiding dat indien die persone wat voorgegee het om namens Severn te handel gesê het dat hulle namens M Imports I handel, dit die GOK 'n jota of tittel sou geskeel het nie. Die resultaat bereik deur die Verhoorregter ten opsigte van die eerste dispuut, naamlik dat die foutiewe gebruik van die verkeerde naam nie wesenlik was nie, moes dus gehandhaaf word. (Op 404A–B/C en 404E.)

Beslis, verder, wat betref die tweede dispuut, dat die regsposisie duidelik was: Severn sou nie bevoeg gewees het om as sessionaris sy regte in die polisse aan te sedeer aan 'n derde sonder GOK se toestemming nie. (Op 404H.) J

1997 (3) SA p393

Beslis, verder, dat hierdie geskilpunt dus gegaan het oor die effek van die toestemming A vervat in die GOK se brief van 13 November 1991, en dat die GOK se argument dat dit aan die nemo plus juris beginsel onderhewig was en dat Sechold dus nooit meer regte verkry het as wat Severn gehad het of sou hê nie, welke regte bepaal is deur die omvang van die voorskotte wat Severn inderdaad aan die GOK gemaak het, verwerp moes word: in die lig van die agtergrond tot en die konteks en omringende B omstandighede van die brief het die toestemming die nemo plus juris beperking uitgesluit, sodat Sechold deur die aansessies volle dekking vir sy lening aan Severn verkry het. (Op 405B/C en 406B.)

Beslis, verder, dat dit onder andere uit die volgende feite geblyk het: toe die brief geskryf is was die GOK bewus daarvan dat Severn 'n lening van R19 miljoen by C Sechold wou aangaan en dat Sechold sekuriteit vir daardie bedrag sou wou gehad het voordat die ooreenkoms met Severn gefinaliseer is; dat die GOK daarvan bewus was dat indien die aangevraagde toestemming sou verleen word Severn die regte op die polisse na Sechold sou aansedeer en dat laasgenoemde dan die enigste sessionaris sou wees wat uitbetaling op die polisse sou kon afdwing, en wel ter versekering van sy volle lening aan Severn; dat die GOK moes voorsien het dat Sechold nie die R19 D miljoen aan Severn sou voorskiet op die basis dat die sessies hom slegs sou dek tot die mate wat Severn aan die GOK sou presteer nie, dat toe die toestemming verleen is, die afkoopwaarde van die polisse ongeveer R19,3 miljoen was (net meer as die bedrag van die lening), en dat die GOK dus geweet het dat Sechold volle en onmiddelike dekking wou gehad het; en dat daar niks in die brief self was wat 'n E beperking van Sechold se regte ingehou het nie. (Op 405C–406A/B.)

Beslis, verder, dat dit wat Sechold betref het dus irrelevant was welke bedrag, indien enige, Severn uiteindelik aan GOK sou oorbetaal. As sessionaris van die polisse sonder enige beperking sou Sechold gedek wees vir die volle omvang van sy voorskot aan Severn plus rente. (Op 406B–C.) F

Beslis, verder, dat hierdie posisie in ooreenstemming was met die onderliggende regsposisie by aansessie van 'n sessie in securitatem debiti met die toestemming van die sedent. In hierdie opsig was die analogie van die posisie by pand, waar die pandhouer met toestemming van die pandgewer die pand aan 'n derde lewer ter versekering van die pandhouer se skulde aan die derde, behulpsaam. In so 'n geval word die derde in die afwesigheid van 'n beperkende ooreenkoms die enigste G pandhouer, en wel tot die volle omvang van sy eise teen die oorspronklike pandhouer. (Op 406C–D/E.)

Die Hof het derhalwe beslis dat die appèl moes slaag en beveel dat die bevel van die Hof a quo vervang moes word met 'n bevel in terme waarvan die vorderinge van die GOK op grond van die nietigheid van die sessies van die hand gewys word; die teenvordering van Sechold teen die GOK gehandhaaf word; verklaar word dat die H sessies vanaf Severn aan Sechold geldig was en gedien het ter volle versekering van laasgenoemde se vordering teen Severn; die leningsooreenkoms en die sessiedokumente waar nodig gerektifiseer word deur die naam van Severn te vervang met M Import (Edms) Bpk; verklaar word dat Sechold geregtig is op betaling deur Severn van 'n bedrag van R20 128 084,27 tesame met rente; en verklaar word dat I Sechold geregtig was om die bogenoemde polisse te gelde te maak en die opbrengs aan te wend ter delging van Severn se verskuldigheid aan Sechold. (Op 406D/E–407D.)

Flynote : Sleutelwoorde

Cession — Cession in securitatem debiti — Onward cession of — Effect of — Lender advancing money to intermediate party in return for onward cession of investment J

1997 (3) SA p394

policies belonging to borrower and ceded to intermediate party — Borrower A consenting to such onward cession — Intermediate party paying out amount owing in terms of loan agreement to borrower and misappropriating rest — Whether lender entitled to full amount advanced to intermediate party or only to portion thereof paid out to borrower — Consent of original cedent (borrower) essential for validity of onward cession...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • Venter v Bophuthatswana Transport Holdings (Edms) Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...wat die uiteindelike legitimiteitswaarborg van ons regstelsel is. Die dag mag aanbreek dat die verweerder se advokaat saam met sy J 1997 (3) SA p391 Olivier opdraggewende prokureurs vir gemelde pligsversuim van sy gelde sal moet inboet, te A meer wanneer, soos in die onderhawige geval, daar......
  • Northern Province Development Corporation v Attorneys Fidelity Fund Board of Control
    • South Africa
    • Invalid date
    ...642 (CC) (1995 (1) SACR 568; 1995 (4) BCLR 401): applied Sechold Financial Services (Pty) Ltd v Gazankulu Development Corporation Ltd 1997 (3) SA 391 (SCA): referred Statutes Considered Statutes H The Attorneys Act 53 of 1979, s 48(1)(a), (2): see Juta's Statutes of South Africa 2001 vol 5 ......
  • Northern Province Development Corporation v Attorneys Fidelity Fund Board of Control
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • March 25, 2002
    ...reported in a judgment B of the Supreme Court of Appeal: Sechold Financial Services (Pty) Ltd v Gazankulu Development Corporation Ltd 1997 (3) SA 391 (SCA). [17] Very briefly stated, the facts are that during or about mid-1991 the GDC decided to embark on a low-cost housing project for C th......
  • Deacon v Planet Fitness Holdings (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Olivier JA in Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika I 2016 (2) SA p244 Louw J A Bpk v Saayman NO 1997 (4) SA 302 (SCA) ([1997] 3 All SA 391)]. This judgment held . . . dat oorwegings van goeie trou 'n selfstandige, onafhanklike grondslag bied vir die tersydestelling of die nie-toepa......
  • Request a trial to view additional results
6 cases

6 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT