Schutte v Schutte

JurisdictionSouth Africa
JudgeJansen AR, Joubert AR, Van Heerden AR, Hefer AR en Cillié Wn AR
Judgment Date29 November 1985
Citation1986 (1) SA 872 (A)
Hearing Date29 August 1985
CourtAppellate Division

Van Heerden AR:

Die appellant het in Januarie 1984 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n egskeidingsaksie teen die respondente aanhangig gemaak. In Maart het die partye 'n skikkingsooreenkoms aangegaan. Klousule 2 daarvan lui soos volg:

I "Die eiser betaal aan die verweerderes onderhoud in die bedrag van R1 000 per maand, welke onderhoudsbetaling onderworpe is aan die volgende bepalings:

2.1

gemelde onderhoud is nie aan verhoging of verlaging onderworpe nie;

2.2

gemelde onderhoud word betaal tot en met dood of hertroue van die verweerderes;

2.3

gemelde onderhoud word verhoog met'n persentasie, jaarliks op 1 Januarie, gelykstaande aan die amptelike (Reserwe Bank) inflasiekoers soos vasgestel in Januarie ten aansien van die voorgaande jaar;

2.4

J gemelde onderhoud is betaalbaar vanaf 7 April 1984 en maandeliks daarna."

Van Heerden AR

Nieteenstaande die volgorde van die subklousules en die A bewoording van klousule 2.1 is dit duidelik dat beoog is dat, behalwe soos bepaal in 2.3, die onderhoud nie aan "verhoging of verlaging" onderworpe sou wees nie.

Nadat die ooreenkoms aangegaan is, is die aksie onbestrede verhoor. Die appellant het getuig waarna die Hof versoek is om B 'n egskeidingsbevel te verleen en die ooreenkoms 'n bevel van die Hof te maak. Die Verhoorregter het egter die vraag geopper of klousule 2.1 'n geldige bepaling bevat het, en het uiteindelik die volgende bevel verleen:

"Die huwelik word ontbind. Die skikkingsakte... word deel van die bevel gemaak met die uitsluiting van klousule 2.1."

Geen redes is verstrek vir die Hof se weiering om klousule 2.1 C by sy bevel in te lyf nie. Ook is daar geen redes verstrek nie toe die Hof daarna verlof om te appelleer toegestaan het. Dit kan egter aanvaar word dat die weiering gegrond was op 'n siening dat die bepaling vervat in die subklousule nietig is.

Die vraag wat dus in hierdie appèl beantwoord moet word, is of D die partye tot 'n egskeidingsaksie geldiglik kan afstand doen van die bevoegdheid om ingevolge art 8 (1) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979 die Hof in die toekoms te nader om intrekking, wysiging of opskorting (hierna bloot'n wysiging genoem) van 'n onderhoudsbevel. 'n Soortgelyke vraag het al in E 'n hele aantal gewysdes ter sprake gekom in verband met die voorganger van art 8 (1) van Wet 70 van 1979, nl art 10 (1) van die Wet op Huweliksaangeleenthede 37 van 1953. Gerieflikheidshalwe verwys ek voortaan na die twee Wette as die 1953 Wet en die 1979 Wet.

'n Sistematiese bespreking van alle tersaaklike gewysdes is te vind in die uitspraak van DIDCOTT R in Claassens v Claassens F 1981 (1) SA 360 (N) , en dit sou onnodige herhaling meebring om weer eens na almal te verwys. 'n Aantal algemene opmerkings is egter aangewese. Soos tereg aangetoon deur DIDCOTT R (op 362 - 3) is uitsprake waarin aanvaar is dat 'n afstanddoening deur 'n vrou van enige aanspraak op onderhoud nie teen die openbare beleid indruis nie (sien bv Swart v Swart 1960 (4) SA 621 (K), nie direk ter sake nie. Soos later sal blyk, kon 'n vrou haar G nie na verlening van 'n egskeidingsbevel op die wysigingsbevoegdhede van'n Hofingevolge art 10(1) van die 1953 Wet beroep nie indien by ontbinding van die huwelik geen onderhoudsbevel gemaak is nie. Haar toekomstige regsposisie is dus bepaal deur die feit dat sy nie op onderhoud aanspraak gemaak het nie en dat'n dusdanige bevel derhalwe nie verleen is H nie. In so 'n geval was 'n afstanddoening deur haar met betrekking tot toekomstige onderhoud daarom 'n nuttelose oortolligheid. 'n Vraag wat nie in enige van die betrokke gewysdes ontstaan het nie, en wat klaarblyklik ook nie in die onderhawige geval opduik nie, is of dit'n vrou, wat in'n I skikkingsakte afstand gedoen het van 'n aanspraak op onderhoud, vrystaan om voor ontbinding van die huwelik haar onderneming te repudieer en die Hof te versoek om wel onderhoud aan haar toe te ken.

In sake waarin aanvaar is dat'n vrou aan wie ingevolge'n skikkingsakte wel onderhoud deur haar man betaal sou word, afstand kon doen van die bevoegdheid om later ooreenkomstig art 10 (1) van die 1953 Wet 'n verhoging van die ooreengekome bedrag aan te vra, is bevind dat sodanige afstanddoening J (hierna bloot 'n afstanddoening genoem) nie

Van Heerden AR

A teen die openbare beleid indruis nie. Sien bv Grgin v Grgin 1960 (1) SA 824 (W), Van Rensburg v Van Rensburg 1978 (1) SA 436 (T) en die Claassens-saak supra. 'n Teenoorgestelde siening is egter gehuldig in Copelowitz v Copelowitz and Others NO 1969 (4) SA 64 (K); Cilliers v Cilliers 1977 (1) SA 561 (O), B en in Jones v Jones 1963 (2) SA 193 (SR), waarin Rhodesiese wetgewing met dieselfde strekking as art 10 (1) van die 1953 Wet ter sprake was. En in Knight v Knight 1967 (1) SA 40 (K), is obiter bedenkinge oor die geldigheid van 'n afstanddoening uitgespreek.

In laasgenoemde vier sake is klem gelê òf op die C afkeurenswaardigheid van'n ooreenkoms wat daarop gerig is om'n Hof se bevoegdhede lam of aan bande te lê, òf op die meer algemene oorweging dat die situasie waarin'n vrou weens'n afstanddoening uiteindelik hulpbehoewend mag wees, in stryd met die openbare belang is. Hierdie oorwegings is in 'n breedvoerige uitspraak in die Claas...

To continue reading

Request your trial
27 practice notes
  • Purnell v Purnell
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 323 (R) at 325; Jodaiken v Jodaiken 1978 (1) SA 784 (W); Havenga v Havenga 1988 (2) SA 438 (T) at 444E, 445C-E; Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A) H ; Rubenstein v Rubenstein 1975 (3) SA 957 (W); Tyhopho v Santam Insurance Co Ltd 1984 (2) SA 73 (T); Levin v Levin 1984 (2) SA 298 (C) a......
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Trust en Assuransiemaatskappy Bpk v Fondo 1960 (2) SA 467 (A) op 471E-H, 472F en H Schultz v Schultz 1928 OPD 155 Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A) op 880G-881A Senator Versekeringsmaatskappy Bpk v Bezuidenhout 1987 (2) SA 361 (A) op 367C-D Strauss v Strauss 197 4 (3) SA 79 (A) op 93H T......
  • Public Policy in Family Contracts, Part I: Agreements about Spousal Maintenance
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , January 2021
    • 26 January 2021
    ...ation S ee Excell v Douglas 1924 CPD 472; Gammon v McCl ure 1925 CPD 137; Oelofse v Grundling 1952 1 SA 400 (C)46 Schutte v Sch utte 1986 1 SA 872 (A) 881D; Botha v Botha 2009 3 SA 89 (W) paras 29, 30384 STELL LR 2020 3 © Juta and Company (Pty) Surviving Spous es Act 27 of 1990 (“MSSA”) or ......
  • PL v YL
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: dictum at 423 applied Schultz v Schultz 1928 OPD 155: referred to Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A): applied J 2013 (6) SA p30 A Schwartz v Schwartz 1984 (4) SA 467 (A): referred to Shields v Shields 1946 CPD 242: referred to Smith v Smit......
  • Request a trial to view additional results
27 cases
  • Purnell v Purnell
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 323 (R) at 325; Jodaiken v Jodaiken 1978 (1) SA 784 (W); Havenga v Havenga 1988 (2) SA 438 (T) at 444E, 445C-E; Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A) H ; Rubenstein v Rubenstein 1975 (3) SA 957 (W); Tyhopho v Santam Insurance Co Ltd 1984 (2) SA 73 (T); Levin v Levin 1984 (2) SA 298 (C) a......
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Trust en Assuransiemaatskappy Bpk v Fondo 1960 (2) SA 467 (A) op 471E-H, 472F en H Schultz v Schultz 1928 OPD 155 Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A) op 880G-881A Senator Versekeringsmaatskappy Bpk v Bezuidenhout 1987 (2) SA 361 (A) op 367C-D Strauss v Strauss 197 4 (3) SA 79 (A) op 93H T......
  • PL v YL
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: dictum at 423 applied Schultz v Schultz 1928 OPD 155: referred to Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A): applied J 2013 (6) SA p30 A Schwartz v Schwartz 1984 (4) SA 467 (A): referred to Shields v Shields 1946 CPD 242: referred to Smith v Smit......
  • ST v CT
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 1 (A) ([1988] ZASCA 94): dictum at 8C applied Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: referred to D Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A): referred Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A): referred to Van Zyl NO v Kiln Non-Marine Syndicate No 510 of Lloyds of London 2003 (2) SA 44......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Public Policy in Family Contracts, Part I: Agreements about Spousal Maintenance
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , January 2021
    • 26 January 2021
    ...ation S ee Excell v Douglas 1924 CPD 472; Gammon v McCl ure 1925 CPD 137; Oelofse v Grundling 1952 1 SA 400 (C)46 Schutte v Sch utte 1986 1 SA 872 (A) 881D; Botha v Botha 2009 3 SA 89 (W) paras 29, 30384 STELL LR 2020 3 © Juta and Company (Pty) Surviving Spous es Act 27 of 1990 (“MSSA”) or ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT