Schlebusch v Mohokare Plaaslike Munisipaliteit

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Zyl R
Judgment Date11 October 2007
Docket Number567/2005
CourtOrange Free State Provincial Division
Hearing Date11 October 2007
Citation2008 JDR 1064 (O)

Van Zyl R:

[1]

Hierdie is 'n uitspraak in die beregting van 'n eksepsie wat eiser teen verweerder se (gewysigde) verweerskrif (hierinlater na verwys as "verweerskrif'), meer in besonder teen 'n spesiale pleit geopper in verweerder se verweerskrif, ooreenkomstig die bepalings van Reël 23 aangeteken het.

[2]

Eiser het verweerder gedagvaar op 'n deliktuele skuldoorsaak voortspruitend uit 'n voorval wat op 19 September 2002 te Rouxville plaasgevind het, die

2008 JDR 1064 p2

Van Zyl R

besonderhede waarvan nie relevant is vir doeleindes van die onderhawige uitspraak nie. Verweerder is 'n staatsorgaan soos bedoel in die omskrywing van "staatsorgaan" soos dit voorkom in artikel 1 van die Wet op die Instel van Regsgedinge teen sekere Staatsorgane, Nr. 40 van 2002 (hierinlater na verwys as "die Wet"). Voortspruitend uit die voorskrifte van die Wet, het eiser die volgende bewerings in paragraaf 9 van sy (gewysigde) Besonderhede van Vordering gemaak:

"9.1

Eiser het aan verweerder kennis gegee van sy eis uit hoofde van die bepalings van die Wet op die Instel van Regsgedinge teen sekere Staatsorgane Nr. 40 van 2002 en word 'n afskrif daarvan hierby aangeheg en gemerk aanhangsel "B".

9.2

Verweerder het nie in terme van artikel 4(a) gesteun op eiser se laat kennisgewing met betrekking tot aanhangsel "B".

[3]

Aanhangsel "B" is 'n skrywe deur eiser se prokureurs van rekord, gerig aan verweerder, gedateer 7 Januarie 2005. Dit blyk uit die inhoud van hierdie skrywe dat dit bedoel is as 'n kennisgewing ooreenkomstig die bepalings van die Wet. Ek

2008 JDR 1064 p3

Van Zyl R

meen dit is doelmatig om die volgende gedeeltes uit hierdie skrywe aan te haal:

"Die moontlikheid bestaan egter dat daar 'n argument kan wees dat ons kliënt nie binne ses maande vanaf die datum wat die skuld opeisbaar geword het die kennisgewing aan u gegee het nie, en vir die doel versoek ons u dat u kondonasie verleen vir die laat kennisgewing, welke kondonasie ons u versoek uit hoofde van gesegde Wet en wel artikel 3(4) daarvan. Die onderhawige vordering het nog nie verjaar nie, bestaan daar omstandighede waarom ons kliënt u nie betyds aangemaan het nie en is u ook nie benadeel vanweë enige laat kennisgewing nie.

Ons verneem dus dringend van u of u hierdie aanmaning aanvaar as binnetyds gestuur en indien nie, waarom nie.

Indien ons kliënt aansoek moet loods om kondonasie sal ons die Hof in die Hof se diskresie versoek dat u gelas word om die kostes van sodanige aansoek te betaal. Ons verneem dringend van u."

[4]

Verweerder het die volgende spesiale pleit, synde die spesiale pleit waarteen die eksepsie gerig is, in paragraaf 1 van sy verweerskrif geopper:

2008 JDR 1064 p4

Van Zyl R

"1.1

Blykens die Besonderhede van Vordering het die skuldoorsaak ontstaan op 19 September 2002 en het die beweerde skuld bygevolg op 19 September 2002 opeisbaar geword; en

1.2

skriftelike kennis is eers aan verweerder gegee soos bedoel in artikel 3(1)(a) van die Wet op die Instel van Regsgedinge teen sekere Staatsorgane, Wet Nr. 40 van 2002 (hierna genoem "die Wet"), op of omtrent 7 Januarie 2005; en

1.3

in die vooropstelling is die gemelde skriftelike kennis wat aan verweerder gegee is, nie binne die vereiste ses maande soos bedoel in artikel 3(2)(a) van die Wet gegee nie, maar byna twee jaar en vier maande nadat die skuld opeisbaar geword het; en

1.4

het eiser aksie ingestel teen verweerder gedurende Februarie 2005; en

1.5

in terme van artikel 3(1) van die Wet, was en is die instel van sodanige aksie teen verweerder in die omstandighede, onontvanklik in die reg en wel op grond van die faktore soos uiteengesit in paragrawe 1.1, 1.2 en 1.3 supra.

1.6

In die vooropstelling steun Verweerder nou in hierdie Verweerskrif in terme van artikel 3(4)(a) van Wet 40 van 2002, op Eiser se versuim om in terme van Artikel 3(2)(a) van die Wet binne die vereiste 6 (ses) maande nadat die

2008 JDR 1064 p5

Van Zyl R

skuld opeisbaar geword het, Verweerder skriftelike kennis to gee;

1.7

Eiser het verdermeer nie by die Hof wat regsbevoegdheid het, aansoek gedoen vir kondonasie vir voormelde versuim, soos bedoel in artikel 3(4)(a) van Wet 40 van 2002, nie; en

1.8

aangesien Artikel 3(1)(a) van die Wet bepaal dat Been regsgeding ingestel word teen 'n Staatsorgaan, tensy skriftelike kennis gegee is soos bedoel in terme van die Wet nie, en daar soos vermeld nie betyds skriftelike kennis gegee is nie, en nie kondonasie verkry is by 'n bevoegde Hof nie, kom die instel van hierdie aksie in die afwesigheid van behoorlike voldoening aan die Wet of die verkryging van kondonasie, daarop neer dat die aksie ononvanklik in die reg is.

Weshalwe smeek Verweerder dat Eiser se vorderings van die hand gewys word, met koste."

[5]

Eiser se eksepsie is daarop gebaseer dat verweerder se spesiale pleit bewerings mis ten einde daarop te kan steun dat eiser nie voldoen het aan die voorskrifte van artikel 3 van die Wet nie en dat eiser se vordering bygevolg regtens nie ontvanklik is nie. In die verband blyk dit uit eiser se

2008 JDR 1064 p5

Van Zyl R

kennisgewing van eksepsie in terme van Reël 23 dat eiser hoofsaaklik op die volgende steun:

5.1

Dit is gemeensaak tussen die partye dat nie voldoen is aan die bepalings van artikel 3(1), saamgelees met artikel 3(2)(a) van die Wet, nie, deurdat eiser nie binne 6 (ses) maande vanaf die datum waarop die skuld opeisbaar geword het, die tersaaklike kennisgewing aan verweerder beteken het nie en dat verweerder ook nie skriftelik toegestem het tot die instel van die regsgeding soos bedoel in artikel 3(1)(b)(ii) van die Wet nie.

5.2

Artikel 3(4)(a) van die Wet het tot gevolg dat verweerder daarop kon steun dat betekening van die kennisgewing op verweerder nie ooreenkomstig artikel 3(2)(a) van die Wet geskied het nie. In daardie geval sou eiser by die Hof kon aansoek doen vir kondonasie van die versuim om binne die voormelde tydperk die betrokke kennisgewing aan verweerder te beteken. Die Hof sou dan kondonasie aan eiser kon verleen in terme van artikel 3(4)(b) van die Wet. Verweerder

2008 JDR 1064 p7

Van Zyl R

beweer nie en steun nie daarop dat verweerder voor uitreiking en betekening van die dagvaarding daarop gesteun het dat eiser versuim het om aan artikel 3(2)(a) te voldoen het. Verweerder ontken ook nie in sy verweerskrif eiser se bewering dat verweerder nie gesteun het op voormelde versuim van eiser om die kennisgewing binnenstyds te beteken nie. Gevolglik was eiser nie verplig en ook nie geregtig om vir kondonasie aansoek te doen by die Hof soos bedoel in artikel 3(4)(a) van die Wet nie.

5.3

Verweerder steun vir die eerste keer in die verweerskrif daarop dat eiser versuim het om te voldoen aan die voorskrifte van artikel 3(2)(a) van die Wet. Verweerder is nie geregtig om na die instel van die aksie vir die eerste keer op sodanige versuim te steun nie, aangesien eiser nie kragtens artikel 3(4) van die Wet kan aansoek doen om kondonasie hangende die geding wat reeds ingestel is nie. Laasgenoemde bewering is gebaseer op 'n interpretasie van artikel 3(4)(c) van die Wet, welke artikel die Hof magtig om verlof te gee tot die instel van 'n regsgeding teen

2008 JDR 1064 p8

Van Zyl R

verweerder en dus nie voorsiening maak vir 'n geval waar 'n regsgeding reeds ingestel en hangende is nie.

5.4

Bygevolg was eiser nie geregtig en ook nie verplig om vir kondonasie aansoek te doen soos deur verweerder gepleit in sy spesiale pleit nie.

[6]

Volgens die bepalings van Reël 23(1) kan 'n eksepsie geopper word wanneer, onder andere, 'n pleitstuk bewerings mis wat nodig is om die verweer te staaf. Dit kan onder die volgende omstandighede wees:

"A pleading lacks averments which are necessary to sustain a defence

(i)

where the pleading does not justify the conclusions drawn therein; or

(ii)

where the defence raised, though adequately pleaded, does not in law constitute a defence to the claim."

(Sien Superior Court Practice, Erasmus, op B1-158.)

[7]

Dit blyk dat verweerder se eksepsie neerkom op 'n kombinasie van laasgenoemde twee omstandighede. Aan

2008 JDR 1064 p9

Van Zyl R

die een kant beweer eiser dat indien verweerder hierdie spesiale pleit wou opper, verweerder moes beweer het dat verweerder op die stadium wat die kennisgewing ontvang is, daarop gesteun het dat eiser versuim het om aan artikel 3(2)(a) van die Wet te voldoen. Dit word terselfdertyd deur die eksepsie geopper dat indien die spesiale pleit gelees word soos dit tans staan en dit dus vanweë die gebrek aan 'n bewering tot die teendeel, aanvaar word dat verweerder nie op eiser se nie-nakoming van die bepalings van artikel 3(2)(a) van die Wet gesteun het in reaksie op die ontvangs van die kennisgewing nie, kan verweerder nie nou in sy verweerskrif vir die eerste keer daarop steun nie en daarom stel dit nie 'n verweer daar nie. In die verband is dit eiser se saak dat verweerder nie geregtig is om na die instel van die aksie op eiser se sodanige versuim te steun nie, aangesien eiser ooreenkomstig 'n uitleg van die bepalings van artikel 3(4)(c) van die Wet nie kan aansoek doen om kondonasie hangende of nadat die geding reeds ingestel is nie.

[8]

Die sukses, al dan nie, van die eksepsie is gevolglik in wese gebaseer op die beregting van 'n regsvraag, welke regsvraag aan die hand van die interpretasie van die

2008 JDR 1064 p10

Van Zyl R

bepalings van die Wet beslis moet word. Die vraag behels in wese twee aspekte wat hand aan hand loop, synde:

(a)

indien eiser versuim het om binne 6 (ses) maande vanaf die datum waarop die skuld opeisbaar geword het kennis te gee van sy voorgenome eis soos bedoel in artikel 3(2)(a) van die Wet, maar wel kennis gegee het op 'n Iatere (laat) datum en verweerder nie voor uitreiking van dagvaarding, met ander woorde in reaksie op sodanige laat kennisgewing, gesteun het op eiser se voormelde versuim nie, kan verweerder dan nadat...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT