Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff AR, Wessels AR, Potgieter AR, Jansen AR en Trollip AR
Judgment Date29 November 1972
Citation1973 (2) SA 146 (A)
Hearing Date01 November 1972
CourtAppellate Division

Rumpff, A.R.:

Die feite van hierdie saak word uiteengesit in die uitspraak van my kollega WESSELS. Vir sover dit die teenappèl betref, het my kollega TROLLIP 'n uitspraak geskryf waarin hy verskil van die A mening van my kollega WESSELS. In verband met hierdie uiteenlopende menings, en die beskouings van my kollega TROLLIP, is dit, wat my eie opvattings betref, nodig om sekere aspekte van die vraagstuk te noem. In 'n saak soos die onderhawige word daar namens die benadeelde skadevergoeding geëis en skade beteken die verskil tussen die B vermoënsposisie van die benadeelde vóór die onregmatige daad en daarna. Kyk, bv., Union Government v Warneke, 1911 AD 657 op bl. 665, en die bekende omskrywing deur Mommsen, Beiträge zum Obligationenrecht, band 2, bl. 3. Skade is die ongunstige verskil wat deur die onregmatige daad ontstaan het. Die vermoënsvermindering moet wees ten opsigte van iets wat op geld waardeerbaar is en sou insluit die vermindering C veroorsaak deur 'n besering as gevolg waarvan die benadeelde nie meer enige inkomste kan verdien nie of alleen maar 'n laer inkomste verdien. Die verlies van geskiktheid om inkomste te verdien, hoewel gewoonlik gemeet aan die standaard van verwagte inkomste, is 'n verlies van geskiktheid en nie 'n verlies van inkomste nie.

D Die teenappèl gaan in wese oor die vraagstuk van die toerekening van voordele wat die benadeelde ontvang het en wat as gevolg sou hê dat die skade wat gely is geheel of gedeeltelik deur 'n derde persoon, 'n ander bron as die delikpleger, vergoed sou word. Die hele probleem is 'n aktuele probleem wat skynbaar in elke beskaafde regstelsel bestaan. E Wanneer ons regspraak nagegaan word, blyk dit dat feitlik van die begin af op die Engelse regspraak gesteun is. Dit blyk ook dat in die Engelse reg, die Amerikaanse reg en die Kontinentale regsisteme in die algemeen aanvaar word dat vergoeding wat die benadeelde uit 'n vrygewigheidsbron verkry, nie as 'n voordeel toegereken word nie. Hoewel so 'n vergoeding oorsaaklik wel deeglik in kousale verband staan met die onregmatige F daad, vra mens jouself waarom dit nie toegereken behoort te word nie. Die antwoord skyn te wees dat dit in stryd sou wees met 'n algemene opvatting van regverdigheid en billikheid. In die resente Engelse saak Parry v Cleaver, 1970 A.C. 1, het die House of Lords te doen gehad met 'n ander bron as dié van vrygewigheid, maar op bl. 14 sê Lord REID omtrent die vrygewigheidsbron:

G 'It would be revolting to the ordinary man's sense of justice, and therefore contrary to public policy, that the sufferer should have his damages reduced so that he would gain nothing from the benevolence of his friends or relatives or of the public at large and that the only gainer would be the wrongdoer.'

In die afgelope eeu het daar veranderings plaasgevind o.a. in die H handelsverkeer en deur sosiale wetgewing, waardeur ander bronne van voordeel as dié van vrygewigheid ontstaan het. Daar is versekering teen skade, pensioenregte, verpligtinge wat werkgewers op hulle geneem het om salarisse of vergoeding te betaal tydens die werknemer se ongeskiktheid, en sosiale ongeskiktheids - of bystandswetgewing. Uit die regspraak in die verskillende lande blyk dit dat nieteenstaande die eiesoortige aard van die ander bronne daar 'n algemene neiging is, met sekere uitsonderings, om hierdie ander bronne nie te erken as bronne van toerekeningsvoordele nie. Terselfdertyd word deur skrywers oor die reg in die algemeen kritiek gelewer teen die oënskynlike paradoks dat

Rumpff AR

'n benadeelde deur voordele uit hierdie ander bronne dubbel vergoed word vir die skade wat hy gely het. Die heersende posisie skyn te wees dat die Howe dit moeilik vind om aan die hand van aanvaarde regsbeginsels of erkende regsmiddels gevolg te gee aan hierdie oorwegings. Die skrywers A is bewus van hierdie probleem maar probeer oplossings aan die hand te doen wat nie 'n eenvoudige en maklike oplossing van die probleem bied nie, behalwe, natuurlik, wetgewing.

Wat die Engelse reg betref, hoef mens alleen maar die meerderheidsuitsprake en die minderheidsuitsprake in die Parry- saak, supra, te lees om te sien in watter toestand die regspraak in daardie B land verkeer. Hoe daar gepoog word deur die Howe om 'n oplossing te vind in verband met sekere bronne van voordele, en hoe die geldigheid van so 'n poging bevraagteken word, blyk uit die volgende aanhaling (met die voetnotas tussen hakies deur my ingevoeg) uit Street, Principles of the Law of Damages, bl. 76:

C 'In Dennis v L.P.T.B., (1948) 1 All E.R. 779, followed in Myers and City of Guelph v Hoffman, (1956) 1 D.L.R. (2d) 272), the Ministry of Pensions paid a pension to an incapacitated workman and his employer paid him sick pay in circumstances where the workman was under no legal obligation to refund these sums but was expected to repay from damages awarded. At the trial the workman agreed to undertake repayment and judgment was awarded against the tortfeasor subject to the direction D that these sums be repaid. It is not clear under what authority the Court can exact an undertaking as a condition of giving such a judgment, or give a direction to him on what he is to do with the amount of his judgment; the power to do so has been denied in the High Court of Australia (per FULLAGAR, J., in Blundell v Musgrave, (1956) 96 C.L.R. 73 at p. 94) and doubted in a Canadian Court (Sless v Smith, (1955) O.W.N. 702). Scottish (Doonan v S.M.T., 1950 S.L.T. 100), Australian (Francis v Brackstone, 1955 S.A.S.R. 270) and New Zealand Courts (Wolland v Majorhazi, 1959 N.Z.L.R. 433) have reached the same result E as Dennis v L.P.T.B., without exacting an undertaking or imposing direction.'

Word eenmaal aanvaar dat voordele uit 'n vrygewigheidsbron nie toegereken behoort te word nie, skyn dit duidelik te wees dat, wat ander bronne betref, 'n gegogel met die kousaliteitsbegrip (soos F 'kollateraal', 'causa causans', 'causa sine qua non', 'res inter alios acta') of 'n beroep op wat 'bestraffende' vergoeding sou wees, wesenlik nie help om die probleem op te los nie. Dat die probleem by die vrygewigheidsbron begin, kan m.i. ook afgelei word van wat Bloembergen in sy werk Schadevergoeding by Onrechtamatige Daad voorstel. Hy aanvaar dat in Nederland en elders voordele wat voortvloei uit vrygewigheid nie G toegereken word nie, maar sy opvatting lees soos volg op bl. 347:

'Uitkeringen uit vrijgevigheid zullen veelal de strekking hebben de schade te vergoeden: familieleden ondersteunen de gewonde, die geen inkomsten heeft; buurtgenoten houden een inzameling te behoeve van degene wiens inboedel door een brand verloren is gegaan. In no. 240 heb ik betoogd, dat dergelijke uitkeringen, die de strekking hebben de H schade goed te maken, moeten worden toegerekend. Hier heeft dat iets onbevredigends, omdat de dader op die wijze profiteert van de uitkeringen, hetgeen doorgaans niet zal stroken met de bedoeling van de derde, die de uitkeringen gedaan heeft. Nu zou men aan deze onbevredigende consequentie kunne ontkomen door aan de derde in enigerlei vorm een verhaalsactie toe te kennen, maar het is zeer de vraag of de derde naar geldend recht een dergelijke actie toekomt. Gezien dit alles schijnt het mij beter uitkeringen uit vrijgevigheid, die de strekking hebben de schade te vergoeden, niet toe te rekenen. Teneinde zoveel mogelijk te voorkomen, dat dan de eveneens onbevredigende situatie ontstaat, waarin de benadeelde zijn schade dubbel vergoed krijgt - van de derde en van de dader - zal men moeten aannemen, dat er op de benadeelde een dringende verplichting van moraal en fatsoen

Rumpff AR

en dus een natuurlijke verbintenis rust om de uitkering aan de derde te restitueren, als de dader hom de schade vergoed heeft.'

In verband met die vraag of salaris of verdienste, uitbetaal aan 'n A benadeelde werknemer deur die werkgewer, toegereken moet word, het my kollega TROLLIP verwys na die beslissings in ons regspraak wo. Bosch v Parity Insurance Co. Ltd., 1964 (2) SA 449 (W), en May v Parity Insurance Co. Ltd., 1967 (1) SA 644 (D), en ook na 'n artikel van H. Luntz in die South African Law Journal, 1964, bl. 288, waarin die skrywer o.a. die uitspraak in die Bosch saak kritiseer. In die onderhawige saak is dit onnodig om kommentaar te lewer op hierdie B uitsprake behalwe om te meld dat die beslissings in ooreenstemming is met die oorwig van beslissings in die Amerikaanse reg, sien American Law Reports, 7, 3d A.L.R., bl. 520, wat soos volg lees:

'Although the Courts of different jurisdictions are not in entire agreement on the question, the rule followed in most jurisdictions is that the amount of recovery from a third person (defendant) who is C responsible for a personal injury is not to be mitigated or reduced by the receipt by plaintiff from his employer of wages, salary, or commissions during the period of plaintiff's disability regardless of whether such payments are made pursuant to a contractual obligation or as mere gratuities.'

Op bl. 522 word die rede van hierdie benadering genoem:

'The reason generally advanced in support of the general rule is that the wrongdoer can have no concern with the transaction between the D employer and employee and there is no equitable ground to grant the tortfeasor a 'windfall' by allowing him a credit for payments made by the employer.'

Dit is ook in ooreenstemming met menings oor die Engelse reg deur skrywers soos Mayne and McGregor, Damages, 12de uitg., bl. 773, en Street, supra op bl. 77.

E Afgesien van kritiek in die algemeen (nl. dubbele vergoeding) is dit nie vir my duidelik hoe hierdie benadering nie in ooreenstemming sou wees met wat toegepas behoort te word in 'n aksie gebaseer op die Lex Aquilia soos in ons reg ontwikkel. Per slot van rekening eis die Lex Aquilia in hierdie verband vergoeding deur die delikpleger en nie deur F iemand anders nie. Wat die gebruik van die woord...

To continue reading

Request your trial
121 practice notes
  • General Accident Insurance Co SA Ltd v Summers; Southern Versekeringsassosiasie Bpk v Carstens NO; General Accident Insurance Co SA Ltd v Nhlumayo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...appellant was that as Clive's loss is a loss of earning capacity and not earnings (see Santam E Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A) at 150B - C; Union & National Insurance Co Ltd v Coetzee 1970 (1) SA 295 (A) at 300H; Commercial Union Assurance Co of SA Ltd v Stanley ......
  • Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...but his qualification is not in the present context germane.) This rule still stands (Santam V ersekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A) at 150A-C; Southern Insurance Association Ltd v Bailey NO 1984 (1) SA 98 (A) at 11 lD-F; Joubert (ed) The Law of South Africa vol 7 paras ......
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...na verwys/ referred to S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): na verwys/referred to Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A): na verwys/referred to J Smit v Abrahams 1994 (4) SA 1 (A): dictum op/at 15E-F toegepas/applied © Juta and Company (Pty) Ltd ONGEVALLEKOM......
  • Jones v Krok
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ander v Le Roux 1967 (1) SA 446 (A) at 462G-463G; Rookes v Barnard [1964] 1 All ER 367; Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A) at 152H; Salzmann v Holmes 1914 AD 471 at 483; Mecl v Polokowsky H 1946 WLD 539 at 547-8; Mograbi v Miller 1956 (4) SA 239 (T); Moolman v......
  • Request a trial to view additional results
118 cases
  • General Accident Insurance Co SA Ltd v Summers; Southern Versekeringsassosiasie Bpk v Carstens NO; General Accident Insurance Co SA Ltd v Nhlumayo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...appellant was that as Clive's loss is a loss of earning capacity and not earnings (see Santam E Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A) at 150B - C; Union & National Insurance Co Ltd v Coetzee 1970 (1) SA 295 (A) at 300H; Commercial Union Assurance Co of SA Ltd v Stanley ......
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...na verwys/ referred to S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): na verwys/referred to Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A): na verwys/referred to J Smit v Abrahams 1994 (4) SA 1 (A): dictum op/at 15E-F toegepas/applied © Juta and Company (Pty) Ltd ONGEVALLEKOM......
  • Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...but his qualification is not in the present context germane.) This rule still stands (Santam V ersekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A) at 150A-C; Southern Insurance Association Ltd v Bailey NO 1984 (1) SA 98 (A) at 11 lD-F; Joubert (ed) The Law of South Africa vol 7 paras ......
  • Jones v Krok
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ander v Le Roux 1967 (1) SA 446 (A) at 462G-463G; Rookes v Barnard [1964] 1 All ER 367; Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Byleveldt 1973 (2) SA 146 (A) at 152H; Salzmann v Holmes 1914 AD 471 at 483; Mecl v Polokowsky H 1946 WLD 539 at 547-8; Mograbi v Miller 1956 (4) SA 239 (T); Moolman v......
  • Request a trial to view additional results
3 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT