S v Zigqolo en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Muller AR en Galgut Wn AR
Judgment Date25 September 1979
Citation1980 (1) SA 49 (A)
Hearing Date28 August 1979
CourtAppellate Division

Rumpff HR:

In hierdie saak het 14 manlike Swart jeugdiges voor 'n landdros in Graaff-Reinet verskyn op 'n klag dat hulle skuldig is aan oortreding F van art 2 (6) (a) (iii) gelees met arts 1 en 2 (3) van die Wet op Oproerige Byeenkomste 17 van 1956. Daar is ook verwys na 'n Goewermentskennisgewing 2041 van 30 September 1977 gepubliseer in die Staatskoerant 5758. Hierdie kennisgewing lui soos volg:

"Aangesien ek, James Thomas Kruger, Minister van Justisie, dit nodig ag G tot handhawing van die openbare rus, verbied ek hierby ingevolge art 2 (3) (a) van die Wet op Oproerige Byeenkomste 17 van 1956, enige byeenkoms in die Republiek van Suid-Afrika van 1 Oktober 1977 tot en met 31 Maart 1978 behalwe in die gevalle van byeenkomste -

(1)

van 'n bona fide sportaangeleentheid; of

(2)

wat geheel en al en vir solank as wat hulle duur binne die mure van 'n gebou plaasvind; of

(3)

H wat ek of die landdros van die betrokke distrik te eniger tyd uitdruklik magtig."

Volgens art 2 (3) (a) van Wet 17 van 1956 kan die Minister, indien hy dit nodig of dienstig ag tot handhawing van die openbare rus, enige byeenkoms in enige gebied gedurende enige tydperk of op enige dag of gedurende bepaalde tye of tydperke binne enige tydperk verbied. In art 1 van Wet 17 van 1956 word byeenkoms soos volg omskryf:

"'byeenkoms', by die toepassing van arts 2 (1) (b), (3) (b) en (4) (a) (ii) en 7 (1) (b), enige byeenkoms, toeloop of optog van enige getal persone en, by die toepassing van 'n ander bepaling van hierdie Wet, 'n byeenkoms, toeloop of

Rumpff HR

optog van enige getal persone met 'n gemeenskaplike doel, hetsy so 'n doel wettig of onwettig is."

Die klagtes teen die beskuldigdes was dat hulle op 9 Maart 1978 by 'n A Swart woonbuurt in Graaff-Reinet wederregtelik 'n verbode vergadering bygewoon het. Van die 14 beskuldigdes was twee 15 jaar oud (een is beskryf as 'n leerling en die ander werkloos), agt was 16 jaar oud, waarvan vier as werkloos beskryf is en drie as skoliere. Een van hierdie agt is nie beskryf nie. Een van die 14 was 18 jaar oud (onbeskryf) en twee was 19 B jaar oud (een werkloos, een onbeskryf) en een was 21 jaar oud en werkloos. Volgens die beskrywing was al die beskuldigdes in Port Elizabeth woonagtig.

By die aanvang van die verhoor, het die beskuldigdes erken dat hulle op die betrokke datum op perseel 463 te Sobukwestraat, Graaff-Reinet, teenwoordig was. Die verdediging sou wees dat die vergadering nie as 'n C verbode vergadering beskou kon word nie. Al die beskuldigdes is skuldig bevind en veroordeel tot vier houe met 'n ligte rottang, behalwe beskuldigde nr 6, wat 21 jaar oud was en wat tot 'n boete van R30 of 10 dae gevangenisstraf veroordeel is. 'n Appèl na die Oos-Kaapse Afdeling het nie geslaag nie en met die nodige verlof kom hulle voor ons in hoër beroep.

D Die feite van die saak is betreklik eenvoudig. Namens die Staat het 'n speurder adjudant-offisier van die Polisie van Port Elizabeth, ene Scheepers, getuienis afgelê. Hy kan Xhosa praat en skryf. Op Woensdag 8 Maart 1978 het hy na Graaff-Reinet gegaan om sekere dienste te doen. In die vroeë oggendure van 9 Maart 1978 (tussen 2 en 3 uur) het hy met ander E lede van die Polisie na die huis van Robert Sobukwe gegaan. Dit is gemene saak dat Robert Sobukwe 'n Swart leier was wat eers in gevangenisskap en daarna in aanhouding verkeer het. Hy het later gesterf en sy lyk is by die huis verwag tussen 6 en 7 uur die oggend van 9 Maart. Scheeper het gesien dat 'n groot groep jeugdiges (tussen 150 en 200) buite Sobukwe se huis bymekaar was. Sy getuienis lui soos volg:

F "Ek was in die groep wat die huis van agter genader het. Terwyl ons gewag het op 'n gegewe teken voordat ons die huis sou nader, het ek persone hoor praat asook gehoor dat hulle vryheidsliedere sing.

Toe ons die perseel genader het en binne hoorafstand kom het ek gehoor die mense sing 'n lied in die Xhosa taal. Woorde tot dien effekte: 'Azania ikayalam - Azania my tuiste' 'endilithandayo - wat ek liefhet' 'si G zakuyilelwa inkululeko - Ons sal veg tot vryheid'. 'Sakuwela i Azania ube kunye umkululi uqamata - laat jy met ons wees ons verlosser U qamata'. Ons het daarna die groep mense omsingel."

Scheepers het ook nog die volgende gesê:

"Die wyle Robert Sobukwe was ongeveer 54 jaar oud. Dit is nie Bantoe tradisie vir jeugdiges om die aand voor die begrafnis te wag. Die tradisie H is dat slegs mans en getroude vrouens daar sal wees om die oorledene se familie by te staan en te troos deur die nag. Die liedere wat gesing was is geen kerk of troosliedere nie. Die liedere is erg opruiend en opswepend. Sedert Augustus 1976 is ek bemoeid met die ondersoek van onluste. Hierdie lied is een van die liedere wat altyd gesing word as daar onwettige optogte of vergaderings gehou word.

Voordat ons daar weg is het die Bantoe vrouens die gearresteerdes toegesing. 'We are the mighty Blacks, we will kill the Whites'.

Dit het aangehou totdat ons daar weg is."

Dit is onnodig om die kruisondervraging van hierdie getuie volledig te behandel. Daar is aan hom gestel dat net die manlike jeugdiges van Port

Rumpff HR

Elizabeth aangehou is en nie ander nie. Dit het Scheepers erken. Verder is aan hom gestel dat "beskuldigdes sê daardie aand is ook geloofliedere A gesing" en verder dat "beskuldigdes sê daar was gelofteliedere gesing". Scheepers het dit ontken. Ander liedere is ook nog genoem maar dit is nie aan Scheepers gestel dat die beskuldigdes sou sê dat geen opruiende of opswepende liedere gesing is nie toe Scheepers en die ander polisiemanne op die toneel verskyn het.

Nadat Scheepers getuenis afgelê het, is aansoek gedoen om ontslag van die B beskuldigdes. Dit is nie toegestaan nie. Nie een van die beskuldigdes het getuienis afgelê nie. Wel is 'n man opgeroep namens die verdediging, ene Skosana, wat as huurder in die huis van Sobukwe met sy vrou en vier kinders gewoon het. Volgens hom is die lyk van Sobukwe verwag gedurende die nag. Daar was dié nag 'n byeenkoms van jong mense buite die huis. Die C singery het begin om 8.30 maar hy het gaan slaap en hy het eers wakker geword toe die Polisie opgedaag het. Hy het die byeenkoms beskou as 'n "solemn wake or occasion". Wat hy gehoor sing het, was lofliedere ter ere van die oorledene. Die jongmense het aan hom vertel dat "they were coming to attend the wake".

Namens appellante is aangevoer dat dit nie bewys is dat appellante 'n D gemeenskaplike doel gehad het nie en dat die betrokke artikel dus nie oortree is nie. In hierdie verband is 'n beroep gedoen op die beslissings in R v Kahn 1955 (3) SA 177 (A); Dudley v Minister of Justice 1963 (2) SA 464 (A); S v Morgan 1977 (4) SA 471 (K); S v O'Riordan and Others, waarin die uitspraak in die Afdeling Kaap die Goeie Hoop gelewer is op 4.6.79 (nog nie in die...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • Adampol (Pty) Ltd v Administrator, Transvaal
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NNO 1987 (2) SA 899 (A) at 909F - H; Union Government v Mack 1917 AD 731 at 739; R v Hugo 1926 AD 258 at 271; S v Zigqolo and Others 1980 (1) SA 49 (A) at 58A; SAR & H v Smith's Coasters 1931 AD 113 at 117; Hleka v Johannesburg F City Council 1949 (1) SA 842 (A) at 852 - 3; Suid-Afrikaanse ......
  • Castel NO v Metal & Allied Workers Union
    • South Africa
    • Invalid date
    ...has been defined as the assembly of two or more persons to achieve some common object by concerted action (see S v Zigqolo en Andere 1980 (1) SA 49 (A) at 54H). B (ii) The whole burden of the decision in the case of R v Khan 1955 (3) SA 177 (A) at 184G was that a social gathering did not ha......
  • Ellispark Stadion Bpk v Minister van Justisie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...te verleen regtens op 'n nietigheid neerkom. Die Hof a quo het beslis, met 'n beroep op die beslissing in S v Zigqolo en Andere 1980 (1) SA 49 (A), dat die konsert wel 'n 'byeenkoms' is soos by art 1 van Wet 7 4 van 1982 bedoel, en het die aansoek van die hand gewys. Op appel het die Hof al......
  • S v Mahlangu and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...defined as meaning the assembly of two or more persons to achieve some common object by concerted action. (S v Zigqolo en Andere 1980 (1) SA 49 (A).) No doubt, in the absence of any definition of common purpose in the Act itself, the same would apply in B relation to The allegation of inval......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • Adampol (Pty) Ltd v Administrator, Transvaal
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NNO 1987 (2) SA 899 (A) at 909F - H; Union Government v Mack 1917 AD 731 at 739; R v Hugo 1926 AD 258 at 271; S v Zigqolo and Others 1980 (1) SA 49 (A) at 58A; SAR & H v Smith's Coasters 1931 AD 113 at 117; Hleka v Johannesburg F City Council 1949 (1) SA 842 (A) at 852 - 3; Suid-Afrikaanse ......
  • Castel NO v Metal & Allied Workers Union
    • South Africa
    • Invalid date
    ...has been defined as the assembly of two or more persons to achieve some common object by concerted action (see S v Zigqolo en Andere 1980 (1) SA 49 (A) at 54H). B (ii) The whole burden of the decision in the case of R v Khan 1955 (3) SA 177 (A) at 184G was that a social gathering did not ha......
  • Ellispark Stadion Bpk v Minister van Justisie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...te verleen regtens op 'n nietigheid neerkom. Die Hof a quo het beslis, met 'n beroep op die beslissing in S v Zigqolo en Andere 1980 (1) SA 49 (A), dat die konsert wel 'n 'byeenkoms' is soos by art 1 van Wet 7 4 van 1982 bedoel, en het die aansoek van die hand gewys. Op appel het die Hof al......
  • S v Mahlangu and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...defined as meaning the assembly of two or more persons to achieve some common object by concerted action. (S v Zigqolo en Andere 1980 (1) SA 49 (A).) No doubt, in the absence of any definition of common purpose in the Act itself, the same would apply in B relation to The allegation of inval......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT