S v Witbooi

JurisdictionSouth Africa
JudgeWessels AR, Kotzé AR en Trengove AR
Judgment Date10 September 1981
Citation1982 (1) SA 30 (A)
Hearing Date04 September 1981
CourtAppellate Division

Kotzé AR:

Regter-president JACOBS en twee assessore het die appellant, 24 jaar oud, in die Gordonia Rondgaande Plaaslike Afdeling skuldig bevind aan die moord (sonder versagtende omstandighede) van Piet Geel F (die oorledene) op 2 Mei 1980 te Upington en aan twee klagtes van roof (met verswarende omstandighede) op dieselfde tyd en plek. Die eerste aanklag van roof het ook betrekking op die oorledene en die tweede aanklag van roof het betrekking op Jan Assegaai. Aan die appellant is 'n dubbele doodvonnis opgelê - eerstens vir die moord en tweedens vir die G aanklagtes van roof wat saamgeneem is vir die doeleindes van vonnis. Die feite deur die Hof bevind, wat strook met die getuienis namens die Staat en wat hoegenaamd nie weerspreek is nie aangesien die appellant sy skuld erken het, is dat die oorledene by 'n groep mense, wat die appellant ingesluit het, verbygeloop het. Die appellant, ene Swartz (beskuldigde 2 by die verhoor) en ene De Wet (beskuldigde 3 by die H verhoor) het weggedraai van die groep af en die oorledene gevolg. De Wet het hom van agter af gegryp, Swartz het 'n knuppel uit sy hand gegryp, die appellant het twee pakkies sigarette uit sy sak geneem, sy horlosie van sy arm afgeneem en De Wet het sleutels uit sy sak geneem. Die appellant het daarna by ene Pedro ('n lid van voormelde groep wat nog naby was) 'n dolk gekry en die oorledene 'n steekwond in die bors toegedien wat tot in die hart gedring het en sy dood veroorsaak het. Die appellant, Swartz, en De Wet het weer by die groep aangesluit. Jan Assegaai het verbygestap.

Kotzé AR

Die appellant het hom beveel om te staan. Dit het hy gedoen. Pedro het sy 'bene onder hom uitgeskop', De Wet het hom vasgehou en die appellant A het sy broek en velskoene uitgetrek, hom daarvan beroof en goedsmoeds op sy kop getrap. Dit is onnodig om te verwys na die verloop van die saak wat Swartz en De Wet betref.

'n Aansoek vir verlof om in hoër beroep te gaan teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan nie, teen die gevolglike B gebiedende doodvonnis en teen die diskresionêre doodvonnis is deur die Regter a quo van die hand gewys en hierdie appèl teen die vonnisse geskied kragtens verlof wat deur hierdie Hof verleen is.

Ek handel geriefshalwe eers met die appèl ten aansien van die vonnis op C die moordklag. In teëstelling met baie gevalle wat voor hierdie Hof kom, waar 'n versigtige voorlegging van getuienis met betrekking tot die vraag of versagtende omstandighede bestaan nie altyd plaasvind nie, het mej Fouché wat beide in die Hof a quo en voor ons pro deo namens die appellant opgetree het die taak wat ter beslissing val aansienlik vergemaklik deur die volledige wyse waarop sy hierdie uiters belangrike D sy van die saak nagevors en voorgelê het. Drie getuies, tw die appellant, mev Hendrika Ditsin (sy stiefmoeder) en mnr Wium ('n sielkundige), het in hierdie verband getuig. Dit blyk uit hierdie getuienis dat dinge van kindsbeen af vir die appellant verkeerd verloop het. Sy moeder het op baie jeugdige leeftyd die huis verlaat. Tussen hom E en sy vader, wat weer getrou het, het 'n hegte wedersydse liefdesband ontstaan. Maar toe hy slegs agt jaar oud was het iemand sy vader met ''n pik en 'n graaf' doodgemaak. Die verhouding met sy stiefmoeder was nie na wense nie en met die dood van sy vader is die appellant se anker in die lewe daarmee heen. As gevolg het daar 'n persoonlikheidsverandering ingetree, sy waardesisteem het verander, hy het in botsing met die gereg F gekom en is na 'n verbeteringskool gestuur. Ongelukkig het dit nie tot sy rehabilitasie gelei nie; inteendeel hy het in die verbeteringskoool kennis gemaak met verdowingsmiddele soos mandrax; dagga; LSD. Na hy die verbeteringskool verlaat het was hy reeds verslaaf aan...

To continue reading

Request your trial
25 practice notes
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1981 (1) SA 1148 (A) at 1156H; S v Sauls 1981 (3) SA 172 (A) at 179G - 180H; S v Lombaard 1981 (3) SA 198 (A) at 199E; S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A) at 33H, 34A; S v Khoza 1982 (3) SA 1019 (A) at 1032 - 5, 1044H, 1051D, 1052F, 1054H; S v Daniëls 1983 (3) SA 275 (A) at 325D, 331B; S v Leepi......
  • S v Tloome
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to the following authorities: S v Mathebula and Another 1978 (2) SA 607 (A); S v Felix and Another 1980 (4) SA 604 (A); S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A); S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); S v Mooi 1985 (1) SA 625 (A); S v Pieters 1987 I (3) SA 717 (A); S v Masina and Others 1990 (4) SA 709 (A);......
  • S v Tloome
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to the following authorities: S v Mathebula and Another 1978 (2) SA 607 (A); S v B Felix and Another 1980 (4) SA 604 (A); S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A); S v Moloto 1982 (1) SA 844 (A); S v Mooi 1985 (1) SA 625 (A); S v Pieters 1987 (3) SA 717 (A); S v Masina and Others 1990 (4) SA 709 (A);......
  • S v Munonjo en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Anderson 1964 (3) SA 494 (A) op 495; S v Maseka 1982 (1) SA 99 (A) op 102E-F; S v Peterson 1989 (3) SA 420 (A) op 426; S v Witbooi 1982 (1) SA 30 (A) op 35. H J de Wet namens die tweede appellant, op versoek van die Hof, het na die volgende gesag verwys: S v Jama and Others 1989 (3) SA ......
  • Request a trial to view additional results
25 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT