S v Williams en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff AR, Trollip AR en Rabie Wn AR
Judgment Date26 March 1970
Citation1970 (2) SA 654 (A)
Hearing Date23 March 1970
CourtAppellate Division

D Rabie, Wn A.R.:

Die twee appellante, albei Kleurlinge van 'n bietjie ouer as 20 jaar, is in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop deur 'n Hof bestaande uit Waarnemende Regter TEBBUTT en twee assessore E daaraan skuldig bevind dat hulle op 13 Junie 1969 'n 28-jarige Kleurlingman, Johannes Visagie, in Elsiesrivier, in die distrik Goodwood, vermoor het. Die Hof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie en albei appellante is tot die dood veroordeel. Albei het by die Verhoorregter aansoek gedoen om verlof om te appelleer, maar dit is geweier. Daarna is verlof om te appelleer aan F hulle toegestaan kragtens die bepalings van art. 363 (6) van die Strafproseswet, maar die reg van appèl is beperk tot (a) die vraag of daar voldoende bewys gelewer is dat hulle die bedoeling gehad het om die oorledene te dood en (b) die kwessie van vonnis. Dit is gemene saak tussen die partye dat dit geoorloof is om 'n appèl tot spesifieke gronde te beperk. (Vgl. R v Jantjies, 1958 (2) SA 273 (AA) op bl. 275).

G Die eerste appellant, Samuel Williams, was beskuldigde no. 1 in die Hof a quo en die tweede appellant, Charles Stander, was beskuldigde no. 2.

Volgens die geneesheer wat die nadoodse ondersoek gedoen het, was die oorsaak van die oorledene se dood

''n steekwond in die nek met deursnyding van die arterie innominata en bloeding'.

H Die arterie innominata is 'n tak van die aorta. Hierdie wond was aan die linkerkant van die nek en die rigting daarvan was van links na regs en afwaarts. Dit het eers 'n sny van ongeveer 5 cm. aan die nek veroorsaak en toe die borskas digby die aansluiting van die bors- en die sleutelbeen binnegedring. Dit was ongeveer 7 cm. diep. Volgens die geneesheer het die mes deur sagte weefsel gegaan en sou 'n 'redelike' mate van geweld voldoende gewees het om hierdie wond te veroorsaak. Die oorledene het ook 'n tweede steekwond gehad. Dit was in die rug,

Rabie Wn AR

tussen die blaaie, en het net in die spiere ingedring. Die getuienis toon nie presies hoe diep hierdie wond was nie, maar volgens die geneesheer was dit 'nie 'n baie diep wond nie' en is vermoedelik 'nie veel geweld' gebruik met die toediening daarvan nie.

A Die oorledene het albei bogemelde wonde opgedoen toe hy ongeveer 8 nm. op 13 Junie 1969 in Elsiesrivier oor Connaughtstraat, wat van oos na wes loop, gestap het. Dit was net nadat hy 'n winkel, wat aan die noordekant van die straat geleë is en wat op die straat uitkyk, verlaat het en B besig was om skuins oor die gemelde straat in die rigting van 47ste Straat te loop. Laasgenoemde straat loop rofweg van suid na noord. Dit is van 50-60 treë wes van die winkel en loop hom vanuit 'n ongeveer suidelike rigting in Connaughtstraat dood. Skuins voor die winkel, en net 'n paar treë daarvandaan, is daar 'n bushalte. Ten tyde van die aanranding op die oorledene het daar 'n elektriese lig bokant die C voordeur van die winkel gebrand en ook 'n straatlig ongeveer 31 treë van die plek van die aanranding af.

Twee Staatsgetuies, Carl Hansen en Joseph Davids, het getuig dat hulle gesien het hoe die appellante die oorledene aanval en met messe steek, terwyl die appellante beweer het dat hulle waargeneem het hoe die twee D getuies die oorledene met messe aanval. Die Verhoorhof het tot die gevolgtrekking gekom dat die getuienis van Hansen en Davids die waarheid was en dat die geheel van die getuienis van die appellante vals was en verwerp moes word. Hierdie bevinding is nie onderhewig aan appèl nie en die vraag waarom dit hier gaan, nl. of dit bewys is dat appellante die opset gehad het om te dood, moet beslis word in die lig van die E getuienis van die Staatsgetuies wat deur die Verhoorhof aanvaar is.

[Die Edelagbare Regter het die getuienis ontleed en soos volg voortgegaan.]

Die Verhoorhof het in sy uitspraak gesê dat die appellante...

To continue reading

Request your trial
18 practice notes
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 57 (A) at 60A; R v Melozani 1952 (3) SA 639 (A) at 643F; R v Jantjies 1958 (2) SA 273 (A) C at 275A; S v Williams en 'n Ander 1970 (2) SA 654 (A) at 655G; S v Sikosana 1980 (4) SA 559 (A) at 563A; S v E 1965 (4) SA 526 (A) at 530D; S v Siwesa 1957 (2) SA 223 (A) at 225H; S v Mofokeng......
  • S v Mbatha en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1972 (2) SA 839 (A) op 841; S v Malinga 1963 (1) SA 692 (A) op 694; S v Madlala 1969 (2) SA 637 (A) op 640; S v Williams and Another 1970 (2) SA 654 (A) op E 659; S v Kramer and Another 1972 (3) SA 331 (A) op 333; S v Dhlamini 1971 (1) SA 807 (A) op 817; R v Horn 1958 (3) SA 457 (A) op 467;......
  • S v Mthembu and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(E); S v Bvuure (1) 1974 (1) SA 206 (R); S v Malinga 1963 (1) SA 692 (A); S v Madlala 1969 (2) SA 637 (A); S v Williams and Another 1970 (2) SA 654 (A); S v Kramer en Andere 1972 (3) SA 331 (A); S v Shaik and Others 1983 (4) SA 57 (A); S v Sighwala 1967 (4) SA 566 (A); R v Horn 1958 (3) SA ......
  • S v Mthembu and Others
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 24 September 1987

  • Request a trial to view additional results
18 cases

18 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT