S v White

JurisdictionSouth Africa
JudgeMarais R
Judgment Date18 October 1972
Citation1973 (4) SA 174 (W)
Hearing Date17 October 1972
CourtWitwatersrand Local Division

Marais, R.:

D Die beskuldigde, 'n volwasse Blanke man, wie se beroep blykbaar dié van 'n huisskilder is, staan tereg op die hoofaanklag van oortreding van art. 21 (a) van die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank, 29, van 1944. Die bewering is dat hy in Augustus 1971, te Alberton in Transvaal, wederregtelik note van die bank of wat heet note van die bank te wees vervals het, te wete R10-note ter waarde van R29 440. Die eerste alternatiewe aanklag is dat hy art. 21 (c) van E dieselfde Wet oortree het, deurdat hy, sonder magtiging van die bank, op materiaal woorde, syfers, letters, merke, strepe of tekeninge gemaak het wat eie is aan en gebruik word in of op 'n noot van die bank, te wete 'n R10-noot. Die tweede alternatiewe aanklag, nl., 'n oortreding F van art. 21 (d), is nie ter sake by die beoordeling van hierdie bepaalde geval nie.

Die Staat se bewering is dat die beskuldigde skuldig is aan die hoofaanklag. Die verweer is dat hy wel skuldig is, maar alleen aan die eerste alternatiewe aanklag, en hy het ook inderdaad so gepleit.

Die meeste feite van hierdie saak is gemeen tussen die verdediging en die Staat. Die beskuldigde is in besit gevind van 'n groot aantal G velle papier waarop daar afdrukke van dele of die geheel van R10-note is. Dit is duidelik dat vier aparte verskillende R10-note gebruik is vir die doel om hierdie afdrukke te maak. Die afdrukke is in sommige gevalle in een kleur, naamlik groen, wat die oorheersende kleur van 'n R10-noot H van Suid-Afrika is. Ander is in twee kleure, naamlik groen en bruin, wat die twee hoofkleure is, behalwe swart, van 'n R10-noot in Suid-Afrika. Daar is ook 'n groot aantal velle afrolpapier in sy besit gekry, en inkbuisies wat swart en groen ink bevat het.

Marais R

Die beskuldigde het in die getuiebank gegaan en gesê dat hy hierdie afdrukke heeltemal onskuldig gemaak het, in die sin dat hy nooit bedoel het om 'n bedrieglike uitreiking van hierdie note te laat plaasvind nie; dat as daar 'n noot of note uitgereik is, dan is dit sonder sy A toestemming en wel deur een van sy bediendes gedoen; en dat hy hierdie afdrukke gemaak het alleen met die bedoeling om dit op sekere advertensiepamflette wat hy in sy beroep gebruik het, aan te wend. Die gedagte was, volgens 'n eksemplaar wat voor die Hof is, dat, saam met die advertensie van sy werk, daar so 'n afdruk van 'n R10-noot aangeheg B sou word, met daarop geskryf in handskrif '10 afslag vir 'n spuitverfkontrak soos aangebied', of woorde te dien effekte. Die beskuldigde sê dat hy hierdie R10-noot gebruik het om die aandag van die lesende publiek te trek. Hy versprei 'n groot aantal van hierdie pamflette en dit is op hierdie manier dat hy bekend word by potensiële klante. Die aanheg van so 'n R10-noot, het hy gemeen, sou geen skade C doen nie, want niemand sou dit wou uitreik as 'n egte noot nie en, in elk geval daarop sou geskryf staan, en verder sou die agterkant van die noot verkeerdom gedruk wees, dit wil sê onderstebo vergeleke met die voorkant van die noot, sodat niemand daardeur bedrieg kon word nie. Hy het dit alleen gedoen om sy reklame effektief te maak; hy sê dit sou so D effektief gewees het. Verder ontken hy nadruklik dat hy geweet het dat dit onwettig is om 'n banknoot aldus na te maak.

Dit is nodig om op hierdie feite, en die ander feite wat in die saak geblyk het, te bepaal wat die bedoeling van die beskuldigde was. Was dit gewees om net nagemaakte note as advertensie 'gimmick' soos dit in E Engels heet te gebruik of was daar 'n bybedoeling...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • S v Ndwambi
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 412 (A): referred to S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A): referred to S v Van der Mescht 1962 (1) SA 521 (A): referred to C S v White 1973 (4) SA 174 (W): referred The State v Kruger and Another 1961 (4) SA 816 (A): referred to. England Caswell v Powell Duffryn Associated Collieries Ltd [1......
  • S v Magidson
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 14 Mayo 1984
    ...nature or shape of the "material" upon which the offending marks appear. I am fortified in this view by the judgment in S v White 1973 (4) SA 174 (W). In that case the accused was charged with a contravention Ackermann J A s 21 (a), alternatively with a contravention of s 21 (c) of the Act.......
  • S v Magidson
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nature or shape of the "material" upon which the offending marks appear. I am fortified in this view by the judgment in S v White 1973 (4) SA 174 (W). In that case the accused was charged with a contravention of 1984 (3) SA p828 Ackermann J A s 21 (a), alternatively with a contravention of ......
  • S v Van Zyl
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie die geval is nie. S v Banur Investments (Pty) Ltd en 'n Ander 1970 (3) SA op 771A - 773A; S v Dreyer 1976 (4) SA op 618C; S v White 1973 (4) SA 174; Verklarende Woordeboek van die Afrikaanse Taal sv "Vervals"; Oxford Dictionary sv "Falsify". Dit is 'n beginsel van interpretasie van 'n W......
4 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT