S v Venter

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteenkamp R
Judgment Date10 February 1989
Citation1990 (2) SACR 291 (NC)
Hearing Date10 February 1989
CounselG W Galloway namens die applikant W Moore namens die Staat
CourtNorthern Cape Division

Steenkamp R:

Die applikant is in die streekhof aan een aanklag van diefstal en twee aanklagte van bedrog skuldig bevind. Die applikant is op dieselfde dag op elk van die drie aanklagte gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf waarvan die helfte vir vyf jaar op sekere voorwaardes I opgeskort is. Die verhoorhof het verder gelas dat ses maande gevangenisstraf op elke aanklag samelopend uitgedien moet word.

Die applikant het teen sy vonnis geappelleer, maar het versuim om sy appèl betyds voort te sit en was verplig om kondonasie vir die laat voortsetting van die appèl aan te vra. Die applikant het by die verhoor van die kondonasie-aansoek, aansoek gedoen dat die vonnis tersyde gestel J word en die saak na die verhoorhof

Steenkamp R

A terugverwys word ten einde verdere getuienis voor die hof te plaas om opnuut 'n gepaste vonnis te oorweeg. Die getuienis wat die applikant voor die verhoorhof wil plaas, is in die vorm van beëdigde verklarings voor hierdie Hof geplaas. By die aanvang van die verrigtinge het mnr Galloway, wat namens die applikant optree, die Hof meegedeel dat hy die applikant meegedeel het dat sy kanse op appèl op die huidige oorkonde B baie gering is en dat hy nie met die appèl op die huidige oorkonde kan voortgaan nie, maar dat die applikant slegs met sy aansoek om verdere getuienis voor die verhoorhof te plaas, kon aangaan. Die applikant het derhalwe sy aansoek om kondonasie vir die laat voortsetting van sy appèl laat vaar omdat hy nie in staat sou gewees het om hierdie Hof te oortuig dat hy 'n redelike vooruitsig op appèl op die huidige oorkonde het nie.

Daar is slegs twee bronne waaruit die bevoegdheid van hierdie Hof om C verdere getuienis aan te hoor of te laat aanhoor afgelei kan word.

Hierdie is 'n appèl van die streekhof na 'n Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof en derhalwe is art 316(3) van die Strafproseswet 51 van 1977 ('die Wet') nie van toepassing nie, maar art 304(2)(b) saamgelees met art 309(3) verleen aan hierdie Hof die bevoegdheid om hierdie tipe aansoek aan te hoor en subart 2(b) van hierdie artikel D magtig hierdie Hof om self getuienis aan te hoor en subart 2(c)(v) verleen aan hierdie Hof die bevoegdheid om die saak na die streekhof terug te verwys om verdere getuienis aan te hoor. Bo en behalwe die bevoegdheid wat die Strafproseswet aan hierdie Hof verleen om die aspek van verdere getuienis by die aanhoor van 'n appèl te oorweeg, verleen art 22 van die Hooggeregshofwet 59 van 1959 dieselfde bevoegdhede aan hierdie Hof.

'22. Die Appèlafdeling of 'n Provinsiale Afdeling is bevoeg -

(a)

E om by die verhoor van 'n appèl verdere getuienis te ontvang, hetsy mondeling of by verklaring voor iemand deur bedoelde Afdeling aangestel, of om die saak vir verdere verhoor na die hof van eerste instansie, of die hof waarvan die uitspraak die onderwerp van die appèl is, terug te verwys, met 'n opdrag wat betref die afneem van verdere getuienis of andersins soos vir die betrokke Afdeling nodig blyk. . . .'

F In S v Swanepoel 1983 (1) SA 434 (A) het Rabie HR op 439C-E hierdie artikel soos volg uitgelê:

'Soos uit hierdie bepalings blyk, verleen die artikel 'n wye bevoegdheid aan hierdie Hof en word sy toepassingsgebied nie aan enige beperkings onderhewig gestel nie. Daar word nie in die artikel self, of in enige ander bepalings van die Wet, bepaal in welke omstandighede G 'n aansoek om verdere getuienis voor te lê deur die Hof toegestaan kan word nie, maar daar is verskeie beslissings van hierdie Hof waaruit blyk aan welke vereistes daar voldoen moet word voordat so 'n aansoek toegestaan kan word.'

Aansoek om verdere getuienis aan te hoor word slegs in uitsonderlike omstandighede toegestaan omdat dit in openbare belang en in belang van regspreking is dat verhore afgehandel word en daarom is daar sekere H vereistes gestel waaraan sodanige aansoek moet voldoen.

In S v De Jager 1965 (2) SA 612 (A) het Holmes AR hierdie vereistes duidelik op 613D soos volg uitgespel:

'This Court can, in a proper case, hear evidence on appeal; see R v Carr 1949 (2) SA 693 (A); but the usual course, if a sufficient case has been made out, is to set aside the conviction and sentence and I send the case back for the hearing of the further evidence, as was done, for example, in R v Mhlongo and Another 1935 AD 133. However, it is well settled that it is only in an exceptional case that the Court will adopt either of the aforegoing courses. It is clearly not in the interests of the administration of justice that issues of fact, once judicially investigated and pronounced upon, should lightly be re-opened and amplified. And there is always the possibility, such is human frailty, that an accused, having seen where the shoe pinches, J might tend to

Steenkamp R

A shape evidence to meet the difficulty. Accordingly, this Court has, over a series of decisions, worked out certain basic requirements. They have not always been formulated in the same words, but their tenor throughout has been to emphasise the Court's reluctance to re-open a trial. They may be summarised as follows:

(a)

There should be some reasonably sufficient explanation, based on allegations which may be true, why the evidence which it is B sought to lead was not led at the trial.

(b)

There should be a prima facie likelihood of the truth of the evidence.

(c)

The evidence should be materially relevant to the outcome of the trial.

Non-fulfilment of any one of these requirements would ordinarily be fatal to the application, but every case must be decided on its particular merits, and there may be rare instances where, for some C special reason, the Court will be more disposed to grant the relief; see R v De Beer 1949 (3) SA 740 (A) at 748. Such a case was S v Nkala 1964 (1) SA 493 (A) where the accused's explanation was not such as would ordinarily be sufficient but it was accepted, not without some hesitation, in the special circumstances of that case.'

Sien verder S v N 1988 (3) SA 450 (A) op 458D-J; S v Myende 1985 (1) SA 805 (A) op 811A-E; S v Sterrenberg 1980 (2) SA 888 (A) op 893F-G; S v D Steyn 1981 (4) SA 385 (K).

Hiemstra in sy werk Suid-Afrikaanse Strafproses 4de uitg op 739 verwys na Steyn se saak supra en sê die resultaat is korrek, maar dat die Hof dit oor die hoof gesien het dat die benadering by landdroshofappèlle verskillend is as by die Hooggeregshofappèlle. As die geleerde skrywer bedoel het om te sê dat daar ingevolge art 316(3) van die Wet 'n verskil E in prosedure in verband met verdere getuienis by aansoek om verlof om te appelleer na vore kom, dan het ek geen probleem met hierdie stelling te vind nie, aangesien ek van mening is dat die vereistes dieselfde bly. Alhoewel art 316(3)(c) van die Wet verwys na 'behalwe in buitengewone gevalle' daar 'n aanvaarbare verklaring vir die versuim om getuienis voor die afsluiting van verhoor voor te lê, gegee moet word, word F hierdie 'buitengewone omstandighede' ook aanvaar ten opsigte van aansoek om verder getuienis aan te bied by appèlle wat van die landdroshof afkomstig is. Sien R v De Beer (supra).

In De Jager se saak supra en al die ander sake is daar nêrens melding gemaak daarvan dat daar 'n verskil in benadering moet wees nie. Artikel 316(3) van die Wet (soos sy voorganger) het na my mening slegs die G gemene reg gekodifiseer, maar nie gewysig nie.

Daar moet vervolgens vasgestel word of die applikant aan bogemelde vereistes in sy aansoek voldoen het.

Ek sal aanvaar vir doeleindes van hierdie aansoek dat die getuienis wat die applikant van voorneme is om aan te bied, waar sal wees en derhalwe aanvaar sal word. Die probleem met hierdie vereiste wat in Steyn se saak supra op deeglike wyse uitgewys is, kom derhalwe nie in H hierdie saak ter sprake nie. Die verdere vereiste is dat daar 'n redelike aanvaarbare rede verskaf moet word waarom die getuienis nie voor die verhoorhof geplaas is nie. Hierdie vereiste gee my probleme in hierdie saak aangesien die applikant deur mnr Joubert, 'n prokureur van...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • S v M
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SACR 479 (N): applied S v Nofomela 1992 (1) SACR 277 (A): applied S v Ramalope 1995 (1) SACR 616 (A): referred to B S v Venter 1990 (2) SACR 291 (NC): Statutes Considered Statutes The Constitution of the Republic of South Africa Act 108 of 1996, s 35(3): see Juta's Statutes of South Afr......
  • S v M
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SACR 479 (N): applied S v Nofomela 1992 (1) SACR 277 (A): applied S v Ramalope 1995 (1) SACR 616 (A): referred to D S v Venter 1990 (2) SACR 291 (NC): Legislation cited Statutes The Criminal Procedure Act 51 of 1977, ss 227, 304(2), 309(3) and 316(3): see Juta's Statutes of South Africa......
  • S v M
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 31 May 2002
    ...was either s 22(a) of the Supreme Court Act 59 of 1959 or s 304(2)(b) read with s 309(3) of the Criminal Procedure Act: S v Venter 1990 (2) SACR 291 (NC) at 294c - d. Although s 316(3) contains a I codification, unamended, of the common-law requirements for adducing evidence on appeal or on......
  • S v Ndzamela and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...evidence concerning this count apart from what they said during the trial J concerning the question of admissibility of statements. 1990 (2) SACR p291 Goldin A There was also independent evidence concerning the possession of firearms, ammunition, hand grenades and explosives. They were righ......
4 cases
  • S v M
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SACR 479 (N): applied S v Nofomela 1992 (1) SACR 277 (A): applied S v Ramalope 1995 (1) SACR 616 (A): referred to B S v Venter 1990 (2) SACR 291 (NC): Statutes Considered Statutes The Constitution of the Republic of South Africa Act 108 of 1996, s 35(3): see Juta's Statutes of South Afr......
  • S v M
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SACR 479 (N): applied S v Nofomela 1992 (1) SACR 277 (A): applied S v Ramalope 1995 (1) SACR 616 (A): referred to D S v Venter 1990 (2) SACR 291 (NC): Legislation cited Statutes The Criminal Procedure Act 51 of 1977, ss 227, 304(2), 309(3) and 316(3): see Juta's Statutes of South Africa......
  • S v M
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 31 May 2002
    ...was either s 22(a) of the Supreme Court Act 59 of 1959 or s 304(2)(b) read with s 309(3) of the Criminal Procedure Act: S v Venter 1990 (2) SACR 291 (NC) at 294c - d. Although s 316(3) contains a I codification, unamended, of the common-law requirements for adducing evidence on appeal or on......
  • S v Ndzamela and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...evidence concerning this count apart from what they said during the trial J concerning the question of admissibility of statements. 1990 (2) SACR p291 Goldin A There was also independent evidence concerning the possession of firearms, ammunition, hand grenades and explosives. They were righ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT