S v Thomas

JurisdictionSouth Africa
JudgeFortuin J
CourtWestern Cape Division, Cape Town
Citation2015 JDR 1932 (WCC)
Docket NumberSS12/2010

Fortuin R:

A. INLEIDING

[1]

Hierdie v e rhoor het meer as 4 jaar gelede op 18 April 2011 'n aanvang geneem. Hierdie Hof is nou in 'n posisie om uitspraak te lewer. Die Hof is by gestaan deur assessore mnr W Marais en me Christelle Olivier.

[2]

Die staat het oorspronklik 19 beskuldigdes op 'n totaal van 166 aanklagtes aangekla. Beskuldigde 1, George Thomas (alias Geweld), staan met 18 ander op verskeie aanklagte van aanhitsing, sameswering, poging tot moord en besit van vuurwapens en ammunisie, tereg. Ondermeer word hulle van 15 die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad aangekla. Die beweerde misdrywe is grotendeels in die Bishop Lavis gebied gepleeg. Die bewering is dat beskuldigde 1, wie in Bishop Lavis woonagtig is, as leier van 'n faksie van die 28 bende, die gebied van Bishop Lavis as sy eie magsgebied wou beheer.

[3]

Die 19 beskuldigdes, wie almal verteenwoordig was, is deur die volgende regsverteenwoordigers bygestaan:

Beskuldigde 1, George Thomas (alias Geweld) is verteenwoordig deur adv J Mihalik;

2015 JDR 1932 p3

Fortuin R

Beskuldigde 2, Jason Stander is verteenwoordig deur adv J Solomons;

Beskuldigde 3, Fred Williams (alias Bushy) is verteenwoordig deur adv M Pothier;

Beskuldigde 4, Peter Mcniel (alias Pietie is verteenwoordig deur adv E de Villiers;

Beskuldigde 5, Derrick Claasen (alias Brood) is verteenwoordig deur adv E de Villiers ;

Beskuldigde 6, Giovanni Kannemeyer (alias Wanie) is verteenwoordig deur adv M Pothier;

Beskuldigde 7, Alfonso van Heerden (alias Fonnie) is verteenwoordig deur adv L Konstabel;

Beskuldigde 8, Herman Wakefield (alias Hermie) is verteenwoordig deur adv L Konstabe l;

Beskuldigde 9, Mogammat Stemmet (alias Bastard) is verteenwoordig deur adv L Konstabel;

Beskuldigde 10, Jerome Karlmeyer (alias Volbloed) is verteenwoordig deur adv M Pothier;

Beskuldigde 11, Ashley Appolis (alias Ossie) is verteenwoordig deur mnr H van Ieperen;

Beskuldigde 12, Kenneth Lavita (alias Pie) is verteenwoordig deur adv Badenhorst ;

Beskuldigde 13, Howard Jansen (alias Howie) is verteenwoordig deur adv E de Villiers;

2015 JDR 1932 p4

Fortuin R

Beskuldigde 14, Ronald Swarts (alias Colonel) is verteenwoordig deur mnr H van Ieperen;

Beskuldigde 15, Gregory Meyer (alias Goue Tand) is verteenwoordig deur adv B Brand;

Beskuldigde 16, Ashraf Ryklief (alias Arab) is verteenwoordig deur adv Badenhorst;

Beskuldigde 17, Rodney Joubert (alias Pissie) is verteenwoordig deur adv Solomons;

Beskuldigde 18, Ashwin Charles (alias Blok) is verteenwoordig deur adv Johnson; en

Beskuldigde 19, Reyaaz Dennis (alias Katjies) is verteenwoordig deur adv B Brand.

[4]

Die staat beweer dat 16 van die beskuldigdes lede van 15 die 28 kriminele bende onder leiding van beskuldigde 1 is en dat hulle misdade in opdrag van beskuldigde 1 gepleeg het. Daar word verder beweer dat twee van die beskuldigdes lede van die 26 kriminele bende en een beskuldigde lid van die 27 kriminele bende is. Ten spyte van hul beweerde bende afiliasies word beweer dat selfs hierdie 3 beskuldigdes misdade in opdrag van beskuldigde 1 gepleeg het.

[5]

Die beskuldigdes het almal onskuldig op al die aanklagte wat hul ten laste gelê is gepleit, en almal, met die uitsondering van beskuldigde 15, het hul swyg reg uitgeoefen. Beskuldigde

2015 JDR 1932 p5

Fortuin R

het by monde van sy regsverteenwoordiger 'n pleit-verduideliking, slegs ten opsig te van aanklagte 132 en 133, gegee. Die pleitverduideliking word later by die bespreking van die spesifieke insident, behandel.

[6]

Sekere formele erkennings is ingevolge artikel 220 van die Strafproseswet deur die beskuldigdes gemaak. Beskuldigde 10 het sy skuld ten opsigte van die moord op Marvin Esterhuizen, soos vervat in aanklag 131, formeel erken. Beskuldigdes 10 en 15 het ook op v an die verwante vuurwapen en ammunisie klagtes, soos vervat in aanklagte 132 en 133 skuld erken.

[7]

Die staat het meer as 160 getuies geroep om die aanklagtes te bewys.

[8]

'n Aansoek vir my rekusering as voorsittende beampte is op 8 Oktober 2012 namens beskuldigde 1, gebring. Hierdie aansoek is deur die staat sowel as die beskuldigdes 2, 3, 6 7, 20 8, 9, 12, 16, 17 en 18 teengestaan. Beskuldigdes 4, 5, 10, 11, 13, 14, 15 en 19 het nie die aansoek ondersteun of teengestaan nie.

[9]

Bostaande aansoek is op 18 Oktober 2012 van die hand gewys. Die relevante uitspraak lees volg:

2015 JDR 1932 p6

Fortuin R

" 'n Aansoek dat ek van hierdie saak onttrek, is namens beskuldigde 1 deur advokaat Mihalik gebr ing. Vyf van die beskuldigdes het die aangeleentheid in die Hof se hande gelaat, terwyl 13 van die beskuldigdes die aansoek opponeer het.

Die staat het ook die aansoek opponeer.

Na deeglike oor weging van die argumente aan beide kant, is ek van mening dat daar nie voldoende meriete in die aansoek is nie en word die aansoek gevolglik van die hand gewys."

[10]

Die staat het op 19 Maar t 2013 die vervolging teen Fred William (beskuldigde 3) ingevolge artikel 6(1)(b) van die Strafproseswet gestaak en is hy op alle aanklagtes wat hom ten laste gelê is onskuldig bevind en is hy ontslaan. Die vervolging teen die 18 oorblywende beskuldigdes het voortgeduur.

[11]

Op 15 Augustus 2013 het beskuldigde 1 'n aansoek vir die herroeping van Ricardo Adonis, 'n artikel 204 getuie vir die doeleindes van verdere kruisverhoor gebring. Hierdie aansoek is van die hand gewys.

2015 JDR 1932 p7

Fortuin R

[12]

Die staatsaak is op 29 Oktober 2013 gesluit.

[13]

Na die sluiting van die staat se saak het die verskeie verdedigingspanne aansoeke in terme van artikel 174 van die Strafproseswet gebring. Die volgende bevel is na aanhoor van die artikel 174 betoë deur die verdediging en die staat gemaak:

Bevel in artikel 174 aansoek

"Namens die beskuldigdes is aan die einde van die staatsaak aansoeke in terme van artikel 174 van die Strafproseswet aansoek gedoen om ontslag. Ek is nie van voorneme om op hierdie stadium redes vir my bevel te gee nie en sal, indien nodig, redes aan die einde van die verhoor verskaf.

Vir volledigheids halwe ag ek dit tog nodig om artikel 174 volledig aan te haal en om tot voordeel van die beskuldigdes die betekenis daar van kortliks te bespreek.

Artikel 174 van die Strafproseswet lees soos volg:

"Indien die Hof, by afsluiting van die saak vir die vervolging by 'n verhoor, van oordeel is dat daar

2015 JDR 1932 p8

Fortuin R

GEEN getuienis is dat die beskuldigde die in die aanklag bedoelde misdryf of 'n misdryf waaraan hy op die aanklag skuldig bevind kan word, gepleeg het nie, KAN hy 'n uitspraak van onskuldig lewer.'

Graag wys die Hof daarop dat die twee belangrik e woorde hier is "GEEN" en "KAN". Die artikel se strekking in kort is dat as daar op hierdie stadium, dit wil sê, voordat die beskuldigdes met hulle getuienis begin, tog getuien is is waarop skuldig bevind kan word, kan die Hof die aansoek om ontslag weier. Dit is belangrik om daarop te let dat daar op hierdie stadium van die verhoor geen skuldigbevindings uitgebring word nie. Die Hof kan eers aan die einde van die verhoor bepaal of beskuldigdes skuldig is al dan nie. Die Hof oorweeg klagtes waar daar geen getuienis is nie.

Met hierdie riglyne in gedagte, word die volgende bevel gemaak:

Beskuldigde 1 word ontslaan op die volgende klagtes: 8, 9, 59, 60, 61, 62, 63, 64 , 65, 66, 67, 68, 69, 81, 89, 90, 91, 94, 95, 96, 97, 103, 104, 105 en 106.

Beskuldigde 2 word ontslaan op klagtes 8 en 9.

2015 JDR 1932 p9

Fortuin R

Beskuldigde 7 word op klagtes 89, 90, 91 ontslaan.

Beskuldigde 8 word op klagtes 81, 89, 90, 91 ontslaan.

Beskuldigde 9 word op klagtes 64, 66, 67, 68, 69, 81, 89, 90, 91, 94, 95, 96, 97, 104, 105, 106 ontslaan.

Beskuldigde 10 word op klagtes 81, 89, 90, 91 ontslaan.

Beskuldigde 11 word op klagtes 81, 89, 90, 91 ontslaan.

Beskuldigde 16 word op klagtes 89, 90, 91, 134 ontslaan.

Hierdie bevinding is daarop gebaseer dat daar op hier die stadium geen getuienis deur die staat aangebied is waarop hierdie Hof 'n skuldigbevinding ten opsigte van hierdie klagtes kan uitbring nie.

Dit is egter nodig dat die teenkant ook beklemtoon word.

Op hierdie stadium beteken dit glad nie dat die beskuldigdes enigsins skuldig is aan die oorblywende klagtes nie. Dit beteken slegs dat die staat tog getuienis aangebied het wat 'n skuldigbevinding kan beteken en dat die beskuldigdes op sodanige oorblywende klagtes moet

2015 JDR 1932 p10

Fortuin R

te bied"

[14]

Die saak vir die verdediging het op 10 Maart 2014 'n aanvang geneem en al die beskuldigdes het in hul eie verdediging getuig.

[15]

Beskuldigde 2 het 10 getuies geroep en is 'n getuie naamlik adjudant-offisier J Bolley, wie op die staat se lys van getuies was, op beskuldigde 1 se versoek, deur die Hof geroep.

[16]

Na die sluiting van beskuldigde 1 se saak, het die staat 'n aansoek gebring vir die heropening van die staatsaak. Hierdie aansoek is deur die Hof van die hand gewys.

[17]

Die oorblywende beskuldigdes het nie almal getuies geroep nie. Beskuldigdes 2, 6, 8, 10, 12, 17 en 19 het geen getuies geroep nie. Beskuldigdes 4, 5, 7, 13, 15, 16 en 18 het elk een getuie geroep. Beskuldigde 7 het 'n aansoek vir die herroeping van staatsgetuie, getuie Q, gebring welke aansoek van die hand gewys is.

[18]

Beskuldigde 9 en 11 het elk twee getuies geroep terwyl beskuldigde 14 drie getuies geroep het.

2015 JDR 1932 p11

Fortuin R

[19]

Die saak vir die verdediging is op 6 Oktobe 2014 gesluit.

[20]

Die staat het 'n span van drie aanklaers gebruik wie 'n geweldige groot taak verrig het om die klagstaat in individuele insidente te verdeel. Die Hof is die staat baie dank verskuldig vir hierdie voorbereidende werk. Een van die groot struikelblokke tydens hierdie verhoor was egter die feit dat die getuienis nie in dieselfde...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
5 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT