S v Sydow

JurisdictionSouth Africa
JudgeMoosa R en H J Erasmus R
Judgment Date22 November 2002
Citation2003 (2) SACR 302 (C)
Docket NumberSaaknr A66/2002
Hearing Date25 October 2002
CounselA J Samuels namens die appellante. D Greyling namens die Staat.
CourtCape Provincial Division

H J Erasmus R:

Die vier appellante het in die streekhof te Kaapstad tereg gestaan op 'n aanklag van roof met verswarende omstandighede, en 'n aanklag van oortreding van art 2 van die Wet op Wapens en Ammunisie 75 van 1969 (onwettige besit van twee vuurwapens). J

H J Erasmus R

Die appellante is al vier op 10 April 2001 skuldig bevind op die A aanklag van roof met verswarende omstandighede. Die vierde appellant is ook op die aanklag van oortreding van art 2 van Wet 75 van 1969 skuldig bevind.

Elk van die vier appellante is op 6 Junie 2001 gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf op die aanklag van roof met verswarende omstandighede. Die vierde appellant is 'n verdere drie jaar B gevangenisstraf opgelê ten opsigte van die aanklag van oortreding van art 2 van Wet 75 van 1969. Die Hof het beveel dat hierdie vonnis uitgedien word tesame met die vonnis op die aanklag van gewapende roof.

Die appellante kom in hoër beroep slegs teen hul skuldigbevinding.

Ná aanhoor van mondelinge betoog, is die advokate versoek om C skriftelike kommentaar te lewer na aanleiding van die beslissing van die Hoogste Hof van Appèl in S v B (ongerapporteerd, saaknr 22/2002, 27 September 2002). [*] Ek is die advokate dank verskuldig vir hul reaksie op hierdie versoek.

Die feite van die saak kan kortliks saamgevat word. Die klaagster D beweer dat sy op die aand van 2 Augustus 2000 deur die vier appellante in 'n mini-bus taxi van haar baadjie, R80 en 'n sleutel beroof is. Die vierde appellant het haar in die proses geklap en met 'n vuurwapen gedreig. Die rowers het haar êrens in Woodstock afgelaai. Sy het by 'n huis aangeklop en pen en papier gevra om die registrasienommer van die taxi neer te skryf. 'n Man het haar na die E naaste polisiekantoor geneem. Sy het die nommer van die voertuig aan die polisie gegee en vertel dat sy beroof is. Die berig van die roof en die registrasienommer van die voertuig is op die polisie se radio-netwerk versprei. Die voertuig is pas daarna voorgekeer met die vier appellante daarin. By die polisiestasie is twee vuurwapens in die voertuig gevind. Die klaagster het die vier mans uitgeken as dié wat F haar beroof het.

Die appèl teen skuldigbevinding berus op drie gronde:

1.

Die appellante het nie 'n billike verhoor gehad nie.

2.

Die klaagster se getuienis was ontoelaatbaar omdat die tolk nie ingesweer was nie. G

3.

Die appellante se weergawe kan redelik moontlik waar wees.

Die beswaar dat die appellante nie 'n billike verhoor gehad het nie, berus op die oorweging dat die saak voor die Hof gebring is op 15 Augustus 2000, slegs 13 dae ná die appellante se arrestasie. Die saak is so gou voor die hof gebring omdat die klaagster op die punt gestaan het om terug te keer na Duitsland. H

By die aanvang van die verhoor het die prokureur wat namens die appellante verskyn het, te kenne gegee dat sy nie heeltemal gereed is om voort te gaan nie. Haar aanvanklike onwilligheid om met die saak voort te gaan het egter gespruit uit haar aandrang dat 'n uitkenningsparade gehou word. Dit is duidelik dat 'n uitkenningsparade I geen doel sou gedien het nie - die appellante plaas hulle self op die toneel van die beweerde misdrywe in die teenwoordigheid van die klaagster. J

H J Erasmus R

Die voorsittende landdros was wel deeglik bewus daarvan dat die saak A op kort kennisgewing ter rolle geplaas is, en hy het teenoor die appellant se prokureur te kenne gegee dat hy haar tegemoet sal kom indien sy probleme ervaar.

Die klaagster se getuienis in hoof is op die eerste dag van die verhoor aangehoor. Haar kruisondervraging het twee dae later plaasgevind. Uit die oorkonde van die verrigtinge is dit duidelik dat die prokureur van die appellante genoeg tyd gehad het om haar voldoende B op kruisondervraging voor te berei (sien S v Halgryn 2002 (2) SASV 211 (HHA) ([2002] 4 B All SA 157) te paras [9] en [10]).

Die appellante is na my oordeel nie benadeel deur die feit dat die saak redelik spoedig verhoor is nie. C

Die klaagster is Duitssprekend en het haar getuienis deur middel van 'n tolk afgelê. By die aanvang van haar getuienis, vra die landdros aan die tolk:

'Are you an official court interpreter?'

Hierop antwoord die tolk:

'Yes I am. I am registered with the law court.' D

Die tolk het daarop voortgegaan om die getuienis van die klaagster van Duits na Engels te tolk. Soos reeds vermeld voer die appellante aan dat die klaagster se getuienis ontoelaatbaar was omdat die tolk nie ingesweer was nie. E

Die tolk se antwoord dat sy 'geregistreer' is by die Hof, is, soos uit gegewens blyk wat voor ons geplaas is, korrek in dié opsig dat sy ingevolge Hooggeregshofreël 59 toegelaat en ingeskryf is as 'n beëdigde vertaler. Sy is op 3 Mei 1990 in hierdie Hof toegelaat as beëdigde vertaler in Duits en in Engels.

Die vraag wat ontstaan is of 'n persoon wat as beëdigde vertaler in die Hooggeregshof toegelaat en ingeskryf is, as tolk in F strafverrigtinge in 'n landdroshof kan optree sonder om in daardie hof 'n eed af te lê. In S v Harksen; Harksen v President of the Republic of South Africa and Others; Harksen v Wagner NO and Another 1999 (2) SASV 448 (K) (2000 (1) SA 1185) het 'n beëdigde vertaler tydens uitlewerings-verrigtinge getuig sonder om as G tolk ingesweer te word. Die tolk is nie...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • S v NP
    • South Africa
    • KwaZulu-Natal Division, Pietermaritzburg
    • 11 November 2016
    ...to challenge both the intermediary and the competence of the complainant to testify. Ms Mshololo referred the court to S v Sydow 2003 (2) SACR 302 (C) regarding the admissibility of sworn testimony of a translator or interpreter; and K v The Regional Magistrate NO and Others 1996 (1) SACR 4......
  • S v Booi and Another
    • South Africa
    • Bophuthatswana High Court
    • 30 November 2004
    ...(A): referred to S v Nzima and Another 2001 (2) SACR 354 (C): referred to G S v Stefaans 1999 (1) SACR 182 (C): criticised S v Sydow 2003 (2) SACR 302 (C) ([2003] 1 All SA 118): referred Tshabalala v Lekoa City Council 1992 (3) SA 21 (A): referred to. Legislation cited Statutes The Criminal......
  • S v Booi and Another
    • South Africa
    • Invalid date

  • Recent Case: Evidence
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...possible true. The convictions were set aside. Admissibility of translated evidence The complainant in the case of S v Sydow 2003 (2) SACR 302 (C) was German speaking. Her evidence was translated into English by a translator who had been admitted and enrolled in terms of Uniform Rule of Cou......
  • Request a trial to view additional results
4 cases

  • S v Dayimani
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1996 (2) SACR 231 (T): referred to S v Stefaans 1999 (1) SACR 182 (C): dictum at 187i - 188i applied J 2006 (2) SACR p596 S v Sydow 2003 (2) SACR 302 (C): compared. A Legislation Statutes The Criminal Procedure Act 51 of 1977, s 170A: see Juta's Statutes of South Africa 2005/6 vol 1 at 1-36......
1 books & journal articles
  • Recent Case: Evidence
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...possible true. The convictions were set aside. Admissibility of translated evidence The complainant in the case of S v Sydow 2003 (2) SACR 302 (C) was German speaking. Her evidence was translated into English by a translator who had been admitted and enrolled in terms of Uniform Rule of Cou......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT