S v Steynberg

JurisdictionSouth Africa
JudgeMiller AR, Hoexter AR, Botha AR, Howard Wn AR en Grosskopf Wn AR
Judgment Date29 March 1983
Citation1983 (3) SA 140 (A)
Hearing Date17 February 1983
CourtAppellate Division

Hoexter AR:

In die rondgaande hof te Witbank, Transvaal, is die appellant deur Regter DE VILLIERS en twee assessore aan moord met versagtende omstandighede skuldig bevind. Die Verhoorregter het die appellant tot 10 jaar gevangenisstraf veroordeel, sy handvuurwapen aan die Staat verbeurd verklaar, en die appellant E se lisensie om 'n vuurwapen te besit ingetrek. Die appellant se aansoek om verlof om teen sy skuldigbevinding te appelleer is deur die Verhoorregter verwerp. Met verlof van hierdie Hof kom die appellant in hoër beroep.

Die appellant is 'n 24 - jarige ongetroude man wat ten tye van die voorval waaroor die saak gaan 'n vragmotorbestuurder was. F Die oorledene was 'n dertigjarige getroude man. Albei manne was frisgebou en sterk. Dit is gemeensaak dat op die aand van Sondag 22 Maart 1981 die appellant na die woning van die oorledene in Witbank gegaan het met die bedoeling om die oorledene te konfronteer. Die appellant was onder die invloed G van sterk drank en in 'n skede wat hy aan sy regterheup gedra het, was 'n gelaaide swaarkaliber rewolwer. Toe die

Hoexter AR

appellant aan die voordeur van die oorledene se huis klop, het die oorledene se vrou, mev De Beer, die deur oopgemaak en haar man na die voordeur geroep. Die oorledene het na die voordeur gegaan en die appellant daar aangetref. By die voordeur het die A twee manne woorde gewissel. Kort daarna het die oorledene 'n noodlottige skietwond in die borskas opgedoen. Hierdie skoot is met die appellant se rewolwer afgevuur. Die Staat voer aan dat die appellant die oorledene wederregtelik en opsetlik geskiet het. Die appellant se verweer is dat die oorledene 'n poging B aangewend het om die rewolwer by die appellant af te neem; dat in die daaropvolgende worsteling tussen die twee, en terwyl die oorledene self sy vinger op die sneller van die rewolwer gehad het, die noodlottige skoot per ongeluk afgevuur is.

Die appellant en die oorledene was kwaaivriende. Uit die aangevoerde getuienis blyk dat in Oktober 1980 mev De Beer 'n mev Groenewald aan die appellant voorgestel het en dat tussen C die twee laasgenoemdes 'n liefdesverhouding ontstaan het. 'n Tydjie daarna het 'n hoorsê-berig die appellant bereik waarvolgens die oorledene na mev Groenewald as 'n slet sou verwys het. Hieroor het die appellant die oorledene by sy huis gaan konfronteer. In teenwoordigheid van mev De Beer het 'n D argument tussen die twee manne plaasgevind; en per slot van sake het die oorledene die appellant stormgeloop en by die kombuisdeur uitgejaag. Gedurende die aand van Saterdag 21 Maart 1981 het die appellant by 'n braaivleis van mev Groenewald se swaer, ene Sarel van der Merwe, verneem dat die oorledene dreigemente teen hom (die appellant) uiter. Die appellant het toe besluit om die oorledene weer eens te konfronteer. E Gedurende die voormiddag van Sondag 22 Maart het die appellant en drie vriende saam twee bottels brandewyn en een bottel rietspiritus uitgedrink en in die namiddag het hulle nog twee of drie drankies geneem. Dit was die appellant se gewoonte om van die môre tot die aand sy rewolwer in 'n skede aan sy regterheup te dra. Omstreeks 7 uur nm op die betrokke F Sondagaand, geklee in 'n T-hempie en 'n nousluitende sportbroek met die rewolwer aan sy heup, het die appellant hom na die woning van die oorledene gewend. By die verdere verloop van gebeure vanaf die tyd dat mev De Beer die oorledene na die voordeur geroep het totdat die noodlottige skoot afgevuur is, sal ek aanstons kom. Toe die oorledene as gevolg van sy G skietwond val, het die appellant met sy rewolwer weggehardloop. Eers het hy gegaan na die plek waar mev Groenewald gewoon het, waar hy ook Sarel van der Merwe aangetref het. Daar het die appellant aan mev Groenewald gesê dat hy die oorledene geskiet het. Vervolgens is die appellant na sy broer in Witbank en aan laasgenoemde het hy ook vertel dat hy die oorledene geskiet H het. Hierna het die appellant deur die nag met die Blesboklaagte/Verena pad tot op 'n plek 22 km ver van Witbank gestap. Daar het hy sy rewolwer in die veld weggesteek en toe na Witbank teruggekeer waar hy ongeveer 4 uur nm op Maandag 23 Maart aangekom het. Gedurende dieselfde namiddag het die appellant by sy swaer in Witbank aangedoen en by hom verneem dat die oorledene oorlede is. Sy swaer het die polisie ontbied en die appellant is in hegtenis geneem. Aan die polisie het die appellant die plek waar hy sy rewolwer verberg het, uitgewys.

Hoexter AR

Die korrektheid van die bevindinge vervat in die verslag van die geneesheer wat die regsgeneeskundige lykskouing op die lyk van die oorledene waargeneem het, is by die verhoor namens die appellant aanvaar. Verder is daar by ooreenkoms aan die Verhoorhof kleurfoto's van die oorledene se bolyk voorgelê wat A die presiese ligging van die skietwond aandui. Die ingang van die skietwond was in die regter bo-arm net onder die armholte. Om die ingangswond was kruitmerke sigbaar en dit is gemeensaak dat die betrokke vuurwapen nie verder as 12 duim van die oorledene se lyf afgevuur is nie. Die wond aan die bo-arm was B 'n oppervlakkige vleeswond en daarna het die koeël aan die voorkant van die regter armholte die borswand binnegegaan en effe afwaarts en agter die hart deurgedring. Die koeël het die groot bloedvate deurboor en in die linker longholte beland.

By die verhoor is slegs mev De Beer en Sarel van der Merwe as Staatsgetuies opgeroep. Die enigste getuie namens die verdediging was die appellant self. Soos reeds genoem het Van C der Merwe die appellant na die skietvoorval gesien toe die appellant vir mev Groenewald opgesoek het. Volgens Van der Merwe het die appellant by daardie geleentheid ontsteld en verbouereerd voorgekom; en Van der Merwe het verder afgelei dat hy in 'n mate onder die invloed van drank verkeer het. Terwyl D die appellant en mev Groenewald besig was om buite met mekaar te praat, het die appellant aan Van der Merwe gesê: "Sarel jy kan ook maar luister, ek het jou tjom Koos geskiet." Die oorledene was ook as "Koos" bekend.

Mev De Beer het aan die Verhoorhof vertel dat die appellant op die betrokke Sondagaand by hulle woning aangekom het en gevra het om die oorledene te sien. Die appellant se gesig was bleek E en hy het voorgekom asof hy onder die invloed van drank is. Sonder om die appellant binne te nooi het mev De Beer die oorledene geroep. Die voordeur van die huis het tot die sitkamer toegang verleen. Die oorledene het na die voordeur gegaan en mev De Beer het in die sitkamer op 'n rusbank sowat F vier meter van die twee manne gaan sit. Volgens mev De Beer was die gesprek tussen die twee kortstondig. Die appellant het aan die oorledene gesê: "Ek hoor die mense sê jy soek my" waarop die oorledene verneem het watter mense so sê. Sonder om op hierdie vraag te antwoord het die appellant sy bewering herhaal. Hierop het die oorledene gesê dat hy nie moeilikheid wil hê nie en dat die appellant moet loop. Die appellant het G toe vir 'n derde keer gesê: "Die mense sê jy soek my" en die oorledene geskiet. Die oorledene het omgeval en die appellant het van die toneel verdwyn. Die appellant se vuurwapen het mev De Beer nòg met die appellant se aankoms nòg tydens die woordewisseling en skietery self gesien.

Mev De Beer...

To continue reading

Request your trial
38 practice notes
  • S v Ndhlovu and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Sheehama 1991 (2) SA 860 (A) S v Shikunga and Another 1997 (2) SACR 470 (Nm) at 485C - F S v Socii 1998 (2) SACR 275 (E) S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A) at 146A - B C S v Van Eck en 'n Ander 1996 (1) SACR 130 (A) at 134 et Hoffmann and Zeffertt The South African Law of Evidence 4th ed at ......
  • S v Ndhlovu and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1991 (2) SA 860 (A) S v Shikunga and Another 1997 (2) SACR 470 (Nm) at I 485C - F S v Socii 1998 (2) SACR 275 (E) S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A) at 146A - B S v Van Eck en 'n Ander 1996 (1) SACR 130 (A) at 134 et seq Hoffmann and Zeffertt The South African Law of Evidence 4th ed at 124 -......
  • Steenberg v De Kaap Timber (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1944 AD 314 at 323; R v Mlambo 1992 (2) SA p172 1957 (4) SA 727 (A) at 738; S v Henning 1972 (2) SA 546 (N) at 549A-D; S v Steynberg 1983 (3) SA 140 A (A) at 146; S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A); Maharaj v Parandaya 1939 NPD 239 at 243; Schmidt Bewysreg 2nd ed at 102; Germani v Herfs and An......
  • S v Malik
    • South Africa
    • Invalid date
    ...718; S v Oosthuizen 1982 (3) SA 571 (T); Goodrich v Goodrich 1946 AD 390 at 396; R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (A) at 738; S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A); S v Ntuli E 1975 (1) SA 429 (A); S v Ngomane 1979 (3) SA 859 (A); S v Ntanzi 1981 (4) SA 477 (N); S v Ngubane 1985 (3) SA 677 (A); R v M......
  • Request a trial to view additional results
38 cases
  • S v Ndhlovu and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Sheehama 1991 (2) SA 860 (A) S v Shikunga and Another 1997 (2) SACR 470 (Nm) at 485C - F S v Socii 1998 (2) SACR 275 (E) S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A) at 146A - B C S v Van Eck en 'n Ander 1996 (1) SACR 130 (A) at 134 et Hoffmann and Zeffertt The South African Law of Evidence 4th ed at ......
  • S v Ndhlovu and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1991 (2) SA 860 (A) S v Shikunga and Another 1997 (2) SACR 470 (Nm) at I 485C - F S v Socii 1998 (2) SACR 275 (E) S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A) at 146A - B S v Van Eck en 'n Ander 1996 (1) SACR 130 (A) at 134 et seq Hoffmann and Zeffertt The South African Law of Evidence 4th ed at 124 -......
  • Steenberg v De Kaap Timber (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1944 AD 314 at 323; R v Mlambo 1992 (2) SA p172 1957 (4) SA 727 (A) at 738; S v Henning 1972 (2) SA 546 (N) at 549A-D; S v Steynberg 1983 (3) SA 140 A (A) at 146; S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A); Maharaj v Parandaya 1939 NPD 239 at 243; Schmidt Bewysreg 2nd ed at 102; Germani v Herfs and An......
  • S v Malik
    • South Africa
    • Invalid date
    ...718; S v Oosthuizen 1982 (3) SA 571 (T); Goodrich v Goodrich 1946 AD 390 at 396; R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (A) at 738; S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A); S v Ntuli E 1975 (1) SA 429 (A); S v Ngomane 1979 (3) SA 859 (A); S v Ntanzi 1981 (4) SA 477 (N); S v Ngubane 1985 (3) SA 677 (A); R v M......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT