S v Smith en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeCillié RP en Trengove R
Judgment Date15 September 1972
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date15 September 1972
Citation1973 (3) SA 217 (T)

Trengove, R.:

Hierdie sake is deur 'n addisionele landdros van Germiston vir outomatiese hersiening deurgestuur saam met 'n memorandum waarin hy F 'n breedvoerige uiteensetting gee van sekere probleme wat hy in verband met die toepassing van art. 138 (1) van Ord. 21 van 1966 (T) ondervind. In elkeen van die vier gevalle is die betrokke beskuldigde ingevolge die bepalings van die voormelde artikel van roekelose of nalatige bestuur aangekla en in elke geval is die beskuldigde aan roekelose bestuur G skuldig bevind. In drie van die gevalle is die onderskeie beskuldigdes gevonnis tot betaling van 'n boete of 'n tydperk van gevangenisstraf met 'n verdere tydperk van gevangenisstraf wat vir drie jaar opgeskort is op voorwaarde dat die betrokke beskuldigde

Trengove R

'nie in dié tyd hierdie of enige soortgelyke bepaling van enige Wet of Ordonnasie van die Republiek van Suid-Afrika oortree nie'.

In die vierde geval was die vonnis slegs 'n boete of gevangenisstraf wat op voormelde voorwaarde opgeskort is. Hierbenewens het die landdros, A omdat die beskuldigdes aan roekelose bestuur skuldig bevind is, gelas dat die rybewyse van die beskuldigdes ingetrek word vir tydperke wat gewissel het van ses tot twaalf maande.

Dit sal gerieflik wees om eers in die algemeen die probleme, wat die landdros in sy memorandum bespreek, te ondersoek en om daarna die B afsonderlike gevalle te behandel. Die landdros opper twee probleme. Die eerste spruit voort uit die beslissing van die Appèlhof in die S. v van Zyl, 1969 (1) SA 553 (AA). In hierdie saak het die Appèlhof uitsluitsel gegee aangaande die betekenis van die begrip 'roekeloos' in die verband van art. 138 (1) wat bepaal dat

'iedereen wat 'n voertuig op 'n openbare pad roekeloos of nalatig bestuur, is skuldig aan 'n misdryf'.

C Die vraag wat in hierdie saak ontstaan het, was of die begrip 'roekeloos' ook gevalle van onverskilligheid, onbesonnenheid of onoplettenheid waarvan gevolgsbewustheid geen deel uitmaak nie, kan insluit. Die Appèlhof het tot die gevolgtrekking gekom dat die woord 'roekeloos', soos dit in art. 138 (1) gebruik word, wel growwe D nalatigheid sonder risiko-bewustheid, dek. In sy uitspraak sê die geleerde HOOFREGTER op bl. 559 in die verband die volgende:

'Uit die voorgaande blyk dit, meen ek, dat die gewone betekenis van 'roekeloos' ('recklessly') ook slaan op growwe nalatigheid met of sonder risiko-bewustheid. Ek kan geen ander gewone betekenis vind wat die wetgewer in art. 138 (2) wou behou nie. Dit kan nie die meer beperkte juridiese betekenis wees nie van die soort risiko-bewustheid wat gepaard E gaan met onverskilligheid ten aansien van die intrede van die gevolg, d.w.s. van opset met moontlikheidsbewyussyn, want daardie betekenis word inbegrepe by die toegedigte betekenis en dit sou geen sin hê om te bepaal dat dit nie deur die toegedigte betekenis beperk word nie. Die enigste gewone betekenis wat deur die uitdruklike vermelding van opsetlike of moedswillige verontagsaming van veiligheid beperk sou kon word, is die van roekeloosheid in die wyere sin wat ook growwe nalatigheid dek, waarvan risiko-bewustheid sonder bedoelde onverskilligheid 'n bestanddeel kan wees maar nie noodwendig hoef te F wees nie. Dit, meen ek, is die gewone betekenis wat die wetgewer moes bedoel het, en daaraan moet gevolg gegee word, al is die grens tussen gewone en growwe nalatigheid moeiliker van geval tot gev alte trek as die grens tussen nalatigheid en dolus eventualis. '

Na aanleiding hiervan skryf die landdros nou dat hy dit in die praktyk baie moeilik vind om van geval tot geval die grens tussen gewone en G growwe nalatigheid te trek. Ek kan die landdros se probleem goed begryp, want uit die aangehaalde passasie is dit duidelik dat die Appèlhof wel deeglik daarvan bewus is dat die hof dit in 'n bepaalde geval moeilik mag vind om vas te stel of die optrede van 'n bestuurder van so 'n aard is dat dit die perke van gewone nalatigheid oorskrei en H gevolglik as growwe nalatigheid bestempel moet word. Hoe moeilik dit ookal mag wees om die onderskeiding in 'n bepaalde geval te maak, moet die hof die knoop deurhaak omdat die beslissing na die een of ander kant vir die betrokke beskuldigde van wesenlike belang is. As daar enige twyfel bestaan of die doen en late van die beskuldigde as growwe nalatigheid beskou kan word, moet die beskuldigde natuurlik die voordeel van...

To continue reading

Request your trial
13 practice notes
  • Personal Cost Orders: Protecting the Public Purse
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , June 2020
    • 1 June 2020
    ...v Mark s 1944 TPD 172 para 180); “negligence of a ver y serious natu re” or “a particu larly high degree of neglige nce” (S v Smith 1973 3 SA 217 (T) para 219); “ordinary ne gligence of an aggr avated form which falls shor t of wilfulness” (Bi ckle v Joint Ministers of L aw and Order 1980 2......
  • Sea Harvest Corporation (Pty) Ltd and Another v Duncan Dock Cold Storage (Pty) Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others v Alves and Others 1978 (4) SA 834 (A) at 839F - G C Rosenthal v Marks 1944 TPD 172 at 176 - 7 S v Smith en Andere 1973 (3) SA 217 (T) at 219A - C Sasfin (Pty) Ltd v Beukes 1989 (1) SA 1 (A) Union National South British Insurance Co Ltd v Padayachee D and Another 1985 (1) SA 551 ......
  • Ozinsky NO v Lloyd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 269 (C); S v Harper and Another 1981 (2) SA 638 (D) at 681A-C; I S v Parsons en 'n Ander 1980 (2) SA 397 (D); S v Smith en Andere 1973 (3) SA 217 (T). Cur adv vult. Postea (March 29). J 1995 (2) SA p917 Judgment Nienaber JA: The appellant is the liquidator of a company, Hi-Class A Kitche......
  • S v Dhlamini
    • South Africa
    • Invalid date
    ...words, an attitude of reckless disregard of such consequences. See E eg Rosenthal v Marks 1944 TPD 172 at 180; S v Smith en Andere 1973 (3) SA 217 (T) at 218D - F and Bickle v Joint Ministers of Law and Order 1980 (2) SA 764 (R) at 770D - E. To my mind it cannot be said that a reasonable ma......
  • Request a trial to view additional results
12 cases

  • MV Stella Tingas; Transnet Ltd t/a Portnet v Owners of the MV Stella Tingas and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Rosenthal v Marks 1944 TPD 172: dictum at 180 applied S v Dhlamini 1988 (2) SA 302 (A): dictum at 308D applied S v Smith en Andere 1973 (3) SA 217 (T): dictum at 219A - B S v Van Zyl 1969 (1) SA 553 (A): applied C The Maria (1839) 1 Wm Rob 95 (166 ER 508): compared The Tactician [1907] P 24......
  • S v Dhlamini
    • South Africa
    • Invalid date
    ...words, an attitude of reckless disregard of such consequences. See E eg Rosenthal v Marks 1944 TPD 172 at 180; S v Smith en Andere 1973 (3) SA 217 (T) at 218D - F and Bickle v Joint Ministers of Law and Order 1980 (2) SA 764 (R) at 770D - E. To my mind it cannot be said that a reasonable ma......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Personal Cost Orders: Protecting the Public Purse
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , June 2020
    • 1 June 2020
    ...v Mark s 1944 TPD 172 para 180); “negligence of a ver y serious natu re” or “a particu larly high degree of neglige nce” (S v Smith 1973 3 SA 217 (T) para 219); “ordinary ne gligence of an aggr avated form which falls shor t of wilfulness” (Bi ckle v Joint Ministers of L aw and Order 1980 2......
13 provisions
  • Personal Cost Orders: Protecting the Public Purse
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , June 2020
    • 1 June 2020
    ...v Mark s 1944 TPD 172 para 180); “negligence of a ver y serious natu re” or “a particu larly high degree of neglige nce” (S v Smith 1973 3 SA 217 (T) para 219); “ordinary ne gligence of an aggr avated form which falls shor t of wilfulness” (Bi ckle v Joint Ministers of L aw and Order 1980 2......
  • Sea Harvest Corporation (Pty) Ltd and Another v Duncan Dock Cold Storage (Pty) Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others v Alves and Others 1978 (4) SA 834 (A) at 839F - G C Rosenthal v Marks 1944 TPD 172 at 176 - 7 S v Smith en Andere 1973 (3) SA 217 (T) at 219A - C Sasfin (Pty) Ltd v Beukes 1989 (1) SA 1 (A) Union National South British Insurance Co Ltd v Padayachee D and Another 1985 (1) SA 551 ......
  • Ozinsky NO v Lloyd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 269 (C); S v Harper and Another 1981 (2) SA 638 (D) at 681A-C; I S v Parsons en 'n Ander 1980 (2) SA 397 (D); S v Smith en Andere 1973 (3) SA 217 (T). Cur adv vult. Postea (March 29). J 1995 (2) SA p917 Judgment Nienaber JA: The appellant is the liquidator of a company, Hi-Class A Kitche......
  • S v Dhlamini
    • South Africa
    • Invalid date
    ...words, an attitude of reckless disregard of such consequences. See E eg Rosenthal v Marks 1944 TPD 172 at 180; S v Smith en Andere 1973 (3) SA 217 (T) at 218D - F and Bickle v Joint Ministers of Law and Order 1980 (2) SA 764 (R) at 770D - E. To my mind it cannot be said that a reasonable ma......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT