S v Rheeder

JurisdictionSouth Africa
JudgeHefer AR, Smalberger AR, Zulman AR
Judgment Date08 September 2000
Citation2000 (2) SACR 558 (A)
Hearing Date06 September 2000
CounselA B Schutte namens die Staat. Geen verskyning namens die respondent.
CourtAppellate Division

Zulman AR: E

[1] Die respondent is in die streekhof te Nelspruit skuldig bevind aan vier aanklagte (aanklagte 1 tot 4) van oortreding van art 1(1) van die Algemene Regswysigingswet 50 van 1956 en sewe aanklagte van diefstal. Op aanklagte 1 tot 4, wat saamgeneem is vir vonnisdoeleindes, is hy gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf wat in F geheel opgeskort is vir vier jaar. Op die ander aanklagte is verskeie boetes en opgeskorte tronkstraf opgelê.

[2] Die respondent het teen die skuldigbevindings en vonnisse geappelleer na die Transvaalse Provinsiale G Afdeling van die Hooggeregshof. Die appèl is gehandhaaf ten opsigte van aanklagte 1 tot 4 (insluitende die alternatiewe aanklagte daartoe) asook een aanklag van diefstal en die skuldigbevindings en vonnisse ten opsigte daarvan is tersyde gestel. Die appèl teen die skuldigbevindings op die ander aanklagte is van die hand gewys maar die appèl teen die vonnisse is gehandhaaf. Die vonnisse is vervang met ander vonnisse wat nie hier H relevant is nie. Die uitspraak is gerapporteer (sien S v Rheeder 1997 (1) SASV 666 (T)).

[3] Die appellant het daarna suksesvol aansoek gedoen om verlof om te appelleer na hierdie Hof ten opsigte van I aanklagte 1 tot 4 asook die alternatiewe aanklagte daartoe. Die appèl is aanvanklik ter rolle geplaas vir verhoor op 22 Mei 2000 maar geen betoogshoofde is deur respondent ingedien nie en daar was geen verskyning namens hom by die verhoor nie. Omdat daar 'n moontlikheid bestaan het dat hy nie bewus was van die verhoordatum nie, is die appèl sine die uitgestel. 'n Kennisgewing van terrolleplasing vir 5 September 2000 is daarna ooreenkomstig J Reël 13(2) van die Reëls van hierdie Hof aan die respondent se laasbekende adres gestuur. Op dié dag was daar weer geen verskyning namens hom nie.

Zulman AR

[4] Die omstandighede waaruit die vier aanklagte voortgespruit het, is soos volg: Die Suid - Afrikaanse Polisie het A 'n spesialiteitsafdeling te Witrivier. Die afdeling staan bekend as die Voertuigdiefstaleenheid. Die respondent was te alle relevante tye die bevelvoerende offisier van die eenheid met die rang van kaptein. Die pligte van die afdeling, as 'n orgaan van die Staat, is om diefstal van motorvoertuie te bekamp deur onder andere die B beslaglegging van gesteelde of vermoedelik gesteelde voertuie en die veilige bewaring daarvan met die doel om dit as bewysstukke aan 'n hof beskikbaar te stel en uiteindelik in gepaste gevalle aan die wettige eienaars te oorhandig.

[5] Onbetwisbare getuienis is gelei van offisiere van die Suid - Afrikaanse Polisie dat dié voertuie nie deur lede C van die Suid - Afrikaanse Polisie gebruik mag word nie vir enige ander doel behalwe dié waarna ek reeds verwys het, en dat geen geldige toestemming daarvoor verleen kon word nie. Die prosedure wat gevolg is nadat daar op 'n voertuig beslag gelê is, is dat dit na die Suid - Afrikaanse Polisie store gebring word, waar dit in 'n SAP D 13-register ingeskryf word. Daarna word dit in die stoor geplaas vir bewaring. Die sleutels van die voertuie word dan aan 'n bord gehang. Wanneer die eienaar van 'n voertuig opgespoor word, en die betrokke voertuig uitgeken is, word 'n SAP 13-vorm vir ontvangs van die eiendom geteken. Die vorm dien ook as vrywaring vir die Suid - Afrikaanse Polisiediens teen enige latere moontlike eise vir skade aan voertuie, of eiendom of onderdele wat E verdwyn het.

[6] Die getuienis wat op die onderskeie aanklagte betrekking het, kan kortliks soos volg opgesom word:

Aanklag 1

Die onderwerp van hierdie aanklag is twee Toyota Hilux bakkies waarop beslag gelê is en in die SAP 13-register F ingeskryf is as bewysstukke. Ter stawing van die aanklag is die getuienis van 'n sersant Schoeman aangebied. Hy het getuig dat hy met die toestemming en medewete van die respondent die twee voertuie gebruik het om sy meubels te vervoer tydens 'n verhuising. Hy is, voordat hy getuienis afgelê het, skuldig bevind en gevonnis op G aanklagte...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • 2007 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...111-112S v Ramgobin 1986 (4) SA 117 (N) ...................................................... 116S v Rheeder 2000 (2) SACR 558 (A) ..................................................... 269S v Rooi 2007 (1) SACR 668 (C) ........................................................... 414S v Roux......
  • Comment: Legislative lapses and the reach of the criminal law: Another perspective on S v Rheeder
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...judgment Despite these exceptional factual circumstances which existed in Seeiso (supra), the Supreme Court of Appeal in S v Rheeder 2000 (2) SACR 558 (SCA), relied heavily on the Seeiso judgment to conclude that the concept of `control' in s 1(1) meant not simply physical control or posses......
  • Case Review: Specific crimes
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...was deemed to be the correct legal position by the Appellate 268 SACJ . (2007) 2© Juta and Company (Pty) Ltd Division in S v Rheeder 2000 (2) SACR 558 (A). At para [26], Le Grange AJ states (citing para [8] of Rheeder, and the cases of S v Motiwane 1974 (4) SA 683 (NC) and S v Schwartz 1980......
  • Recent Case: Specific crimes
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...some sort of intervention by the Department of Justice. Removal and use of property without the authority of the owner In S v Rheeder 2000 (2) SACR 558 (A) the Appellate Division (as it was then) settled the definition of the word 'control' (or beheer' in the Afrikaans) as specifically used......
4 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT