S v Ramahlo

JurisdictionSouth Africa
JudgeBertelsmann J, Basson J
Judgment Date25 February 2009
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date25 February 2009
Docket NumberA 159/09
1.

Die beskuldigde het in die Landdroshof vir die distrik Vereeninging, gehou te Meyerton, op 'n aanklag van bedrog verskyn.

2.

Hy het skuldig gepleit en is korrek skuldig bevind.

3.

Hy het valslik aan 'n bank te kenne gegee dat hy geregtig en gemagtig is om om 'n tjekboek vir 'n ingenieursmaatskappy in ontvangs te neem.

4.

Dit is gemeensaak dat hy en sy medepligtige beoog het om vals tjeks uit te skryf en geld uit die betrokke besigheid se rekening te ontrek, wel wetende dat hulle nie daarop geregtig was nie.

5.

Nadat die beskuldigde skuldig bevind is, het die staal ses vorige veroordelings vir diefstal bewys, wat deur die beskuldigde erken is.

6.

AI die oortredings is tussen 2004 en 2008 gepleeg.

7.

Die andermansgoed wat tydens die diefstalle gebuit is, was klaarblyklik nie baie waardevol nie, aangesien die beskuldigde telkens die voordele van 'n betreklik geringe boete met korttermyn tronkstraf as alternatief, of 'n opgeskorte vonnis gekry het.

8.

Dit blyk nie uit die notule of die beskuldigde die boetes betaal het en of hy die alternatiewe gevangenisstraf moes ondergaan nie.

9.

Tydens vonnisoplegging het die beskuldigde verklaar dat hy 'n dwelmverslaafde is, heroiën, mandrax en ander dwelms misbruik as hom ook met verslawende middeles inspuit.

2009 JDR 0169 p2

10.

Dit is die klaarblyklike rede vir sy reeks misdrywe. Hierdie feit is nooit in twyfel getrek nie.

11.

Die verhoorhof het die beskuldigde tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis in terme van artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet 51 van 1977. Die beskuldigde kan dus, nadat hy een sesde van sy vonnis uitgedien hy, deur die Kommissaris van Korrektiewe Dienste onder korrektiewe toesig geplaas word.

12.

Op hersiening is die agbare verhoorlanddros gevra waarom daar nie aandag aan 'n vonnis in terme van artikel 296 van die Strafprosewet, nl die verwysing na 'n rehabilitasiesentrum, geskenk is nie.

13.

Die agbare verhoorlanddros het geantwoord dat die beskuldigde nog nooit 'n vonnis opgelê is wat afskrikkingswaarde het nie omdat hy nog nooit tot (direkte) gevangenisstraf gevonnis is nie.

14.

Indien die agbare verhoorlanddros hiermee sou bedoel dat geen vonnis ander as gevangenisstraf afskrikkingswaarde het nie, sou dit op 'n fundamentele mistasting ten aansien van die rol van vonnisoplegging in die strafproses neerkom. Daar is oorvloedige gesag dat opgeskorte vonnisse, gemeenskapsdiens, boetevonnisse...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT