S v Pretorius

JurisdictionSouth Africa
Citation1987 (2) SA 250 (NC)

S v Pretorius
1987 (2) SA 250 (NC)

1987 (2) SA p250


Citation

1987 (2) SA 250 (NC)

Court

Noord-Kaapse Afdeling

Judge

Van Rhyn RP, Steenkamp R en Erasmus Wn R

Heard

October 17, 1986

Judgment

November 21, 1986

Flynote : Sleutelwoorde

Strafproses — Vonnis — Lyfstraf — Op jeugdige oortreders — Wet 51 van 1977 art 294 — Outomatiese hersienbare vonnis tot sodanige lystraf F toegevoeg — Lyfstraf kan nie opgeskort word hangende die uitslag van die hersiening nie.

Headnote : Kopnota

Waar'n landdros kragtens art 294 van die Strafproseswet 51 van 1977 'n jeugdigde tot lyfstraf gevonnis het, en 'n outomatiese hersienbare vonnis tot die lyfstraf toegevoeg het, beskik die landdros nie oor die regsbevoegdheid om die toediening van die lyfstraf op te skort in G afwagting van die uitslag van die hersiening nie. (Steenkamp R afwykend.)

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Sentence — Whipping — Of juvenile offenders — Act 51 of 1977 s 294 — Sentence subject to automatic review conjoined to sentence of whipping — Whipping cannot be suspended pending result of the review.

Headnote : Kopnota

H Where a magistrate has, in terms of s 294 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, sentenced a juvenile offender to a whipping, and has conjoined a sentence which is subject to automatic review to the whipping, the magistrate does not have the jurisdiction to suspend the infliction of the whipping pending the result of the review. (Steenkamp J dissenting.)

Case Information

Beredenering op hersiening voor 'n Voltallige Regbank. Die I feite blyk uit die uitsprake van Van Rhyn RP en Steenkamp R.

C J Olivier namens die Staat.

H J Lacock as amicus curiae namens die beskuldigde.

Cur adv vult.

J Postea (November 21).

1987 (2) SA p251

Judgment

Van Rhyn RP:

In hierdie aangeleentheid duik die regsvraag op of A 'n landdros oor die regsbevoegdheid beskik om die toediening van jeughoue op te skort in afwagting van die uitslag op hersiening waar die landdros 'n outomatiese hersienbare vonnis tot die jeughoue toevoeg.

Die landdros het die sewentienjarige beskuldigde skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal en gevonnis B om 'n matige tugtiging van vyf houe te ondergaan oorenkomstig die bepalinge van art 294 van die Strafproseswet 51 van 1977. (Voortaan verwys ek na 'die Wet'.) Benewens die jeughoue het die landdros ook 'n opgeskorte vonnis van vier maande gevangenisstraf opgelê.

Die vraag het by die landdros ontstaan of die toediening van die jeughoue opgeskort kan word in afwagting van die uitslag C van die hersiening van die tronkstraf-gedeelte van die vonnis.

Ek het die aangeleentheid na die Prokureur-generaal se kantoor verwys. 'n Advokaat verbonde aan die personeel van die Prokurerur-generaal het in 'n regsmening, waarmee die Adjunk-Prokureur-generaal saamgestem het, tot 'n gevolgtrekking geraak wat my laat besluit het om die aangeleentheid voor die D Volle Regbank te laat beredeneer.

Artikel 294 van die Strafporseswet is deur art 19 van Wet 33 van 1986 só gewysig dat gevangenisstraf toegevoeg kan word tot die jeughouse mits die tronkstraf in sy geheel opgeskort word. Voorheen kon dit nie gedoen word nie. Vergelyk S v Khotla ; S v Chitja 1979 (4) SA 925 (A) op 930.

Mnr Olivier, namens die Staat, het betoog dat daar 'n leemte in E die Wet is en aan die hand gedoen dat:

'... die Wetgewer bloot 'n oorsig begaan het toe hy nie voorsiening gemaak het vir outomatiese opskorting van ligte lyfstraf in gevalle soos die onderhawige nie. Daar bestaan 'n reël van wetsuitleg dat 'n casus omissus vermy moet word (sien Steyn (supra op 124)) en tot tyd en wyl die Wetgewer die onderhawige casus omissus reggestel het, behoort ons Howe gevolg te gee aan dié reël deur te vereis dat lyfstraf in F sodanige gevalle opgeskort moet word hangende bekragtiging.'

Die eerste vraag ter beantwoording is of die landdros oor die regsbevoegdheid beskik om, in afwagting op die uitslag op hersiening, die opgelegde jeughoue op te skort.

Artikel 308(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig G lees soos volg:

'(1) Lyfstraf, behalwe lyfstraf kragtens art 294 opgelê, word in geen geval toegedien nie tensy die betrokke verrigtinge met die in art 304(1) bedoelde sertifikaat teruggestuur is of die betrokke Provinsiale of Plaaslike Afdeling die vonnis bekragtig het.'

H (Ek kursiveer.)

Die Wetgewer maak geen voorsiening vir 'n landdros om jeughoue in afwagting van hersiening op te skort nie. Trouens die Wetgewer sluit die opskorting uit.

Daar is betoog dat daar hier 'n leemte in die wetgewing is.

Gevra oor wat die Hof in die Wet moet inlees om aan die I landdros die regsmag te verleen om die jeughoue hangende hersiening te kan opskort, her mnr Olivier geantwoord dat niks by die wetgewing ingelees hoef te word nie. Die Hof kan die jeughoue opskort waar hersienbare tronkstraf toegevoeg word omrede die tronkstraf hersien word en dus vanselfsprekend ook die lyfstraf.

Met hierdie betoog kan ek nie saamstem nie. Die landdroshof het J geen

1987 (2) SA p252

Van Rhyn RP

A inherente regsbevoegdheid nie. Al sy bevoegdhede ontvang die landdroshof van die Wetgewer. Die Hooggeregshof mag in sommige omstandighede 'n inherente regsbevoegdheid uitoefen maar nie die landdroshof nie. Vergelyk S v Matisonn 1981 (3) SA 302 (A) op 313E - F.

Dit is erkende reg dat die landdroshof al sy bevoegdhede van B die Wetgewer ontvang en ek kan geen bevoegdheid van die Hooggeregshof sien om die landdroste die reg te verleen om jeughoue tydelik op te skort nie.

Die Hooggeregshof mag Wette vertolk, maar nie wysig nie.

In Surtee's Silk Store (Pty) and Others v Community Development Board and Another 1977 (4) SA 269 (W) op 273H beslis Margo R:

C 'I am bound by my oath of office to administer the law as Parliament has enacted it, and hardship or deprivation can only influence the interpretation of the Act if the language thereof is ambiguous or uncertain, so as to be capable of a meaning which avoids such hardship or deprivation.'

In die onderhawige geval is daar geen onduidelikheid of dubbelsinnigheid in die Wet nie. Artikel 308(1) sluit D opskorting van jeughoue uitdruklik uit.

Jeughoue ooreenkomstig die bepalings van art 294 is nie hersienbaar nie (art 302(1)(iii) en ook nie vatbaar vir opskorting by (toevallige) hersiening nie (art 308(1)). Op appèl is dit 'n ander saak (art 309(4)(b)).

Mnr Olivier se betoog het min of meer soos volg verloop:

(a)

E Op appèl (art 309(4)(b)) word daar voorsiening gemaak vir opskorting van jeughoue deurdat die bepalinge van arts 307 en 308 mutatis mutandis van toepassing gemaak word.

(b)

Wat meer is, art 308 word gewysig deur die byvoeging van magtiging tot voorwaardelike vrylating (art 23 van Wet 33 van 1986).

(c)

F Waar op appèl voorsiening gemaak word vir opskorting gepaard met voorwaardelike vrylating, is dit absurd dat waar outomatiese hersienbare tronkstraf opgelê word, die houe nie opgeskort kan word in afwagting op die uitslag van die hersiening nie.

(d)

Dit is 'n leemte in die Wet, 'n casus omissue, en dit moet regestel word.

G Hierdie betoog kan nie opgaan nie.

In Ex parte Minister of Justice: In re R v Mayer and Others 1953 AD 389 beslis die Appèlhof soos volg (ek haal aan uit die beslissing van Appèlregter Centlivres (later Hoofregter) op 392):

H '... adoption of this course would be a safeguard against uncertainties such as resulted in R v Mayer and Others and R v Misbi 1935 NPD 656, and also against any unnecessary delay in carrying out the sentence. Section 93 of the Magistrate's Court Act 1917 especially provides that sentences imposed under s 353 of Act 31 of 1917 shall, unlike all other sentences of whipping, not be subject to review in the ordinary course by the Supreme Court; the object of this provision was no doubt to enable such sentences to be promptly carried out and thus to I render unnecessary detention in gaol of juvenile offenders sentenced under s 353, even for the short period which would normally have to elapse if their cases were submitted for review.'

Van 1917 tot vandag toe was dit nog altyd die posisie dat lyfstraf, wat aan jeugdiges opgelê word, nie outomaties hersienbaar is nie en dat dit so spoedig moontlik uitgevoer moet word. Die gedagte synde dat die jeugdige sy pak slae moet J kry sonder om daarop te wag en sonder om aangehou te word.

1987 (2) SA p253

Van Rhyn RP

Na my mening het die Wetgewer hoegenaamd nie die bedoeling A gehad om hierdie posisie, wat vir meer as sestig jaar lank bestaan, te versteur nie.

Die tronkstraf wat kragtens die bepalinge van art 19 van Wet 33 van 1986 by die jeughoue (art 294) bygevoeg kan word, moet in sy geheel opgeskort word. Dit beteken nog steeds dat die jeugdige sy pak slae kry en vrygelaat word sonder beslommernis. B

Die feit dat die jeughoue opgelê word en toegedien word om later, toevallig, op hersiening ter syde gestel te word, is niks nuuts nie en is ook nog nooit as absurd beskou nie. (Tans word hierdie toevallige hersienings kragtens die bepalinge van art 304(4) van die Wet gedoen; voorheen kragtens die bepalinge C van art 98(4) van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944.)

Deur die jare heen het dit gebeur dat meer as een beskuldigde skuldig bevind word. Die een beskuldigde word outomaties hersienbare tronkstraf opgelê. Die ander beskuldigde word jeughoue opgelê. Op hersiening word beide beskuldigdes se skuldigbevinding ter syde geste. Die jeugdige het egter sy pak D slae weg. Dit is nie as absurd beskou nie.

Deur die jare heen het die ook gebeur dat dieselfde beskuldigde op twee klagtes skuldig bevind word. Op die een klagte word outomatiese hersienbare opgeskorte tronkstraf...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • S v Williams and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...For convenience, this will henceforth be referred to simply as 'the Constitution'. [3] 1991 (3) SA 76 (NmS). [4] In S v Pretorius 1987 (2) SA 250 (NC) it was held that, where a magistrate has, in terms of s 294 of the Act, sentenced a juvenile offender to a whipping, and has conjoined a sen......
  • S v Williams and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...For convenience, this will J henceforth be referred to simply as 'the Constitution'. [3] 1991 (3) SA 76 (NmS). [4] In S v Pretorius 1987 (2) SA 250 (NC) it was held that, where a magistrate has, in terms of s 294 of the Act, sentenced a juvenile offender to a whipping, and has conjoined a s......
  • S v Sithole; S v Jiba
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Here too one enters a contentious zone, differing J views having been expressed in S v Pretorius 1990 (1) SACR p634 Didcott J A 1987 (2) SA 250 (NC) by the majority and minority of a Court sitting in Kimberley which consisted of three Judges. The side of the majority was taken in S v G and ......
  • Middleburgse Stadsraad v Trans-Natal Steenkoolkorporasie Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Maart en 18 April 1984 onduidelik wees of foutiewe stellings vervat, kan die instel J van die mosieverrigtinge dien as voldoende kennis. 1987 (2) SA p250 Eloff ARP A Ek meen dat die aansoek nie van die hand gewys moes gewees het nie. Die appèl slaag met koste (insluitende die koste voorspru......
  • Request a trial to view additional results
5 cases
  • S v Williams and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...For convenience, this will henceforth be referred to simply as 'the Constitution'. [3] 1991 (3) SA 76 (NmS). [4] In S v Pretorius 1987 (2) SA 250 (NC) it was held that, where a magistrate has, in terms of s 294 of the Act, sentenced a juvenile offender to a whipping, and has conjoined a sen......
  • S v Williams and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...For convenience, this will J henceforth be referred to simply as 'the Constitution'. [3] 1991 (3) SA 76 (NmS). [4] In S v Pretorius 1987 (2) SA 250 (NC) it was held that, where a magistrate has, in terms of s 294 of the Act, sentenced a juvenile offender to a whipping, and has conjoined a s......
  • S v Sithole; S v Jiba
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Here too one enters a contentious zone, differing J views having been expressed in S v Pretorius 1990 (1) SACR p634 Didcott J A 1987 (2) SA 250 (NC) by the majority and minority of a Court sitting in Kimberley which consisted of three Judges. The side of the majority was taken in S v G and ......
  • Middleburgse Stadsraad v Trans-Natal Steenkoolkorporasie Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Maart en 18 April 1984 onduidelik wees of foutiewe stellings vervat, kan die instel J van die mosieverrigtinge dien as voldoende kennis. 1987 (2) SA p250 Eloff ARP A Ek meen dat die aansoek nie van die hand gewys moes gewees het nie. Die appèl slaag met koste (insluitende die koste voorspru......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT