S v Phala

JurisdictionSouth Africa
Citation1992 (2) SACR 1 (A)

S v Phala
1992 (2) SACR 1 (A)

1992 (2) SACR p1


Citation

1992 (2) SACR 1 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

F H Grosskopf AR

Heard

March 14, 1991

Judgment

March 15, 1991

Counsel

E P van Rensburg namens die appellant
Mej E Leonard namens die Staat

Flynote : Sleutelwoorde

B Roof — Vonnis — Appellant het hom gedurende loop van roof vrywilliglik daaraan onttrek en weggehardloop — Het minute voor pleging van misdaad van beplande roof verneem — Was nie gewapen nie en het as wag opgetree — Vrywillige terugtrede toon dat appellant self tot ander insigte gekom het en dat hervorming en afskrikking van appellant nie ter sake is by oorweging van gepaste vonnis nie — Vrywillige terugtrede, feit dat C appellant polisie behulpsaam was en skuldig gepleit het dui alles op opregte berou — Appellant eerste oortreder wat matriek geslaag het en daarna verantwoordelike betrekking gehad het — Vonnis van 10 jaar gevangenisstraf tersyde gestel en vervang met vonnis van vyf jaar gevangenisstraf waarvan drie jaar vir drie jaar opgeskort is.

Headnote : Kopnota

D Die appellant is in 'n streekhof aan roof skuldig bevind en gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf, waarvan drie jaar vir 'n tydperk van vyf jaar opgeskort is. Sy appèl teen die vonnis is deur 'n Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof afgewys, maar verlof is verleen om na die Appèlafdeling te appelleer. Dit het geblyk dat die appellant saam met vyf ander mense aan die roof van 'n winkel deelgeneem het. Die appellant het ongeveer 30 E minute voor die pleging van die misdaad van die beplande roof verneem en het geen rol in die beplanning gespeel nie. Sy taak was om buite die gebou wag te staan. Hy het geen wapens by hom gehad nie (die ander rowers was wel gewapen). Terwyl die rooftog nog aan die gang was het die appellant homself bedink, hom vrywilliglik aan die roof onttrek en weggehardloop. Na F hy gearresteer is, was die appellant die polisie behulpsaam by die opsporing van die ander rowers. Hy het by sy verhoor skuldig gepleit. In verdere hoër beroep,

Beslis, dat die streeklanddros nie voldoende gewig geheg het aan die beperkte rol wat die appellant by die misdaad gespeel het nie.

Beslis, verder, dat die vrywillige terugtrede van die appellant getoon het dat hy self tot ander insigte gekom het, sodat die hervorming en G afskrikking van die appellant nie werklik ter sake was by die oorweging van 'n gepaste vonnis nie.

Beslis, verder, dat die vrywillige terugtrede, die samewerking wat hy daarna aan die polisie gegee het en sy pleit van skuldig alles daarop gedui het dat die appellant opregte berou oor sy deelname aan die misdaad gehad het.

Beslis, verder, dat die volgende persoonlike omstandighede van die appellant ook as versagtende faktore aangemerk kon word: dat hy standerd H 10 geslaag het; dat hy daarna as toesighouer teen 'n goeie salaris by 'n myn gewerk het; dat hy sy werk as gevolg van omstandighede buite sy beheer verloor het; en dat hy 'n eerste oortreder was.

Beslis, verder, dat die vonnis wat die landdros opgelê het ontstellend I onvanpas was, en vervang moes word met een van vyf jaar gevangenisstraf, waarvan drie jaar vir drie jaar opgeskort is.

Flynote : Sleutelwoorde

Robbery — Sentence — Appellant during course of robbery voluntarily withdrawing therefrom and running away — Hearing of planned robbery only minutes before commission thereof — Appellant was unarmed, having stood J guard

1992 (2) SACR p2

A during robbery — Voluntary withdrawal indicating that he had himself come to a different insight and that reformation and deterrence of appellant accordingly not relevant to consideration of appropriate sentence — Voluntary withdrawal, co-operation with police and plea of guilty all indicating real remorse — Appellant a first offender who had matriculated and had been employed in a responsible position — Sentence of 10 years' B imprisonment set aside and sentence of five years' imprisonment, of which three years suspended for three years, substituted.

Headnote : Kopnota

The appellant had been convicted of robbery in a regional court and sentenced to 10 years' imprisonment, of which three years were suspended for five years. His appeal to a Local Division against the sentence had C been dismissed, but leave to appeal to the...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT