S v Pepenene

JurisdictionSouth Africa

S v Pepenene
1974 (1) SA 216 (O)

1974 (1) SA p216


Citation

1974 (1) SA 216 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

Mt Steyn Wn - R

Heard

August 31, 1973

Judgment

August 31, 1973

Flynote : Sleutelwoorde

Strafreg — Moord — Deur sewentienjarige moeder van haar ag dae oud kind — Vonnis — Kind "pasgebore" ingevolge art. 330 (1) van Wet 56 van 1955, soos gewysig — Baie sterk versagtende omstandighede — Vonnis van twee jaar gevangenisstraf opgeskort behalwe dat sy aangehou word tot die verdaging van die Hof — Strafproses — Getuienis — "Redelike twyfel" — Betekenis van.

Headnote : Kopnota

Die beskuldigde wat 17 jaar oud was, is aangekla en skuldig bevind dat sy haar kind van ag dae vermoor het. Baie sterk versagtende omstandighede was teenwoordig.

Beslis, dat die kind as pasgebore beskou moet word vir die doeleindes van die voorbehoudsbepaling tot artikel 330 (1) van Wet 56 van 1955, soos gewysig.

Beslis, verder, dat die straf van twee jaar wat opgelê is opgeskort moet word, behalwe daardie deel wat inbegrepe is by die bevel dat sy aangehou word totdat die Hof verdaag.

Die betekenis van die begrip "redelike twyfel" bespreek.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal law — Murder — By 17 — year old mother of her eight-day old child — Sentence — Child "newly born" in terms of sec. 330 (1) of Act 56 of 1955, as amended — Very strong extenuating circumstances — Sentence of two year's imprisonment suspended except for detention until the rising of the Court — Criminal procedure — Evidence — "Reasonable doubt." — Meaning of.

Headnote : Kopnota

The accused, aged 17 years, was charged with and convicted of the murder of her eight-day-old child. There were very strong extenuating circumstances present.

Held, that the child was "newly born" for the purposes of the proviso to section 330 (1) of Act 56 of 1955, as amended.

Held, further, that the sentence of two years' imprisonment which was imposed should be suspended save for that part which was included in the order that she be detained until the rising of the Court.

The meaning of the phrase "reasonable doubt" discussed. D

Case Information

Strafsaak.

J. Brand, namens die Staat.

W. Strydom, namens die beskuldigde, op versoek van die Hof.

Judgment

M. T. Steyn, WN - R.:

In hierdie geval is die beskuldigde 'n E Bantoedogter, aangekla en staan sy tereg op 'n aanklag van moord. Die bewering van die Staat teen haar vervat in die klagtestaat, is die volgende: dat sy in die tydperk van die 21ste tot die 23ste Mei van 1973 en te of naby Skietdam in die distrik Zastron wederregtelik en kwaadwilliglik vir ene Tshokolo Pepenene, in lewe 'n Bantoe suigling doodgemaak en vermoor het.

F Die identiteit van die oorledene is deur die verdediging erken naamlik, dat hy die persoon is wat op die klagtestaat genoem is en die persoon op wie die lykskouing uitgevoer is deur dr. Brynard.

Daar berus op die Staat slegs die bewyslas om bo redelike twyfel te bewys dat die beskuldigde die persoon is wat die G oorledene gedood het, dat die dood onwettig is en dat sy vir die oorledene gedood het met die opset om hom dood te maak.

1974 (1) SA p217

M T Steyn Wn R

Dr. Brynard die distriksgeneesheer te Zastron in die Oranje - Vrystaat wat deur die Staat as getuie geroep is, het getuig dat die oorledene nie 'n natuurlike dood gesterf het nie en dat verwurging die oorsaak van die oorledene se dood is. Hy het op A 24 Mei 1973 'n nadoodse ondersoek op die oorledene se lyk uitgevoer, 'n lykskouing, en sy hoofbevindings is kortliks soos volg:

Die oorledene was 'n baba van agt dae oud wat te vroeg gebore is, nl., volgens die dokter geskat het, na 'n swangerskap van tussen ses en sewe maande. Hierdie baba was gebreklik en het so ver soos die dokter kon sien, 'n gesplete bo-lip en gesplete B verhemelte gehad. Hy het verder gevind dat die oorledene 'n paar dae voor die 24ste Mei 1973 dood is, maar volgens die toestand van die longe van die kind het dit wel gelewe by geboorte. Hy het ook bevind tydens lykskouing dat daar 'n doek met 'n enkel strik, styf om die oorledene se nek gebind is en die lyk se gesiggie was opgeswel en pers verkleur, wat op C asfiksie dui. Verder is dit die dokter se mening dat sonder die drukking van die doek om die nek sou daar nie 'n pers verkleuring van die oorledene se gesig gewees het nie en sy opinie is dat konstriksie deur die doek met asfiksie en dus ook die dood van die oorledene veroorsaak het.

[Die Edelagbare Regter het met die getuienis afgehandel en soos D volg voortgegaan.]

Die gevolg van hierdie bevinding en die aanvaarding van die Staatsgetuies, asook die van dr. Brynard, is dat die Hof bevind bewese bo redelike twyfel: dat iemand vir die oorledene gedood het deur hom met die doekie bew. 1 te verwurg; dat hierdie iemand nié Elisa Sello was nie; dat oorledene ongeveer agt dae E na sy geboorte op 13 Mei 1973 dood is, dit wil sê 'n paar dae voor die lykskouing wat op 13 Mei 1973 deur dr. Brynard gehou is; dat oorledene dus op Maandag die 21ste Mei 1973 dood is; dat sy lyk op 23 Mei 1973 gevind is, ongeveer twee myl van die woning van Elisa Sello waar oorledene vir die laaste keer voor sy dood lewend gesien is en toe wel in die teenwoordigheid en F die uitsluitlike sorg van beskuldigde, sy moeder; verder dat beskuldigde op 'n stadium aan konstabel Miningwa gesê het dat oorledene op pad na Zastron gesterf het, terwyl sy, die beskuldigde, alleen by hom was. Dat sy ook bewus was van waar die oorledene se graf was is duidelik, want sy het dit sonder aarseling aan konstabel Miningwa uitgewys nadat sy aan hom gesê G het dat sy die lyk versteek het. Verder bevind die Hof as bewese bo redelike twyfel dat sy vir Elisa Sello valslik daarvan beskuldig het dat sy die oorledene doodgemaak het deur die doek om sy nek vas te maak en dat sy aan konstabel Miningwa ook valslik verklaar het dat oorledene aan natuurlike oorsake gesterf het, te wete tydens 'n hoesbui; dat oorledene op die H dag van sy dood nog 'n magtelose suigling was, algeheel afhanklik van en onder die uitsluitlike sorg van sy moeder, die beskuldigde; en verder dat, behalwe vir die valse beskuldiging dat Elisa Sello vir die oorledene gedood het, daar geen suggestie is dat enige iemand anders vir die oorledene se dood verantwoordelik is nie.

Daar is ook in die getuienis geen suggestie van hoe enige iemand anders sonder beskuldigde se wete of toestemming vir oorledene kon

1974 (1) SA p218

M T Steyn Wn R

gedood het op die wyse waarop hy klaarblyklik gedood is, naamlik deur hom met die doekie bew. 1 te verwurg.

Daar is natuurlik verskeie moontlikhede of verskeie maniere A waarop dit gedoen kon gewees het, byvoorbeeld deur vir beskuldigde te oorweldig en die oorledene met geweld van haar af te verwyder of die oorledene te dood terwyl die beskuldigde aan die slaap was, maar daar is hoegenaamd geen getuies wat die bestaan van sulke moontlikhede aandui nie en dit sou blote spekulasie wees om te sê dat dit wel kon gebeur het.

B Om afleidings te regverdig, moet daar objektiewe feite wees waarop sulke afleidings gegrond is. Aangaande die betekenis van die begrip "redelike twyfel" is dit nodig om na verskillende sake te verwys.

Die eerste een wat ek wil na verwys is die saak - 'n welbekende een - van Miller v Minister of Pensions, (1947) C 2 All E.R. 372 (K.B.D.) te bl. 373H, waar dit soos volg gestel is:

"For that purpose the evidence must reach the same degree of cogency as is required in a criminal case before an accused person is found guilty. That degree is well settled. It need not reach certainty, but it must carry a high degree of probability. Proof beyond reasonable doubt does not mean proof beyond the shadow of a doubt. The law would fail to protect the community if it admitted fanciful possibilities to deflect the D course of justice. If the evidence is so strong against a man as to leave only a remote possibility in his favour which can be dismissed with the sentence 'of course it is possible, but not in the least probable', the case is proved beyond reasonable doubt, but nothing short of that will suffice."

Hierdie uittreksel wat ek nou so pas gelees het, is ook te vinde in die welbekende werk op bewysleer, naamlik Hoffmann, South African Law of Evidence, 2de uitg., bl. 364.

E Dan is daar net nodig om te verwys na een verdere saak en dit is die resente uitspraak in die saak van S. v Glegg, 1973 (1) SA 34 (AA), deur Appèlregter RUMPFF. Die passasie wat ek aanhaal verskyn op bl. 38H - 39A, en lees soos volg:

"Wanneer die Staat sy saak op so 'n manier moet bewys dat die F judex facti oortuig moet wees dat die misdryf gepleeg is, word dit nie van die judex verwag dat sy oortuiging gebaseer moet wees op 'n sekerheid wat daarin bestaan dat 'n onbeperkte aantal geopperde moontlikhede wat denkbeeldig is of op blote spekulasie berus, deur die Staat uitgeskakel moet wees nie. Die begrip, redelike twyfel' kan nie presies omskryf word nie, maar dit kan wel gesê word dat dit 'n twyfel is wat bestaan weens waarskynlikhede of moontlikhede wat op grond van algemene menslike kennis en ondervinding as redelik beskou word. Bewys G buite redelike twyfel word nie gelyk gestel aan bewys sonder die allerminste twyfel nie, omdat die las om bewys so hoog gestel te lewer, prakties die strafregsbedeling sou verydel."

Daar het klaarblyklik 'n besondere intieme verband tussen die beskuldigde en die oorledene bestaan, naamlik dié van moeder tot pasgebore suigling. Beskuldigde is al persoon wat in staat H is om te sê hoe dit gebeur het dat oorledene deur hierdie besondere vorm van verwurging aan sy dood gekom het, maar sy het versuim om getuienis daaromtrent af te lê en het twee valse...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • S v Tshabalala
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die ten las gelegde misdryf nie. R v Blom 1939 AD te 202 - C 3; R v Nxumalo 1939 AD te 587; S v Letsoko 1964 (4) SA 768; S v Pepenene 1974 (1) SA 216. In die omstandighede het daar geen plig op appellant gerus om getuienis af te lê nie. R v Dube 1915 AD 557; R v Nyati 1916 AD te 324; R v Er......
1 cases
  • S v Tshabalala
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die ten las gelegde misdryf nie. R v Blom 1939 AD te 202 - C 3; R v Nxumalo 1939 AD te 587; S v Letsoko 1964 (4) SA 768; S v Pepenene 1974 (1) SA 216. In die omstandighede het daar geen plig op appellant gerus om getuienis af te lê nie. R v Dube 1915 AD 557; R v Nyati 1916 AD te 324; R v Er......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT