S v Ohlenschlager

JurisdictionSouth Africa
Citation1992 (1) SACR 695 (T)

S v Ohlenschlager
1992 (1) SACR 695 (T)

1992 (1) SACR p695

Citation

1992 (1) SACR 695 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Stegmann R

Heard

September 16, 1988

Judgment

February 13, 1988

Counsel

J A van den Heever namens die appellant
D P van den Berg namens die Staat

Flynote : Sleutelwoorde

B Edelmetale — Oortredinge — Goud — Koop van ru-goud ter oortreding van art 143(1) van Wet op Mynregte 20 van 1967 — Mens rea — Een Regter van Hof van appèl bevind dat misdryf een van absolute of skuldlose aanspreeklikheid is, maar indien skuld wel 'n element is, culpa voldoende is — Op feite bevind dat culpa bewys is — Ander Regter het bevind dat C skuld wel 'n element van oortreding is en dat nodige skuldvorm dolus is — Bevind op feite dat dolus bewys is — Appèl teen skuldigbevinding afgewys.

Algemene beginsels van aanspreeklikheid — Lokvinke — Strafregtelike aanspreeklikheid van — Sodanige aanspreeklikheid in detail bespreek en omskryf — Uitwerking op aanspreeklikheid van persoon deur lokvink betrap — Wenslikheid van wetgewing om lokvalstelsel te beheer.

D Getuienis — Getuies — Lokvinke — Geloofwaardigheid en genoegsaamheid van getuienis van lokvinke bespreek.

Headnote : Kopnota

In 'n appèl teen die appellant se skuldigbevinding deur 'n streeklanddroshof aan die koop van ru-goud ter oortreding van art 143(1) van die Wet op Mynregte 20 van 1967, het een van die voorsittende Regters E (Stegmann R) bevind dat die bestanddeel van dolus wat as wederregtelikheidsbewussyn bekend gestaan het nie 'n element van die misdaad was nie en dat die misdaad in daardie opsig 'n misdaad van absolute of skuldlose aanspreeklikheid is. Die belese Regter het derhalwe bevind dat enige geloof aan die kant van die appellant dat sy handeling toe hy die ru-goud gekoop het of ontvang het geoorloof was (die appellant F het getuig dat hy in belang van die regspleging opgetree het met die oog op die verkryging van getuienis om die verkopers van die ru-goud mee aan te kla en tereg te laat staan en dat hy gevolglik sonder wederregtelikheidsbewussyn die verbod ootree het), irrelevant was.

Die belese Regter het egter aangedui dat, in die lig van die beslissing in S v De Blom 1977 (3) SA 513 (A) en ander gewysdes, daar 'n moontlikheid G bestaan dat die Appèlafdeling in die toekoms die Transvaalse regspraak wat die misdaad as absoluut of skuldloos verstaan, omver sal werp. Die belese Regter het verder bevind dat, indien bewys van mens rea benodig word vir 'n skuldigbevinding aan 'n oortreding van art 143(1) van die Wet, dit nie vereis word dat dolus (met daadwerklike wederregtelikheidsbewussyn) bewys moet word nie, en dat bewys van culpa (dit wil sê omstandighede wat aandui H dat die dader van die wederregtelikheid van sy gedraging bewus kon en moes gewees het) voldoende is. Dit is verder deur die belese Regter op die feite bevind dat, indien die appellant se getuienis oor sy gemoedstoestand die waarheid was, die afwesigheid van wederregtelikheidsbewussyn aan sy kant aan sy eie culpa te wyte was, naamlik die appellant se eie nalatige I versuim om die stappe te doen wat 'n redelike man in sy posisie as goudsmid sou gedoen het om die werklike stand van sake aangaande sy regsposisie in die omstandighede waarin hy hom bevind het, van 'n betroubare en gesaghebbende bron vas te stel.

Die ander Regter (Botha R) het egter bevind dat skuld wel 'n bestanddeel is van die oortreding deur art 143(1) van die Wet geskep en dat die skuldvorm van die oortreding eerder dolus as culpa is. Die belese Regter J het verder met Stegmann R saamgestem dat die appèl afgewys moes word.

1992 (1) SACR p696

A Na 'n gedetaileerde oorsig en ontleding van die regspraak en wetteregtelike bepalings wat op lokvinke betrekking het, het die Hof die posisie van lokvinke in die Suid-Afrikaanse reg opgesom. 'n Verkorte weergawe van die opsomming is soos volg:

1.

Niemand staan bo die reg nie: dié beginsel geld vir lede van die polisiemag, lokvinke en polisiespioene

B Dit is 'n grondbeginsel van ons gemene reg dat regsreëls vir almal geld, insluitende die Staat en die Staat se dienaars. Dit behels natuurlik ook die polisie en hulle agente. Die idee dat princeps legibus solutus est (vergelykbaar met die Engelse 'The King can do no wrong') strook nie met die beginsels van ons gemene reg nie. Die stelling dat 'n lokvink weens 'Staatsgesag' C nie as 'n hoofdader of as 'n medepligtige 'n misdryf pleeg nie, selfs waar daar geen wetteregtelike gesag vir sy optrede bestaan nie, kan nie aanvaar of ondersteun word nie.

2.

Die voormalige bewysregtelike vereiste van getuienis aliunde; die voormalige reël in R v Mary Pound (1882) 2 SC 2; en die D gevolge van S v Kellner 1963 (2) SA 435 (A)

Volgens die gewone gemeenregtelike beginsels van mededaderskap en medepligtigheid (soos dit vandag verstaan word) was lokvinke gewoonlik óf mededaders óf medepligtiges van die misdadigers wat hulle betrap het. Indien sulke lokvinke, vir doeleindes van die bewysregtelike vereiste van getuienis aliunde van die pleeg van die misdaad voordat 'n beskuldigde op die getuienis van 'n E mededader of 'n medepligtige skuldig bevind kon word (welke vereiste tussen 1830 en 1977 in verskeie Wette opgeneem is), as mededaders en medepligtiges beskou sou gewees het, sou dit gewoonlik moeilik gewees het om getuienis aliunde van die pleeg van die misdaad te bekom. Om daardie praktiese rede, wat bloot F met die bewysreg te doen gehad het, is in R v Mary Pound (supra) beslis (sonder om die substantiefregtelike beginsels van mededaderskap uitdruklik te bespreek) dat, vir doeleindes van die bewysregtelike vereiste van getuienis aliunde, lokvinke nie as mededaders of medepligtiges beskou moes word nie. Hierdie reël is daarna orals in Suid-Afrika aanvaar. Dit was 'n anomalie in die opsig dat dit 'n bewysregtelike reël daargestel G het wat nie met die substantiewe reg aangaande mededaders en medepligtiges (soos dit sedertdien ontwikkel het, ten minste) versoen kon word nie. Hierdie reël het ook meegebring dat in R v Maphaga (1908) 25 SC 230 beslis is dat waar 'n beskuldigde vir 'n onwettige verkoop aangekla word, die koper, al was hy bewus dat die verkoop onwettig was, van regsweë geen mens rea H met betrekking tot die verkoop gehad het nie, dat die koper dus nie 'n medepligtige van die skuldige verkoper kon wees nie en dat die bewysregtelike vereiste van getuienis aliunde dus nie van toepassing was nie. Hierdie anomalie is egter deur die Appèlhofbeslissing in S v Kellner (supra) uit die weg geruim, wat die tersaaklike beginsels van mededaderskap en medepligtigheid op hierdie gebied laat geld het. Die Hof het bevestig dat die bewysregtelike vereiste van getuienis aliunde I om die getuienis van mededaders en medepligtiges te staaf nie langer toegelaat moes word om die substantiefregtelike beginsels van mededaderskap en medepligtigheid te vertroebel nie. Alhoewel die Hof in S v Kellner nie 'n lokvinksaak voor hom gehad het nie, is die afleiding onafwendbaar dat die beslissing in S v Kellner die reël in R v Mary Pound 'n J dodelike wond toegedien het.

1992 (1) SACR p697

3.

Die afskaffing van die bewysregtelike vereiste van getuienis aliunde en van die reël in R v Mary Pound A

In 1977 het die Strafproseswet 51 van 1977 (wat die Strafproseswet 56 van 1955 vervang het) die bewysregtelike vereiste van getuienis aliunde om die getuienis van mededaders en medepligtiges te staaf, afgeskaf. Die grondslag van die reël in R v Mary Pound het daarmee verdwyn, en insgelyks die reël in B R v Mary Pound self: cessante ratione legis, cessat et ipsa lex. Sedert 1977 was daar dus geen reël dat lokvinke, sover dit die voormalige bewysregtelike vereiste van getuienis aliunde aanbetref, nie mededaders of medepligtiges is nie.

4.

Die omskrywing van 'lokvink'

Gardiner en Lansdown se omskrywing van 'n lokvink ('trap') in South African Criminal Law and Procedure 6de uitg band 1 op C 659-60 soos opgesom en aanvaar deur die Appèlafdeling in S v Malinga and Others 1963 (1) SA 692 (A) op 693F-G en S v Tsochlas 1974 (1) SA 565 (A) op 574B dat 'a trap is a person who, with a view to securing the conviction of another, proposes certain criminal conduct to him, and himself ostensibly takes part therein. In other words he creates the D occasion for someone else to commit the offence', behoort om goeie praktiese redes as onvoldoende beskou te word aangesien daar geen grondige rede is om iemand van die begrip 'lokvink' uit te sluit bloot omrede hy nie die strafbare gedrag voorgestel het nie indien hy nogtans, nadat iemand anders dit voorgestel het, met die oog op die skuldigbevinding van die E misdadiger, aan die beplanning en uitvoering van die voorgestelde misdaad deelgeneem het. Verder bestaan daar geen gegronde rede nie om iemand wat, met die oog op die skuldigbevinding van 'n ander werklik (en nie bloot oënskynlik nie) aan die pleeg van die misdaad deelneem, van die begrip 'lokvink' uit te sluit. Met die afskaffing van die reël in R v Mary Pound wil dit voorkom dat daar vir regsdoeleindes nie meer F 'n behoefte aan enige spesiale woordomskrywing van 'lokvink' bestaan nie en daar blyk ook geen rede te wees waarom die woord nie nou in sy gewone sin in regskringe gebruik kan word nie.

5.

Die versigtigheidsreël

Vir die toepassing van die versigtigheidsreël met betrekking tot die getuienis van lokvinke (soos geformuleer, bv, in R v G Zahlan and Another 1951 (1) PH H69 (A)) kan die betekenis van 'lokvink' in gewone taalgebruik aanvaar word, en bestaan daar geen behoefte aan 'n kunsmatige noue woordomskrywing daarvan soos deur Gardiner en Lansdown voorgestel nie.

6.

Die regspreuke ex turpi causa non oritur actio en in pari delicto, potior est conditio defendentis

H Dit is in die gewysdes aanvaar dat lokvinke wel turpiter en in delictum kan optree, al is dit nie noodwendig die...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • S v Brooks and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2016 (1) SACR 329 (SCA): distinguished S v Halgryn 2002 (2) SACR 211 (SCA) ([2002] 4 All SA 157): applied D S v Ohlenschlager 1992 (1) SACR 695 (T): referred S v Porritt and Another GJ SS 40/2006: distinguished S v Shaik and Others 2008 (1) SACR 1 (CC) (2008 (2) SA 208; 2007 (12) BCLR 1360;......
  • S v Dube
    • South Africa
    • Invalid date
    ...479 (N): distinguished S v Ngcobo 1998 (10) BCLR 1248 (N): referred to S v Nortjé 1997 (1) SA 90 (C): considered S v Ohlenschlager 1992 (1) SACR 695 (T): referred to S v Ramgobin and Others 1986 (4) SA 117 (N): referred to S v Sellem 1992 (2) SA 795 (A): dictum at 806E-F applied J 2000 (2) ......
  • S v Mkonto
    • South Africa
    • Invalid date
    ...E He also emphasised that the evidence of the person setting the trap must be treated with extreme caution. (See S v Ohlenschlager 1992 (1) SACR 695 (T), in which the court called for legislative guidance relating to trapping. This was duly provided by the insertion of s 252A into the Crimi......
  • S v Dube
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the occasion for someone else to commit the offence.' D Although that definition was criticised by Stegmann J in S v Ohlenschlager 1992 (1) SACR 695 (T) at 765-6, the Legislature clearly had in mind that the minimum requirement for a trap was 'providing an opportunity to commit an offence',......
  • Request a trial to view additional results
8 cases

8 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT