S v Nomzaza

JurisdictionSouth Africa
Citation1996 (2) SACR 14 (A)

S v Nomzaza
1996 (2) SACR 14 (A)

1996 (2) SACR p14

Citation

1996 (2) SACR 14 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Botha AR, Van Heerden AR, Vivier AR, Marais AR en Zulman Wn AR

Heard

May 20, 1996

Judgment

May 29, 1996

Counsel

T C Goosen namens die appellant
G J Bursey namens die respondent op versoek van die Hof

Flynote : Sleutelwoorde

B Getuienis — Toelaatbaarheid van — Getuienis tydens borgverrigtinge — Getuienis van 'n beskuldigde in 'n borgaansoek kan, mits dit andersins toelaatbaar is, by sy latere verhoor teen hom ingevolge art 235 van die Strafproseswet 51 van 1977 toegelaat word.

Headnote : Kopnota

Artikel 235 van die Strafproseswet 51 van 1977 bepaal alleenlik hoe die oorkonde van geregtelike verrigtinge bewys kan word en nie watter getuienis C toelaatbaar is nie. Die artikel skep dus alleenlik 'n meganisme vir die bewys van geregtelike verrigtinge en bevat geen uitsluitsel oor toelaatbaarheid nie. Daar kan geen twyfel wees dat 'n borgaansoek geregtelike verrigtinge is nie. Die getuienis van 'n beskuldigde in 'n D borgaansoek kan, mits dit andersins toelaatbaar is, by sy latere verhoor teen hom ingevolge art 235 van die Wet toegelaat word.

Flynote : Sleutelwoorde

Evidence — Admissibility of — Evidence during bail proceedings — Evi-dence of an E accused in a bail application can, if it is otherwise admissible, be admitted against him in his subsequent trial in terms of s 235 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.

Headnote : Kopnota

Section 235 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 provides merely how the record of judicial proceedings can be proved and not what evidence is admissible. The F section therefore merely creates a mechanism for the proof of judicial proceedings and does not provide finality concerning admissibility. There can be no doubt that a bail application amounts to judicial proceedings. The evidence of an accused in a bail application can, if it is otherwise admissible, be admitted against the accused at his subsequent trial in terms of s 235 of the Act. G

Case Information

Uitspraak op vier regsvrae voorbehou ingevolge art 319(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 deur die Suid-Oos Kaapse Plaaslike Afdeling (Jansen R).

T C Goosen namens die appellant. H

G J Bursey namens die respondent op versoek van die Hof.

Cur adv vult.

Postea (29 Mei 1996).

Judgment

Vivier AR:

Die twee respondente het as beskuldigdes 2 en 3 saam met vier ander voor Jansen R en assessore in die Suid-Oos Kaapse Plaaslike Afdeling op aanklagte van roof met verswarende omstandighede (aanklag 1) en moord (aanklag 2) tereggestaan. Die aanklagte het gespruit uit 'n gewa-pende roof by die Trucker's Inn padkafee naby Port Elizabeth in die vroeë oggendure van 10 Augustus 1991. Die J klaagster in die eerste aanklag is I

1996 (2) SACR p15

Vivier AR

A tydens die voorval beroof en die oorledene in die tweede aanklag doodgeskiet. Gedurende die loop van die Staatsaak het die aanklaer die oorkonde van 'n borgaansoek wat die respondente voor 'n landdros gedoen het, as getuienis teen hulle aangebied. Na beswaar daarteen deur die respondente se advokaat het Jansen R beslis dat die getuienis ontoelaatbaar was. Aan die einde van die verhoor is die B respondente op beide aanklagte onskuldig bevind en ontslaan. Hierna het die Hof a quo op versoek van die aanklaer vier regsvrae, wat almal ontstaan uit die Verhoorregter se weiering om die borgverrigtinge as getuienis by die verhoor toe te laat, ingevolge art 319(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 ('die Wet') vir oorweging deur hierdie Hof voorbehou.

C Die regsvrae moet teen die volgende feitlike agtergrond beoordeel word. Beide respondente is op 10 September 1991 op bogemelde aanklagte gearresteer en aangekla. Hulle was in aanhouding totdat hulle op 1 Oktober 1991 in die landdroshof aansoek gedoen het om op borgtog vrygelaat te word. Die aansoeke is deur die Staat teengestaan en is deur die landdros afgewys. Die oorkonde van die borgverrigtinge is by ooreenkoms tussen die partye voor Jansen R geplaas toe hy oor die D toelaatbaarheid daarvan beslis het. Daaruit blyk dat beide respondente regsverteenwoordig was, onder eed getuienis afgelê het en deur die aanklaer gekruisverhoor was. In sy getuienis in hoof het die eerste respondent ter aanvang oor sy persoonlike omstandighede getuig en onmiddellik daarna is hy as volg deur sy prokureur ondervra: E

'Sê vir my, die misdryf, weet u waarvan u aangekla staan? - Ja ek weet.

Wat is dit? - Vir roof.

En op die meriete van die saak, wat pleit u op hierdie klagte? - Skuldig.

Het u vir die ondersoekbeampte daar so ingelig? - Ja.' F

Die aanklaer het hom daarna onder andere as volg gekruisverhoor:

'En het u ook geweet van die moord toe die ondersoekbeampte u in kennis stel daarvan dat u van moord aangekla was? - Ja ek het geweet daarvan.

G Wat weet u van die moord? Kan u antwoord asseblief? Kan u antwoord asseblief meneer? - Ek kan nie so mooi verstaan nie. Ek sê mos vir die hof ek weet daarvan.

Ek wil weet wat weet u van die moord. - Skietery.

Wie het geskiet? - Dit was ek.

So gaan u skuldig pleit op die moordaanklag ook? - Ja.' H

Die tweede respondent het in sy hoofgetuienis in die borgaansoek ook gesê dat hy skuldig pleit op die aanklag van roof en hy is daarna deur die aanklaer as volg gekruisverhoor:

I 'U het ook 'n uitwysing gemaak in hierdie saak en as ek dit reg het, was u ook geneem vir 'n bekentenis, is dit reg? - Ja ek het 'n bekentenis gemaak.

En u sê u pleit skuldig dat u hierdie roof saam met die ander mense getrek het. Is dit reg? - Ja.

U weet ook van die klagte van moord wat aan u gestel is. - Ja.

J U was by gewees toe die moord gepleeg is. - Ja ek was by.'

1996 (2) SACR p16

Vivier AR

A Die oorkonde van die borgverrigtinge toon dus dat beide respondente uit eie beweging in hulle getuienis in hoof verklaar het dat hulle skuldig pleit op die eerste aanklag waarna die aanklaer in kruisverhoor probeer vasstel het of die pleit van skuldig ook op die tweede aanklag betrekking het.

B Ek behandel vervolgens die vier regsvrae wat aan ons vir oorweging voorbehou is. Dit moet egter beklemtoon word dat al vier regsvrae beantwoord moet word sonder inagneming van die bepalings van Hoofstuk 3 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993 ('die Grondwet') aangesien die verhoor in die huidige saak 'n aanvang geneem het en voltooi is voordat die Grondwet op 27 April 1994 van krag C geword het. Sien S v Mhlungu and Others 1995 (3) SA 867 (KH) op 887H-888G.

Vraag 1

Hierdie vraag lui as volg: 'Is die getuienis wat 'n beskuldigde in 'n...

To continue reading

Request your trial
18 practice notes
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Another 1996 ( 1) SACR 212 (W): referred to S v Mello and Another 1998 (3) SA 712 (CC) ( 1998 (7) BCLR 908): referred to S v Nomzaza 1996 (2) SACR 14 (A): followed S v Nyengane en Andere 1996 (2) SACR 520 (E): referred to S v Ramgobin and Others 1985 (3) SA 587 (N): referred to S v Ramgobin......
  • S v Masoanganye and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2006 (2) SACR 8 (SCA): dictum in para [33]appliedS v Nabolisa 2013 (2) SACR 221 (CC): dicta in paras [77]–[83] appliedS v Nomzaza 1996 (2) SACR 14 (A): referred toS v Reddy and Others 1996 (2) SACR 1 (A): referred toS v Thebus and Another 2003 (2) SACR 319 (CC) (2003 (6) SA 505;2003 (10) BC......
  • 2016 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...71-2, 198S v Nkosi 2016 (1) SACR 301 (SCA) .................................................... 59, 61S v Nomzaza 1996 (2) SACR 14 (A) ..................................................... 77S v NS [2015] ZASCA 139, 2015 JDR 2082 (30 September 2015) ....... 355S v Ntshwence 2004 (1) SACR 50......
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(5) BCLR 552 (N). [33] See eg Salzmann v Holmes 1914 AD 471; Oosthuizen v Stanley 1938 AD 322. [34] See eg S v Nomzaza and Another 1996 (2) SACR 14 (A) and the cases cited at 16h. [35] This is a simple matter. Section 235 of the CPA provides for proof of the record by the mere production of......
  • Request a trial to view additional results
17 cases

    • Constitutional Court
    • 3 June 1999
    ...552 (N). [33] See, for example, Salzmann v Holmes 1914 AD 471; Oosthuizen v Stanley 1938 AD 322. [34] See, for example, S v Nomzaza 1996 (2) SACR 14 (A) and the cases cited at [35] This is a simple matter. Section 235 of the CPA provides for proof of the record by the mere production of a c......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • 2016 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...71-2, 198S v Nkosi 2016 (1) SACR 301 (SCA) .................................................... 59, 61S v Nomzaza 1996 (2) SACR 14 (A) ..................................................... 77S v NS [2015] ZASCA 139, 2015 JDR 2082 (30 September 2015) ....... 355S v Ntshwence 2004 (1) SACR 50......
18 provisions
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Another 1996 ( 1) SACR 212 (W): referred to S v Mello and Another 1998 (3) SA 712 (CC) ( 1998 (7) BCLR 908): referred to S v Nomzaza 1996 (2) SACR 14 (A): followed S v Nyengane en Andere 1996 (2) SACR 520 (E): referred to S v Ramgobin and Others 1985 (3) SA 587 (N): referred to S v Ramgobin......
  • S v Masoanganye and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2006 (2) SACR 8 (SCA): dictum in para [33]appliedS v Nabolisa 2013 (2) SACR 221 (CC): dicta in paras [77]–[83] appliedS v Nomzaza 1996 (2) SACR 14 (A): referred toS v Reddy and Others 1996 (2) SACR 1 (A): referred toS v Thebus and Another 2003 (2) SACR 319 (CC) (2003 (6) SA 505;2003 (10) BC......
  • 2016 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...71-2, 198S v Nkosi 2016 (1) SACR 301 (SCA) .................................................... 59, 61S v Nomzaza 1996 (2) SACR 14 (A) ..................................................... 77S v NS [2015] ZASCA 139, 2015 JDR 2082 (30 September 2015) ....... 355S v Ntshwence 2004 (1) SACR 50......
  • S v Dlamini; S v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(5) BCLR 552 (N). [33] See eg Salzmann v Holmes 1914 AD 471; Oosthuizen v Stanley 1938 AD 322. [34] See eg S v Nomzaza and Another 1996 (2) SACR 14 (A) and the cases cited at 16h. [35] This is a simple matter. Section 235 of the CPA provides for proof of the record by the mere production of......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT