S v Nkwenja en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie HR, Jansen AR, Miller AR, Joubert AR en Grosskopf Wn AR
Judgment Date30 May 1984
Citation1985 (2) SA 560 (A)
Hearing Date04 May 1984
CourtAppellate Division

Rabie HR:

Die twee appellante, jong Swartmans in hulle laat tienerof vroeë twintigerjare, het in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling voor COETZEE R en twee assessore op drie aanklagte tereggestaan, nl (1) moord, deurdat hulle Johannes Petrus van Staden, hierna "die oorledene" genoem, op 16 Mei I 1981 in Elsburg, distrik Germiston, vermoor het; (2) roof met verswarende omstandighede, soos in art 1 van die Strafproseswet 51 van 1977 omskryf, deurdat hulle die oorledene by dieselfde geleentheid as in aanklag (1) genoem van 'n polshorlosie beroof het; en (3) verkragting, deurdat hulle Hendrina Wilhelmina Maria van der Merwe by dieselfde geleentheid verkrag het. Die Verhoorhof het die appellante op aanklag 1 aan strafbare J manslag skuldig bevind en op aanklagte 2 en 3 van die misdade waarvan hulle aangekla was. Albei

Rabie HR

appellante is dieselfde straf opgelê, nl op aanklag 1, vier A jaar gevangenisstraf, en, op aanklagte 2 en 3, sewe en 10 jaar gevangenisstraf onderskeidelik. Daar is beveel dat die straf op aanklagte 1 en 2 saam sou loop.

Die feite van die saak is kortliks soos volg. Die oorledene en mev Van der Merwe (in aanklag 3 genoem) het teen die aand van B 16 Mei 1981 met die oorledene se Volvo motor tot op 'n oop stuk veld suid van Brugstraat in Elsburg gery en daar stilgehou. Hulle het toe op die agterste sitplek van die motor gaan sit en met mekaar gesels - aldus die getuienis van mev Van der Merwe. Appellant nr 2 het die Volvo daar gesien staan en het toe na die woonplek van Elias Mngomezulu (wat vir die C Staat getuig het) en appellant nr 1 gegaan. Hy het hulle van die Volvo vertel en aan hulle voorgestel dat hulle "moet gaan geld soek by die motorkar". Elias het geweier maar appellant nr 1 het met appellant nr 2 saamgegaan. Volgens mev Van der Merwe se getuienis was sy en die oorledene met mekaar aan die gesels op die agterste sitplek van die motor toe albei die agterste deure daarvan skielik en op dieselfde oomblik D oopgeruk is. Sy het geskrik en het die oorledene se naam uitgeroep. Op daardie oomblik het sy 'n "slag" gehoor en toe het die oorledene, wat links agter op die sitplek gesit het, "net so vorentoe geval". Sy kon nie sê wat die "slag" was nie en het gesê:

"... ek het net 'n slag gehoor want hy het so vorentoe gegaan, seker met die doel om uit te klim toe die deur oopgeruk E word."

Die oorledene se kop, het sy gesê, het nie teen iets gebots nie. Hy het nie by die deur, wat nie heeltemal oopgegaan het nie, uitgeval nie, maar "het net so gebly sit". Daarna het die tweede aanvaller, wat 'n jas aangehad het ("dit is soos 'n army jas", het sy gesê), haar aan die arm en keel gegryp en haar na bome 'n entjie daarvandaan af getrek. Hy het haar daar verkrag. F Die ander man het 'n rukkie later aangekom by die plek waar sy verkrag is, en hy het haar toe ook verkrag. Albei die mans het daarna geloop, en sy het toe na die motor toe gegaan. Toe sy daar aankom, het die oorledene, wat skynbaar toe reeds dood was, op die grond langs die voertuig gelê.

Die oorledene se horlosie, waarvan die armband gebreek was, is G deur die polisie by die woonplek van appellant nr 1 gevind, terwyl 'n jas, wat ooreenstem met mev Van der Merwe se beskrywing van die jas van die man wat haar uit die motorkar uitgepluk het, by appellant nr 2 se woonplek gevind is. Die Verhoorhof het beslis dat nie met voldoende sekerheid bevind H kon word dat appellant nr 1 die persoon was wat die oorledene aangeval het en dat appellant nr 2 die persoon was wat mev Van der Merwe uit die motor uitgeruk het nie.

Op 19 Mei 1981 (dws drie dae ná die bogemelde voorval) is die twee appellante ingevolge die bepalings van art 119 van die Strafproseswet 1977 voor 'n landdros gebring. Twee aanklagte, I tw moord op die oorledene en die verkragting van mev Van der Merwe, is aan hulle gestel. Albei het skuldig gepleit op die aanklag van verkragting, maar onskuldig op die aanklag van moord. Wat die aanval op die oorledene betref, het appellant nr 1 in antwoord op vrae van die landdros gesê:

"Ek was saam met beskuldigde nr 2. Ek het twee Blankes, 'n man en 'n vrou, in 'n geparkeerde motor gewaar. Ek en beskuldigde 2 het aan weerskante van die geparkeerde motor by die deure J gestaan. Beskuldigde 2 het die agterdeur van die

Rabie HR

A motor oopgemaak. Die Witman het toe by die deur wat beskuldigde 2 oopgemaak het, uitgekom. Toe die Witman uitklim, het beskuldigde 2 hom gepootjie. Die Witman het met sy kop teen die deur van die motor geval."

Appellant nr 2 het in antwoord op vrae van die landdros onder meer gesê:

"Ek was saam met beskuldigde 1. Ek het 'n geparkeerde motor in B die veld gesien. Die deure van die motor was toe. Ek het die agterdeur van die motor aan die linkerkant oopgemaak. Die Witman het uitgekom en ek het sy voet met my voete gehaak en toe val hy met sy kop teen die deur van die motor."

Albei appellante het getuig dat die polisie hulle aangerand het en aan hulle gesê het wat hulle aan die landdros moet sê, en C dat hulle dit toe ook gesê het. Die Verhoorregter het, ná die aanhoor van getuienis in die afwesigheid van sy assessore, hierdie bewerings van die appellante verwerp en bevind dat hulle vrywillig gepraat het. Die appellante se bewerings oor hoe appellant nr 2 die oorledene sou gepootjie het en oor hoe die oorledene toe met sy kop teen die motor geval het, is nie D in die uitspraak van die Verhoorhof aan die einde van die verhoor behandel nie, maar ek meen dat uit die uitspraak afgelei moet word dat daardie bewerings verwerp is.

Ek verwys voorts na die getuienis oor beserings aan die oorledene se liggaam en oor die oorsaak van sy dood. Die enigste getuienis in hierdie verband was dié van die E distriksgeneesheer van Germiston, dr J G Pieterse. Volgens hierdie getuienis was daar agt uiterlik sigbare beserings aan die liggaam van die oorledene, nl 'n skaafplek (vermoedelik deur 'n stomp voorwerp veroorsaak) op die glans penis; 'n kneusplek aan die regterkant van die bors; 'n hematoom om die regteroog (dws 'n blouoog); 'n skaafplek (1 cm lank) aan die F regterkant van die mond; 'n skeurwondjie (1½ cm lank) by die regterwenkbrou; 'n kneusplek aan die regteroor; kneusings op die agterkant van albei hande, en 'n skeurwondjie (1½ cm lank) op die regterkant van die nek. Die oorsaak van die dood was, volgens dr Pieterse, "subdural and subarachnoid haemorrhage". Oor die inhoud van die oorledene se skedel het hy by die G na-doodse ondersoek die volgende aangeteken:

"Large massive subdural haematoma covering the whole brain. Subarachnoid haemorrhage right parietal region. Blood in the fourth ventricle."

Die kopvel en die skedel was, volgens sy getuienis, "intact". In antwoord op die vraag of hy kon sê welke soort wapen of H voorwerp gebruik is om die beserings aan die hoof van die oorledene te veroorsaak, het dr Pieterse geantwoord:

"It is very difficult, any blunt object, a fist, a foot, a boot, a piece of wood, anything."

In antwoord op 'n verdere vraag of hy kon sê hoeveel geweld I daar gebruik moes gewees het om die hoofbesering te veroorsaak, was die getuie se antwoord soos volg:

"Very difficult to answer that question, the amount of force is not always possible to predict, relatively small force can cause relatively big injury and vice versa."

Albei appellante het getuig dat hulle die betrokke aand nie op die toneel van die misdade was nie en dat hulle geensins daarby J betrokke was nie. Soos reeds gesê is, het hulle beweer dat hulle deur die polisie aangesê

Rabie HR

is om die bogemelde verklarings aan die landdros te maak A waaruit blyk dat hulle wel op die toneel was. Die Verhoorhof het hulle getuienis verwerp en hulle skuldig bevind, soos hierbo aangedui is.

Met betrekking tot die aanklag van moord en die Verhoorhof se beslissing dat die appellante aan strafbare manslag skuldig bevind moet word, het die geleerde Regter in die uitspraak van B die Verhoorhof die volgende gesê. (Die paragrawe is deur my genommer om verwysing daarna te vergemaklik.):

"(1)

... Dit word aangevoer deur die Staat dat die saak op dolus eventualis berus en nie op dolus directus nie. Dit beteken - en ek verduidelik dit vir die beskuldigdes se onthalwe sodat hulle dit behoorlik kan begryp - dat die Staat nie beweer dat hulle die C direkte opset gehad het of bedoeling om die oorledene te dood, om daardie Witman om die lewe te bring nie. Maar die Staat se saak berus daarop dat hulle hom so aangerand het, so geslaan het, dat, alhoewel hulle nie direk bedoel het om hom dood te maak nie, hulle moes geweet het dat die dood kon intree as gevolg van so 'n woeste aanranding, en hulle nogtans, en heeltemal roekeloos of so 'n gevolg nou intree of nie, hom tog D maar aangerand het en daarmee voortgegaan het. Dit is wat by ons bekend staan as moontlikheidsbewussyn. En dit beteken dat die beskuldigdes werklik bewus gewees het van die mootlike gevolge van hulle optrede, wat die dood kon wees. Ten einde hierdie vorm van opset te bewys bo redelike twyfel, moet die Staat ons oortuig, op die basis van die wonde wat werklik verskyn op die oorledene, in die afwesigheid van enige getuienis van 'n persoon wat dit gade geslaan het dat die wonde van so 'n aard is, dat die enigste redelike afleiding is E dat die aanranding so kras was dat die aanrander moes geweet het, alhoewel...

To continue reading

Request your trial
44 practice notes
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A): dictum at 593I applied S v Ngobozi 1972 (3) SA 476 (A): applied S v Nkwenja en 'n Ander 1985 (2) SA 560 (A): referred to S v Ntsele 1997 (2) SACR 740 (CC) (1997 (11) BCLR 1543): referred to S v Petersen 1989 (3) SA 420 (A): referred to J 2003 (2)......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to whether on the facts as found in a particular case an accused is guilty of an offence or entitled to rely on a defence. S v Nkwenja 1985 (2) SA 560 (A) at 566A-567A; S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) at 9B-E; Ex parte Die Minister van Justisie: In re S v Wyk G 1967 (1) SA 488 (A) at 491G-H; ......
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1965 (4) SA 526 (A) at 530D; S v Siwesa 1957 (2) SA 223 (A) at 225H; S v Mofokeng 1962 (3) SA 551 (A) at 559G; S v Nkwenja en 'n Ander 1985 (2) SA 560 (A) at 567B; S v Tsotsobe and Others (unreported judgment of Appellate Division, case D No 169/82); Criminal Procedure Act 51 of 1977 ss 319......
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to F S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A): dictum at 593I applied S v Ngobozi 1972 (3) SA 476 (A): applied S v Nkwenja en 'n Ander 1985 (2) SA 560 (A): referred S v Ntsele 1997 (2) SACR 740 (CC) (1997 (11) BCLR 1543): referred to S v Petersen 1989 (3) SA 420 (A): referred to S v Rens 19......
  • Request a trial to view additional results
43 cases
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A): dictum at 593I applied S v Ngobozi 1972 (3) SA 476 (A): applied S v Nkwenja en 'n Ander 1985 (2) SA 560 (A): referred to S v Ntsele 1997 (2) SACR 740 (CC) (1997 (11) BCLR 1543): referred to S v Petersen 1989 (3) SA 420 (A): referred to J 2003 (2)......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to whether on the facts as found in a particular case an accused is guilty of an offence or entitled to rely on a defence. S v Nkwenja 1985 (2) SA 560 (A) at 566A-567A; S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) at 9B-E; Ex parte Die Minister H van Justisie: In re S v Wyk 1967 (1) SA 488 (A) at 491G-H; ......
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1965 (4) SA 526 (A) at 530D; S v Siwesa 1957 (2) SA 223 (A) at 225H; S v Mofokeng 1962 (3) SA 551 (A) at 559G; S v Nkwenja en 'n Ander 1985 (2) SA 560 (A) at 567B; S v Tsotsobe and Others (unreported judgment of Appellate Division, case D No 169/82); Criminal Procedure Act 51 of 1977 ss 319......
  • S v Mbatha en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...hierdie Hof tersyde gestel. Ek mag daarop wys dat hierdie Hof nie rekening gehou het met die beslissing in S v Nkwenja en 'n Ander 1985 (2) SA 560 (A) om B aandag te skenk aan die vraag of Magwaza nie dalk aan strafbare manslag skuldig was nie. Die relevante gedeelte van Hoexter AR se uitsp......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • 2011 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...66S v Nkawu 2009 (2) SACR 402 (E) ............................................................... 406S v Nkwenja 1985 (2) SA 560 (A) .................................................................. 53S v Ndlovu 1997 (12) BCLR 1785 (N) ............................................................

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT