S v Nieuwoudt

JurisdictionSouth Africa
JudgeHefer AR, Nestadt AR, Vivier AR
Judgment Date06 June 1990
Citation1990 (4) SA 217 (A)
CourtAppellate Division

Hefer AR:

Op verskeie geleenthede gedurende die tydperk vanaf ongeveer F Desember 1979 tot Desember 1981 het drie werknemers van Consolidated Diamond Mines (Edms) Bpk ('CDM') by name Van Zyl, Cilliers en Otto ongeslypte diamante by die maatskappy se myn op Oranjemund gesteel. Die diefstal het gedurende Julie 1982 op die lappe gekom toe Van Zyl deur die polisie in 'n diamant lokval betrap is en hy dit genoem het aan majoor Meintjies, die Kaaplandse bevelvoerder van die Diamant- en G Goudtak. Hy het majoor Meintjies vertel dat die huidige appellant, 'n boer van die plaas Rondawel naby Garies, die stelery aangestig het en dat hy die diamante na elke diefstal aan appellant verkoop het. As gevolg van hierdie inligting is besluit om 'n lokval met Van Zyl se medewerking vir die appellant te stel.

Die aand van 23 Julie 1982 is Van Zyl per motor na Rondawel met 17 ongeslypte diamante wat hy opgedra was om aan die appellant te gaan H verkoop terwyl die polisie by die Geloftefeesterrein ongeveer nege kilometers vanaf die plaas gewag het. Wat daardie aand in die huis op Rondawel tussen Van Zyl en die appellant plaasgevind het, is in geskil maar toe Van Zyl weer by die Geloftefeesterrein opgedaag het, was hy sonder die diamante en was daar R5 400 in sy motor. Saam met die polisie I is hy terug na Rondawel waar hy in appellant se teenwoordigheid te kenne gegee het dat hy die diamante vir R5 400 aan laasgenoemde verkoop het. Appellant het die bewering ontken. 'n Soektog in die huis na die diamante was vrugteloos: eers veel later is dit buite op die grasperk gevind.

Hoewel die appellant die aand van 23 Julie 1982 gearresteer is op 'n J aanklag van onwettige diamanthandel is hy, weens redes waarna later

Hefer AR

A verwys sal word, nie aangehou nie. Op 29 Julie 1982 het hy sy opwagting by die kantore van die Diamant- en Goudtak in Kaapstad gemaak waar hy aanvanklik vir kaptein Pool en later vir majoor Meintjies in kaptein Pool se teenwoordigheid gespreek het. Hoe hierdie gesprekke verloop het, is grotendeels ook in geskil. Dit is egter gemene saak dat die naam van ene De Beer te berde gebring is en dat appellant ingewillig het om B behulpsaam te wees met 'n diamantlokval wat vir De Beer gestel sou word. Ten einde majoor Meintjies in staat te stel om magtiging vir so 'n lokval te kry, het appellant daarop 'n sogenaamde beriggewers-verklaring afgelê wat op band opgeneem is. Daarin het hy onder andere beweer dat hy op verskeie geleenthede oor 'n tydperk van twee jaar ongeslypte diamante C aan De Beer verkoop het.

Nadat appellant hierdie verklaring afgelê het, het hy deelgeneem aan die beplanning van De Beer se lokval wat daartoe gelei het dat laasgenoemde op 31 Augustus 1982 betrap is toe hy ongeslypte diamante in appellant se teenwoordigheid in 'n hotel in Kaapstad van luitenant Van D Dyk gekoop het, en gearresteer is. Voor die transaksie het appellant met sy motor vir De Beer na die hotel geneem. De Beer het R100 000 in sy besit gehad. Hoewel die ooreengekome prys van die diamante R90 000 was, is dit onderweg besluit om die verkoper slegs R28 000 aan te bied. Hierdie bedrag is verwyder uit die koffer waarin die R100 000 was en na E die hotelkamer geneem waar dit aan luitenant Van Dyk betaal is vir die diamante. Die oorblywende R72 000 is in die koffer in appellant se motor gelaat. Volgens ooreenkoms met majoor Meintjies en ten einde te verhoed dat De Beer bewus word van appellant se rol in die lokval, is laasgenoemde saam met De Beer gearresteer dog kort daarna weer vrygelaat. Na sy vrylating is hy terug na sy plaas met die R72 000 tot F sy wete, maar sonder dat die polisie of De Beer daarvan geweet het, nog steeds in sy kar.

Die klagtes waarop appellant later in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling voor Friedman R en assessore tereggestaan het, was:

Eerstens:diefstal gedurende die tydperk vanaf Desember 1979 tot G Desember 1981 van ongeveer 25 vuurhoutjiedosies vol ruwe of ongeslypte diamante die eiendom van of in die regmatige besit van CDM.

Tweedens:oortreding van art 84(1)(b) gelees met arts 1, 84(3) en 106 van die Wet op Edelgesteentes 73 van 1964 soos gewysig, deurdat hy gedurende die tydperk van Desember 1979 tot Maart 1982 te of naby die H plaas Rondawel en te of naby Margate wederregtelik ruwe of ongeslypte diamante met 'n massa van ongeveer 5 000 karaat verkoop het of vir handelsdoeleindes van die hand gesit of afgelewer het (hierdie aanklag verwys na diamante wat appellant na bewering aan De Beer verkoop het).

Derdens:oortreding van art 84(1)(a) gelees met arts 1, 84(3) en I 106 van Wet 73 van 1964 soos gewysig, deurdat hy op of omtrent 23 Julie 1982 en te of naby die plaas Rondawel wederregtelik 17 ruwe of ongeslypte diamante met 'n massa van 27,51 karaat gekoop of in verband daarmee sake gedoen het of dit by wyse van ruil, pand of andersins J ontvang het (hierdie aanklag het betrekking op die lokval op Rondawel).

Hefer AR

Vierdens: A diefstal op of omtrent 31 Augustus 1982 te Kaapstad van R72 000 in kontant, die eiendom van Hendrik Petrus Smuts, Anna Cecelia Smuts en Sarel Johannes Snyman en in die regmatige besit van Frederick Coenraad de Beer.

(Dit is onnodig om te verwys na sekere alternatiewe klagtes tot klagtes 1 en 3.)

B By die verhoor het appellant onskuldig gepleit, maar is skuldig bevind, op al die klagtes. Wat klagte 1 betref het die Verhoorhof bevind dat die appellant gesteelde diamante waarvan die presiese hoeveelheid nie bepaal kon word nie van Van Zyl ontvang het welwetende dat dit gesteel was; dat hy dit vir eie voordeel wou aanwend en dat hy derhalwe C skuldig is aan diefstal. Met verlof van die Verhoorregter het hy nou in hoër beroep gekom teen die skuldigbevindings op al die klagtes maar nie teen die vonnisse van gevangenisstraf wat hom op elkeen daarvan opgelê is en wat effektief 11 jaar in totaal beloop nie.

Afgesien van 'n spesiale verweer wat hy ten opsigte van die tweede D klagte geopper het (wat tereg deur die Verhoorhof verwerp is en geen verdere vermelding verdien nie aangesien daarmee nie volhard is in hierdie Hof nie) het appellant se verweer op klagtes 1, 2 en 3 'n ontkenning van al die wesenlike feitebewerings teen hom behels. Wat die vierde aanklag betref, het hy erken dat hy wetens met die R72 000 weggery het. Hy het egter ontken dat hy bedoel het om die geld te steel E en beweer dat hy dit later aan De Beer teruggegee het. De Beer het hierdie bewering ontken. Hoewel regsvrae ten aansien van die toelaatbaarheid van sekere getuienis tydens die verhoor ontstaan het, was appellant se skuld op elke aanklag geheel afhanklik van die aanvaarbaarheid van die Staatsgetuienis in die lig van die weerspreking daarvan in belangrike opsigte deur die appellant en sy getuies. Die F Verhoorhof het die getuienis van die vernaamste Staatsgetuies aanvaar en dié van die appellant en die verdedigingsgetuies in elke wesenlike opsig as ongeloofwaardig verwerp. In hierdie Hof is die aanval op die skuldigbevindings hoofsaaklik toegespits op die geloofwaardigheidsbevindings. In die lig hiervan is dit onvermydelik dat in hierdie uitspraak betreklik breedvoerig verwys sal word na die G getuienis. Dit moet egter bygevoeg word dat die getuienis 'n groot aantal insidente dek wat oor 'n tydperk van meer as twee jaar gestrek het en in die fynste besonderhede uitgepluis is. Die verhoor het 150 Hofdae in beslag geneem en die oorkonde beslaan bykans 12000 bladsye. Ten einde die uitspraak binne redelike perke te hou, sal derhalwe gepoog word om niks meer as die kern-aangeleenthede op te haal nie. H Gerieflikerwys word klagtes 1 en 3 eers behandel en daarna klagtes 2 en 4. (In die behandeling van die betoog op sommige van die klagtes sal opgemerk word dat daar soms na die appellant en soms na sy advokaat verwys word. Die rede is dat appellant die betoog in hierdie Hof aanvanklik persoonlik behartig het en dat mnr De Villiers eers vanaf die I vierde dag as sy advokaat verskyn het.)

Die belangrikste Staatsgetuie ten opsigte van klagtes 1 en 3 was Van Zyl, die werknemer van CDM na wie vroeër verwys is. Ten tyde van appellant se verhoor was hy in die gevangenis na sy skuldigbevinding aan die diefstal van die diamante by CDM. Die Verhoorregter het die J relevante gedeelte van sy getuienis soos volg opgesom:

Hefer AR

A 'Van Zyl het getuig dat hy teen die einde van 1979, tydens 'n biduur op sy pa se plaas, Rooiheuwel, deur beskuldigde genader was, deur hom gevra was om ongeslypte diamante van CDM te steel en aan hom te lewer en hy het ingewillig. Van Zyl het egter nie in sy hoedanigheid as sekuriteitsbeampte direkte kontak met diamante gehad nie. Hy het derhalwe sy vriend Cilliers, wat in die finale herwinningsaanleg waar B die diamante finaal van die konsentraat geskei word, gewerk het en wat gevolglik toegang tot diamante gehad het, oorreed om hom behulpsaam te wees. Die reëling wat tussen hulle getref was, was dat Cilliers diamante sou steel en dit in vuurhoutjiedosies vir Van Zyl op voorafbespreekte plekke binne die myngebied sou laat. In sy hoedanigheid as sekuriteitsbeampte het Van Zyl vrye toegang tot die myngebied gehad en kon hy derhalwe die vuurhoutjiedosies wat aldus deur Cilliers vir hom C gelaat was, verwyder. Van Zyl het die vuurhoutjiedosies met die diamante daarin inderdaad so verwyder en hulle aan beskuldigde op Rondawel gelewer. Beskuldigde het hom per gewig vir die diamante betaal en Van Zyl het op sy beurt deel van die geld wat hy ontvang het, aan Cilliers betaal vir sy dienste.

Aan die einde van April 1981 het Van Zyl as sekuriteitsbeampte bedank en na Kaapstad verhuis. Hy het egter vir Otto gekry om sy plek in te D neem maar hy het nog 'n skakel in die skema gebly en het voortgegaan om steeds alleen die diamante na beskuldigde te neem. Otto was dan ook deur hom vir sy dienste vergoed.

Aan die einde van Februarie 1982 het Cilliers uit die diens van CDM bedank en na die...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • 2011 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...37S v Nkosi 2011 (2) SACR 482 (SCA) ...................................................... 407-408S v Nieuwoudt 1990 (4) SA 217 (A) ............................................................... 85S v Nkata 1990 (4) SA 250 (A) .....................................................................
  • National Director of Public Prosecutions v RO Cook Properties (Pty) Ltd; National Director of Public Prosecutions v 37 Gillespie Street Durban (Pty) Ltd and Another; National Director of Public Prosecutions v Seevnarayan
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Another 1982 (2) PH H164 (C) S v Mpetha and Others (1) 1982 (2) SA 253 (C) at 257C - D G S v Mtshali 1972 (4) SA 207 (N) S v Nieuwoudt 1990 (4) SA 217 (A) at 245D S v Robinson 1975 (4) SA 438 (RA) S v Schwartz 1972 (2) SA 295 (C) at 299D S v Smith 1985 (2) SA 70 (T) at H 71G - 72C S v Van d......
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): referred to S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (A): referred to B S v Mpumlo and Others 1986 (3) SA 485 (E): referred to S v Niewoudt 1990 (4) SA 217 (A): dicta at 238D and 238G - I S v Ramgobin and Others 1986 (4) SA 117 (N): dictum at 134J applied S v Singh and Another 1975 (1) SA 330 (N):......
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): referred to E S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (A): referred to S v Mpumlo and Others 1986 (3) SA 485 (E): referred to S v Niewoudt 1990 (4) SA 217 (A): dicta at 238D and 238G - I S v Ramgobin and Others 1986 (4) SA 117 (N): dictum at 134J applied S v Singh and Another 1975 (1) SA 330 (N):......
  • Request a trial to view additional results
9 cases
  • National Director of Public Prosecutions v RO Cook Properties (Pty) Ltd; National Director of Public Prosecutions v 37 Gillespie Street Durban (Pty) Ltd and Another; National Director of Public Prosecutions v Seevnarayan
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Another 1982 (2) PH H164 (C) S v Mpetha and Others (1) 1982 (2) SA 253 (C) at 257C - D G S v Mtshali 1972 (4) SA 207 (N) S v Nieuwoudt 1990 (4) SA 217 (A) at 245D S v Robinson 1975 (4) SA 438 (RA) S v Schwartz 1972 (2) SA 295 (C) at 299D S v Smith 1985 (2) SA 70 (T) at H 71G - 72C S v Van d......
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): referred to S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (A): referred to B S v Mpumlo and Others 1986 (3) SA 485 (E): referred to S v Niewoudt 1990 (4) SA 217 (A): dicta at 238D and 238G - I S v Ramgobin and Others 1986 (4) SA 117 (N): dictum at 134J applied S v Singh and Another 1975 (1) SA 330 (N):......
  • Motata v Nair NO and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): referred to E S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (A): referred to S v Mpumlo and Others 1986 (3) SA 485 (E): referred to S v Niewoudt 1990 (4) SA 217 (A): dicta at 238D and 238G - I S v Ramgobin and Others 1986 (4) SA 117 (N): dictum at 134J applied S v Singh and Another 1975 (1) SA 330 (N):......
  • S v Mkize
    • South Africa
    • Invalid date
    ...considered as a whole, and his guilt determined in respect of all his D utterances, both favourable and unfavourable. S v Niewoudt 1990 (4) SA 217 (A) at 246F-H. However, a court may accept or reject exculpatory portions of a statement according to the cogency thereof. If portions are unwor......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles
  • 2011 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...37S v Nkosi 2011 (2) SACR 482 (SCA) ...................................................... 407-408S v Nieuwoudt 1990 (4) SA 217 (A) ............................................................... 85S v Nkata 1990 (4) SA 250 (A) .....................................................................
  • Recent Case: Evidence
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...in which the Singh and Ramgobin decisions were expressly di sapproved of. See also S v Mpumlo 1986 (3) SA 485 (E), and S v Nieuwoudt 1990 (4) SA 217 (A) where Hefer JA explained that the di fference in approach boi led down to whether authenticity was a requirement for adm issibility or not......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT