S v Ngoala

JudgeBoshoff Wn RP en Gordon R
Judgment Date23 October 1978
Citation1979 (2) SA 212 (T)
Hearing Date23 October 1978
CourtTransvaal Provincial Division

Boshoff Wn RP:

In hierdie saak appelleer die Prokureur-generaal, kragtens art 310 (2) van die Strafproseswet 51 van 1977 (hierna genoem die Strafproseswet) teen 'n beslissing van 'n landdros ingevolge waarvan hy 'n

Boshoff Wn RP

beskuldigde wat aangekla was van 'n oortreding van art 166 (q) van die A Drankwet 30 van 1928 (hierna genoem die Drankwet) onskuldig bevind het.

Die aanklag teen die beskuldigde was dat sy genoemde artikel, gelees met arts 122 (a), (b), (c), (d), 151A en 168 van die Drankwet oortree het, deurdat sy op 30 Maart 1978, en te Crownstraat 261, Waterkloof, in die distrik van Pretoria, wederregtelik 'n brousel, te wete 20 liter skokiaan, B in haar besit gehad het. Die beskuldigde het onskuldig gepleit, en was verdedig deur mnr De Meyer.

Mnr De Meyer het kragtens art 115 (1) van die Strafproseswet 'n verklaring gemaak wat deur die landdros as volg aangeteken is in die oorkonde van die saak:

"Art 115 van Wet 51 van 1977, mnr De Meyer. Daar is 'n brousel of bier in die besit van die beskuldigde gevind. Beskuldigde betwis die bestanddele van die brousel. Nòg ek, nòg die beskuldigde weet wat die bestanddele was."

C Die saak was uitgestel vir verhoor en toe die beskuldigde weer voor die hof verskyn het die landdros weer gevra wat die beskuldigde se verweer is. Mnr De Meyer het toe gesê dat die beskuldigde op daardie stadium onskuldig pleit omdat sy nie weet of die vloeistof wat sy besit het skokiaan was nie. Indien die Staat sou bewys dat sy wel skokiaan besit het, sal sy haar D pleit wysig. Sy het die vloeistof van iemand gekoop wat gesê het dat dit bier was.

Toe die landdros in terme van art 115 (3) 'n bevestiging hiervan van die beskuldigde wou kry, het sy geantwoord dat sy gedink het dat die vloeistof bier was. Die aanklaer het toe getuienis voor die hof geplaas. In die E eerste plek het hy twee beëdigde verklarings wat aan die bepalings van arts 212 (4) (a), en 213 (1) van die Strafproseswet voldoen, ingehandig. Die onderskeie beëdigde verklarings toon dat twee monsters van 'n brousel ondersoek is deur 'n chemikus van die Forensiesewetenskaplaboratorium in Pretoria, die een om die alkoholpersentasie van die brousel te bepaal, en F die ander een om die teenwoordigheid van gisselle in die brousel vas te stel. Hy het gevind dat die brousel 4,3 persent etielalkohol bevat asook gisselle van die genus - Saccharomyces.

Konstabel Botha het die vloeistof in die badkamer van die beskuligde gevind. Hy het twee monsters daarvan na die Forensiesewetenskaplaboratorium in Pretoria geneem, welke twee monsters hy G verbind met die twee beëdigde verklarings, waarna reeds verwys is, en ook met die vloeistof wat voor die hof was. Konstabel Botha het getuig dat hy weet wat skokiaan is en hoedat dit gemaak word. Dit is 'n brousel, en word gemaak met bruinsuiker, suurdeeg, mout, bruinbrood, boermeel en soms ook met pynappelstukke. Hierdie bestanddele word in warm water gegooi en dan H oornag gelaat om te gis. Die volgende dag word dit gesif en dan word weer bruinsuiker bygevoeg. Dit is dan gereed om gedrink te word.

Die vloeistof wat hy by die beskuldigde gekry het het hy aan geproe en geruik, en is seker dat dit skokiaan is. In die vloeistof het hy verder ook nog van die bestanddele herken, naamlik pynappelstukke, mout en suurdeeg. Daar was ook nog van die suurdeegpapier in die vloeistof, want dit word nie uitgehaal nie.

Sersant Van der Sant is al 33 jaar in die polisie en is verbonde aan die Drank -, Dobbel - en Ontugafdeling van die Speurdiens, en kry te doen met

Boshoff Wn RP

skokiaan en ander verbode brousels. Hy is bekend met skokiaan en weet ook hoe dit gemaak word. Hy noem dieselfde bestanddele en gee dieselfde beskrywing van die vervaardigingsproses as konstabel Botha. Volgens hom A neem skokiaan in die reël die kleur van die uitgeloopde kafferkoring aan, terwyl Bantoebier heeltemal 'n vaalwit kleur het.

Hy het na die vloeistof wat by die beskuldigde gekry is, en voor die...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Woolworths (Pty) Ltd v The Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration
    • South Africa
    • Labour Appeal Court
    • 26 July 2011
    ...Oxford, 1993), at 465. [18] Section 84(3) of the Criminal Procedure Act51 of 1977. See also R v Mnguni 1958 (4) SA 320 (T); S v Ngoala 1979 (2) SA 212 (T); S v Mangqu 1977 (4) SA 84 [19] PAK le Roux and Andre van Niekerk: The South African Law of Unfair Dismissal, (Juta & Co, 1994), at 102.......
  • Strydom v Protea Eiendomsagente
    • South Africa
    • Invalid date
    ...each other was, seeing they were the same persona, stillborn. It follows that the plaintiff could have no claim for commission against 1979 (2) SA p212 Nestadt the seller and for the reasons given no claim for commission against the defendant. This conclusion renders it unnecessary to deal ......
2 cases
  • Woolworths (Pty) Ltd v The Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration
    • South Africa
    • Labour Appeal Court
    • 26 July 2011
    ...Oxford, 1993), at 465. [18] Section 84(3) of the Criminal Procedure Act51 of 1977. See also R v Mnguni 1958 (4) SA 320 (T); S v Ngoala 1979 (2) SA 212 (T); S v Mangqu 1977 (4) SA 84 [19] PAK le Roux and Andre van Niekerk: The South African Law of Unfair Dismissal, (Juta & Co, 1994), at 102.......
  • Strydom v Protea Eiendomsagente
    • South Africa
    • Invalid date
    ...each other was, seeing they were the same persona, stillborn. It follows that the plaintiff could have no claim for commission against 1979 (2) SA p212 Nestadt the seller and for the reasons given no claim for commission against the defendant. This conclusion renders it unnecessary to deal ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT