S v Ndlovu

JurisdictionSouth Africa
JudgeErasmus R en Jacobs R
Judgment Date15 December 1966
Citation1967 (2) SA 90 (GW)
Hearing Date25 November 1966
CourtGriqualand-West Local Division

Erasmus, R.:

Die appellant, 'n Bantoe, is deur die landdros te Taungs skuldig bevind aan 'n oortreding van reg. 3 (3) van Prok. 12 van 1945, soos gewysig deur Prok. 13 van 1957, deurdat hy wederregtelik en sonder A die skriftelike goedkeuring van die Bantoesakekommissaris van Taungs die trustgebied van Mayeng in die distrik van Taungs binne getrek of daar gaan woon het.

Die appellant het geen getuienis aangebied nie en namens die Staat het ene Molanoka en 'n konstabel Wiese getuig. Molanoka, die hoofman van Mayengstat, het getuig dat hy die appellant gevra het of hy toestemming B het om daar te bly, maar hy kon nie sodangie toestemming toon nie. Wiese se getuienis is tot dieselfde effek. Op 'n vraag van die hof aan die hoofman het hy geantwoord dat hy die appellant daar in November 1965 gesien het, maar sedert November 1965 tot die datum van verhoor wat op 14 Junie 1966 plaasgevind het, het hy nog nie die lokasie verlaat nie. C Dit is twyfelagtig of hierdie antwoord bedoel om oor te dra dat die appellant gedurende die ses maande nooit gekom en gegaan het nie, maar selfs dit sou geen verskil aan die saak myns insiens maak nie.

Volgens reg. 3 (3) van die Proklamasie moet twee vereistes bewys word, naamlik dat die appellant nie 'n voorafgaande skriftelike goedkeuring D van die Bantoekommissaris gehad het nie en dat hy die gebied binne getrek het of daarop gaan woon het. Reg. 26 van die Proklamasie bepaal dat die bewyslas op die appellant rus om te bewys dat die versuim ten opsigte waarvan hy aangekla is, wettig gemagtig is, maar die bewyslas rus myns insiens nog op die Staat om te bewys dat hy daar ingetrek of E gaan woon het. Die getuienis op rekord is te karig om te bevind dat die Staat aan laasgenoemde bewyslas voldoen het.

Die woorde 'binnetrek' of 'woon' word nie deur die Proklamasie omskryf nie. Die relatiewe gedeelte van die Engelse regulasie lui:'No native shall, . . . move on to or take up residence on any Trust land.'

In Ex parte Minister of Native Affairs, 1941 AD 53 op bl. 58, het F CENTLIVRES, A.R., soos hy destyds was, verwys na Buck v Parker, 1908 T.S. 1100 op bl. 1104 en Naef v Mutter, C.P., bl. 359, waar EARLE, H.R., gesê het:

'Residence has a variety of meanings according to the statute in which it is used . . .'

Hiermee stem ek eerbiediglik saam.

G In Rex v Flamingh, 1929 S.W.A. 3, is weereens teen die eiusdem generis of noscitur a sociis reël gewaarsku, maar, met respek, ook tereg in daardie...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT