S v Ndaba

JurisdictionSouth Africa
JudgeSmalberger AR, Goldstone AR en Kriegler Wn AR
Judgment Date24 September 1993
CounselCJ Zwiegelaar namens die appellant HC Schmidt namens die Staat
Hearing Date14 September 1993
CourtAppellate Division

Kriegler Wn AR:

Hierdie appèl gaan net om vonnis. Die appellante en drie ander is in die Johannesburgse landdroshof daarvan aangekla dat hulle op 6 Maart 1990 te Pimville die bepalings van art 2(a) van Wet 41 van 1971 oortree het deur 500 Mandrax-tablette te verkoop. Die appellante se mede-beskuldigdes is ontslaan maar sy is skuldig bevind en gevonnis tot sewe jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort is vir vyf jaar. Die appellante het toe teen beide skuldigbevinding en vonnis H geappelleer maar in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling die appèl teen skuldigbevinding laat vaar. Gemelde Hof het die appèl teen vonnis afgewys dog verlof tot verdere appèl verleen. G

In hierdie Hof is die vonnis namens die appellante op 'n verskeidenheid grondslae bevraagteken. Die primêre submissie was dat gevangenisstraf totaal onvanpas was in die omstandighede. Die siening wat ek op die saak I nahou maak dit onnodig om die betoog namens die appellante en die teensubmissies van die kant van die Staatsadvokaat in groot besonderheid te ontleed. Op die keper beskou is daar eintlik twee kernvrae, naamlik (i) is gevangenisstraf hier hoegenaamd aangewese en, indien wel, (ii) is die opgelegde vonnis hoegenaamd vanpas? 'n Ontkennende antwoord op enigeen van die twee sou neerkom op 'n bevinding dat die verhoorhof by die uitoefening van sy vonnisdiskresie dermate misgetas het dat hierdie Hof opnuut oor die J vonnis moet besin.

Kriegler Wn AR

A Ten eerste dan die tersaaklike persoonlike gegewens. Die appellante was 'n eerste oortreder, 30 jaar oud, in 'n vaste betrekking en met vyf afhanklike kinders vir wie sy alleen moes sorg. Haar eggenoot, 'n afgetrede polisieman, was 'n geruime tyd reeds in aanhouding in Transkei en kon nie 'n bydrae lewer nie. Daar was ook tydelike probleme met die uitbetaling van sy pensioen. Hoewel sy dit betreklik knap gehad het, kon B sy egter 'n redelike hoë lewenstandaard handhaaf. Sy het byvoorbeeld die verbandpaaiemente op die gesinswoning kon byhou en het haar eie motorkar bestuur. Daar was ook geen suggestie dat geldnood haar na deelname aan die dwelmhandel gedryf het nie. Haar volgehoue ontkenning van enige aandadigheid aan die ten laste gelegde misdaad het trouens enige sodanige aanspraak bemoeilik.

C Die tweede tersaaklike oorweging by die beantwoording van die voormelde kernvrae is natuurlik die misdaad waaraan die appellante haar skuldig gemaak het. Die getuienis dienaangaande kan soos volg saamgevat word. 'n Lid van die Suid-Afrikaanse Polisie se dwelmtak word die aand van 6 Maart 1990 deur 'n beriggewer by die appellante se huis aan haar voorgestel as 'n voornemende koper van Mandrax. Die speurder gee te kenne dat hy 500 D tablette wil koop, en onderhandel met haar oor die prys; sy dring egter aan op R10 stuk en hy stem daarmee in; daarop maak sy 'n paar telefoonoproepe en spreek met die speurder af om later die aand weer by haar huis te ontmoet; met sy terugkeer gelas die appellante dat die koopsom getel en aan haar oorbetaal word; dit geskied en sy gee te kenne dat sy alleen sou ry om die Mandrax te gaan haal; die speurder dring aan om saam te gaan en volg haar na 'n ander huis in Pimville; sy gaan alleen E die betrokke huis binne, waar sy R4 599 van die koopsom in 'n vrieskas versteek en die oorblywende R500 vir haarself neem. Sy keer terug na buite waar sy drie plastiese houers met 500 Mandrax-tablette aan die speurder as sodanig identifiseer en oorhandig. Die lokval word toegeslaan en die appellante word gearresteer. So ook haar drie mede-beskuldigdes, wat op die toneel was.

Die appellante se handelswyse dui daarop dat sy 'n skakel in 'n F verskaffingsketting was, óf as lid daarvan óf met geredelike toegang daartoe. Dit is ook betekenisvol dat sy 10% van die koopprys vir haarself geneem het. Die omvang van die besending en die feit dat sy dit laataand en binnekort kon lewer, getuig daarvan dat sy in noue voeling was met betreklik grootskaalse sluikhandel. Terselfdertyd is dit duidelik dat sy sonder huiwering by die transaksie betrokke geraak het en dat sy 'n prosedure voorgeskryf het wat getuig van sorgvuldige veiligheidsmaatreëls. G Dit was wel 'n lokval maar daar was geen druk op haar uitgeoefen of versoeking op haar weg geplaas wat haar blaamwaardigheid sou kon afwater nie. Sy het, oënskynlik in eie reg maar ten minste met beslistheid, voet by stuk gehou wat die prysvasstelling en die afleweringsmetode betref. Allerweë kan sy dus nie as 'n blote pion of selfs as 'n deerniswekkende kleinsmous beskou word nie.

H Die appellante se rol by die pleging van die misdaad moet dan gesien word teen die agtergrond van die inherente erns daarvan. Dit behoef beswaarlik beredenering dat die gebruik van gewoontevormende middels 'n maatskaplike euwel is, met rampspoedige gevolge vir talle, veral jeugdiges. Die Wetgewer beskou dit kennelik so, soos blyk uit die strafbepalings waarvoor Wet 41 van 1971 ('die Wet') voorsiening maak; en dit is by herhaling oor die jare deur hierdie en ander Howe beklemtoon. I Bowendien verg die instandhouding van behandelings- en rehabilitasiesentra, inligtingsprogramme en dergelike maatskaplike teenvoeters voortdurend groot uitgawes uit die Staatskas en deur die private sektor. Dit is ewe oorbodig om opnuut uit te wei oor die merkbaar ernstiger lig waarin die samelewing diegene bejeën wat vir geldelike gewin meedoen aan die verskaffing van dwelms. Nie alleen bevat die Wet besonder swaar strawwe daarvoor nie maar die omskrywing van 'handeldryf' in art 1 J en die verskeie vermoedens is daarop gemik

Kriegler Wn AR

A om die verskaffing van dwelms sover moontlik hok te slaan. Talle regterlike uitsprake het dan ook ingeskerp dat werklike dwelmhandelaars swaar strawwe verdien.

Daar is ook in die verlede deur beide die Wetgewer en die Regbank onderskei tussen dagga enersyds en vervaardigde dwelms andersyds. Om historiese en kultuuroorwegings is dagga-oortredings toeskietliker beskou B as dié betreffende ander afhanklikheidsvormende stowwe. Die opheffing van die eertydse onderskeid in maksimum strawwe vir dié twee kategorieë dwelms by art 1 van die Wysigingswet op die Misbruik van Afhanklikheidsvormende Stowwe en Rehabilitasiesentrums 78 van 1990 beteken nie dat die Wetgewer hulle nou...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • S v Mathebula
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SACR 1 (CC) (2012 (12) BCLR 1261; [2012]ZACC 23): dictum in para [41] appliedS v Masike 1992 (1) SACR 667 (A): comparedS v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A): comparedS v Ramone 2013 (2) SACR 596 (FB): dictum in para [7] appliedS v Salzwedel and Others 1999 (2) SACR 586 (SCA) (2000 (1) SA 786;......
  • 2005 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • August 16, 2019
    ...378; 401S v Ncanywa 1993 (1) SACR 297 (CkA) .................................................. 395S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) ........................................................... 386; 393S v Ndlovu 2001 (1) SACR 70 (W) ........................................................... 2......
  • Case Review: Sentencing
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • August 16, 2019
    ...all proportion to the crime (cf S v Slabbert 1998 (1) SACR 646 (SCA) at 647; S v Oosthuizen 1995 (1) SACR 371 (T) at 374; S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) at 638). At most a sentence on the heavy side of the spectrum of appropriate sentences is permitted (cf S v Setnoboko 1981 (3) SA 553 (O)......
  • Recent Case: Sentencing
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • September 3, 2019
    ...portion should not be tacked onto an already appropriate sentence (see, eg, Jaga v Dönges 1950 (4) SA 653 (A) 657H; S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) 638; S v Slabbert 1998 (1) SACR © Juta and Company (Pty) 258 SACJ • (2003) 16 646 (SCA) 647). However, there is no denying that suspension of ......
  • Request a trial to view additional results
5 cases

  • S v Jonga
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SACR 1 (CC) (2012 (12) BCLR 1261; [2012] ZACC 23): dictum in para [41] applied S v Masike 1992 (1) SACR 667 (A): compared S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A): compared S v Ramone 2013 (2) SACR 596 (FB): dictum in para [7] applied S v Salzwedel and Others 1999 (2) SACR 586 (SCA) (2000 (1) SA 786......
  • S v Ndlangamandla
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • October 2, 2006
    ...reported judgments on the matter of the period of suspension. The magistrate is referred in particular to the case of S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) 638h-639g and the six factors considered in the case of S v Ndlovu and which were considered there. That list is of course not exhaustive and......
  • S v Bagadi
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • April 29, 2008
    ...in Ledwaba J future because the breach of such conditions could trigger the operation A of the suspended sentence; see S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) at [12] It is desirable and in the interests of justice that a condition or conditions upon which a sentence is suspended should be just and......
  • Request a trial to view additional results
3 books & journal articles
  • 2005 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • August 16, 2019
    ...378; 401S v Ncanywa 1993 (1) SACR 297 (CkA) .................................................. 395S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) ........................................................... 386; 393S v Ndlovu 2001 (1) SACR 70 (W) ........................................................... 2......
  • Case Review: Sentencing
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • August 16, 2019
    ...all proportion to the crime (cf S v Slabbert 1998 (1) SACR 646 (SCA) at 647; S v Oosthuizen 1995 (1) SACR 371 (T) at 374; S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) at 638). At most a sentence on the heavy side of the spectrum of appropriate sentences is permitted (cf S v Setnoboko 1981 (3) SA 553 (O)......
  • Recent Case: Sentencing
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • September 3, 2019
    ...portion should not be tacked onto an already appropriate sentence (see, eg, Jaga v Dönges 1950 (4) SA 653 (A) 657H; S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) 638; S v Slabbert 1998 (1) SACR © Juta and Company (Pty) 258 SACJ • (2003) 16 646 (SCA) 647). However, there is no denying that suspension of ......
8 provisions
  • S v Mathebula
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SACR 1 (CC) (2012 (12) BCLR 1261; [2012]ZACC 23): dictum in para [41] appliedS v Masike 1992 (1) SACR 667 (A): comparedS v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A): comparedS v Ramone 2013 (2) SACR 596 (FB): dictum in para [7] appliedS v Salzwedel and Others 1999 (2) SACR 586 (SCA) (2000 (1) SA 786;......
  • 2005 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • August 16, 2019
    ...378; 401S v Ncanywa 1993 (1) SACR 297 (CkA) .................................................. 395S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) ........................................................... 386; 393S v Ndlovu 2001 (1) SACR 70 (W) ........................................................... 2......
  • Case Review: Sentencing
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • August 16, 2019
    ...all proportion to the crime (cf S v Slabbert 1998 (1) SACR 646 (SCA) at 647; S v Oosthuizen 1995 (1) SACR 371 (T) at 374; S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) at 638). At most a sentence on the heavy side of the spectrum of appropriate sentences is permitted (cf S v Setnoboko 1981 (3) SA 553 (O)......
  • Recent Case: Sentencing
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • September 3, 2019
    ...portion should not be tacked onto an already appropriate sentence (see, eg, Jaga v Dönges 1950 (4) SA 653 (A) 657H; S v Ndaba 1993 (2) SACR 633 (A) 638; S v Slabbert 1998 (1) SACR © Juta and Company (Pty) 258 SACJ • (2003) 16 646 (SCA) 647). However, there is no denying that suspension of ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT