S v Naudé

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Botha AR, Trollip AR, Rabie AR and Corbett AR
Judgment Date02 December 1974
Citation1975 (1) SA 681 (A)
Hearing Date04 November 1974
CourtAppellate Division

Rumpff, H.R.:

In Julie 1972 het die Staatspresident, luidens Goewermentskennisgewing 3613, wat in die Staatskoerant van 14 Julie 1972 verskyn, 'n Kommissie van ondersoek aangestel bestaande uit 'n voorsitter en agt ander lede. Uit die opdrag van die Kommissie blyk dit dat ondersoek gedoen moet word na A die doelstellings en bedrywighede van sekere organisasies, waaronder die Christelike Instituut van Suidelike Afrika, na o. a. die bedrywighede van persone in, en in verband met, die genoemde organisasies en dat getuienis, memoranda en bewysstukke wat reeds aan 'n Parlementêre Gekose Komitee voorgelê is, in ag geneem moet word by die ondersoek wat die B Kommissie moet doen. Die opdrag lui ook dat aanbevelings gedoen moet word indien dit met die oog op die Kommissie se bevindings nodig blyk te wees. Bevoegdheid en gesag word aan die Kommissie verleen om persone te ondervra wat volgens sy oordeel inligting kan verstrek oor onderwerpe in die opdrag genoem en om boeke en dokumente te verkry en te ondersoek. By Prok. 164 van 1972, wat ook in bogenoemde Staatskoerant verskyn, het die Staatspresident die bepalings van die C Kommissiewet, 8 van 1947, met die uitsondering van die bepalings van sub-art. (3) van art. 3 en van art. 4, op die Kommissie van toepassing gemaak en hy het ook sekere regulasies met betrekking tot die Kommissie uitgevaardig. Hierdie regulasies, 15 in getal, handel o. a. oor die notulering van die verrigtinge van die Kommissie, geheimhouding van die D verrigtinge en van name van getuies en die bevoegdheid om 'n perseel te betree en dokumente in beslag te neem. Art. 3 (3) van Wet 8 van 1947 wat nie van toepassing gemaak is nie, lees soos volg:

"Indien die voorsitter van 'n kommissie dit vereis moet 'n getuie, voordat hy getuienis aflê, 'n eed aflê, of 'n bevestiging maak, en die eed word opgelê en die bevestiging afgeneem deur die voorsitter van die kommissie of sodanige E beampte van die kommissie as wat die voorsitter mag aanwys."

Die regulasie wat handel oor die oplê van die eed is reg. 6 en dit lui aldus:

"Die voorsitter of 'n beampte deur die voorsitter in algemeen of spesiaal daartoe gemagtig, lê 'n getuie wat voor die Kommissie verskyn, die eed op of neem van hom 'n bevestiging af."

Art. 4 van die Wet bepaal dat, onderhewig aan sekere F voorbehoude, sittings van die kommissie openbaar moet wees. Reg. 8 bepaal egter dat die naam van 'n getuie en inligting wat sy identiteit mag openbaar, op sy versoek nie gepubliseer mag word nie en reg. 10 bepaal o. a. dat die verrigtinge van die Kommissie nie gepubliseer mag word nie.

By Prok. 138 van 1973, wat in die Staatskoerant van 6 Junie G 1973 verskyn, het die Staatspresident die volgende nuwe regulasies toegevoeg tot die reeds bestaande regulasies:

"16. Die kommissie kan een of meer komitees aanstel, bestaande uit die lede van die kommissie wat hy goeddink, om ten behoewe van die kommissie getuienis en betoë aan te hoor ten opsigte van enige besondere saak: Met dien verstande dat die voorsitter of die ondervoorsitter van die kommissie 'n lid van so 'n komitee moet wees.

17. Vir die doeleindes van die toepassing van reg. 16 word so 'n komitee geag die kommissie te wees.

18. Wanneer die voorsitter afwesig is van 'n sitting van die kommissie en die ondervoorsitter van die kommissie daarby teenwoordig is, tree hy as voorsitter op, met al die pligte en bevoegdhede van die voorsitter."

Dit is onnodig om te verwys na Goewermentskennisgewings waarvolgens lede van die Kommissie in die loop van die tyd vervang is of waarvolgens die totale getal van nege lede blykbaar vermeerder is tot 10 lede. Op 6 Junie 1973 het die Kommissie besluit om twee komitees uit sy lede aan te stel wat

Rumpff HR

elk uit ses lede bestaan het. Die eerste komitee het gestaan onder voorsitterskap van mnr. A. L. Schlebusch en die tweede onder die voorsitterskap van die ondervoorsitter van die Kommissie. Die eérste komitee is opgedra om ondersoek te doen A na die Christelike Instituut van Suidelike Afrika, waarvan appellant die direkteur is. Later is 'n dagvaarding aan respondent beteken om op 24 September 1973 as getuie voor die Kommissie te verskyn. Op daardie datum was die Kommissie verteenwoordig deur vier lede van die eerste komitee insluitende die voorsitter, mnr. A. L. Schlebusch. Nadat die voorsitter dit van hom vereis het, het respondent geweier om die eed af te lê of vrae te beantwoord en hy het 'n dokument B oorhandig waarin die redes vir sy weiering (wat nie op die samestelling van die Kommissie of komitee betrekking gehad het nie) uiteengesit word. Nadat die bepalings van art. 6 van die Kommissiewet onder sy aandag gebring is, het hy volhard in sy weiering. Art. 6 lees soos volg

"6. (1)

Iemand wat gedagvaar is om voor 'n kommissie C te verskyn en getuienis af te lê of 'n boek, dokument of onderwerp oor te lê en wat sonder voldoende rede (waarvan die bewyslas op hom rus) in gebreke bly om op die tyd en plek in die dagvaarding aangegee, te verskyn, of om aanwesig te bly totdat die ondersoek voltooi is of totdat die voorsitter van die kommissie hom verlof gegee het om weg te bly, of wat na verskyning weier om as getuie die eed af te lê of 'n bevestiging te maak nadat die voorsitter van die kommissie dit van hom vereis het of wat, na eedaflegging of D bevestiging, weier om elke wettiglik aan hom gestelde vraag ten volle en op bevredigende wyse te beantwoord, of wat in gebreke bly om 'n boek, dokument of onderwerp oor te lê wat in sy besit of bewaring of onder sy beheer is en tot oorlegging waarvan hy gedagvaar is, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van hoogstens vyftig pond of met gevangenisstraf van hoogstens ses maande of met beide daardie boete en gevangenisstraf.

(2)

Iemand wat, nadat hy die eed afgelê of 'n bevestiging gemaak E het, omtrent enige onderwerp valse getuienis voor 'n kommissie aflê met wete dat daardie getuienis vals is, of terwyl hy nie weet of glo dat dit juis is nie, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van hoogstens honderd pond of met gevangenisstraf van hoogstens 12 maande of met beide daardie boete en gevangenisstraf."

Respondent is daarna voor 'n streeklanddros aangekla weens die F oortreding van hierdie artikel. Hy het onskuldig gepleit. Nadat die betrokke Staatskoerante by die verhoor ingehandig is en die sekretaris van die Kommissie formele getuienis afgelê het, het respondent getuienis afgelê en, luidens die uitspraak van die landdros, breedvoerig verwys na die dokument wat hy aan die voorsitter van die eerste komitee oorhandig het. Skynbaar het die respondent 'n teologiese opleiding gehad en was hy op G een tyd predikant totdat hy van sy amp onthef is. Later het hy in die politiek verseil geraak in die sin dat hy openlik teen die regeringsbeleid van apartheid propageer omdat dit volgens sy mening onchristelik is. Uit die uitspraak van die landdros blyk dit dat respondent se beswaar om die eed af te lê en getuienis af te lê o. a. daarin geleë was dat

(a)

H die lede van die kommissie uit lede van die Parlement bestaan;

(b)

die Kommissie se verrigtinge nie openbaar is nie;

(c)

die regulasies nie voorsiening maak vir behoorlike regsverteenwoordiging nie; en

(d)

daar nie 'n geregtelike kommissie van ondersoek aangestel is nie.

Die respondent se verweer is verwerp en hy is skuldig bevind. Die straf wat op hom gelê is, lees soos volg:

"Beboet R50... of een maand gevangenisstraf plus 'n verdere drie maande gevangenisstraf wat vir drie jaar opgeskort word op voorwaarde dat besk. nie veroordeel

Rumpff HR

word weens oortreding van art. 6 (1) van Wet 8 van 1947, soos gewysig, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie."

Sy appèl het voor twee Regters van die Transvaalse Provinsiale Afdeling gedien. Daardie Hof het sy appèl gehandhaaf en die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel. Uit die uitspraak A van die Hof a quo blyk dit dat namens respondent drie gronde aangevoer is waarop die appèl moes slaag, nl.:

"(1)

Die liggaam voor wie die appellant op 24 September 1973 verskyn het en geweier het om die eed af te lê en te getuig, was nie 'n liggaam wat behoorlik saamgestel was as, 'n kommissie' binne die bestek van art. 6 van die Wet nie, en gevolglik het die appellant se gemelde weiering geen oortreding van daardie artikel daargestel nie.

(2)

B Die regulasies deur die Staatspresident uitgevaardig in Prok. 164 van 1972 en Prok. 138 van 1973 is ultra vires met betrekking tot die Staatspresident se bevoegdhede soos verleen in art. 1 van die Wet, in die volgende opsigte -

(a)

regs. 5, 7, 10 en 12, omdat hulle strydig is met die bepalings van art. 4 van die Wet;

(b)

regs. 16 en 17, omdat hulle voorgee om die kommissie te magtig C om 'n gedeelte van sy opgelegde taak aan 'n komitee of komitees te delegeer.

(3)

Daar is op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys gelewer dat die appellant 'voldoende rede' gehad het om te weier om die eed af te lê en te getuig, binne die bestek van art. 6 van die Wet."

Ten opsigte van hierdie gronde het die Hof a quo hom soos volg uitgedruk:

D "Vanweë die gevolgtrekking waartoe ons gekon het met betrekking tot die eerste van die bogenoemde drie appèlgronde, sal dit onnodig wees om in hierdie uitspraak die tweede en derde appèlgronde te behandel. Gevolglik word daar hieronder alleenlik verwys na sodanige feite, oorwegings en argumente as wat ter sake is met betrekking tot die eerste appèlgrond, en word aangeleenthede wat net betrekking het op die ander twee appèlgronde verder buite beskouing gelaat."

Teen die uitspraak van die Hof a quo kom die Staat tans in hoër E beroep in hierdie Hof kragtens art. 105 van Wet 32 van 1944. Voor ons is gelê 'n band bevattende afskrifte van die noodsaaklike stukke maar slegs 'n klein gedeelte van die getuienis van appellant wat voor die...

To continue reading

Request your trial
18 practice notes
  • S v Malinde and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1959 (3) SA 753 (A) at 762H - 763; R v Hlatswayo 1982 (4) SA 744 (A); S v Langa 1981 (3) SA 186 (A) at 189G; S v Naudé 1975 (1) SA 681 (A) at 695G - 696A; Hiemstra SA Strafproses 4th ed at 320; Joubert (ed) B The Law of South Africa vol 5 at 428; Cross On Evidence 5th ed at 318; ......
  • Minister of Health and Another NO v New Clicks South Africa (Pty) Ltd and Others (Treatment Action Campaign and Another as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(6) BCLR 665): dictum in para [19] applied S v Malinde and Others 1990 (1) SA 57 (A): dicta at 67F - G and 68C - D applied S v Naudé 1975 (1) SA 681 (A): applied and dictum at 704G - H approved S v Venter 1999 (2) SACR 231 (SCA): considered S v Zemura 1974 (1) SA 584 (RA): compared Schierho......
  • Administrator, Transvaal, and Others v Traub and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is quasi-judicial or 'only administrative'. See In re Pergamon Press Ltd [1971] Ch 388 (CA) at 399e - h (approved in S v Naude 1975 (1) SA 681 (A) at 704). A public H authority, such as the Administrator in this case, is not to be equated with that of private employer. It exercises its func......
  • Bernstein and Others v Bester and Others NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...781 (RA) S v Matisonn 1981 (3) SA 302 (A) S v Mhlungu and Others 1995 (3) SA 867 (CC) (1995 (2) SACR 277; 1995 (7) BCLR 793) S v Naudé 1975 (1) SA 681 (A) S v Ntuli 1996 (1) SA 1207 (CC) (1996 (1) SACR 94; 1996 (1) BCLR 141) S v Vermaas; S v Du Plessis 1995 (3) SA 292 (CC) (1995 (2) SACR 12......
  • Request a trial to view additional results
18 cases
  • Minister of Health and Another NO v New Clicks South Africa (Pty) Ltd and Others (Treatment Action Campaign and Another as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(6) BCLR 665): dictum in para [19] applied S v Malinde and Others 1990 (1) SA 57 (A): dicta at 67F - G and 68C - D applied S v Naudé 1975 (1) SA 681 (A): applied and dictum at 704G - H approved S v Venter 1999 (2) SACR 231 (SCA): considered S v Zemura 1974 (1) SA 584 (RA): compared Schierho......
  • S v Malinde and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1959 (3) SA 753 (A) at 762H - 763; R v Hlatswayo 1982 (4) SA 744 (A); S v Langa 1981 (3) SA 186 (A) at 189G; S v Naudé 1975 (1) SA 681 (A) at 695G - 696A; Hiemstra SA Strafproses 4th ed at 320; Joubert (ed) B The Law of South Africa vol 5 at 428; Cross On Evidence 5th ed at 318; ......
  • Administrator, Transvaal, and Others v Traub and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is quasi-judicial or 'only administrative'. See In re Pergamon Press Ltd [1971] Ch 388 (CA) at 399e - h (approved in S v Naude 1975 (1) SA 681 (A) at 704). A public H authority, such as the Administrator in this case, is not to be equated with that of private employer. It exercises its func......
  • Bernstein and Others v Bester and Others NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...781 (RA) S v Matisonn 1981 (3) SA 302 (A) S v Mhlungu and Others 1995 (3) SA 867 (CC) (1995 (2) SACR 277; 1995 (7) BCLR 793) S v Naudé 1975 (1) SA 681 (A) S v Ntuli 1996 (1) SA 1207 (CC) (1996 (1) SACR 94; 1996 (1) BCLR 141) S v Vermaas; S v Du Plessis 1995 (3) SA 292 (CC) (1995 (2) SACR 12......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT