S v Mushimba en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Hofmeyer AR en Kotzé AR
Judgment Date17 March 1977
Citation1977 (2) SA 829 (A)
Hearing Date15 February 1977
CourtAppellate Division

Rumpff, H.R.:

Hierdie saak is gelukkig uniek in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse reg. Dit het ontstaan en is verhoor in Suidwes-Afrika waar die gesag en orde te kampe het met 'n politieke organisasie, die South-West Africa Peoples C Organisation, kortweg Swapo genoem, wat in wese 'n twee-slagtige bestaan voer. Binnelands is dit 'n organisasie wat oënskynlik vreedsame politieke veranderings beoog en nie verbode is nie, terwyl daar 'n buitelandse vleuel van die party is wat 'n militante beleid voer, wat ook binnelands ondersteuning geniet en wat terroriste die land laat binne sypel. Hierdie terroriste vermoor nie slegs politieke teenstanders nie, maar ook onskuldige mans, vroue en kinders. D In so 'n klimaat is dit nie snaaks nie dat sommige mense fel anti-Swapo is en bereid is om gesag en orde bo enige ander oorweging te stel. Die vraag wat ontstaan in hierdie saak is of die skending van die privilegie tussen kliënt en regsadviseur deur so 'n houding die gevolg kan hê dat 'n skuldigbevinding aan 'n misdaad tersyde gestel kan word. Hierdie saak het begin E toe ses persone in 1976 in Swakopmund aangekla is van oortredings van die Wet op Terrorisme, 83 van 1967. Net een van hierdie persone, beskuldigde nr. 3, is daarvan beskuldig dat hy die Wet oortree het deur 'n handeling te pleeg wat die moordenaars van Kaptein Elifas sou gehelp het. Hierdie Kaptein Elifas was Hoofminister van Owambo en is op 16 Augustus 1975 deur onbekende persone met pistole doodgeskiet. Beskuldigde nr. F 3 is nie daarvan aangekla dat hy Kaptein Elifas vermoor het of dat by medepligtige tot die moord was nie. Die vyf ander beskuldigdes is aangekla van handelinge wat geen verband hoegenaamd met die moord op Kaptein Elifas gehad het nie. Die werklike moordenaars van Kaptein Elifas verskyn dus nie in hierdie saak nie. Nieteenstaande hierdie feite is deur sekere G onakkurate beriggewing in 'n deel van die pers die indruk geskep, tydens die verhoor van die saak en tydens die aanhoor van die appêl van die huidige appellante, dat die saak wesenlik gaan oor die moord op Kaptein Elifas, 'n totaal verkeerde indruk, wat al die beskuldigdes, behalwe nr. 3 beskuldigde, in 'n ongunstige lig moes gestel het en 'n verkeerde kleur aan die saak gegee het. Na 'n verhoor van etlike weke is vier van die H beskuldigdes skuldig bevind. Beskuldigde nr. 1 (eerste appellant) is skuldig bevind deurdat hy 'n vierwiel-aangedrewe Landrover-voertuig aangekoop het en aan Victor Nkandle oorhandig het vir lewering aan persone wie se oogmerk dit was om die bestuur en administrasie van die gebied van Suidwes-Afrika met geweld omver te werp. Hy is ter dood veroordeel. Beskuldigde nr. 3 (tweede appellant) is daaraan skuldig bevind dat by drie mans vervoer het na "Onamagongwa Store" terwyl hy geweet het dat daardie mans Kaptein Elifas wou ontvoer of liggaamlike

Rumpff HR

leed aandoen, waarna hierdie mans Kaptein Elifas vermoor het. Hy is ook ter dood veroordeel. Beskuldigde nr. 4 (derde appellante) is daaraan skuldig bevind dat sy R10 aan 'n persoon geskenk het vir lewering aan persone wie se oogmerk dit was om A die bestuur en administrasie van die gebied Suidwes-Afrika met geweld omver te werp en ook dat sy van twee persone R10 elk gekollekteer het vir oorhandiging aan persone met dieselfde oogmerk waarvoor die skenking plaasgevind het. Sy is veroordeel tot sewe jaar gevangenisstraf. Beskuldigde nr. 6 (vierde appellante) is daaraan skuldig bevind dat sy R10 geskenk het B vir lewering aan persone wie se oogmerk dieselfde was as beskryf in die geval van beskuldigde nr. 4 Sy in veroordeel tot vyf jaar gevangenisstraf. Verlof tot appèl is aangevra teen die skuldigbevinding van beskuldigdes nrs. 1, 2, 4 en 6 en teen die vonnisse wat op beskuldigdes nrs. 1, 3 en 4 opgeleê is. Ook is 'n aansoek gedoen om 'n spesiale aantekening ingevolge art. 351 C van die Strafprosesordonnansie, 34 van 1963 (S.W.A.). Die gronde van hierdie aansoek was dat die Verhoorhof verkeerdelik 'n aansoek om 'n inspeksie ter plaatse te hou, afgewys het en verkeerdelik geweier het om sekere Staatsgetuies te laat herroep vir verdere kruisverhoor. Beside aansoeke is afgewys. Verlof tot appèl is later deur hierdie Hof verleen, maar intussen het daar ook verdere verwikkelings plaasgevind. In D Junie 1976 is in die Hooggeregshof te Windhoek skriftelik aansoek gedoen namens die appellante om 'n spesiale aantekening ingevolge art, 351 van die Strafprosesordonnansie. As gronde is aangevoer dat vóór en gedurende die verhoor (1) verklarings van die beskuldigdes en van getuies en ander konfidensiële en geprivilegieerde dokumente in verband met die verdediging van E die appellante op onregmatige wyse uit die lêers van die prokureursfirma geneem is deur 'n lid van die personeel van die firma en dat afskrifte van die dokumente gemaak is en aan die Veiliheidsafdeling van die Polisie gegee is terwyl die ondersoekbeampte in beheer van die saak 'n lid van die Veiligheidspolisie was, en ook dat (2) belangrike informasie aangaande die verdediging van die beskuldigdes op onregmatige F wyse verstrek is aan die Veiligheidspolisie deur 'n sekere Smit, 'n vennoot in die firma Lorentz en Bone wat namens die beskuldigdes opgetree het, terwyl die ondersoekbeampte in die saak 'n lid van die Veiligheidsafdeling was. Namens appellante is beëdigde verklarings van verskillende persone voor die Hof gelê wat beantwoord is deur soortgelyke verklarings namens die G Staat. Weens die teenstrydige inhoud van die verklarings is mondelinge getuienis aangehoor te Windhoek deur 'n ander Regter as dié wat in die strafsaak gesit het en hy het na oorweging van die getuienis tot sekere bevindings geraak en die volgende spesiale aantekening aangebring:

"Whether in connection with or during the proceedings there H were irregular and/or illegal departures from and infringements of the formalities, rules and principles which the law requires to be observed for a fair trial, and which resulted in a failure of justice by reason of the fact that prior to and during the proceedings:

statements of accused and/or witnesses for the defence and certain other confidential and/or privileged documents relating to the defence of the accused, the identity of the said documents being to the accused unknown, were wrongfully and unlawfully extracted from the files of the attorneys for the defence by a member of the staff of such attorneys; that

Rumpff HR

such documents were copied and such copies furnished to the Security Branch of the South African Police, the investigating officer in these proceedings being a member of the Security Branch."

In hierdie stadium is dit wenslik om na die regsposisie in verband met 'n spesiale aantekening te verwys. Art. 351 (1) van A Ord. 34 van 1963 (S.W.A.), soos gewysig, lui soos volg:

"351. (1) Indien 'n beskuldigde meen dat enige van die verrigtinge in verband met of gedurende sy verhoor voor 'n hoër hof, onreëlmatig of met die reg strydig is, kan by òf gedurende sy verhoor òf binne 'n tydperk van veertien dae na sy skuldigbevinding òf binne die langer tydperk wat op aansoek (in hierdie artikel 'n aansoek om kondonasie genoem) om gegronde redes toegelaat word, aansoek doen dat op die notule 'n B spesiale aantekening aangebring word (in hierdie artikel 'n aansoek om 'n spesiale aantekening genoem) wat vermeld in watter opsig die verrigtinge na bewering onreëlmatig of met die reg strydig is, en op so 'n aansoek om 'n spesiale aantekening gemaak tensy die hof waarvan òf die regter aan wie die aansoek om 'n spesiale aantekening gerig word, van oordeel is dat die aansoek nie te goeder trou gedoen word nie, òf dat dit beuselagtig of onsinnig is, òf dat die toestaan van die aansoek C op 'n misbruik van geregtelike proses sal neerkom."

Art. 352 (1) lui:

"352. (1) As 'n spesiale aantekening op die notule gedoen word, kan die person wat skuldig bevind is op ground van die onreëlmatigheid of strydigheid met die reg wat in die spesiale aantekening aangegee word, teen sy skuldigbevinding na die appèlhof appelleer, as kennis van appèl binne 'n tydperk van een-en-twintig dae nadat die aantekening aldus gedoen is of binne so 'n langer tydperk soos om gegronde redes toegelaat D word, gegee is aan die griffier van die appèlhof en aan die griffier van die hooggeregshof."

Art. 356 (1) bepaal die volgende:

"356. (1) Ingeval van 'n appèl teen 'n skuldigbevinding, of ingeval 'n vraag voorbehou word, soos voormeld, kan die appèlhof -

(a)

die appèl handhaaf as hy meen dat die uitspraak van die verhoorhof op grond van 'n verkeerde beslissing oor 'n E regsvraag tersyde gestel behoort te word of dat om enige rede geregtigheid nie geskied het nie; of

(b)

die uitspraak gee wat by die verhoor behoort gegee te gewees het, of die vonnis oplê wat by die verhoor opgelê behoort te gewees het; of

(c)

so 'n ander bevel soos geregtigheid vereis, uitreik:

Met dien verstande dat al meen die appèlhof dat 'n vraag wat geopper word ten gunste van die beskuldigde beslis sou kan word, geen skuldigbevinding of vonnis op grond van 'n onreëlmatigheid of gebrek ten opsigte van die notule of F verrigtinge tersyde gestel of gewysig word nie, tensy dit na die mening van die appèlhof blyk dat ten gevolge van so 'n onreëlmatigheid of gebrek, geregtigheid inderdaad nie geskied het nie."

Ten slotte is daar art. 357 wat soos volg lui:

"357. Wanneer 'n skuldigbevinding en vonnis deur die appèlhof tersyde gestel word op grond daarvan dat -

(a)

die hof wat die beskuldigde skuldig...

To continue reading

Request your trial
159 practice notes
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...that an accused person is entitled to a fair trial.' See also S v Alexander and Others (1) 1965 (2) SA 796 (A) at 809C-D; S v Mushimba 1977 (2) SA 829 (A) at 844H. The American decisions have recognised both the practical and logical nexus between C legal representation and a fair trial. Pu......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...an accused person is entitled to a H fair trial.' See also S v Alexander and Others (1) 1965 (2) SA 796 (A) at 809C-D; S v Mushimba 1977 (2) SA 829 (A) at 844H. The American decisions have recognised both the practical and logical nexus between legal representation and a fair trial. Put sim......
  • Sefatsa and Others v Attorney-General, Transvaal, and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...384 (A); R v Nzimande 1957 (3) SA 772 (A); S v Alexander and Others (1) 1965 (2) SA 796 (A) at 805B - E, 809; S v Mushimba en Andere 1977 (2) SA 829 (A) E ; R v Knight 1935 AD 342; R v Velshi 1953 (2) SA 553 (A); R v Matsego and Others 1956 (3) SA 411 (A); S v Mkhise and Others 1988 (2) SA ......
  • Ferreira v Levin NO and Others; Vryenhoek and Others v Powell NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1995 (7) BCLR 793) G S v Mkanzi en 'n Ander 1979 (2) SA 757 (T) S v Mphahlele and Another 1982 (4) SA 505 (A) S v Mushimba en Andere 1977 (2) SA 829 (A) S v Nel 1987 (4) SA 950 (W) S v Ramaligela en 'n Ander 1983 (2) SA 424 (V) S v Robinson 1975 (4) SA 438 (RA) H S v Rudman and Another; S v......
  • Request a trial to view additional results
155 cases
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...that an accused person is entitled to a fair trial.' See also S v Alexander and Others (1) 1965 (2) SA 796 (A) at 809C-D; S v Mushimba 1977 (2) SA 829 (A) at 844H. The American decisions have recognised both the practical and logical nexus between C legal representation and a fair trial. Pu......
  • S v Safatsa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...307 (A); S v Williams en 'n Ander 1970 (2) SA 654 (A) at 655H; S v Cooper en Andere 1976 (2) SA 875 (T) at 878; S v Mushimba en Andere 1977 (2) SA 829 (A) at 841A - C; S v Williams en 'n Ander 1980 (1) SA 60 (A) at 63; S v Sikosana 1980 (4) SA 559 (A) at G 563A - B; S v Maxaba en Andere 198......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...an accused person is entitled to a H fair trial.' See also S v Alexander and Others (1) 1965 (2) SA 796 (A) at 809C-D; S v Mushimba 1977 (2) SA 829 (A) at 844H. The American decisions have recognised both the practical and logical nexus between legal representation and a fair trial. Put sim......
  • Ferreira v Levin NO and Others; Vryenhoek and Others v Powell NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1995 (7) BCLR 793) G S v Mkanzi en 'n Ander 1979 (2) SA 757 (T) S v Mphahlele and Another 1982 (4) SA 505 (A) S v Mushimba en Andere 1977 (2) SA 829 (A) S v Nel 1987 (4) SA 950 (W) S v Ramaligela en 'n Ander 1983 (2) SA 424 (V) S v Robinson 1975 (4) SA 438 (RA) H S v Rudman and Another; S v......
  • Request a trial to view additional results
3 books & journal articles
  • Taxation of legal costs: Is a cost creditor shielded by legal professional privilege?
    • South Africa
    • Juta South African Law Journal No. , August 2022
    • August 25, 2022
    ...to t ax advice given by a n admit ted advocate who was not in private practice but was a director of an auditi ng rm. In S v Mushimba 1977 (2) SA 829 (A), the cour t held that lega l professional privilege was bi nding on support sta employed at a law rm .41 Privi lege applie s also to c......
  • Revising spousal testimonial privilege and marital communications privilege in South African Criminal procedure: is abolition or extension the answer? (Part 1)
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , November 2020
    • November 3, 2020
    ...of a stable society) overrides the public interest in seeing the efcient admi nistration of justice and having the 72 S v Mushimba 1977 (2) SA 829 (A).73 In Rumping v DPP s upra (n17) at 259E ‘It is a mystery to me why it was decided to give this privi lege to the spouse who is a witn ess:......
  • Recent Case: Criminal procedure
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • May 24, 2019
    ...of irregularity that is of such a kind that its mere presence per se results in a failure of justice. (See, for example, S v Mushimba 1977 (2) SA 829 (A).) The second is where the court on considering the evidence unaffected by the irregularity or defect, finds that there is proof of guilt ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT