S v Motau

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Botha AR en Jansen Wn AR
Judgment Date19 September 1968
Citation1968 (4) SA 670 (A)
Hearing Date27 August 1968
CourtAppellate Division

Steyn, H.R.:

Die appellant is in 'n streekhof skuldig bevind aan strafbare manslag op 'n aanklag dat hy Jim Mathebula en Jacob Maseko wederregtelik gedood het. Hy was die bestuurder van 'n vragmotor wat C onderweg van Pretoria na Warmbad in 'n botsing met twee fietsryers betrokke was. Jim was een van die fietsryers en Jacob 'n passasier in die vragmotor. Na die botsing het albei in die pad gelê. Jim was plat in die pad, maar dit blyk nie of hy toe reeds dood was nie. Jacob het volgens die getuienis 'gesit-lê', en was nog lewend. Die botsing het D omstreeks 9 nm. plaasgevind toe dit reeds donker was. Terwyl hulle nog in die pad gelê het, het 'n ander motorvoertuig uit dieselfde rigting deur ene Abram Khoza bestuur, albei van hulle getref. Na hierdie tweede botsing was Jim dood, en Jacob is die volgende dag oorlede. Abram was saam met die appellant aangekla, maar omdat Jim moontlik reeds dood was E toe hy hom raakgery het, is hy slegs ten aansien van Jacob skuldig bevind. Die appellant is twee jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan 12 maande vir drie jaar voorwaardelik opgèskort is, en sy rybewys is vir drie jaar opgeskort, met byvoeging van 'n bevel dat dit binne 24 uur aan die klerk van die hof oorhandig moes word. Hy het in hoër beroep gegaan na die Provinsiale Afdeling, wat die skuldigbevindings en straf F gehandhaaf het, maar aan die bevel insake die rybewys die volgende toegevoeg het:

'Die tydperk van opskorting begin loop van die dag af wanneer die beskuldigde uit die gevangenis vrygelaat word.'

By die verhoor was daar teen beide beskuldigdes ook 'n alternatiewe aanklag van roekelose of nalatige bestuur van die onderskeie voertuie. G Op 'n gevorderde stadium van die verhoor is namens die beskuldigdes deur hul regsverteenwoordigers sekere erkennings gedoen. Onder meer is die geneeskundige bevindings in die lykskouingsverslae erken, asook dat die oorledenes dood is as gevolg van beserings 'in 'n motorbotsing of botsings'. Daarop is die saak vir die Staat gesluit, en het die H beskuldigdes op die alternatiewe aanklag skuldig gepleit aan nalatige bestuur. Die pleite is nie aanvaar nie. Sonder voorlegging van enige verdere getuienis is ook die beskuldigdes se sake gesluit. Uit die landdros se uitspraak blyk dat dit voor hom gemenesaak was dat albei die beskuldigdes hul onderskeie voertuie nalatig bestuur het, en het albei dit deur hul regsverteenwoordigers erken. Die geskil het gegaan

'daaroor of die regstreekse en doelmatige oorsaak van die dood van die oorledenes of van een of ander van hulle sonder redelike twyfel toegeskryf kan word aan die nalatigheid van die een of ander beskuldigde of van albei beskuldigdes'.

Steyn HR

Wat die appellant betref, bevind die landdros dat hy, ten tye van die eerste botsing, in so 'n mate onder die invloed van sterk drank was dat hy nie sy voertuig met veiligheid op 'n openbare pad kon bestuur nie. Skynbaar het die landdros daarin sy nalatigheid gesien. Daar is geen A ander bevinding omtrent sy nalatigheid nie. Op gesag van van den Bergh v Parity Insurance Co. Ltd. and Another, 1966 (2) SA 621 (W), kom die landdros dan tot die gevolgtrekking dat dit redelik voorsienbaar was dat 'n ander voertuig met persone in die pad kon bots en dat die appellant se nalatigheid 'die regstreekse en doelmatige oorsaak' van die dood van die twee oorledenes was.

B Die Hof a quo het die saak benader as ''n probleem van beperking van aanspreeklikheid', wat hy as volg gestel het:

'Die twee oorledenes is albei in elk van die twee ongelukke beseer, en die vraag is of die Staat bewys het dat die appellant die dood van een of van albei van hulle veroorsaak het.'

In verband met die vereiste van voorsienbaarheid word verwys na van den C Bergh se saak, supra; S v Bernardus, 1965 (3) SA 287 (AA) en S v van As en 'n Ander, 1967 (4) SA 594 (AA), maar die Hof bevind dat hierdie beslissings nie die probleem in hierdie saak van 'n later toetredende oorsaak raak nie, dat die werking van voorsienbaarheid ophou by die raakry van die fietsryers, en dat dit die vooruitsiening van die mens te ver uitrek om aan te neem

D 'dat dit voorsienbaar was dat die een fietsryer juis voor 'n aankomende motor sou val en dat die passasier sou uitval, ook voor 'n aankomende motor, en dat albei vanweë die nalatigheid van die ander bestuurder getref sou word'.

Die Hof kom tot die gevolgtrekking dat die appellant se nalatigheid - in die samehang moet dit sy nalatigheid wees toe hy die fietsryers raakgery het - wel die dood van die twee oorledenes veroorsaak het, E omdat, soos ek die uitspraak verstaan, die tussenkoms van 'n novus actus, d.w.s. die tweede nalatige botsing, 'n inherente risiko was van die toestand, of 'n normale insident van die gevaar, wat die appellant deur sy nalatigheid by die eerste botsing geskep het, en daarom nie die oorsaaklikheid van sy nalatigheid onderbreek of uitskakel nie.

F Vermoedelik as gevolg van die strekking van die uitspraak van die Hof a quo, was die betoog namens die appellant voor hierdie Hof meer op oorsaaklikheid as op voorsienbaarheid toegespits. Daar is verwys na die verskillende benaderings in hierdie verband. Na my beskouing is die beslissende oorweging in hierdie saak egter dié van voorsienbaarheid, en ek handel eers daarmee.

G Omtrent die appellant se botsing met Jim en sy metgesel is daar geen regstreekse getuienis nie. Laasgenoemde is nie ernstig beseer nie en na die botsing was hy nog op die toneel, maar by die verhoor is hy nie as getuie geroep nie omdat sy naam en adres om een of ander rede wat nie uit die oorkonde blyk nie, onbekend was en hy nie opgespoor kon word H nie. Die saaklike getuienis werp weinig lig op wat presies gebeur et. Uit die skade aan die fietse is nie met enige sekerheid af te lei hoe hulle getref is nie. By een is die ergste skade aan die agterwiel en by die ander aan die voorwiel. Hulle kon desnietemin albei van agter getref gewees het. Maar in welke rigting Jim en sy metgesel ook al gery het, die botsing het plaasgevind op 'n gedeelte van die hoofweg wat vir 'n aansienlike afstand gelyk en reguit loop, en wel, soos blyk uit bloedkolle op die pad en die onderskeie plekke waar die twee na die botsing

Steyn HR

gesien is terwyl die een daar gelê en die ander gesit-lê het, op die kant van die pad waar die appellant gery het, d.w.s. op sy linkerhelfte van die...

To continue reading

Request your trial
7 practice notes
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A); Mafesa v Parity Versekeringsmaatskappy Bpk 1968 (2) SA 603 (O); Fischbach v Pretoria City Council 1969 (2) SA 693 (T); S v Motau 1968 (4) SA 670 (A); Minister of Police v Skosana 1977 (1) SA 31 F (A); Greenfield Engineering Works (Pty) Ltd v NKR Construction (Pty) Ltd 1978 (4) SA 901 (......
  • Protea Assurance Co Ltd v Lta Building (SWA) Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...trial Judge erred in applying too narrow a test of foreseeability to the appellant's claim against the first respondent. Cf S v Motau 1968 (4) SA 670 (A) at 677C - H; Griffiths v Netherlands Insurance Co of SA Ltd 1976 (4) SA 691 (A) at 696G - 697D, 702B - 703C; and Marine & Trade Insurance......
  • Ferreira v Ntshingila
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(D) at 879F - 880F; Boberg The Law of Delict vol I at 827 - 9; Kruger v Van der Merwe 1966 (2) SA 266 (A) at 271D - 273H; S v Motau 1968 (4) SA 670 (A) at 676H - 678D; Greenfield Engineering Works (Pty) Ltd v NKR Construction (Pty) Ltd 1978 (4) SA 901 (N) at 913A - B; Kruger v Coetzee 1966 ......
  • S v Botha
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to S v Humphreys 2013 (2) SACR 1 (SCA) (2015 (1) SA 491; [2013] ZASCA 20): G dicta in paras [12] – [17] applied S v Motau 1968 (4) SA 670 (A): referred S v Ngomane 1979 (3) SA 859 (A): referred to S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A): referred to S v Steyn 2010 (1) SACR 411 (SCA): referre......
  • Request a trial to view additional results
7 cases

7 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT